Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ek is mal oor hierdie nuusgroep
Ek is mal oor hierdie nuusgroep [boodskap #9678] Di, 03 Junie 1997 00:00 na volgende boodskap
John Irish  is tans af-lyn  John Irish
Boodskappe: 8
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek is redelik nuut op die Web, en het deur 'n hele klomp nuusgroepe
geworstel om een of twee te probeer kry wat my interesseer (za.humour
was omtrent die beste van die lot), toe ek hier uitkom. Ek het na al die
boodskappe (100+) gekyk, en het ek dit nie geniet nie! Mooi so mense,
dis goed om op te kom vir jou eie; hou so aan. Ek het die enkele
Hollanders en Duitsers veral geniet (As julle hierdie lees, doet zoo
voort en schreibt mal wieder).

Een ding wat my gou opgeval het, was die voorspelbare aanvalle deur die
arme disleksiese siele wat nognie agtergekom het dat dat daar na die
eerste letter 'n verskil tussen Apartheid en Afrikaans is nie. Nou ja,
ons sit maar opgeskeep met hulle. Wat ek egter nie kan verstaan nie, is
hoekom enigeen die moeite doen om op hierdie ouens te reageer, en weer
te reageer en weer. Dis kinderagtig, en dit bereik niks nie, behalwe om
die arme haters se opinie van hulleself te verhoog: hulle kry immers
aandag en reaksie. Ek weet dis moeilik om nie te reageer nie; die eerste
paar wat ek gelees het het ook die Boer in my wakker gemaak. Maar na 'n
ruk het ek hulle name in die opskrif begin herken en eenvoudig opgehou
om die twak wat hulle kwytraak te lees. Ek dink dis een manier om van
hulle ontslae te raak, of ten minste hulle effek te verminder: ignoreer
hulle. En verwag dat die gebrek aan aandag sal veroorsaak dat hulle nog
erger as voorheen aangaan; moenie in die slagyster trap en reageer nie,
vroeër of later sal hulle verveeld raak en verdwyn. Dit help nie om
hulle te wys op feitelike of logiese foute in hulle galbrakery nie;
hulle is onoortuigbaar. Ek het vandag meer as een uiters beskaafde,
bedagsame en goed beredeneerde reaksie op haatpos gelees, en dan was dit
telkens uit die hater se teenantwoord duidelik dat dit absoluut geen
effek gehad het nie. Ek is seker ons kan ons tyd meer positief aanwend.
Dis elkgeval my opinie. Hoe voel julle?
John
--
John Irish, Entomologie, Nasionale Museum
john-irish @ internext.co.za
Re: Ek is mal oor hierdie nuusgroep [boodskap #9695 is 'n antwoord op boodskap #9678] Wo, 04 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article John Irish writes:
> From: John Irish
> Subject: Ek is mal oor hierdie nuusgroep
> Date: Tue, 03 Jun 1997 15:30:39 +0200

> Ek is redelik nuut op die Web, en het deur 'n hele klomp nuusgroepe
> geworstel om een of twee te probeer kry wat my interesseer (za.humour
> was omtrent die beste van die lot), toe ek hier uitkom.

Welkom. :)

> Een ding wat my gou opgeval het, was die voorspelbare aanvalle deur die
> arme disleksiese siele wat nognie agtergekom het dat dat daar na die
> eerste letter 'n verskil tussen Apartheid en Afrikaans is nie. Nou ja,
> ons sit maar opgeskeep met hulle. Wat ek egter nie kan verstaan nie, is
> hoekom enigeen die moeite doen om op hierdie ouens te reageer, en weer
> te reageer en weer. Dis kinderagtig, en dit bereik niks nie, behalwe om
> die arme haters se opinie van hulleself te verhoog: hulle kry immers
> aandag en reaksie. Ek weet dis moeilik om nie te reageer nie; die eerste
> paar wat ek gelees het het ook die Boer in my wakker gemaak. Maar na 'n
> ruk het ek hulle name in die opskrif begin herken en eenvoudig opgehou
> om die twak wat hulle kwytraak te lees. Ek dink dis een manier om van
> hulle ontslae te raak, of ten minste hulle effek te verminder: ignoreer
> hulle. En verwag dat die gebrek aan aandag sal veroorsaak dat hulle nog
> erger as voorheen aangaan; moenie in die slagyster trap en reageer nie,
> vroeër of later sal hulle verveeld raak en verdwyn. Dit help nie om
> hulle te wys op feitelike of logiese foute in hulle galbrakery nie;
> hulle is onoortuigbaar. Ek het vandag meer as een uiters beskaafde,
> bedagsame en goed beredeneerde reaksie op haatpos gelees, en dan was dit
> telkens uit die hater se teenantwoord duidelik dat dit absoluut geen
> effek gehad het nie. Ek is seker ons kan ons tyd meer positief aanwend.
> Dis elkgeval my opinie. Hoe voel julle?

Man John, meeste mense voel soos jy. Ek wou die al voorheen gese het,
maar het eerder vesruim om nie die enigste een te wees wat nou anders
wil wees nie. My siening is dat:

eerstens: Daar gaan net meer en meer Bleah's en Totties na vore kom,
die wereld is VOL van hulle en die publieke siening van
Afrikaans en Afrikaners word net by die dag verswak deur die
media, selftevredenheid van sekere groot groepe en die
ongelooflikste vlakke van die 'ignorance' waarvan Afrikaners
telkemale beskuldig word, gevind in eksponensiele hoer
vlakke by ons medemense. Hulle sal ons verswelg, en ons
NG oorneem deurdat hulle op hul eie aangaan. Met net drie
van hulle: Bleah, Tottie en Frenchy was dit klaar amusant om
te sien hoe Frenchy 'n strikvraag probeer stel het (nl Hoe
SA'se manse daaroor voel as hul vrouens met nie-blankes
omgaan) en hoe Bleah (of was dit Tottie) toe geantwoord het
asof die vraag deur 'een van ons' gestel was. Dit het ook ge
beur toe Bleah die gebruikers van fonetiese [X] (G-klank soos
in gaan, Bach en Gauteng) beledig het deur te verduidelik hoe
om die klank te vorm, en nog een van 'hulle' daarop
geantwoord het asof dit 'n Afrikaans sprekende was wat ander
ons taal se uitspraak probeer leer. (Asof on onsself so sal
beledig). My punt is, hulle sal so aanhou, en dink net hoe
dit gaan wees as daar 20 of meer van hulle is ! Dan gaan
ignoreer nie beteken dat jy minstens 1 uit 20 goeie artikels
kan lees soos ons nou maklik 1 uit 3 (eintlik heelwat beter)
het nie.

tweedens: Een of ander tyd gaan iemand WEL op hul pos antwoord,
dit is onmoontlik om almal te kry om 'hulle' te ignoreer
en dan is al die moeite elkgeval verniet. Niemand sal
elgeval ooreenstem met wat ignoreerbaar is en wat nie.

derdens: Soos ek in my antwoord op At se artikel (Aangaande
selfstandige denkse) uitgewys het, dalk kan on self nog iets
leer, dalk is daar iets betekenisvol agter die skynbaar
idiotiese persoonlikheid en as dan nie, met slim bewoording
kan jy nog 'n klipkop aan die dink kry. Maak die werel 'n
beter plek !

My voorstel: Ondersoek die persoon se idees, vrae hom uit en laat
hom belangrik voel, kry haar aan die dink. Moenie
emosioneel raak nie en maak seker dat jy nie tot op
sy vlak daal nie. En baie belangrik, as jy besluit om
die persoon te anwoord, maak 'op ' deur 'n artikel van
die aard waarvan 'ons' meer hou, bv digkuns, kultuur
ens. vir elke artikel te pos vir elke artikel rakende 'n
klipkop. Dalk moet ons dieselfde doen wat poletiek
betref, vir elke politiese arikel, pos 'n nie-politiese
ene. Sodoen sal ons 'hulle' oorwin.
Dink Ek.

> John
> --
> John Irish, Entomologie, Nasionale Museum
> john-irish @ internext.co.za

Etienne Marais
Re: Ek is mal oor hierdie nuusgroep [boodskap #9696 is 'n antwoord op boodskap #9695] Wo, 04 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Skebenga  is tans af-lyn  Skebenga
Boodskappe: 3
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
Etienne Marais wrote:

... lang storie - maar ek stem saam.

> Sodoen sal ons 'hulle' oorwin.

Het jy nie dalk lus om 'n FAQ (VAV - vreeslike algemene vrae?) op
hierdie basis op te stel nie en dit dalk sê elke twee weke te pos nie?
Sover ek weet bestaan daar nog nie soiets nie (en ek lê al lank hier!)
en dis beslis nodig. 'n Web-blad gaan natuurlik gewoonlik daarmee saam.

van die beste
inus
Re: Ek is mal oor hierdie nuusgroep [boodskap #9717 is 'n antwoord op boodskap #9695] Do, 05 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jean-Pierre Botha  is tans af-lyn  Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
> My voorstel: Ondersoek die persoon se idees, vrae hom uit en laat
> hom belangrik voel, kry haar aan die dink.

Ongelukkig deel ek nie jou optimisme nie. Maar dis elkeen se goeie reg
om 'n sucker vir punishment te wees.
Al werklike nadeel is dat dit die nuusgroep nadelig tref.
Kill file die bliksems !

cheers
JP
Re: Ek is mal oor hierdie nuusgroep [boodskap #9732 is 'n antwoord op boodskap #9695] Vr, 06 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 4 Jun 1997 14:13:05, s941...@cosine.up.ac.za (Etienne Marais) wrote:
.
dit is onmoontlik om almal te kry om 'hulle' te ignoreer[/color]
> en dan is al die moeite elkgeval verniet. Niemand sal
> elgeval ooreenstem met wat ignoreerbaar is en wat nie. >>>

Hulle cross post na onder meer soc.culture.south-africa waar baie
mense hulle antwoord. Die gevolglike bespreking land ook in die Afr
groep, hoewel die argument se fokus baie kere in die ander groep is.
So jy kan hulle nie doodswyg nie.
Ignoreer hulle of antwoord hulle. Maar hulle sal altyd opduik en
verdwyn omdat die groep (heel korrek) nou verbind word met die
Suid-Afdrika-groep. En hulle "as a matter of course" aan albei pos.
Baie kere aan nog talle ander groepe ook.

Hulle kan ook nie die Afrikaanse groep toemaak nie. Ek glo nie eers
hulle wil nie. Wie sal hulle dan kan treiter en kwaad maak?

Ek reken hulle sal ook nie meer as gewone mense word nie. En as hulle
wel dit word, dan is daar nie meer eintlik iets om oor te worry nie
want dan is die hele wereld "anders".

Die net is 'n wilde plek waar mens more or less kan maak wat jy wil.
Dit beteken ouens soos die sal daar altyd wees. Leef met hulle.
In die SA groep was een van hulle reeds by ten minste een geleentheid
stilgemaak deurdat die meeste mense op die groep eenvoudig moer
gestrip het en hom in sy eie styl teruggegooi het elke keer as hy sy
mond oopmaak.
Vorige onderwerp: Re: GRAFPARTYTJIE
Volgende onderwerp: net 'n dagse uit die vreemde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 03:29:37 MGT 2024