Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Apologie na 'n honderd jaar in Namibia
Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96785] Di, 17 Augustus 2004 13:15 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Tydens die honderjarige herdenking van die volksmoord op die
Herero's tussen 1904-1907 het die Duitse regering in die publiek
om verskoning gevra vir dié "genocidë" wat deur Duitsland
gepleeg is.
Toe die Herero's in 1904 in opstand gekom het teen die feit dat
die Duitse magte hulle tuisland binnegedring het en hulle begin
beheer het, het Generaal Lothar van Trotha sy troepe bevel gegee
om die stam uit te wis. Die Herero's wat nie doodgemaak is nie,
is in kampe gesit en aan Duitse besighede gegee as slawe-arbeid.
Baie is dood aan ondervoeding en uitputting. Omtrent twee-
derdes van die Herero is dood in hierdie periode.
Hierdie is nou een van die voorbeelde van die verligte
aksies van Westerlinge, wat "Plato" so bewonder.
Dis ook hoog tyd dat Engeland, nog 'n ander nasie vol
"westerlinge" begin verskoning maak vir wat gedurende
die Anglo-Boereoorlog in die konsentrasiekampe
gebeur het. Hier in Kanada het die kerke alreeds om
verskoning begin vra vir die kulturele "genocide" wat
hulle gepleeg het deur Eerste Nasies se kinders te dwing
om hulle akademiese opvoeding in kerkskole te ontvang,
waar daar baie voorbeelde van fisiese en seksuele
molestasie nou voor die dag kom.

Gloudina
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96786 is 'n antwoord op boodskap #96785] Di, 17 Augustus 2004 14:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Wil iemand tog vir ou Bitterbek sê wat ons "Namibia" in Afrikaans noem?
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96792 is 'n antwoord op boodskap #96785] Di, 17 Augustus 2004 14:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Eerstens, die eerste nasies is nie die eerste nasies nie Gloudina. Die
mense het oor gevriesde water van Asie af beweeg na die Amerikas.
Tweedens is ek nie 'n voorstander van Westerse gematigdheid teenoor
ander lande nie. Ek sê juis dit is ons swakheid. Ons voer al ons mense
se regte uit na die res wat nie op 'n genoegsame gevorderde vlak van
kulturele ontwikkeling is om mensregte, demokrasie ensovoorts te kan
hanteer nie. Daardie einste regte word gebruik om ons dan mee te slaan.
Die VN is 'n goeie voorbeeld van een moerse stok wat deesdae die weste
slaan.

Ons kan onsself nie verdedig teen die aanvalle nie omdat ons daardie
mense se menseregte en twak respekteer. Dit is soos 'n persoon wat vir
iemand 'n vuurwapen gee om homself te verdedig teen die wildernis en dan
gebruik daardie persoon die wapen op jou.

Die regte vanuit die weste hoort binne die weste en ons moet erg
onderskeid tref tussen diesulkes soos ons en die nie. Ouens soos Mugabe
moes al lankal sy lewe verloor het.

Groete
Plato

@rogers.com wrote:

> Tydens die honderjarige herdenking van die volksmoord op die
> Herero's tussen 1904-1907 het die Duitse regering in die publiek
> om verskoning gevra vir dié "genocidë" wat deur Duitsland
> gepleeg is.
> Toe die Herero's in 1904 in opstand gekom het teen die feit dat
> die Duitse magte hulle tuisland binnegedring het en hulle begin
> beheer het, het Generaal Lothar van Trotha sy troepe bevel gegee
> om die stam uit te wis. Die Herero's wat nie doodgemaak is nie,
> is in kampe gesit en aan Duitse besighede gegee as slawe-arbeid.
> Baie is dood aan ondervoeding en uitputting. Omtrent twee-
> derdes van die Herero is dood in hierdie periode.
> Hierdie is nou een van die voorbeelde van die verligte
> aksies van Westerlinge, wat "Plato" so bewonder.
> Dis ook hoog tyd dat Engeland, nog 'n ander nasie vol
> "westerlinge" begin verskoning maak vir wat gedurende
> die Anglo-Boereoorlog in die konsentrasiekampe
> gebeur het. Hier in Kanada het die kerke alreeds om
> verskoning begin vra vir die kulturele "genocide" wat
> hulle gepleeg het deur Eerste Nasies se kinders te dwing
> om hulle akademiese opvoeding in kerkskole te ontvang,
> waar daar baie voorbeelde van fisiese en seksuele
> molestasie nou voor die dag kom.
>
>
> Gloudina
>
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96794 is 'n antwoord op boodskap #96792] Di, 17 Augustus 2004 14:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Plato skryf:

> Ons kan onsself nie verdedig teen die aanvalle nie omdat ons daardie
> mense se menseregte en twak respekteer

Dalk net dalk sal ons "westerlinge" minder probleme net die
sogenaamde terroriste het, as ons WEL hulle menseregte en twak
respekteer?
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96795 is 'n antwoord op boodskap #96792] Di, 17 Augustus 2004 15:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

menseregte en twak

Daar het jy dit nou. So reg uit die mond van die
reaksionêre fascis se mond uit. Ongelukkig vir
jou en jou apartheidsvoorvaders, het die mense-
regte en twak toe die struggle gewen en sit julle
nou met die gebakte p�re. Jy sit in 'n land wat
menseregte tot so 'n mate respekteer dat dit nie
die moordenaars van Chris Hani om die lewe
bring nie.

Gloudina
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96796 is 'n antwoord op boodskap #96792] Di, 17 Augustus 2004 15:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Plato skryf:

> Ons voer al ons mense
> se regte uit na die res wat nie op 'n genoegsame gevorderde vlak van
> kulturele ontwikkeling is om mensregte, demokrasie ensovoorts te kan
> hanteer nie.

Nee, eintlik forseer ons ons "demokrasie" in hulle kele af sodat ons
ryker kan word en meer "beheer" kan hê oor hulle oliebronne en
mineraleregte en so aan en so voorts.

As almal net verdomp Christene kon wees, sou die wereld darem soveel
beter gewees het. Kom ons sing nou almal saam die Battlesong van die
Republiek. Laat die weste sterk staan en voorwaarts marsjeer sodat
ons die bleddie barbare kan uitwis vir eens en altyd.
Een twee drie!
Glory glory halleluja...
Kom nou - sing saam!!!
His truth is marching on...

Uit volle bors nou:
Mine eyes have seen the glory of the coming of the Lord.
He is trampling out the vintage where the grapes of wrath are stored.
He has loosed the fateful lightening of His terrible swift sword.
His truth is marching on

Jaaaa ou Plato....
;-)
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96801 is 'n antwoord op boodskap #96785] Di, 17 Augustus 2004 15:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Tante ek sal aan die begin vir jou sommer reguit sê jy praat twak want jy
het duidelik nie die hele storie gelees nie en nou vuurwarm spring na dinge
om mee stront te gooi.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:qxnUc.57$uc.8@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...
> Tydens die honderjarige herdenking van die volksmoord op die
> Herero's tussen 1904-1907 het die Duitse regering in die publiek
> om verskoning gevra vir dié "genocid�" wat deur Duitsland
> gepleeg is.
-----Daar is nie verskoning gevra vir volksmoord[kry tog jou taalgebruik
reg!] nie, wel vir die oorlog wat plaasgevind het tussen die Duitsers en die
Hereros en dat van die Hereros daardeur gely het. Die Duitse regering
beskou dit nie as volksmoord nie. Punt. Die regering van Namibië beskou
dit nie as volksmoord nie. Punt. Die gewone mens wat die storie ken,
beskou dit nie as volksmoord nie. Punt. Die Herero's wat 'n geleentheid
sien om lekker sop te skep uit die buiteland, praat dit 'n volksmoord.

> Toe die Herero's in 1904 in opstand gekom het teen die feit dat
> die Duitse magte hulle tuisland binnegedring het en hulle begin
> beheer het, het Generaal Lothar van Trotha sy troepe bevel gegee
> om die stam uit te wis.
------As jy die geskiedenis van ons land wil skryf, moet jy darem meer
inligting hê, ou antie! Lank vóór Von Trotha besluit het om drastiese
stappe teen die Herero's te neem was daar al 'n jarelange skermutselinge aan
die gang tussen Witbooi se Hottentotte en die Herero's wat die Duitser onder
beheer probeer kry het om die land te beveilig. Kort voor die sogenaamde
volksmoord van jou, het die Herero's op 'n 'killing spree' gegaan en as ek
dit reg onthou, 12 of 14 Duitse plase afgebrand, die mense vermoor en die
beeste weggedryf. Dis hier waar Von Trotha besluit het genoeg is genoeg.
Nou looi hy die Herero. Die meeste Herero's is ook g'n doodgeskiet nie.
Die meeste het met 'n stofstreep oor die Betsjoenanalandgrens verdwyn en tot
vandag het meeste Herero families familie daar.

Die Herero's wat nie doodgemaak is nie,
> is in kampe gesit
----die kampe was konsentrasiekampe tot tyd en wyl hulle die Herero's tot
oorgawe gedwing het.

en aan Duitse besighede gegee as slawe-arbeid.
----waar jy hieraan kom is verstommend. Ook louter kak.

> Baie is dood aan ondervoeding en uitputting.
-----Ja! Deur die Kalahariwoestyn na Betsjoeanaland is daar nie oop water
nie. Verwag jy die Duitsers moes vir hulle water aangery het?

Omtrent twee-
> derdes van die Herero is dood in hierdie periode.
------Hierdie getalle groei so met die jare aan en soos die legende geskep
word deur mense soos jy. As ek die syfers reg het, dan het nie eers 25%
van die Herero's in daardie oorlog omgekom nie.

Stertjie: Antie, hoor jy ENIGE verskoning van enige swart mond se kant
oor die dinge wat hulle gedurende hierdie tye aangevang het? Maar wat help
dit ek praat met jou? Jy reken jy's 'n gelowige, maar terselfdertyd glo jy
in vergelding. Vir iemand is jy besig om te lieg en vir jouself die
ergste. Ek het vir jou al voorheen vertel van ons wye land en sy mense en
die feit dat die grootste deel van die land doerie jare steeds onbewoon was
omdat jy eenvoudig nie daar 'n bestaan kon maak nie. Tussen die Witbooi
Hottentotte, die Herero en die Owambo sal jy baie lyke in die geskiedenis
kry van bruin, swart en wit mense wat in hierdie wye land net vreedsaam 'n
bestaan wou maak. Ek hoor nie een van hierdie stamme verskoning aanbied
vir hul dade nie. Net soos ek nog nooit jou stem gehoor het in verskoning
oor jy 'n politieke ideologie waaronder baie, baie duisende onskuldige mense
geval het nie? Sekerlik is dit wat jy eis van ons blanke Namibiërs en
voorsate niks minder as reg vir jou en jou politieke base......as hulle jou
nog onthou, bygesê!
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96803 is 'n antwoord op boodskap #96794] Di, 17 Augustus 2004 16:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Dis jou opinie.

Katryn wrote:

> Plato skryf:
>
>
>> Ons kan onsself nie verdedig teen die aanvalle nie omdat ons daardie
>> mense se menseregte en twak respekteer
>
>
> Dalk net dalk sal ons "westerlinge" minder probleme net die
> sogenaamde terroriste het, as ons WEL hulle menseregte en twak
> respekteer?
>
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96805 is 'n antwoord op boodskap #96795] Di, 17 Augustus 2004 16:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Nee Gloudiensie, ek dink jy maak 'n fout. Ek sit in 'n land waar
menseregte so gerespekteer word dat kriminele meer beskerming van die
staat kry as die wetsgehoorsame burgers. Ek bly in 'n land met die 2de
hoogste moord syfer naas Colombie. In hierdie land van my as 'n
krimineel iemand skiet en hy word self beseer in die proses, word die
krimineel op staats onkoste in privaat hospitale behandel terwyl die
wetsgehoorsame burger self moet sien kom klaar op sy eie koste. Die
nasate van die "Apartheidsvarke" is nie die mense wat gaan ly nie. Ons
maak maar 'n klein persentasie uit van die bevolking. Die mense in
beheer van die demokrasie gaan met hul nuutgevonde vryheid erger ly as ooit.

Tyd liefie, tyd...

Cheers
Plato

@rogers.com wrote:

> "Plato" skryf
>
> menseregte en twak
>
> Daar het jy dit nou. So reg uit die mond van die
> reaksionêre fascis se mond uit. Ongelukkig vir
> jou en jou apartheidsvoorvaders, het die mense-
> regte en twak toe die struggle gewen en sit julle
> nou met die gebakte pêre. Jy sit in 'n land wat
> menseregte tot so 'n mate respekteer dat dit nie
> die moordenaars van Chris Hani om die lewe
> bring nie.
>
> Gloudina
>
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96806 is 'n antwoord op boodskap #96796] Di, 17 Augustus 2004 16:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
En sal jy nie jouself bevuil as jy dit in die verte hoor nie...

;o)

Cheers
Plato

Katryn wrote:

> Plato skryf:
>
>
>> Ons voer al ons mense
>> se regte uit na die res wat nie op 'n genoegsame gevorderde vlak van
>> kulturele ontwikkeling is om mensregte, demokrasie ensovoorts te kan
>> hanteer nie.
>
>
> Nee, eintlik forseer ons ons "demokrasie" in hulle kele af sodat ons
> ryker kan word en meer "beheer" kan hê oor hulle oliebronne en
> mineraleregte en so aan en so voorts.
>
> As almal net verdomp Christene kon wees, sou die wereld darem soveel
> beter gewees het. Kom ons sing nou almal saam die Battlesong van die
> Republiek. Laat die weste sterk staan en voorwaarts marsjeer sodat
> ons die bleddie barbare kan uitwis vir eens en altyd.
> Een twee drie!
> Glory glory halleluja...
> Kom nou - sing saam!!!
> His truth is marching on...
>
> Uit volle bors nou:
> Mine eyes have seen the glory of the coming of the Lord.
> He is trampling out the vintage where the grapes of wrath are stored.
> He has loosed the fateful lightening of His terrible swift sword.
> His truth is marching on
>
> Jaaaa ou Plato....
> ;-)
>
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96811 is 'n antwoord op boodskap #96806] Di, 17 Augustus 2004 16:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Plato skryf:

> En sal jy nie jouself bevuil as jy dit in die verte hoor nie...

Giegie....nee, ek sal maar saamsing. Gelukkig ken ek die woorde.
;-))
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96817 is 'n antwoord op boodskap #96805] Di, 17 Augustus 2004 19:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dee Dee  is tans af-lyn  Dee Dee
Boodskappe: 50
Geregistreer: Augustus 2004
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 17 Aug 2004 18:26:27 +0200, Plato wrote:

> Ek bly in 'n land met die 2de
> hoogste moord syfer naas Colombie. In hierdie land van my as 'n
> krimineel iemand skiet en hy word self beseer in die proses, word die
> krimineel op staats onkoste in privaat hospitale behandel terwyl die
> wetsgehoorsame burger self moet sien kom klaar op sy eie koste.

> Plato

Plato, jy bly in 'n land waar dit so erg gaan, dat 'n moordenaar,
vir wie die regter sê dat hy 'n reïnkarnasie van die duiwel self
is, nie doodgemaak kan word nie. 'n moordenaar,
william kekana (20), wat Jacobus Geldenhuys vermoor het,
verlede jaar. Daarna vermoor hy Cliff Rawstone se ma en verloofde
en baba, Hester Rawstone, Janine Drennen en haar baba, Kayla.
Die eenjarige dogtertjie het hy geskiet, en toe sy roggel, het hy
haar weer deur die lyfie geskiet. Ook het hy nog 'n jong meisie
wat saam was probeer vermoor. En ook was hy vroeër aangekla vir
moord op 'n veiligheidswag in Noordwes, maar volgens sy pa, was
die gereg te treurig om hom vas te trek.
'n Verslaggewer sê dat sy pa gehuil het en met walging geluister het
hoe sy seun onverskillig vertel hoe hy sy vroulike slagoffers verkrag
het.
Wie die koerantberigte gevolg het, sal onthou hoe die regter, toe hy,
duidelik met 'n gloudinaïstiese obsessie, apartheid wou blameer, hom
ontstoke vertel het dat hy snert praat en niks weet van apartheid nie,
omdat hy in 1994 gebore is.
Syy pa, 'n polisieman, sê dat sy seun moet hang.
Kwoteer sy pa: "sy slagoffers se gesinne bly oor met die pyn en
william sit in die tronk en eet." Sy seun het niks minder as die
doodstraf verdien nie, se Herbert. Ook het hy belowe om nooit vir hom
in die tronk te gaan kuier nie.

En verslae lees ek, hoe mense soos Gloudina en Katryn, sy lewe
gespaar wil hê. Hoe hulle reken dat dit onmenslik sal wees om
hom (of te wel, monsters soos hy) dood te maak.
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96820 is 'n antwoord op boodskap #96817] Di, 17 Augustus 2004 21:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Dee Dee" skryf

> En verslae lees ek, hoe mense soos Gloudina en Katryn, sy lewe
> gespaar wil hê. Hoe hulle reken dat dit onmenslik sal wees om
> hom (of te wel, monsters soos hy) dood te maak.

As 'n sosiale groep mense begin doodmaak, is hulle net
so moreel korrup soos Kekana. As jy vir iemand wil
doodmaak, is jy net so moreel korrup soos Kekana.
As jy in die kerk sit en oor Jesus praat en aan "God"
glo, en ander mense wil doodmaak, dan is jy 'n
witgesmeerde graf.

Gloudina
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96822 is 'n antwoord op boodskap #96820] Di, 17 Augustus 2004 21:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dee Dee  is tans af-lyn  Dee Dee
Boodskappe: 50
Geregistreer: Augustus 2004
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 17 Aug 2004 21:07:29 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> "Dee Dee" skryf
>
>> En verslae lees ek, hoe mense soos Gloudina en Katryn, sy lewe
>> gespaar wil hê. Hoe hulle reken dat dit onmenslik sal wees om
>> hom (of te wel, monsters soos hy) dood te maak.
>
> As 'n sosiale groep mense begin doodmaak, is hulle net
> so moreel korrup soos Kekana. As jy vir iemand wil
> doodmaak, is jy net so moreel korrup soos Kekana.
> As jy in die kerk sit en oor Jesus praat en aan "God"
> glo, en ander mense wil doodmaak, dan is jy 'n
> witgesmeerde graf.
>
> Gloudina
>

Ek wonder of vriende soos Plato, Chris, Just-you, Jonas
en diesmeer hulle sal verwerdig om jou te antwoord.
Ek twyfel, want hulle verwerp dit wat jy sê met dieselfde
veragtig as ek.

DD
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96824 is 'n antwoord op boodskap #96822] Di, 17 Augustus 2004 22:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dee Dee skryf:

>>> En verslae lees ek, hoe mense soos Gloudina en Katryn, sy lewe
>>> gespaar wil hê. Hoe hulle reken dat dit onmenslik sal wees om
>>> hom (of te wel, monsters soos hy) dood te maak.

> @rogers.com" :

>> As 'n sosiale groep mense begin doodmaak, is hulle net
>> so moreel korrup soos Kekana. As jy vir iemand wil
>> doodmaak, is jy net so moreel korrup soos Kekana.
>> As jy in die kerk sit en oor Jesus praat en aan "God"
>> glo, en ander mense wil doodmaak, dan is jy 'n
>> witgesmeerde graf.

>> Gloudina

> Dee Dee:
> Ek wonder of vriende soos Plato, Chris, Just-you, Jonas
> en diesmeer hulle sal verwerdig om jou te antwoord.
> Ek twyfel, want hulle verwerp dit wat jy sê met dieselfde
> veragtig as ek.
>
> DD

Wat my weer keer op keer verslae en hartseer laat is wanneer mens keer
op keer sien hoe mense hulleself Christene noem, en dan hulleself in
dieselfde asem as ho"er as die God wat hulle aanbid, aanstel.
Vanuit 'n Christelike morele aspek gesien behoort geen GEEN GEEN mens
die reg te hê om te besluit tussen lewe en dood nie. Net God mag
daardie besluit neem. Maar julle verkies om eerder nie die boodskap
van liefde wat Jesus gepredik het, raak te sien nie. Nee, julle is
beter. God weet, julle is beter!

Dit is asof julle 'n siek verwronge genot daaruit put om in soveel
detail moontlik ander mense se smart en pyn te kan beskryf. Julle
plaas foto's van julle dooies op die Internet sodat ander kan sien hoe
wreed en barbaars die swartmense dan is. Maar wie is die wreedste?
Wie is die barbare? Wie is die moreel korruptes? Het julle dan geen
respek vir julle dooies nie? Julle het duidelik geen respek vir lewe
nie.

Daar is groot fout iewers....
Maar ek verwerp en verag jou tipe van Christen wees. Ek verwerp dit
totaal. So, laat Plato en Chris en Frikkie en Jonas maar gerus
antwoord. Mag julle God julle harde harte vergewe, en mag Hy
vergifnis en liefde aan julle openbaar.
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96826 is 'n antwoord op boodskap #96824] Di, 17 Augustus 2004 22:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dee Dee  is tans af-lyn  Dee Dee
Boodskappe: 50
Geregistreer: Augustus 2004
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 17 Aug 2004 18:19:22 -0400, Katryn wrote:

> Mag julle God julle harde harte vergewe, en mag Hy
> vergifnis en liefde aan julle openbaar.
>

heel vreemde woorde vir iemand wat meer as een keer
haar eie ateïstiese beterweterigheid aan my erken het.
Die woorde, 'julle God' word nie misgekyk nie, maar die
res van die brief is dubbelsinnig.
Agnosties het jouself genoem, né.

DD
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96827 is 'n antwoord op boodskap #96826] Di, 17 Augustus 2004 22:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dee Dee skryf:

> heel vreemde woorde vir iemand wat meer as een keer
> haar eie ateïstiese beterweterigheid aan my erken het.
> Die woorde, 'julle God' word nie misgekyk nie, maar die
> res van die brief is dubbelsinnig.
> Agnosties het jouself genoem, né.

Ongelowige of heiden as dit makliker vir jou is, sal ook werk.
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96828 is 'n antwoord op boodskap #96827] Di, 17 Augustus 2004 22:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dee Dee  is tans af-lyn  Dee Dee
Boodskappe: 50
Geregistreer: Augustus 2004
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 17 Aug 2004 18:40:12 -0400, Katryn wrote:

> Dee Dee skryf:
>
>> heel vreemde woorde vir iemand wat meer as een keer
>> haar eie ateïstiese beterweterigheid aan my erken het.
>> Die woorde, 'julle God' word nie misgekyk nie, maar die
>> res van die brief is dubbelsinnig.
>> Agnosties het jouself genoem, né.
>
> Ongelowige of heiden as dit makliker vir jou is, sal ook werk.
>

'U het so gesê' was ook 'n dubbelsinnige antwoord in meer
as een kruisverhoor.
Ek het so pas gesien hoe laat dit is.
Dit is al 50 minute lank die 18de hier, en dit is nog die 17de by
julle. (wat dit laat klink of julle bietjie stadig is:-)
Toevallig 'n dag waarop ek met niemand wil argumenteer nie.
Geniet die res van die aand.

DD
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96829 is 'n antwoord op boodskap #96826] Di, 17 Augustus 2004 23:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Dee Dee" skryf

> heel vreemde woorde vir iemand wat meer as een keer
> haar eie ateïstiese beterweterigheid aan my erken het.
> Die woorde, 'julle God' word nie misgekyk nie, maar die
> res van die brief is dubbelsinnig.
> Agnosties het jouself genoem, né.

Met mense soos jy as advertensie, is dit geen wonder
dat daar mense soos Katryn is wat haar wil dissosieer
van julle onheilige ketterse verdraaiing van die woorde
van Christus nie. Jy aanbid 'n god van jou maaksel,
en verstaan met opset die boodskap van Christus mis.

Gloudina
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96830 is 'n antwoord op boodskap #96828] Di, 17 Augustus 2004 23:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dee Dee skryf:

> 'U het so gesê' was ook 'n dubbelsinnige antwoord in meer
> as een kruisverhoor.
> Ek het so pas gesien hoe laat dit is.
> Dit is al 50 minute lank die 18de hier, en dit is nog die 17de by
> julle. (wat dit laat klink of julle bietjie stadig is:-)
> Toevallig 'n dag waarop ek met niemand wil argumenteer nie.
> Geniet die res van die aand.

Geniet jou aand ook, DD.
Jy hoef nie te argumenteer nie. Ons het almal ons eie opinies.
Jammer dat ek dit so bietjie verloor het vanaand, maar ai...AI! ;-)

Toevallig lees ek netnou hierdie stuk wat Baron d'Holbach in die
1700's geskryf het:

"What is virtue according to theology? It is, we are told, "the
conformity of the actions of man to the will of God." But what is
God? A being of whom nobody has the least conception and whom
everyone consequently modifies in his own way.

What is the will of God? It is what men, who have seen God or whom
God has inspired, have declared to be the will of God. And who are
those who have seen God? They are either fanatics or rogues, or
ambitious men, whom we cannot readily believe upon their word.

To found morality upon a God whom everyone paints to himself
differently, composes in his way, and arranges according to his own
temperament and interests is evidently to found morality upon the
caprice and imagination of men; it is to found it upon the whims of a
sect, a faction, a party, who will believe they have the advantage to
adore a true God to the exclusion of all others..."

;-)
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96833 is 'n antwoord op boodskap #96811] Wo, 18 Augustus 2004 04:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
LOL

Katryn wrote:

> Plato skryf:
>
>
>> En sal jy nie jouself bevuil as jy dit in die verte hoor nie...
>
>
> Giegie....nee, ek sal maar saamsing. Gelukkig ken ek die woorde.
> ;-))
>
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96834 is 'n antwoord op boodskap #96820] Wo, 18 Augustus 2004 04:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Stront Gloudina! Loutere stront! Kan jy die goed glo wat jy sê?

@rogers.com wrote:

> "Dee Dee" skryf
>
>
>> En verslae lees ek, hoe mense soos Gloudina en Katryn, sy lewe
>> gespaar wil hê. Hoe hulle reken dat dit onmenslik sal wees om
>> hom (of te wel, monsters soos hy) dood te maak.
>
>
> As 'n sosiale groep mense begin doodmaak, is hulle net
> so moreel korrup soos Kekana. As jy vir iemand wil
> doodmaak, is jy net so moreel korrup soos Kekana.
> As jy in die kerk sit en oor Jesus praat en aan "God"
> glo, en ander mense wil doodmaak, dan is jy 'n
> witgesmeerde graf.
>
> Gloudina
>
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96835 is 'n antwoord op boodskap #96820] Wo, 18 Augustus 2004 04:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Watse voordeel het dit vir die samelewing om die vark aan die lewe te
hou Gloudina?

@rogers.com wrote:

> "Dee Dee" skryf
>
>
>> En verslae lees ek, hoe mense soos Gloudina en Katryn, sy lewe
>> gespaar wil hê. Hoe hulle reken dat dit onmenslik sal wees om
>> hom (of te wel, monsters soos hy) dood te maak.
>
>
> As 'n sosiale groep mense begin doodmaak, is hulle net
> so moreel korrup soos Kekana. As jy vir iemand wil
> doodmaak, is jy net so moreel korrup soos Kekana.
> As jy in die kerk sit en oor Jesus praat en aan "God"
> glo, en ander mense wil doodmaak, dan is jy 'n
> witgesmeerde graf.
>
> Gloudina
>
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96836 is 'n antwoord op boodskap #96824] Wo, 18 Augustus 2004 04:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ag nee Katryn ek het ophou lees na die fotos bollie. Ek skryf dus
dieselfde vir jou as vir Gloudina. Stront!

Katryn wrote:

> Dee Dee skryf:
>
>
>>>> En verslae lees ek, hoe mense soos Gloudina en Katryn, sy lewe
>>>> gespaar wil hê. Hoe hulle reken dat dit onmenslik sal wees om
>>>> hom (of te wel, monsters soos hy) dood te maak.
>
>
>> @rogers.com" :
>
>
>>> As 'n sosiale groep mense begin doodmaak, is hulle net
>>> so moreel korrup soos Kekana. As jy vir iemand wil
>>> doodmaak, is jy net so moreel korrup soos Kekana.
>>> As jy in die kerk sit en oor Jesus praat en aan "God"
>>> glo, en ander mense wil doodmaak, dan is jy 'n
>>> witgesmeerde graf.
>
>>> Gloudina
>

>> Dee Dee:
>> Ek wonder of vriende soos Plato, Chris, Just-you, Jonas
>> en diesmeer hulle sal verwerdig om jou te antwoord.
>> Ek twyfel, want hulle verwerp dit wat jy sê met dieselfde
>> veragtig as ek.

>> DD
>
>
> Wat my weer keer op keer verslae en hartseer laat is wanneer mens keer
> op keer sien hoe mense hulleself Christene noem, en dan hulleself in
> dieselfde asem as ho"er as die God wat hulle aanbid, aanstel.
> Vanuit 'n Christelike morele aspek gesien behoort geen GEEN GEEN mens
> die reg te hê om te besluit tussen lewe en dood nie. Net God mag
> daardie besluit neem. Maar julle verkies om eerder nie die boodskap
> van liefde wat Jesus gepredik het, raak te sien nie. Nee, julle is
> beter. God weet, julle is beter!
>
> Dit is asof julle 'n siek verwronge genot daaruit put om in soveel
> detail moontlik ander mense se smart en pyn te kan beskryf. Julle
> plaas foto's van julle dooies op die Internet sodat ander kan sien hoe
> wreed en barbaars die swartmense dan is. Maar wie is die wreedste?
> Wie is die barbare? Wie is die moreel korruptes? Het julle dan geen
> respek vir julle dooies nie? Julle het duidelik geen respek vir lewe
> nie.
>
> Daar is groot fout iewers....
> Maar ek verwerp en verag jou tipe van Christen wees. Ek verwerp dit
> totaal. So, laat Plato en Chris en Frikkie en Jonas maar gerus
> antwoord. Mag julle God julle harde harte vergewe, en mag Hy
> vergifnis en liefde aan julle openbaar.
>
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96837 is 'n antwoord op boodskap #96829] Wo, 18 Augustus 2004 04:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
So jy weet beter Gloudina? Verskoon my, maar jy is die laaste persoon
wat ek as voorbeeld sal vat van hoe om enige geloof te interpreteer. As
ons die wêreld aan jou oorlaat, loop moordenaars binnekort op straat
rond en agter hulle boete bessies wat almal wat nie vir die moordenaar
omverskoning vra vir die wêreld wat hom gedwing het om te moor nie,
boetes uitskryf.

@rogers.com wrote:

> "Dee Dee" skryf
>
>
>> heel vreemde woorde vir iemand wat meer as een keer
>> haar eie ateïstiese beterweterigheid aan my erken het.
>> Die woorde, 'julle God' word nie misgekyk nie, maar die
>> res van die brief is dubbelsinnig.
>> Agnosties het jouself genoem, né.
>
>
> Met mense soos jy as advertensie, is dit geen wonder
> dat daar mense soos Katryn is wat haar wil dissosieer
> van julle onheilige ketterse verdraaiing van die woorde
> van Christus nie. Jy aanbid 'n god van jou maaksel,
> en verstaan met opset die boodskap van Christus mis.
>
> Gloudina
>
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96838 is 'n antwoord op boodskap #96829] Wo, 18 Augustus 2004 04:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Jy is maar lekker "judgemental" vir iemand wat die teenoorgestelde
propageer...

@rogers.com wrote:

> "Dee Dee" skryf
>
>
>> heel vreemde woorde vir iemand wat meer as een keer
>> haar eie ateïstiese beterweterigheid aan my erken het.
>> Die woorde, 'julle God' word nie misgekyk nie, maar die
>> res van die brief is dubbelsinnig.
>> Agnosties het jouself genoem, né.
>
>
> Met mense soos jy as advertensie, is dit geen wonder
> dat daar mense soos Katryn is wat haar wil dissosieer
> van julle onheilige ketterse verdraaiing van die woorde
> van Christus nie. Jy aanbid 'n god van jou maaksel,
> en verstaan met opset die boodskap van Christus mis.
>
> Gloudina
>
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96839 is 'n antwoord op boodskap #96785] Wo, 18 Augustus 2004 04:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Bravo!

Jonas wrote:

> Katryn - en andere. Ek het so 'n paar jaar in Afrika (Kongo/Zaire) gewoon.
> Glo my - ons moet nie ons tyd mors om jammer te voel oor die sondes van die
> vadere nie. Die ongeregtighede wat die plaaslik bevolking(s) op hulself
> bring, en gebring het laat die koloniale vergrype soos 'n kinderkransdans
> lyk. Daardie dele van Afrika kan nou, meer as ooit tevore, voordeel trek uit
> herkolonalisering. Maar die weste vermy Afrika nou en laat dit toe om verder
> agteruit te gaan - juis vanwee die skuldgevoel. M.i. is dit juis die
> skuldgevoel wat nou bydra tot die verdere verval van 'n kontinent met soveel
> natuurlike rykdom.
>
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96840 is 'n antwoord op boodskap #96829] Wo, 18 Augustus 2004 05:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dee Dee  is tans af-lyn  Dee Dee
Boodskappe: 50
Geregistreer: Augustus 2004
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 17 Aug 2004 23:09:28 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> "Dee Dee" skryf
>
>> heel vreemde woorde vir iemand wat meer as een keer
>> haar eie ateïstiese beterweterigheid aan my erken het.
>> Die woorde, 'julle God' word nie misgekyk nie, maar die
>> res van die brief is dubbelsinnig.
>> Agnosties het jouself genoem, né.
>
> Met mense soos jy as advertensie, is dit geen wonder
> dat daar mense soos Katryn is wat haar wil dissosieer
> van julle onheilige ketterse verdraaiing van die woorde
> van Christus nie. Jy aanbid 'n god van jou maaksel,
> en verstaan met opset die boodskap van Christus mis.
>
> Gloudina
>

Natuurlik beteken jou valsheid zero, in ag genome dat
dit kom van 'n draaijakkals soos jy. Ek wonder of mense
soos Plato nog so vriendelik met jou sal wees indien hulle
weet hoe jy die Christendomverraai het deur boedhisties
te draai. Ek wonder hoeveel mense op hierdie groep
weet dat jy in 'n boedhistiese tempel die knie buig voor
daardie vet afgod. Hoeveel beelde van Gautama of wat
sy naam ookal is, het jy in jou huis?

DD
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96842 is 'n antwoord op boodskap #96795] Wo, 18 Augustus 2004 07:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Het jy al ooit daaraan gedink dat Hani in die oë van baie Suis-Afrikaners
self 'n moordenaar was? Die hele bevelstruktuur van die ANC is net so
skuldig aan die moorde op onskuldige mense as wat die ou was wat die bom
gestel het! Wat my natuurlik fassineer is hoe jy jouself aanmekaar
weerspreek. Jy, aanbidder van die Vet Varkie, reken die doodstraf is 'n
no-no, maar terselfdertyd keur jy die geweld van politiek goed? Almal weet
tog presies wat jy is, ou dier! 'n Verbitterde ou vrou wat haar eie
lafhartigheid om weg te hol van haar mense, probeer regskryf. Wanneer sal
dit tot jou deurdring dat jy die meester van jou eie bestemming is?
"@rogers.com" wrote in message
news:A9pUc.175$uc.95@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...
Jy sit in 'n land wat
> menseregte tot so 'n mate respekteer dat dit nie
> die moordenaars van Chris Hani om die lewe
> bring nie.
>
> Gloudina
>
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96855 is 'n antwoord op boodskap #96837] Wo, 18 Augustus 2004 12:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

> So jy weet beter Gloudina? Verskoon my, maar jy is die laaste persoon
> wat ek as voorbeeld sal vat van hoe om enige geloof te interpreteer. As
> ons die wêreld aan jou oorlaat, loop moordenaars binnekort op straat
> rond

Jy is totaal onkundig van hoe dinge in die
wêreld gedoen word. In Kanada word
'n moordenaar agter die tralies gesit en
sal hy daar bly vir die res van sy lewe en
boet vir sy moorddaad. Ons staat in
Kanada is egter nie vol moordenaars
nie, so ons het 'n voet om op te staan.

Gloudina
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96856 is 'n antwoord op boodskap #96811] Wo, 18 Augustus 2004 12:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Katryn - en andere. Ek het so 'n paar jaar in Afrika (Kongo/Zaire) gewoon.
Glo my - ons moet nie ons tyd mors om jammer te voel oor die sondes van die
vadere nie. Die ongeregtighede wat die plaaslik bevolking(s) op hulself
bring, en gebring het laat die koloniale vergrype soos 'n kinderkransdans
lyk. Daardie dele van Afrika kan nou, meer as ooit tevore, voordeel trek uit
herkolonalisering. Maar die weste vermy Afrika nou en laat dit toe om verder
agteruit te gaan - juis vanwee die skuldgevoel. M.i. is dit juis die
skuldgevoel wat nou bydra tot die verdere verval van 'n kontinent met soveel
natuurlike rykdom.
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96859 is 'n antwoord op boodskap #96838] Wo, 18 Augustus 2004 13:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

> Jy is maar lekker "judgemental" vir iemand wat die teenoorgestelde
> propageer...

Ek dink die Christelike Bybel is vol oordele.
Maar dit is gebaseer op fundamentele etiese
en morele beginsels. En ek dink dat daar 'n
duidelike verskil is tussen dit wat die Jode
aanhang ( wat gebaseer is op die wette van
Moses) en dit wat Christene sê hulle hang
aan, wat gebaseer is op die leer van die
liefde (caritas.) Ongelukkig het 'n
klomp sogenaamde Christene hulle eie
ketterse le�r geskep, waar hulle met hulle
lippe die leer van die liefde aanhang, maar
met hulle dade alles behalwe hierdie
beginsel uitleef. Die geskiedenis van
Europa is vol van oorloë wat in die naam
van die sogenaamde Christendom gevoer
is. In SA was die kerkbanke vol van mense
wat sogenaamd god aanbid, maar hulle
toestemming gegee het tot die verdrukking
van hulle medemense in die land. Dis geen
wonder dat mense soos Katryn hulle wil
dissosieer van so 'n drogspul nie.

Gloudina
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96863 is 'n antwoord op boodskap #96840] Wo, 18 Augustus 2004 13:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Dee Dee" skryf

Ek wonder of mense
> soos Plato nog so vriendelik met jou sal wees indien hulle
> weet hoe jy die Christendomverraai het deur boedhisties
> te draai. Ek wonder hoeveel mense op hierdie groep
> weet dat jy in 'n boedhistiese tempel die knie buig voor
> daardie vet afgod. Hoeveel beelde van Gautama of wat
> sy naam ookal is, het jy in jou huis?

'n Mens moet eintlik nie aandag gee aan mense soos
jy, wat om politieke redes voorgee om 'n Christen te
wees sodat jy politieke munt daaruit kan slaan nie.
Maar deur jou te antwoord, gee dit my weer 'n kans
om te sê wat Boeddhisme wel is. Geen mens wat
Boeddhisme bestudeer, "buig die knie" voor Gautama
Buddha nie. "Buddha" is die woord vir "goddelikheid"
of soos in die Engelse woord "godhead." Daar is
letterlik duisende Buddhas, sommige wat in die
verlede geleef het en sommige wat nog in die
toekoms sal kom. Gautama Buddha is alleenlik
dié buddha wat in hierdie historiese tydvak weer
volgens die mense op die Indiese subkontinent wat
hulleself Buddhiste noem, gekom het om "die dharma"
te verkondig. En die grootste karaktertrek van
"dharma" is "bodhicitta" - wat kompassie vir alle
"sentient beings" beteken.
Die Dalai Lama vra gereeld dat mense hulle Buddhistiese
beginsels binne hulle eie kulturele en "godsdienstige"
raamwerk moet beoefen. Die Katolieke Kerk hier in
Kanada is baie simpatiek teenoor die Dalai Lama.
Want, dink ek, die Katolieke Kerk weet dat beide
die Dalai Lama en die Pous oor dieselfde dinge praat.

Gloudina
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96871 is 'n antwoord op boodskap #96855] Wo, 18 Augustus 2004 14:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Soos ek gesê het, Westerse regte en voorregte hoort in die Weste. Ek sal
nie met jou stry nie. Kanada tel as 'n Westerse land.

@rogers.com wrote:

> "Plato" skryf
>
>
>> So jy weet beter Gloudina? Verskoon my, maar jy is die laaste persoon
>> wat ek as voorbeeld sal vat van hoe om enige geloof te interpreteer. As
>> ons die wêreld aan jou oorlaat, loop moordenaars binnekort op straat
>> rond
>
>
> Jy is totaal onkundig van hoe dinge in die
> wêreld gedoen word. In Kanada word
> 'n moordenaar agter die tralies gesit en
> sal hy daar bly vir die res van sy lewe en
> boet vir sy moorddaad. Ons staat in
> Kanada is egter nie vol moordenaars
> nie, so ons het 'n voet om op te staan.
>
> Gloudina
>
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96872 is 'n antwoord op boodskap #96871] Wo, 18 Augustus 2004 14:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

> Soos ek gesê het, Westerse regte en voorregte hoort in die Weste. Ek sal
> nie met jou stry nie. Kanada tel as 'n Westerse land.

Jy is natuurlik dus 'n voorstander van moslemse
lande wat deur moslemse wette regeer moet word.
En jy is dus ook 'n voorstander van die feit dat in
Suid-Afrika, wat basies 'n swart land is, jou
"westerse" beginsels nie moet toegepas word nie?
Ek dink jy loop in 'n gevaarlike paadjie af. Dieselfde
gevaarlike paadjie wat jou apartheidsvarkvadere
geloop het toe hulle aan ander wou dikteer wat hulle
kon doen en hoe hulle dinge moes doen. En kyk
toe hoe het hulle die stoel misgesit. Fascisme werk
nooit op die lang duur nie. Kyk maar na Pinochet.

Gloudina
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96873 is 'n antwoord op boodskap #96872] Wo, 18 Augustus 2004 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Mense binne bepaalde grense gaan deur stappe van ontwikkeling. Kulturele
ontwikkeling. Mens moet doen wat vir die vlak van kultuur nodig is. Ek
stem dus saam dat mens wette soos in van die Moslem lande nodig het. Ek
is persoonlik 'n voorstander van lyfstraf vir diefstal. 'n Dief het geen
nut in 'n tronk nie. Indien tronkstraf uitgedien word , sal die
krimineel werk. HARD WERK! Hulle sal gemeenskaps sentrums, skole,
klinieke ensovoorts verniet bou vir kos en basiese bou vaardighede.
Moordenaars in my ideale land sal vir 10 jaar werk in die tronk terwyl
die sake hersien word en oor en oor nagegaan word om so seker as
moontlik te wees die nar het die misdaar gepleeg. As daar nie
teenstrydige inligting navore kom nie word die ou na 10 jaar van skole
bou ensovoorts die ewigheid ingestuur met die priester of
verteenwoordiger van sy geloof teenwoordig.

In my ideale land sal 'n tronk nie 'n plek wees waar mense verskonings
sal soek om heen te gaan nie. Dit sal ook 'n plek wees wat jy nie kan
vermy as jy daar hoort nie.

In Suid Afrika sou ek dit graag wou sien.

Groete
Plato

@rogers.com wrote:
> "Plato" skryf
>
>> Soos ek gesê het, Westerse regte en voorregte hoort in die Weste. Ek sal
>
>> nie met jou stry nie. Kanada tel as 'n Westerse land.
>
>
> Jy is natuurlik dus 'n voorstander van moslemse
> lande wat deur moslemse wette regeer moet word.
> En jy is dus ook 'n voorstander van die feit dat in
> Suid-Afrika, wat basies 'n swart land is, jou
> "westerse" beginsels nie moet toegepas word nie?
> Ek dink jy loop in 'n gevaarlike paadjie af. Dieselfde
> gevaarlike paadjie wat jou apartheidsvarkvadere
> geloop het toe hulle aan ander wou dikteer wat hulle
> kon doen en hoe hulle dinge moes doen. En kyk
> toe hoe het hulle die stoel misgesit. Fascisme werk
> nooit op die lang duur nie. Kyk maar na Pinochet.
>
> Gloudina
>
Re: Apologie na 'n honderd jaar in Namibia [boodskap #96904 is 'n antwoord op boodskap #96824] Do, 19 Augustus 2004 03:15 Na vorige boodskap
soforkenwhat  is tans af-lyn  soforkenwhat
Boodskappe: 75
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Volle Lid
Dan kry ons 'n heiden regter om die doodstraf aan hulle op te le

"Katryn" skryf in boodskap news:ehv4i0dcn3tcjk5dbru6lqlr5kmalaslgh@4ax.com...
> Dee Dee skryf:
>
>>>> En verslae lees ek, hoe mense soos Gloudina en Katryn, sy lewe
>>>> gespaar wil hê. Hoe hulle reken dat dit onmenslik sal wees om
>>>> hom (of te wel, monsters soos hy) dood te maak.
>
>> @rogers.com" :
>
>>> As 'n sosiale groep mense begin doodmaak, is hulle net
>>> so moreel korrup soos Kekana. As jy vir iemand wil
>>> doodmaak, is jy net so moreel korrup soos Kekana.
>>> As jy in die kerk sit en oor Jesus praat en aan "God"
>>> glo, en ander mense wil doodmaak, dan is jy 'n
>>> witgesmeerde graf.
>
>>> Gloudina
>
>> Dee Dee:
>> Ek wonder of vriende soos Plato, Chris, Just-you, Jonas
>> en diesmeer hulle sal verwerdig om jou te antwoord.
>> Ek twyfel, want hulle verwerp dit wat jy sê met dieselfde
>> veragtig as ek.

>> DD
>
> Wat my weer keer op keer verslae en hartseer laat is wanneer mens keer
> op keer sien hoe mense hulleself Christene noem, en dan hulleself in
> dieselfde asem as ho"er as die God wat hulle aanbid, aanstel.
> Vanuit 'n Christelike morele aspek gesien behoort geen GEEN GEEN mens
> die reg te hê om te besluit tussen lewe en dood nie. Net God mag
> daardie besluit neem. Maar julle verkies om eerder nie die boodskap
> van liefde wat Jesus gepredik het, raak te sien nie. Nee, julle is
> beter. God weet, julle is beter!
>
> Dit is asof julle 'n siek verwronge genot daaruit put om in soveel
> detail moontlik ander mense se smart en pyn te kan beskryf. Julle
> plaas foto's van julle dooies op die Internet sodat ander kan sien hoe
> wreed en barbaars die swartmense dan is. Maar wie is die wreedste?
> Wie is die barbare? Wie is die moreel korruptes? Het julle dan geen
> respek vir julle dooies nie? Julle het duidelik geen respek vir lewe
> nie.
>
> Daar is groot fout iewers....
> Maar ek verwerp en verag jou tipe van Christen wees. Ek verwerp dit
> totaal. So, laat Plato en Chris en Frikkie en Jonas maar gerus
> antwoord. Mag julle God julle harde harte vergewe, en mag Hy
> vergifnis en liefde aan julle openbaar.
>
Vorige onderwerp: Skokkende feite
Volgende onderwerp: Toets
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 13:48:20 MGT 2024