Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Voorkom Plaasanvalle - OP SA TV
Voorkom Plaasanvalle - OP SA TV [boodskap #97071] Sa, 21 Augustus 2004 06:27 na volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Hi julle!

Het vanoggend die interessantste dokie op TV gesien oor plaasanvalle.
Die plaasanvallers gebruik amper altyd ou tradisionele tekens om mekaar
te verwittig van die teiken, die plek en die tyd van so 'n aanval.

Daar is 'n boek oor die onderwerp geskryf. Boere moet byvoorbeeld uitkyk
vir plat gras in die omgewing van plaas geboue waar aanvallers die
omgewing voor die tyd vanaf dophou. Soek rondom dit vir tekens. Tekens
sluit in, draad wat snaaks gebuig is, takke wat gebreek word ensovoorts.
Die tekens is altyd ewe vêr uitmekaar en van hulle mag ander tekens
uitwys. Die boek maan egter boere om nie paniekerig te raak as hulle
tekens op hulle plaas sien nie, want dit word ook gebruik vir van die
werkers se tradisionele rituele soos mondigwording ensovoorts. Boere
word aangeraai om die polisie te betrek as tekens gewaar word sodat die
ware betekenis eers vasgestel kan word. Die polisie het mense wat die
goed kan lees.

WOW!

Cheers
Plato
Re: Voorkom Plaasanvalle - OP SA TV [boodskap #97093 is 'n antwoord op boodskap #97071] Sa, 21 Augustus 2004 15:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

Die boek maan egter boere om nie paniekerig te raak as hulle
> tekens op hulle plaas sien nie, want dit word ook gebruik vir van die
> werkers se tradisionele rituele soos mondigwording ensovoorts. Boere
> word aangeraai om die polisie te betrek as tekens gewaar word sodat die
> ware betekenis eers vasgestel kan word. Die polisie het mense wat die
> goed kan lees.

Ja-nee, ou Plato. So stadig begin jy grootword.
Almal is nie ou meisietjies nie. En jou sogenaamde
"westerse beskawing" het baie om te leer. Jou
eie voorvadergenote in Europa het dieselfde dinge
gedoen voordat hulle op hulle meganistiese
dwaalpad baie dinge byster geraak het.

Gloudina
Re: Voorkom Plaasanvalle - OP SA TV [boodskap #97102 is 'n antwoord op boodskap #97093] So, 22 Augustus 2004 09:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:
> "Plato" skryf
>
> Die boek maan egter boere om nie paniekerig te raak as hulle
>
>> tekens op hulle plaas sien nie, want dit word ook gebruik vir van die
>> werkers se tradisionele rituele soos mondigwording ensovoorts. Boere
>> word aangeraai om die polisie te betrek as tekens gewaar word sodat die
>> ware betekenis eers vasgestel kan word. Die polisie het mense wat die
>> goed kan lees.
>
>
> Ja-nee, ou Plato. So stadig begin jy grootword.
> Almal is nie ou meisietjies nie. En jou sogenaamde
> "westerse beskawing" het baie om te leer. Jou
> eie voorvadergenote in Europa het dieselfde dinge
> gedoen voordat hulle op hulle meganistiese
> dwaalpad baie dinge byster geraak het.
>
> Gloudina
>
>
Waar val jy nou weer uit die bus Gloudina. Ek is dan die een wat nog die
heeltyd sê die agtergeblewe kulture is nou maar eers waar ons Westerse
kultuur al honderde tot 'n duisend jaar of meer gelede was. Nou kom
staan en klim jy op jou kassie en kryt my uit. Lees jy nie wat ek skryf
nie vroumens?

Sjoe.
Re: Voorkom Plaasanvalle - OP SA TV [boodskap #97138 is 'n antwoord op boodskap #97102] Ma, 23 Augustus 2004 08:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf in boodskap news:cg9nme$qec$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> @rogers.com wrote:
>> "Plato" skryf
>>
>> Die boek maan egter boere om nie paniekerig te raak as hulle
>>
>>> tekens op hulle plaas sien nie, want dit word ook gebruik vir van die
>>> werkers se tradisionele rituele soos mondigwording ensovoorts. Boere
>>> word aangeraai om die polisie te betrek as tekens gewaar word sodat die
>>> ware betekenis eers vasgestel kan word. Die polisie het mense wat die
>>> goed kan lees.
>>
>>
>> Ja-nee, ou Plato. So stadig begin jy grootword.
>> Almal is nie ou meisietjies nie. En jou sogenaamde
>> "westerse beskawing" het baie om te leer. Jou
>> eie voorvadergenote in Europa het dieselfde dinge
>> gedoen voordat hulle op hulle meganistiese
>> dwaalpad baie dinge byster geraak het.
>>
>> Gloudina
>>
>>
> Waar val jy nou weer uit die bus Gloudina. Ek is dan die een wat nog die
> heeltyd sê die agtergeblewe kulture is nou maar eers waar ons Westerse
> kultuur al honderde tot 'n duisend jaar of meer gelede was. Nou kom
> staan en klim jy op jou kassie en kryt my uit. Lees jy nie wat ek skryf
> nie vroumens?
>
> Sjoe.

Die bitterbek is siniel, ignoreer haar.
Re: Voorkom Plaasanvalle - OP SA TV [boodskap #97140 is 'n antwoord op boodskap #97138] Ma, 23 Augustus 2004 08:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Max wrote:

> Die bitterbek (Gloudina) is siniel, ignoreer haar.
>
>

Jip.
Re: Voorkom Plaasanvalle - OP SA TV [boodskap #97154 is 'n antwoord op boodskap #97138] Ma, 23 Augustus 2004 11:39 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Die bitterbek is siniel, ignoreer haar.

Nog een wat die handdoek ingegooi het en nou
in die Little Leagues moet speel.

Penkop van die Derde Republiek
Vorige onderwerp: Suid Afrika (AFRIKA) in prentjies... Vir mense soos Gloudina
Volgende onderwerp: Amerikaanse koffie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 18:15:22 MGT 2024