Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Derms uitryg
Derms uitryg [boodskap #9725] Do, 05 Junie 1997 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...
> "AM de Lange" writes: >
> Ek dink dis baie goed dat At voorstel dat ons 'n
> gesprek moet voer oor wat 'nasie' en 'nasionalisme'
> en 'Afrikanerskap' beteken.

Ek vermoed dat so 'n gesprek in hierdie forum nie ver sal kom nie. Moontlik
juis weens die toeganklikheid daarvan. Dit is opmerklik dat die gesprek wat
jy hier voorstel feitlik onophoudelik floreer in die poslys-forums soos die
Afrikaans-lys en selfs die Volkstaatlys.

In hierdie groep, daarenteen, is die deelnemers in die algemeen gedurig op
die verdediging uit - verstaanbaar, in die lig daarvan dat gestigte vir
kranksinniges oënskynlik deesdae toegang tot die internet vir hul pasiënte
verskaf ('n soort terapie, miskien?)

My indruk is dat sosiopate soos die bleah's van die wêreld in daardie
forums neig om te lurk, eerder as om deel te neem - en nie lank te bly nie.

> Ons almal, of ons nou
> binne of buite SA is, staan op die kruispad, waar hoe
> ons oor hierdie dinge voel, geweldig saak begin maak.
> Veral omdat dit vir my lyk asof in die kuberruimte
> dit moontlik word om lid te wees van 'n Afrikaner-
> groep wat nie meer deur nasionale grense of oseane
> geskei hoef te word nie. Ek voel egter dat ons liewers
> 'n Suid-Afrikaanse kubernasiegroep moet wees, sodat
> Vira ook deel daarvan kan wees.

Volgens my waarneming was die meeste Afrikaners nog altyd bereid - selfs
gretig - om Afrikaansheid te bespreek met mense wat hulself nie as
Afrikaners beskou nie. Ook met kritici en ook deur medium van ander tale.

Ek glo dus nie dat jy hoef te vrees dat die virtuele volkstaat eksklusief
sal wees nie. Dit kan nie eens taaleksklusief wees nie, soos 'n mens merk
uit die feit dat daar in die afgelope dae bydraes in drie tale behalwe
Afrikaans op hierdie groep was.

Dus: ek reken dit is triviaal om 'n debat te voer oor "Suid-Afrikaans"
versus "Afrikaans". Dit is bloot nie relevant nie.

'n Idee wat wel vir my problematies is, is die een van "Suid-Afrikaans" of
"Suid-Afrikaner". Dit is nie vir my duidelik dat dit enige unieke
konnotasie behalwe 'n geografiese een het nie.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Die Kanadese verkiesing
Volgende onderwerp: Re: GRAFPARTYTJIE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 21:49:04 MGT 2024