Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » IDIOOM: Yebo go-go!
IDIOOM: Yebo go-go! [boodskap #9387] Ma, 19 Mei 1997 00:00 na volgende boodskap
Stefan Harms  is tans af-lyn  Stefan Harms
Boodskappe: 35
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Idioom: Yebo go-go!

Verduideliking en agtergrond: Rondom die opwindende tyd in 1995 toe die
Springbokke die All Blacks verslaan het en Pres. Mandela die no. 11 trui
gedra het, was daar 'n advertensie vir 'n sellulere telefoon maatskappy op
TV wat 'n nuwe idioom gebaar het: Yebo go-go! Sover ek verstaan beteken
dit iets soos - Ja, ouma!
Die man wat die regte woorde op die regte plek gehad het, was toe ook met
'n plakaat by die finale rugbywedstryd.

Die betekenis wat dit in die algemene gebruik het, is egter meer in die
lyn van: alles is bakgat!

Wie weet meer besonderhede, of kan vir my vertel of die uitdrukking nog in
omloop is?

--
Stefan Harms @ S.E.
Re: IDIOOM: Yebo go-go! [boodskap #9402 is 'n antwoord op boodskap #9387] Di, 20 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel[2]  is tans af-lyn  Alwyn Nel[2]
Boodskappe: 23
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
Stefan...@ANTISPAMmbnet.mb.ca says...
>
> Idioom: Yebo go-go!
>
> Verduideliking en agtergrond: Rondom die opwindende tyd in 1995 toe die
> Springbokke die All Blacks verslaan het en Pres. Mandela die no. 11 trui
> gedra het, was daar 'n advertensie vir 'n sellulere telefoon maatskappy op
> TV wat 'n nuwe idioom gebaar het: Yebo go-go! Sover ek verstaan beteken
> dit iets soos - Ja, ouma!
> Die man wat die regte woorde op die regte plek gehad het, was toe ook met
> 'n plakaat by die finale rugbywedstryd.
>
> Die betekenis wat dit in die algemene gebruik het, is egter meer in die
> lyn van: alles is bakgat!
>
> Wie weet meer besonderhede, of kan vir my vertel of die uitdrukking nog in
> omloop is?
>
> --
> Stefan Harms @ S.E.

Hallo Stefan

Ek het nou nooit daaraan as 'n idioom gedink nie! Ja dit word nog vrylik
gebruik en daar is natuurlik een of twee opvolg advertensies gemaak.
Hulle word terloops net soveel geniet soos die oorspronklike een.

Dit word meestal met selfone geasosieer.

As jy nou mooi wil uitvind hoe Yebo go-go ingespan word, moet jy oor
etenstyd by enige watergat 'n koue biertjie gaan drink, en luister.
Byvoorbeeld: Piet kom terug van die krip af en vra "waar is Jan dan nou?"
"Buite op sy Yebo go-go" of "Hy praat met go-go" met 'n gebaar wat buite
toe wys. Almal weet hy praat buite op sy selfoon.

As iemand se selfoon lui, sê so paar ouens gelyk "yebo go-go". Nogal
interrisant hoe meeste ouens buitentoe storm as die ding lui, en hom eers
antwoord as hy veilig buite is. Dis nou sodat Mammie (of die baas) nie
kan hoor hy is alweer in die kroeg en nie by 'n kliënt nie.

Groete
Alwyn
Re: IDIOOM: Yebo go-go! [boodskap #9417 is 'n antwoord op boodskap #9387] Wo, 21 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonnie  is tans af-lyn  Jonnie
Boodskappe: 31
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
In article , ne...@sabc.co.za (Alwyn Nel)
wrote:

[sny]

>> Verduideliking en agtergrond: Rondom die opwindende tyd in 1995 toe die
>> Springbokke die All Blacks verslaan het en Pres. Mandela die no. 11 trui
>> gedra het, was daar 'n advertensie vir 'n sellulere telefoon maatskappy

[sny]

> kan hoor hy is alweer in die kroeg en nie by 'n kliënt nie.
>
> Groete
> Alwyn
>
>

Terloops, dit was die nr. 6 trui wat Mandela gedra het, nie nr. 11 nie,
hoor.

--
Jonnie
Re: IDIOOM: Yebo go-go! [boodskap #9507 is 'n antwoord op boodskap #9387] Ma, 26 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 19 May 1997 16:48:43 -0500, Stefan...@ANTISPAMmbnet.mb.ca (Stefan Harms) wrote:
<<>Wie weet meer besonderhede, of kan vir my vertel of die uitdrukking nog in
>omloop is?>>

Ja dit is steeds in omloop.

Meer agtergrond: Begin 1994 het SA vrye mark selfoon-netwerke gekry.
Twee lisensies is uitgereik. Een aan MTN en een aan Vodacom.
Die twee het mekaar dadelik getakel.
Die eerste TV advertensies wat werklik impak gemaak het, was 'n
Vodacom een.
Dit het 'n regte robbies met platgekamde hare gehad wat vreeslik
windgat met sy cherrie in sy plat kar by 'n ou omie stop wat langs die
pad draad-windmeule verkoop.
Hy groet die omie met "pidgin-"taal "Yebo Gogo!"
(Spesifiek verkeerd, want hy word opgesit vir 'n val. Gogo is glo
"ouma")

Hy "haggle" dan vreeslik arrogant en stap weg as hy nie een
spotgoedkoop kry nie.

By die kar besef hy skielik sy sleutels is binne in toegesluit.

Dan haal die omie 'n selfoon uit en begin lag.

Die laaste shot wys die robbies wat wegry met sy hele "boot" vol van
windmeule. Die "deal" was obviously hy kan die selfoon gebruik as hy
al die stock koop.

Die add en die frase het 'n "nerve gehit" en was dadelik in omloop.

As deel van 'n opvolg-kampanje het Vodacom die omie - of 'n look alike
- by groot sport-gebeurtenisse gehad met sy plakaat wat "Yebo Gogo"
se.

Die omie is toevallig gespeel deur 'n Nigeriese lektor aan UCT wat
daarna gekla het sy studente vat hom nie meer ernstig op nie!!

As hy kwaai raak, se hulle net "Yebo gogo!"
Re: IDIOOM: Yebo go-go! [boodskap #9632 is 'n antwoord op boodskap #9387] Sa, 31 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
pigf...  is tans af-lyn  pigf...
Boodskappe: 33
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Koos wrote

> Die eerste TV advertensies wat werklik impak gemaak het, was 'n
> Vodacom een.

in alle fairness koos, mtn se radio ads het in daardie tyd darem ook die
land in stitches gehad. so beide selmaatskappye het gescore op hulle
reklame budgets.

Leon.
Vorige onderwerp: Idioom: Oggendstond
Volgende onderwerp: IDIOOM: Koring
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 12:06:49 MGT 2024