Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Engels (twee van ons)
Engels (twee van ons) [boodskap #9582] Wo, 28 Mei 1997 00:00 na volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hier's ons nou. Mike en ek. Hy soos die "Wizard of Oz" daar in Australië, met
'n spinne-kop, en ek hier soos Liewe Heksie, omdat my familie almal gevlug het
van my, na die Verdeelde State van Amerika toe.

Nou sit ons hier, Mike en ekke. Twee Engelsmanne op die Afrikaanse nuusgroep.
En ons stort duie dik trane oor 'n ousie van wie ons donkie-jare terug 'n gedig
gelees het. En 'n bobbejaan wat eintlik nie een was nie.

En dan sing ons met beknopte stemme, die Afrikaanse gedig oor die Xhosa ousie,
met die deuntjie van 'n ou Engelse liedjie, en dit pas alles so mooi, en dis so
hartroerend, ek kry sommer 'n groot heimwee, al sit ek nog steeds hier. Dis
seker verlange na die verlede en 'n jonger ek wat minder pyn geken het.

Ek wonder hoe veel Engels-sprekendes is daar eintlik wat agter die gordyn van
hierdie nuusgroep wegkruip? Suid Afrika, die land wat ons liefhet, die
herinneringe, alles, gaan gepaard met Afrikaans. Mens kan die twee nie skei
nie. Die Engelsmanne wat maak of hulle niks te doen het met Afrikaans nie, het
nog nooit regtig in hierdie land _Geleef_ nie, en as hulle nie lief geword het
vir die Afrikaner en sy taal nie, het hulle meer verloor as wat hulle ooit kan
besef. Maar díe, wat dit wel in hulle dieptes voel roer het, wat dit probeer
verdruk en nie as deel van hulself wil aanvaar nie, hulle word die meeste
verbitterd.

Oor my Engelse agtergrond voel ek baie skaam vir die manier waarop
Afrikaaners deur die Engelse behandel word - nou, en in die verlede, en ek voel
dikwels ek wil namens hulle om verskoning vra, en vir die Afrikaners sê hoe
jammer ek is daaroor. Julle is reg, hulle arrogansie is baie lelik. Ek het in
my daaglikse lewe al tientalle argumente gevoer daaroor, maar soos julle sien,
mens kom nêrens daarmee heen nie. Die van ons wie se "minds" nie so toe is
nie, is veel ryker daarvoor, en ek wil sommer nou vir julle 'n groot "Dankie!"
sê, dat julle my so warmhartig in julle midde verwelkom het. Ek geniet hierdie
groepie en julle pos terdeë.

Liefde,
Vira.
Re: Engels (twee van ons) [boodskap #9583 is 'n antwoord op boodskap #9582] Wo, 28 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonnie  is tans af-lyn  Jonnie
Boodskappe: 31
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Vira wrote:

> Hier's ons nou. Mike en ek. Hy soos die "Wizard of Oz" daar in
Australië, met

[gesny net om die bleddie ding gepos te kry]

> sê, dat julle my so warmhartig in julle midde verwelkom het. Ek geniet hierdie
> groepie en julle pos terdeë.
>
> Liefde,
> Vira.
>

Thanx, Vira, baie dankie hoor. Jy is 'n meisie wat enige boere-hart warm
laat klop.

--
Jonnie
Re: Engels (twee van ons) [boodskap #9584 is 'n antwoord op boodskap #9582] Wo, 28 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
V wrote:

> Oor my Engelse agtergrond voel ek baie skaam vir die manier waarop
> Afrikaaners deur die Engelse behandel word - nou, en in die verlede,
> en ek voel
> dikwels ek wil namens hulle om verskoning vra, en vir die Afrikaners
> sê hoe
> jammer ek is daaroor. Julle is reg, hulle arrogansie is baie lelik. Ek
>
> het in
> my daaglikse lewe al tientalle argumente gevoer daaroor, maar soos
> julle sien,
> mens kom nêrens daarmee heen nie. Die van ons wie se "minds" nie so
> toe is
> nie, is veel ryker daarvoor, en ek wil sommer nou vir julle 'n groot
> "Dankie!"
> sê, dat julle my so warmhartig in julle midde verwelkom het. Ek
> geniet hierdie
> groepie en julle pos terdeë.
>
> Liefde,
> Vira.

Vira

Net soos die Afrikaanssprekendes nie as groep behoort skaam te wees oor
Apartheid nie, voel ek dat dit nie nodig is dat jy as Engelssprekende
jouself moet skaam vir die aksies van ander Engelssprekendes nie. Ek
weet dat dit 'n natuurlike reaksie is, ekself voel nie goed elke keer
wat die TRC met nog 'n openbaring vorendag kom nie, maar ek weet dat ek
my eie keuse gemaak het om nie apartheid te ondersteun nie.

Dit voel nogal vreemd om aan die kant te wees van wie daar verskoning
gevra word, en ek moet sê, dit kan dalk moeilik wees om nie meegevoer te
word in die gevoel en dan te sê: "Op jou knieë, jou lae Ingelsman !"
nie. Die feite is net dat 'n mens nie mag afdaal na dieselfde vlak as
die onderdrukker nie, of hy nou wit of swart, engels of afrikaans is
nie.

In kort: Dankie Vira, maar ek voel dat jy absoluut niks het om voor
skaam te wees nie. Ek is baie jammer dat daar nie meer van jou kaliber
hier in SA is vandag nie.

Alles van die beste

--
Regards

H-J

PS: Remove the .nospam from the email address to reply.
Re: Engels (twee van ons) [boodskap #9606 is 'n antwoord op boodskap #9582] Do, 29 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Vira schreef

En 'n bobbejaan wat eintlik nie een was nie.

Wat is nu eigenlijk een bobbejaan? Ik heb het woord al vaker gezien,
maar ik kan er geen vertaling voor bedenken. De enige Bobbejaan die ik
ken is de belgische zanger Bobbejaan Schoepe (oid), bedenker van
Bobbejaanland.

Arthur
Re: Engels (twee van ons) [boodskap #9607 is 'n antwoord op boodskap #9582] Do, 29 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henry van Zyl[2]  is tans af-lyn  Henry van Zyl[2]
Boodskappe: 1
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ja, Vira. Ek kan met jou saamstem. Ek is Afrikaans; nie Engels nie,
maar my kennis van en liefde vir die Engelse taal het my net ryker
gemaak.

Ons sit ook nou hier in die VSA. En die verlange na al wat Afrikaans
is, brand soms soos vuur. Dis dan wanneer ek hierdie groepie benader
en die gesrpekke/debatte/rusies lees. En soms is ek nie alte spyt dat
ons is waar ons is nie. Veral as ek kleinlikhede raaklees - jy weet,
'n intense gestryery oor laevlak onbenullighede.

H
Re: Engels (twee van ons) [boodskap #9627 is 'n antwoord op boodskap #9582] Vr, 30 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
Henri-John Kock wrote:
>
> V wrote:
>
Net my gevoelens vir wat dit werd is. Dit het al twee maal met
my gebeur het dat mense my by 'n onderhoud gesê het dat ek nie
aanvaarbaar vir 'n pos is omdat ek nie Engels is nie, en dit deur
bobbejane wat nie eers hulle eie taal, Engels, ordentlik kon praat
nie.
My vrou het nou, in die afgelope paar jaar, twee keer ernstige
probleme met haar kar gehad, dat sy in 'n penarie was. Die enigste
mense wat hulle oor haar ontferm het was Engelse Ladies. Die
Afrikaanse Ladies wou nie die moeite doen nie.

Ek sou sê mens kan nie veralgemeen oor die Engelse nie en almal
oor dieselfde kam skeer nie. Daar is wonderlike, goeie Engelse en
daar is die onbeskaafde bobbejane.

Dit is 'n saak wat ek met 'n Jood bespreek het: daar is goeie Jode
en daar is slegte Jode, daar is goeie Afrikaners en ons het ook
boewe in ons midde, en daar daar is goeie, o so goeie Engelsmanne,
en ook skurke onder hulle.

Die skrywer (of skryfster) moet tog nie die al skuld van sy (of haar)
taalgenote op hom (of haar) gaan neem nie. Daar is oorgenoeg Afrikaner
Zwinglis wat ook deelgeneem het en nou nog deelneem.

dew...@fast.co.za
Re: Engels (twee van ons) [boodskap #9628 is 'n antwoord op boodskap #9582] Vr, 30 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bur...  is tans af-lyn  bur...
Boodskappe: 33
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In article "Arthur Hagen" writes:
> From: "Arthur Hagen"
> Subject: Re: Engels (twee van ons)
> Date: 29 May 1997 16:35:25 GMT

> Vira schreef
>
> En 'n bobbejaan wat eintlik nie een was nie.
>
> Wat is nu eigenlijk een bobbejaan? Ik heb het woord al vaker gezien,
> maar ik kan er geen vertaling voor bedenken. De enige Bobbejaan die ik
> ken is de belgische zanger Bobbejaan Schoepe (oid), bedenker van
> Bobbejaanland.

> Arthur

Ek sien u is reeds geantwoord oor die betekenis van bobbejaan.
Wat ek interessant vind, is u gebruik van die uitdrukking "al vaker".
Ek glo dat "vaak" by u dieselfde as "dikwels/'often'" beteken.
In Afrikaans beteken dit "slaperig". U is waarskynlik bekend met
"Klaasvakie" = "Mister Sandman".

Sybrand Burger
moontlik wel
Re: Engels (twee van ons) [boodskap #9629 is 'n antwoord op boodskap #9582] Vr, 30 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mike[2]  is tans af-lyn  Mike[2]
Boodskappe: 11
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
On Wed, 28 May 97 11:52:07 GMT, vi...@iafrica.com (V) wrote:

> Hier's ons nou. Mike en ek. Hy soos die "Wizard of Oz" daar in Australië, met
> 'n spinne-kop, en ek hier soos Liewe Heksie, omdat my familie almal gevlug het
> van my, na die Verdeelde State van Amerika toe.

[color=skyblue]>>>> >>>>>>>>OOOOoooo-- Snipperoo --ooooOOOO
Re: Engels (twee van ons) [boodskap #9641 is 'n antwoord op boodskap #9582] Sa, 31 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Bedankt Sybrand en Henri-John voor de uitleg over de betekenis van
"bobbejaan". Als het op Afrikaans aankomt ben ik zelf in deze
nieuwsgroep een "bobbejaan".

Een baboon noem ik "baviaan" en "Klaasvakie" is Klaas Vaak. Met "al
vaker" bedoelde ik niet helemaal hetzelfde als dikwijls (dikwels): meer
zoiets als "I had seen the word "bobbejaan" mentioned several times
before".

Nu ik jullie toch "spreek"; wordt het als vervelend ervaren wanneer ik
op deze nieuwsgroep post in het nederlands? Ik ben namelijk zeer
geinteresseerd in het afrikaans, maar ik ben de taal -nog- niet
machtig.

Arthur
Re: Engels (twee van ons) [boodskap #9651 is 'n antwoord op boodskap #9582] So, 01 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
Dankie vir julle mooi woorde . Dit het my beter laat voel, en ek waardeer dit
baie.

Een van die Afrikaans-haaters wat toe nie man-genoeg was om my direk te
antwoord nie het toe wraak geneem, deur my te "mailbomb". Hy't my naam op 'n
lys laat sit met advertensies en duisende ander addresse op 'n "loop". Elke
keer toe iemand daar ingeskryf het, meestaal om te vra dit moet stopgesit word,
het elke ander mens op die lys die pos gekry. Dit is nou stopgesit. Sterk
karakter, nê? Kon my nie direk aanval nie, maar moes agter iets anders gaan
wegkruip.
Re: Engels (twee van ons) [boodskap #9652 is 'n antwoord op boodskap #9582] So, 01 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
vi...@iafrica.com wrote in article
...
> Dankie vir julle mooi woorde . Dit het my beter laat voel, en ek waardeer dit
> baie.
>
> Een van die Afrikaans-haaters wat toe nie man-genoeg was om my direk te
> antwoord nie het toe wraak geneem, deur my te "mailbomb". Hy't my naam op 'n
> lys laat sit met advertensies en duisende ander addresse op 'n "loop". Elke
> keer toe iemand daar ingeskryf het, meestaal om te vra dit moet stopgesit word,
> het elke ander mens op die lys die pos gekry. Dit is nou stopgesit. Sterk
> karakter, nê? Kon my nie direk aanval nie, maar moes agter iets anders gaan
> wegkruip.

Vira, dis vreeslik. Ek is baie jammer om dit te hoor. Maar
onthou dit. Elkeen wat, wanneer hy of sy vir 'n saak stry,
'n ander se saak bevuil, rysmier sy eie saak. Mense wat
die saak van Afrikaans probeer bevuil, doen gevolglik hulle
eie saak geweldig skade. Net soos met apartheid die geval
was, het dit 'n sneeubal effek. Een of ander tyd moet die
waarheid seevier.

Totdat ons weet wie dit is, moet ons aanneem dat enigeen
wat Afrikaans probeer verguis, die skuldige kan wees. Ek
wonder of dit vir hierdie verguisers 'n lekker gevoel gee om
te weet dat hulle moreel net so skuldig is as hulle wat
apartheid op onkiese maniere probeer bevorder het.

Wereldwyd is daar 'n klagte dat internet somtyds uiters
stadig word. Dit neem epos partykeer tot 24 uur om by
die bestemming uit te kom. Mense wat internasionale
poslyste behartig, gewoonlik goedgunstiglik, sit met die
hande in die hare. As epos nie betyds afgelewer word nie,
of as die ontvanger se posbus vol word, word die epos
terug gestuur. Dit veroorsaak geweldige administratiewe
laste. Hierdie verguisers of anarchiste is besig om vir
hulle 'n lat te pluk.

Beste wense

At de Lange
Re: Engels (twee van ons) [boodskap #9653 is 'n antwoord op boodskap #9582] So, 01 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur Hagen" writes: > Bedankt Sybrand en Henri-John voor de uitleg over de betekenis van

> Nu ik jullie toch "spreek"; wordt het als vervelend ervaren wanneer ik
> op deze nieuwsgroep post in het nederlands? Ik ben namelijk zeer
> geinteresseerd in het afrikaans, maar ik ben de taal -nog- niet
> machtig.
>
> Arthur
>

Nee, Arthur, ons is baie bly wanneer Nederlanders
en Vlaminge op ons nuusgroep skryf. Nie alleen om
julle opinies oor dinge te kry nie, maar ook om
vir beginner-studente van Afrikaans die kans te
gee om te sien dat hulle, wanneer hulle Afrikaans
aanleer, tegelykertyd ook die mag kry om Nederlands
en Vlaams te verstaan.
Baie welkom in ons midde,Jy verveel ons nie.
Hoop jy sal gereeld pos. Skryf ook somtyds oor
jouself, waar jy bly, wat jy doen, hoe lyk dit
daar by jou. Lekker dat ons nou lente het hier
in die Noordelike halfrond, terwyl die ouens
daar in SA so koud kry.
Gloudina (in Ottawa, Kanada)
Re: Engels (twee van ons) [boodskap #9654 is 'n antwoord op boodskap #9582] So, 01 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 31 May 1997 10:12:40 GMT, "Arthur Hagen" wrote:

op deze nieuwsgroep post in het nederlands? Ik ben namelijk zeer[/color]
> geinteresseerd in het afrikaans, maar ik ben de taal -nog- niet
> machtig.>>>

Pos gerus in Nederlands.
Ek weet te min om aan die taalbesprekings deel te neem, maar lees baie
daarvan.
Re: Engels (twee van ons) [boodskap #9670 is 'n antwoord op boodskap #9582] Ma, 02 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
AM de Lange wrote:

> Henri-John,
>
> Ek het die persoon se verguising met gemengde gevoelens
> gelees. Om te beweer dat Afrikaans nie 'n literatuurskat in
> omtrent net een eeu opgebou het nie, spreek van groot
> onkunde. Die persoon skryf byvoorbeeld asof die Bybel
> in Afrikaans (1933) die eerste Afrikaanse boek was. Dis snert.
> Tukkies se biblioteek het etlike honderde boeke in Afrikaans
> wat voor 1933 gedruk was.
>
Dit is 'n feit. Dis juis oor hierdie tipe houding wat deur die persoon
openbaar word, dat ek bitter min simpatie met hom het. Hy vergeet ook
natuurlik heel gerieflik dat daar TWEE verpligte vakke vir matriek was:
Afrikaans en ENGELS. Dus kan elke ander Jan Rap en sy Afrikaanse maat
kom en aan voer dat Engels in hul kele afgedruk is. Daar is ook vir my
'n verskil tussen verguising op grond van feite, en verguising op grond
van snert. Die persoon se argumente word op halwe waarhede en loutere
leuens gebaseer, en is dus van alle geloofwaardigheid ontbloot.

> Waarom gemengde gevoelens? Dis duidelik dat ons
> onderwysstelsel nie daarin geslaag het om hierdie persoon
> 'n taalopvoeding te gee nie. In plaas daarvan dat die persoon
> in Afrikaans bemagtig is, het die persoon 'n wrewel teen
> Afrikaans opgebou. My oorlede skoonvader was vir jare 'n
> onderwyser vir Afrikaans gewees in 'n Engelse ho"erskool.
> Ek onthou hoe hy moes spook om anderstalige kinders 'n
> liefde vir Afrikaans te gee. Dit was nie aldag maklik nie - veral
> nie as kinders nog nie eens 'n liefde vir lees ontwikkel het nie,
> maak nie saak watter taal nie. Verder het apartheid dinge nog
> meer vertroebel.
>
Hier stem ek saam. Daar was 'n stadium wat ek byvoorbeeld bitter min
affiniteit vir digkuns gehad het, juis a.g.v. die manier wat digkuns vir
ons aangebied is op skool. Ek is eers in matriek daarop gewys dat dit
digKUNS is, en nie net versies is nie. Klink baie eenvoudig en duidelik,
maar dit was vir my 'n redelike kultuurskok om aan die digkuns as 'n
kuns te dink, en nie net as iets wat van akademiese belang is nie. Ek
stem aan die ander kant nie saam nie, want, volgens jou wet van
omgekeerde luste, voel ek dat hierdie spesifieke persoon dalk uit 'n
milieu kom waar die Afrikaanse kultuur uit die staanspoor verguis is.
Dus dink ek hy is weliswaar "in sonde gebore" en sou in elkgeval nooit
Afrikaans 'n kans gegee het nie. Wie weet. Dat daar wel ander mense is
wat dalk beter van Afrikaans sou gedink het as die onderwysstelsel die
hele leer van Afrikaans anders benader het, en die politiek 'n kleiner
rol laat speel het, is seker. Ek onthou hoe ons geleer het van die
taalstryd, hoe die regering van die dag as onderdrukkers uitgebeeld is,
en hoe die dapper taalstryders die oorwinning behaal het vir die volk.
Ek probeer myself nou indink hoe dit vir 'n Engelse Durbaniet moes
gewees het om sulke dinge te moes hoor. Ek dink om te sê dat soiets
mense van die taal vervreem is 'n verkleining.

Dis jammer dat ons vriend in Minnesota so vol haat is, want hy sal nou
basies enigiets wat 'n Afrikaanssprekende sê, afkraak, bloot omdat dit
deur 'n Afrikaanssprekende gesê word. Hy kom as 'n redelik intelligente
persoon voor, dus is dit nog meer jammer. Die manier wat hy verguis (ek
dink nou aan wat hy jou bv. toegevoeg het in sy boodskap waar hy die
verkeerde stelling oor literatuur maak) bewys ook net weer vir my dat hy
te lus is om te verguis, dat sy idees vasgestel is en dat hy nooit sal
wil leer nie. Dus voel ek dat dit ook nie sal help om privaat met hom te
korrespondeer nie, juis oor hierdie groot lus om te verguis. Daarom my
houding dat ons hom maar liewers moet vries. Miskien word hy verveeld en
gaan weg. :-)

Ek kan nie meer tik nie. My vingers is bevrore !

Groete
H-J
--
Regards

H-J

PS: Remove the .nospam from the email address to reply.
Re: Engels (twee van ons) [boodskap #9671 is 'n antwoord op boodskap #9582] Ma, 02 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
vi...@iafrica.com wrote:

> Een van die Afrikaans-haaters wat toe nie man-genoeg was om my direk
> te
> antwoord nie het toe wraak geneem, deur my te "mailbomb". Hy't my naam
>
> op 'n
> lys laat sit met advertensies en duisende ander addresse op 'n "loop".
>
[Knip-knip, om die NNTP-bediener gelukkig te hou]

> Sterk
> karakter, nê? Kon my nie direk aanval nie, maar moes agter iets
> anders gaan
> wegkruip.

Vira

Ek hoop jy kla by sy netwerkadmin (dis nou as jy natuurlik kan bewys dat
dit hy is :-( )
Mense wat die net op so 'n swak wyse gebruik, hoort per definisie nie op
die net nie. Ek kan raai wie dit was, daar is net 'n paar haters wat so
voorkom. Ek stem oor hulle saam met At: vries hulle uit ! Ek sien die
persoon in Minnesota het op een van At se boodskappe reageer met
beledigings en (om 'n Engelse woord te gebruik) 'vitriol'. Dis regtig
jammer, maar dit spreek ook boekdele van die persoon se karakter. Ek
hoop net dat mense by wie hierdie persoon bv. vir werk aansoek doen,
deur hom sien voordat dit te laat is.

H-J

--
Regards

H-J

PS: Remove the .nospam from the email address to reply.
Re: Engels (twee van ons) [boodskap #9672 is 'n antwoord op boodskap #9582] Ma, 02 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Henri-John Kock wrote in article
...
> vi...@iafrica.com wrote:
> Mense wat die net op so 'n swak wyse gebruik, hoort per definisie nie op
> die net nie. Ek kan raai wie dit was, daar is net 'n paar haters wat so
> voorkom. Ek stem oor hulle saam met At: vries hulle uit ! Ek sien die
> persoon in Minnesota het op een van At se boodskappe reageer met
> beledigings en (om 'n Engelse woord te gebruik) 'vitriol'. Dis regtig
> jammer, maar dit spreek ook boekdele van die persoon se karakter. Ek
> hoop net dat mense by wie hierdie persoon bv. vir werk aansoek doen,
> deur hom sien voordat dit te laat is.

Henri-John,

Ek het die persoon se verguising met gemengde gevoelens
gelees. Om te beweer dat Afrikaans nie 'n literatuurskat in
omtrent net een eeu opgebou het nie, spreek van groot
onkunde. Die persoon skryf byvoorbeeld asof die Bybel
in Afrikaans (1933) die eerste Afrikaanse boek was. Dis snert.
Tukkies se biblioteek het etlike honderde boeke in Afrikaans
wat voor 1933 gedruk was.

Waarom gemengde gevoelens? Dis duidelik dat ons
onderwysstelsel nie daarin geslaag het om hierdie persoon
'n taalopvoeding te gee nie. In plaas daarvan dat die persoon
in Afrikaans bemagtig is, het die persoon 'n wrewel teen
Afrikaans opgebou. My oorlede skoonvader was vir jare 'n
onderwyser vir Afrikaans gewees in 'n Engelse ho"erskool.
Ek onthou hoe hy moes spook om anderstalige kinders 'n
liefde vir Afrikaans te gee. Dit was nie aldag maklik nie - veral
nie as kinders nog nie eens 'n liefde vir lees ontwikkel het nie,
maak nie saak watter taal nie. Verder het apartheid dinge nog
meer vertroebel.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Engels (twee van ons) [boodskap #9674 is 'n antwoord op boodskap #9582] Ma, 02 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskap
bur...  is tans af-lyn  bur...
Boodskappe: 33
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In article "Arthur Hagen" writes:
> From: "Arthur Hagen"
> Subject: Re: Engels (twee van ons)
> Date: 31 May 1997 10:12:40 GMT



> Een baboon noem ik "baviaan" en "Klaasvakie" is Klaas Vaak. Met "al
> vaker" bedoelde ik niet helemaal hetzelfde als dikwijls (dikwels): meer
> zoiets als "I had seen the word "bobbejaan" mentioned several times
> before".

> Nu ik jullie toch "spreek"; wordt het als vervelend ervaren wanneer ik
> op deze nieuwsgroep post in het nederlands? Ik ben namelijk zeer
> geinteresseerd in het afrikaans, maar ik ben de taal -nog- niet
> machtig.

> Arthur

Ons het hier 'n pleknaam: Baviaanspoort - letterlik Bobbejaanspoort.

"Meermale" mag meer aanvaarbaar wees vir "al vaker", soos in:
Ek het dit al "meermale" gehoor.

Ek glo u is baie/heel welkom om hier saam te kuier.

Sybrand
Vorige onderwerp: Re: Amakeia
Volgende onderwerp: Re: 'n Groot Verrassing - Dankie!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 20:59:51 MGT 2024