Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " Die Gewigopteller " deur ERNST VAN HEERDEN
" Die Gewigopteller " deur ERNST VAN HEERDEN [boodskap #96831] Wo, 18 Augustus 2004 01:51 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die Gewigopteller
Ernst van Heerden

Die taai klou van die grond
vermenigvuldig elke pond,

die ruie vlegsel van die spier
is - triomfantelik ! - 'n dier

wat met één kap blitssnel
die swaartepunt verstel.
Re: " Die Gewigopteller " deur ERNST VAN HEERDEN [boodskap #96841 is 'n antwoord op boodskap #96831] Wo, 18 Augustus 2004 06:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Zuben  is tans af-lyn  Zuben
Boodskappe: 9
Geregistreer: Augustus 2004
Karma: 0
Junior Lid
'n Stukkie trivia - 'n Kollega hier, Prof Ernst Kotzé, sê hulle was destyds
drie Ernste by Wits se Dept. Afrikaans. Hy skat die aanstellingsbeleid was
"Laat't ons toch Ernst wezen..."

Ek weet nie meer wie die derde Ernst was nie.

"Jonas" skryf in boodskap news:cfuiee$6sq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Anti - ek het die digter in sy laaste jare in Johannesburg ontmoet.
> Interessante persoon gewees.
>
Re: " Die Gewigopteller " deur ERNST VAN HEERDEN [boodskap #96852 is 'n antwoord op boodskap #96841] Wo, 18 Augustus 2004 12:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Zuben" 'n Stukkie trivia - 'n Kollega hier, Prof Ernst Kotzé, sê hulle was[/color]
destyds
> drie Ernste by Wits se Dept. Afrikaans. Hy skat die aanstellingsbeleid was
> "Laat't ons toch Ernst wezen..."

A, daar gaan die gloeilampie in my kop aan oor
wie jy is. Natuurlik. Jy woon in Port Elizabeth
en mens kan jou gedigte op Litnet lees. Dat
ek nou so dom kon wees. Nou is jy natuurlik
ontmasker.

Penkop, wat nog sy masker dra.
Re: " Die Gewigopteller " deur ERNST VAN HEERDEN [boodskap #96854 is 'n antwoord op boodskap #96831] Wo, 18 Augustus 2004 12:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf

> Anti - ek het die digter in sy laaste jare in Johannesburg ontmoet.
> Interessante persoon gewees.

In my dae op Stellenbosch was hy lektor in
die Departement van Onderwys. Ek hoop
jou "ontmoeting" met hom was bloot
akademies.

Gloudina
Re: " Die Gewigopteller " deur ERNST VAN HEERDEN [boodskap #96857 is 'n antwoord op boodskap #96831] Wo, 18 Augustus 2004 12:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - ek het die digter in sy laaste jare in Johannesburg ontmoet.
Interessante persoon gewees.
Re: " Die Gewigopteller " deur ERNST VAN HEERDEN [boodskap #97015 is 'n antwoord op boodskap #96852] Vr, 20 Augustus 2004 06:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Zuben el-genubi  is tans af-lyn  Zuben el-genubi
Boodskappe: 29
Geregistreer: Augustus 2004
Karma: 0
Junior Lid
Ek het, onnooslik, reeds my masker ge"blaas" toe Outlook skielik my "return"
adres op eie houtjie verander het.

Sies.

Vir wie belang stel: Zuben el Genubi is die helder ster in Libra. Daar is
ook Zuben Eschamali - sulke lekker name om te onthou.

En as jy belanggestel het - get a life...

"@rogers.com" wrote in message
news:BQHUc.1790362$Ar.865648@twister01.bloor.is.net.cable.ro gers.com...
>
> "Zuben"
>> 'n Stukkie trivia - 'n Kollega hier, Prof Ernst Kotzé, sê hulle was destyds
>> drie Ernste by Wits se Dept. Afrikaans. Hy skat die aanstellingsbeleid was
>> "Laat't ons toch Ernst wezen..."
>
> A, daar gaan die gloeilampie in my kop aan oor
> wie jy is. Natuurlik. Jy woon in Port Elizabeth
> en mens kan jou gedigte op Litnet lees. Dat
> ek nou so dom kon wees. Nou is jy natuurlik
> ontmasker.
>
> Penkop, wat nog sy masker dra.
>
Re: " Die Gewigopteller " deur ERNST VAN HEERDEN [boodskap #97024 is 'n antwoord op boodskap #97015] Vr, 20 Augustus 2004 11:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Zuben" skryf

> Vir wie belang stel: Zuben el Genubi is die helder ster in Libra.

Nou hoekom klink dit ook so 'n bietjie
soos daardie ou in Starwars se naam.
Dink jy hulle het dit met opset laat klink
dieselfde as Zuben el Genubi?

Gloudina
Re: " Die Gewigopteller " deur ERNST VAN HEERDEN [boodskap #97041 is 'n antwoord op boodskap #97024] Vr, 20 Augustus 2004 14:12 Na vorige boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Obi One Kenobi

@rogers.com wrote:
> "Zuben" skryf
>
>
>> Vir wie belang stel: Zuben el Genubi is die helder ster in Libra.
>
>
> Nou hoekom klink dit ook so 'n bietjie
> soos daardie ou in Starwars se naam.
> Dink jy hulle het dit met opset laat klink
> dieselfde as Zuben el Genubi?
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: www.beewatch.co.za
Volgende onderwerp: Boer en Broer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 09:40:33 MGT 2024