Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » JM Coetzee se "Disgrace"
JM Coetzee se "Disgrace" [boodskap #97219] Di, 24 Augustus 2004 13:46 na volgende boodskap
BitterEinder  is tans af-lyn  BitterEinder
Boodskappe: 37
Geregistreer: Maart 2003
Karma: 0
Volle Lid
Hello almal,

As ek dit nie verkeerd het nie, het JM Coetzee 'n Nodel Prys vir
hierdie boek ontvang.

Wie van julle het "Disgrace" gelees?

Ek is g'n akademiekus(?) nie, maar ek't gedog hierdie boek is so
bietjie droog. As ek nie self in SA groot geword het nie, sou ek
myself oortuig het dat hy sommer baie snert gorrel.

Wat ek eintlik wil weet, van die van julle wat die boek gelees het, is
die hoofkarakter se dogter se houding teenoor haar verkragting. Vele
male probeer die hoofkarakter dit met haar bespreek, maar sy
"sidestep" die onderwerp elke keer.

Op een slag se sy dat verkragting die prys is wat wit vroue moet
betaal om in hulle land te woon.

JM het defnitief probeer om hierdie boek in die hoerskool sillabus te
kry. En dit sal baie interresant wees om 'n hoerskool onderwyser/es se
"disection" te lees. In Matriek het ons Kringe in 'n Bos gedoen, en
tot vandag toe bly Mev. Adri Weyers se ontleding van daardie
meesterstuk my by. Afrikaans was sonder twyfel my gunsteling vak.
(Jammer dat 11 jaar in die buiteland my vermoee so geknel het...)

Elk geval, ek het toe JM Coetzee se "Life and Times of Michael K"
probeer...marteling.
Re: JM Coetzee se "Disgrace" [boodskap #97223 is 'n antwoord op boodskap #97219] Di, 24 Augustus 2004 14:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Nee hy het nog al sy "noodles" - miskien 'n Nobel prys?

:-)

TJ

"BitterEinder" skryf in boodskap news:dc6ce655.0408240546.276bf634@posting.google.com...
> Hello almal,
>
> As ek dit nie verkeerd het nie, het JM Coetzee 'n Nodel Prys vir
> hierdie boek ontvang.
>
> Wie van julle het "Disgrace" gelees?
>
> Ek is g'n akademiekus(?) nie, maar ek't gedog hierdie boek is so
> bietjie droog. As ek nie self in SA groot geword het nie, sou ek
> myself oortuig het dat hy sommer baie snert gorrel.
>
> Wat ek eintlik wil weet, van die van julle wat die boek gelees het, is
> die hoofkarakter se dogter se houding teenoor haar verkragting. Vele
> male probeer die hoofkarakter dit met haar bespreek, maar sy
> "sidestep" die onderwerp elke keer.
>
> Op een slag se sy dat verkragting die prys is wat wit vroue moet
> betaal om in hulle land te woon.
>
> JM het defnitief probeer om hierdie boek in die hoerskool sillabus te
> kry. En dit sal baie interresant wees om 'n hoerskool onderwyser/es se
> "disection" te lees. In Matriek het ons Kringe in 'n Bos gedoen, en
> tot vandag toe bly Mev. Adri Weyers se ontleding van daardie
> meesterstuk my by. Afrikaans was sonder twyfel my gunsteling vak.
> (Jammer dat 11 jaar in die buiteland my vermoee so geknel het...)
>
> Elk geval, ek het toe JM Coetzee se "Life and Times of Michael K"
> probeer...marteling.
Re: JM Coetzee se "Disgrace" [boodskap #97235 is 'n antwoord op boodskap #97219] Di, 24 Augustus 2004 19:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"BitterEinder"

> As ek dit nie verkeerd het nie, het JM Coetzee 'n Nodel Prys vir
> hierdie boek ontvang.

'n Nobel-prys word toegeken op grond van die kwaliteit van
'n mens se werk gedurende sy hele loopbaan. In Coetzee se
geval dus gebaseer op alles wat hy geskryf het. Ek is nog
altyd van die opinie dat Coetzee se heel eerste boek
"Dusklands" sy heel beste is. Dit het hy alreeds in 1974
gepubliseer.(Ek was verbaas om te hoor dat hy dit eerste
in Afrikaans geskryf het en dit toe later vertaal het. Ek kan
dit amper nie glo nie, maar 'n lesing op TV die ander dag
deur 'n Kanadese professor het dit vir die waarheid vertel.
Ek het altyd aangeneem dat Coetzee se moedertaal
Engels was. )
Dusklands het twee dele. Een korter stuk gaan oor
iemand wat navorsing doen oor die aktiwiteite van die
Amerikaners in Vietnam. Die ander stuk is van 'n
sogenaamde voorvader van Coetzee wat in die agtiende
eeu 'n tog na Boesmanland gemaak het. Die taal is
absoluut asemberowend.

Gloudina
Re: JM Coetzee se "Disgrace" [boodskap #97236 is 'n antwoord op boodskap #97219] Di, 24 Augustus 2004 19:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"BitterEinder"

> Wie van julle het "Disgrace" gelees?

Ek het nou die dag op TV 'n Kanadese professor oor
"Disgrace" hoor praat. Sy verklaring is dat dit 'n nuwe
aanbieding is van Shakespeare se King Lear. ( Die
hoofkarakter se naam is mos iets soos Laurie, of soiets.
Ons het ons Disgrace uitgeleen en dit nie weer teruggekry
nie, so ek kan nie naslaan nie. Wat is die ou se naam?)
King Lear het, soos Job, mos ook uiteindelik in die
uiterste treurigheid beland, en dis eers wanneer hy
sekere lesse leer, dat hy gesuiwer anderkant uitkom.
( In Laurie (?) se geval help hy 'n vrou, op wie hy vantevore
neergesien het, by iets soos die S.P.C.A. om honde
humaan dood te maak. Ek dink dat hy die hoofkarakter
uiteindelik sien as 'n Moeder Theresa. Dis natuurlik
nuttig om te weet dat Coetzee 'n groot voorstander
van die regte van diere is en 'n boek "The lives of
Animals" geskryf het, waarin hy ongeveer slaghuise
vergelyk met die holocaust van die Jode aan die
hande van die Duitsers in die vorige eeu.

Gloudina
Re: JM Coetzee se "Disgrace" [boodskap #97238 is 'n antwoord op boodskap #97219] Di, 24 Augustus 2004 19:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"BitterEinder" skryf

> Wat ek eintlik wil weet, van die van julle wat die boek gelees het, is
> die hoofkarakter se dogter se houding teenoor haar verkragting. Vele
> male probeer die hoofkarakter dit met haar bespreek, maar sy
> "sidestep" die onderwerp elke keer.
>
> Op een slag se sy dat verkragting die prys is wat wit vroue moet
> betaal om in hulle land te woon.

Ek persoonlik het die dogter gesien as verteenwoordigend
van die witman in 'n land wat nou onder oorwegend swart
beheer gekom het. Dis haar penarie. Of sy sien haarself
as verskillend, of sy besluit dat sy haar welsyn sal soek
deur haarself onderdanig te maak aan die nuwe bedeling.
Nie net onderdanig te maak nie, maar te integreer. Die
Kanadese professor waarna ek vantevore verwys het,
was baie meer negatief oor haar, en het haar veroordeel
omdat sy maar net van die een patriargale sisteem na
die ander patriargale sisteem oorgeskakel het. Ek dink
egter sy verteenwoordig vir Coetzee een of twee
van King Lear se dogters.

Gloudina
Re: JM Coetzee se "Disgrace" [boodskap #97239 is 'n antwoord op boodskap #97219] Di, 24 Augustus 2004 19:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"BitterEinder"

> Elk geval, ek het toe JM Coetzee se "Life and Times of Michael K"
> probeer...marteling.

Wel, Coetzee het sy eerste Booker-prys vir
Life and Times ontvang, dus kan mens dit
seker nie heeltemal veroordeel nie. Maar
ek was ook teleurgesteld dat hy nie van die
geleentheid gebruik gemaak het om 'n
gedetailleerde beskrywing van die Boland
en die Klein Karoo te gegee het nie.
Michael K. stap mos met 'n soort van 'n
kruiwa, waarop hy sy ma stoot, uit Kaapstad
uit en sover as die Klein Karoo. Dit terwyl
daar opstande in SA is teen die regime, en
die front erens naby De Aar is. Kaapstad is
glo ook al deels oorgeneem.

As jy nog nie "Boyhood" gelees het nie,
lees dit dan. Ek dink jy sal dit nie kan
neersit nie. Dit word algemeen aangeneem
dat dit biografies is. Dit is van 'n seun se
jongdae op Worcester. "Youth" is 'n
vervolg daarop, en gaan grootliks oor
sy bestaan in London, meeste van die tyd
as rekenaarsprogrammeerder, wat glo
biografies presies is wat Coetzee gedoen
het.

Gloudina
Re: JM Coetzee se "Disgrace" [boodskap #97242 is 'n antwoord op boodskap #97239] Di, 24 Augustus 2004 23:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het ook Disgrace baie geniet, veral vir Coetzee se minimale skryfstyl,
absoluut briljant. Sy temas is wel soms bietjie kripties, en ek het nog
twee van sy boeke hier wat ek nog nie te lese gekry het nie. Wat my wel
teleurstel is dat op die boek se omslag gee dit sy bio, en noem dat hy in
Australië woon, en se nie dat hy n Suid-Afrikaner is(was) nie, S.A. word nie
eens genoem nie.

Ellie
"@rogers.com" wrote in message
news:7JMWc.7350$cIP1.1134@news04.bloor.is.net.cable.rogers.c om...

"BitterEinder"

> Elk geval, ek het toe JM Coetzee se "Life and Times of Michael K"
> probeer...marteling.

Wel, Coetzee het sy eerste Booker-prys vir
Life and Times ontvang, dus kan mens dit
seker nie heeltemal veroordeel nie. Maar
ek was ook teleurgesteld dat hy nie van die
geleentheid gebruik gemaak het om 'n
gedetailleerde beskrywing van die Boland
en die Klein Karoo te gegee het nie.
Michael K. stap mos met 'n soort van 'n
kruiwa, waarop hy sy ma stoot, uit Kaapstad
uit en sover as die Klein Karoo. Dit terwyl
daar opstande in SA is teen die regime, en
die front erens naby De Aar is. Kaapstad is
glo ook al deels oorgeneem.

As jy nog nie "Boyhood" gelees het nie,
lees dit dan. Ek dink jy sal dit nie kan
neersit nie. Dit word algemeen aangeneem
dat dit biografies is. Dit is van 'n seun se
jongdae op Worcester. "Youth" is 'n
vervolg daarop, en gaan grootliks oor
sy bestaan in London, meeste van die tyd
as rekenaarsprogrammeerder, wat glo
biografies presies is wat Coetzee gedoen
het.

Gloudina
Re: JM Coetzee se "Disgrace" [boodskap #97247 is 'n antwoord op boodskap #97242] Wo, 25 Augustus 2004 01:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

Wat my wel
> teleurstel is dat op die boek se omslag gee dit sy bio, en noem dat hy in
> Australië woon, en se nie dat hy n Suid-Afrikaner is(was) nie, S.A. word nie
> eens genoem nie.

Hy het natuurlik eers in die laaste paar jare na
Australië ge-emigreer. Watter boek is dit waarna
jy verwys? Sy laaste boek "Elizabeth Costello"
gaan oor 'n Australiese professor. So ek dink
dit moes geskryf gewees het terwyl hy al in
Australië begin bly het. Eintlik is "Elizabeth
Costello : Eight Lessons" 'n sameflansing
van dinge wat hy vantevore apart laat verskyn
het, en kan ek nie te baie entoesiasme vir
die boek opbou nie. Maar as jy nog nie
"Dusklands" gelees het nie, lees dit asseblief.
Veral die tweede deel van die (nie baie lang)
boek nie, is eenvoudig een van die beste dinge
wat ek nog ooit in die Engelse taal gelees het,
en dit is diep diep gewortel in Suid-Afrika se
bodem. Agtiende eeuse bodem.

Gloudina
Re: JM Coetzee se "Disgrace" [boodskap #97256 is 'n antwoord op boodskap #97236] Wo, 25 Augustus 2004 15:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 24 Aug 2004 19:16:44 GMT, "@rogers.com" wrote:

> ( In Laurie (?) se geval help hy 'n vrou, op wie hy vantevore
> neergesien het, by iets soos die S.P.C.A. om honde
> humaan dood te maak.

Hy kry dit op die einde reg om iets te voel in terme van gee sonder om
te iets terug te verwag wanneer hy 'n hond uitsit.

Dis die eerste keer dat hy - teen daardie tyd self redelik verneder -
onvoorwaardelik gee en dan (in my beskeie mening) verkry hy 'n staat
van grasie.

Dis 'n great boek wat my verwonderd gelaat het dat iemand 'n hele boek
kan skryf waarin daar nie 'n enkele woord uitgelaat is of oorbodig
ingesit is nie.

Dis amper perfek.
Re: JM Coetzee se "Disgrace" [boodskap #97257 is 'n antwoord op boodskap #97239] Wo, 25 Augustus 2004 15:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 24 Aug 2004 19:32:19 GMT, "@rogers.com" wrote:

> As jy nog nie "Boyhood" gelees het nie,
> lees dit dan. Ek dink jy sal dit nie kan
> neersit nie. Dit word algemeen aangeneem
> dat dit biografies is.

Worcester (waar David Kramer toevalligt ook vandaan kom).
Dis baie soos die dorp waar ek grootgeword het en speel in dieselfde
tyd af ook.
Dit was 'n ongelooflik ware beskrywing van daardie plekke en tye.

Michael K het ek nogal gelike. Die ou eindig by Prins Albert onder die
Swartberge.
Re: JM Coetzee se "Disgrace" [boodskap #97258 is 'n antwoord op boodskap #97256] Wo, 25 Augustus 2004 17:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf

> Dis 'n great boek wat my verwonderd gelaat het dat iemand 'n hele boek
> kan skryf waarin daar nie 'n enkele woord uitgelaat is of oorbodig
> ingesit is nie.

As jy dit nog nie gelees het nie, lees "Dusklands", veral die
tweede deel. Dit maak mens trots dat van die beste skryf
in Engels gebruik word om 'n tog in die Kaapse binneland
te beskryf. Ek het ook "In the heart of the country" tegnies
asemberowend gevind. Dis min dat een reël mens se voete
onder jou kan uitslaan.

Gloudina
Re: JM Coetzee se "Disgrace" [boodskap #97278 is 'n antwoord op boodskap #97219] Do, 26 Augustus 2004 11:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"BitterEinder"
> JM het defnitief probeer om hierdie boek in die hoerskool sillabus te
> kry. En dit sal baie interresant wees om 'n hoerskool onderwyser/es se
> "disection" te lees. In Matriek het ons Kringe in 'n Bos gedoen, en
> tot vandag toe bly Mev. Adri Weyers se ontleding van daardie
> meesterstuk my by. Afrikaans was sonder twyfel my gunsteling vak.
> (Jammer dat 11 jaar in die buiteland my vermoee so geknel het...)

Dis nou net mooi dít wat my weer heeltemal dwars in die krop steek. Hoekom
word die onderwyser(es) se ontleding in jou keel afgegooi?

Mens word as kind nie geleer om te dink nie, jy word geleer om soos jou
onderwysers te dink...

Dis jammer...
Re: JM Coetzee se "Disgrace" [boodskap #97284 is 'n antwoord op boodskap #97278] Do, 26 Augustus 2004 12:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Dis nou net mooi dít wat my weer heeltemal dwars in die krop steek. Hoekom
> word die onderwyser(es) se ontleding in jou keel afgegooi?
>
> Mens word as kind nie geleer om te dink nie, jy word geleer om soos jou
> onderwysers te dink...
>
> Dis jammer...

Ek dink jy kan amper seker wees dat Bittereinder se
Mevrou Adri Weyers eers baie tyd daaraan bestee
het om uit te vind wat haar leerlinge van die stuk dink.
Dis eers daarna dat sy die stuk heelwaarskynlik begin
oopvlek het om vir die leerlinge te wys hoe diep 'n
mens kan ingaan op 'n stuk letterkunde.
Dit is ook nie so 'n slegte ding om vir "ander te sien
dink nie." Dis wanneer daar nie gedink word nie,
dat die skade aangerig word. Ek dink dis daarom
dat ons werklike goeie digwerk en prosa so bewonder.
Mens sien mense dink. En om te dink is 'n wonderlike
ding.

Gloudina
Re: JM Coetzee se "Disgrace" [boodskap #97288 is 'n antwoord op boodskap #97256] Do, 26 Augustus 2004 12:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf

> Dis 'n great boek wat my verwonderd gelaat het dat iemand 'n hele boek
> kan skryf waarin daar nie 'n enkele woord uitgelaat is of oorbodig
> ingesit is nie.

Ek kyk nou die dag weer deur stukkies kritiek
wat ek uitgeknip het uit Kanadese koerante oor
Coetzee. Een sê : "I like him because he is
relentless. Relentlessly good, relentlessly honest,
relentless about following ideas through to their
conclusions. He writes like a grownup."
Coetzee het blykbaar self aangedui wat hom
dryf: " First the unflinchingness. Then the
forgivingness."

Gloudina
Re: JM Coetzee se "Disgrace" [boodskap #97301 is 'n antwoord op boodskap #97219] Do, 26 Augustus 2004 18:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"PietHein"

> disgrace > ontluistering ?

Die woordeboek gee "ontluister" as
"tarnish." Dis miskien 'n goeie woord
om "Disgrace" mee te vertaal. Ek dink
mens moet na die Engelse woord
kyk en dit sien as "dis-grace." Dus
is die boek 'n beskrywing van dit
wat nie grasie is nie, en dit wat grasie
bring. Die boek gaan dus eintlik oor
"grace," in Afrikaans "genade."
Net soos Shakespeare se "King
Lear ook gaan oor 'n staat van
ontluistering, maar uiteindelik 'n
staat van grasie.

Gloudina
Re: JM Coetzee se "Disgrace" [boodskap #97335 is 'n antwoord op boodskap #97278] Vr, 27 Augustus 2004 20:19 Na vorige boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Max wrote:

> "BitterEinder"
>
>> JM het defnitief probeer om hierdie boek in die hoerskool sillabus te
>> kry. En dit sal baie interresant wees om 'n hoerskool onderwyser/es se
>> "disection" te lees. In Matriek het ons Kringe in 'n Bos gedoen, en
>> tot vandag toe bly Mev. Adri Weyers se ontleding van daardie
>> meesterstuk my by. Afrikaans was sonder twyfel my gunsteling vak.
>> (Jammer dat 11 jaar in die buiteland my vermoee so geknel het...)
>
>
> Dis nou net mooi dít wat my weer heeltemal dwars in die krop steek. Hoekom
> word die onderwyser(es) se ontleding in jou keel afgegooi?
>
> Mens word as kind nie geleer om te dink nie, jy word geleer om soos jou
> onderwysers te dink...
>
> Dis jammer...
>
>

Jy dink darem vir jouself. Het hulle fout gemaak?
Vorige onderwerp: Will Ferrel skets
Volgende onderwerp: Bush and his Democracy stands for Murder and lies.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 14:53:55 MGT 2024