Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ek en djy
Ek en djy [boodskap #96726] Ma, 16 Augustus 2004 09:29 na volgende boodskap
Zuben  is tans af-lyn  Zuben
Boodskappe: 9
Geregistreer: Augustus 2004
Karma: 0
Junior Lid
Dames en here, ons stel aan u voor:
die "Afrikaans" nuusgroep se singende koor.
Dit is maar 'n taamlik eklektiese groep
met klanke van oral wat tussenin poep.

Hier's Kase en Belge en Amerikaners -
Orania's en Britte en Australijaners.
Die ander vermy hierdie groep soos die pes
of vloek soms om die delikates te kwes.

Die besigste posser is seker Annette
wat praat en 'n mening oor elke ding het
en pront reageer uit sy oord die Suidwester
en dan sy nemesis - die kwaaie Tant Hester.

Daar ver sit Tant Hessie pedanties en kloek
oor al die uitheemsheid wat haar groep besoek.
Hier gee sy die Regses en Ingelses lip.
Haar sin vir balans? Elke skouer 'n tjip.

En DD in een van sy duisend gedaantes
stuur briewe wat, toegegee, soms interessant is.
'n Knorrige Ferdie kom deel soms sy seer
en TJ veg om ons plebs te kultiveer.

Wat hou so 'n kelurvolle groep bymekaar?
Wat maak dat ons praat al maak ander ons naar?
Ons gee maar die nuusgroep weer telkens 'n kans
want, wat ons gemeen het - ons laaik Afrikaans.
Re: Ek en djy [boodskap #96729 is 'n antwoord op boodskap #96726] Ma, 16 Augustus 2004 11:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Zuben" skryf

> Daar ver sit Tant Hessie pedanties en kloek
> Haar sin vir balans? Elke skouer 'n tjip.

Ag, Pietersoon, hoekom nou so gebruik maak
van die anglisisme in jou andersinds goeie
Afrikaans. Wat sal Knersus daarvan sê?

Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
As jy haar hart breek, maak sy hom weer heel.
Re: Ek en djy [boodskap #96731 is 'n antwoord op boodskap #96726] Ma, 16 Augustus 2004 11:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie Zuben - jy moenie die vinger so na my wys nie - as ek nie iets doen
nie, dan kry ons net Gloudina se mening hier:)
--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first

"Zuben" skryf in boodskap news:cfpuq2$obs$5@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dames en here, ons stel aan u voor:
> die "Afrikaans" nuusgroep se singende koor.
> Dit is maar 'n taamlik eklektiese groep
> met klanke van oral wat tussenin poep.
>
> Hier's Kase en Belge en Amerikaners -
> Orania's en Britte en Australijaners.
> Die ander vermy hierdie groep soos die pes
> of vloek soms om die delikates te kwes.
>
> Die besigste posser is seker Annette
> wat praat en 'n mening oor elke ding het
> en pront reageer uit sy oord die Suidwester
> en dan sy nemesis - die kwaaie Tant Hester.
>
> Daar ver sit Tant Hessie pedanties en kloek
> oor al die uitheemsheid wat haar groep besoek.
> Hier gee sy die Regses en Ingelses lip.
> Haar sin vir balans? Elke skouer 'n tjip.
>
> En DD in een van sy duisend gedaantes
> stuur briewe wat, toegegee, soms interessant is.
> 'n Knorrige Ferdie kom deel soms sy seer
> en TJ veg om ons plebs te kultiveer.
>
> Wat hou so 'n kelurvolle groep bymekaar?
> Wat maak dat ons praat al maak ander ons naar?
> Ons gee maar die nuusgroep weer telkens 'n kans
> want, wat ons gemeen het - ons laaik Afrikaans.
>
Re: Ek en djy [boodskap #96732 is 'n antwoord op boodskap #96731] Ma, 16 Augustus 2004 11:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette skryf

Zuben - jy moenie die vinger so na my wys nie - as ek nie iets doen
> nie, dan kry ons net Gloudina se mening hier:)

Hoor, hoor.

Die Burgers van Swellendam
Re: Ek en djy [boodskap #96737 is 'n antwoord op boodskap #96729] Ma, 16 Augustus 2004 13:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Zuben  is tans af-lyn  Zuben
Boodskappe: 9
Geregistreer: Augustus 2004
Karma: 0
Junior Lid
Dêm, en daar blaas ek my "cover" in een onnosel gebaar.

En sorrie. Sommige goed het net so lekker gerym in 'n rustige periode in
gister se kerkdiens.Wou nie die hart breek nie.

En Knersus kan kla tot hy persus.

En Annette - dis eintlik as 'n kompliment bedoel.

"@rogers.com" wrote in message
news:4F0Uc.4124$FZs1.711@news04.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> "Zuben" skryf
>
>> Daar ver sit Tant Hessie pedanties en kloek
>> Haar sin vir balans? Elke skouer 'n tjip.
>
> Ag, Pietersoon, hoekom nou so gebruik maak
> van die anglisisme in jou andersinds goeie
> Afrikaans. Wat sal Knersus daarvan sê?
>
> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
> As jy haar hart breek, maak sy hom weer heel.
>
Re: Ek en djy [boodskap #96749 is 'n antwoord op boodskap #96737] Ma, 16 Augustus 2004 15:12 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie Zuben - mens weet mos nie op hierdie medium of mens 'n suiker- of
suurklontjie kry nie;))
--
Groetnis
Annette

"Zuben" skryf in boodskap news:cfqd9o$lt7$5@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dêm, en daar blaas ek my "cover" in een onnosel gebaar.
>
> En sorrie. Sommige goed het net so lekker gerym in 'n rustige periode in
> gister se kerkdiens.Wou nie die hart breek nie.
>
> En Knersus kan kla tot hy persus.
>
> En Annette - dis eintlik as 'n kompliment bedoel.
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:4F0Uc.4124$FZs1.711@news04.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>>
>> "Zuben" skryf
>>
>>> Daar ver sit Tant Hessie pedanties en kloek
>>> Haar sin vir balans? Elke skouer 'n tjip.
>>
>> Ag, Pietersoon, hoekom nou so gebruik maak
>> van die anglisisme in jou andersinds goeie
>> Afrikaans. Wat sal Knersus daarvan sê?
>>
>> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
>> As jy haar hart breek, maak sy hom weer heel.
>>
>
Vorige onderwerp: Kommunistiese aanslag bedreig Afrikaner se kultuur
Volgende onderwerp: Athene
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 24 01:28:58 MGT 2024