Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Muskiete Jag
Muskiete Jag [boodskap #9451] Do, 22 Mei 1997 00:00 na volgende boodskap
Alwyn Nel[2]  is tans af-lyn  Alwyn Nel[2]
Boodskappe: 23
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
mike...@peninsula.starway.net.au says...
>
> Haai ALMAL in Afrikaans Wêreld'
>

>
> Muskiete Jag Deur ???
>

>
Hallo Mike

Welkom in ons midde. Jy voer my nou baie jare terug met Muskiete Jag. My
broer moes die gedig leer om in 'n skoolkonsert voor te dra. Al wat ek
gehoor het vir weke was: "Muskiete Jag deur Jan F.E. Cilliers." Dit was
muskiete jag van die môre tot die aand, op die bus skool toe, in die kar,
oral. Ek het naand die gedig beter as hy self geken. Ek ken hom nounog!

Skryf gerus weer. Dit lyk nie of jou Afrikaans juis verroes het nie!

Groetnis
Alwyn
Muskiete Jag [boodskap #9452 is 'n antwoord op boodskap #9451] Do, 22 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mike[2]  is tans af-lyn  Mike[2]
Boodskappe: 11
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
Haai ALMAL in Afrikaans Wêreld'

Ek dink ek het nou darem al lank genoeg hier in die donker ge-"lurk",
(seker al so 3 of 4 maande) en nou dog ek mos ek kan ook iets bydra om
hierdie NG 'n bietjie interessant te maak???? (Ek verbeel my maar seker
né?) Maar al julle ouens wat al so lank al inskryf moet my maar so
nou en dan die Leviete voorlees (is dit miskien 'n idioom wat nog nie
ge-"feature" is nie?) as ek te buitensporig raak. Ek hoop maar ek sal
my kan gedra (vernaamlik as goed soos Thot die derde se snert moet
lees). Wel, nou dat ek myself bekend gemaak het, het ek 'n paar
gunsies wat ek wil vra?

Gloudina of At (of enige ander mens),

Kan julle asseblief hierdie gediggies vir my voltooi? Ek het dit jare
gelede op laerskool geleer, maar die ou geheue is nie meer so goed
nie.

Muskiete Jag Deur ???

Jou vabond wag, ek sal jou kry
van jou sal net 'n bloedkol bly
(hier het ek sommer altyd, as ek die josie in is, gesê:
"van jou sal net 'n strontkol bly")
hier op my kamermure.
Deur jou vervloekste gonsery
kon ek nie slaap vir ure.

en nog meer?? asseblief Gloudina

en dan is daar nog 'n ander gediggie wat ek amper so 'n half-eeu laas
op laerskool geleer het, maar die digter en woorde het ek vergeet.

Die osse stap aan deur die stowwe
geduldig, gedienstig, gedwee
die jukke al drukkend hul skowwe
hul dra dit getroos en tevree??

en nog meer asb. Goudina?

Ek sal maar die spinnerakke moet probeer wegkrap en so aan 'n paar
Idiome begin dink?

Dankie sê by voorbaat vir die hulp.

Mike (van Melbourne, Australië - ek is al amper 30 jaar hier)
Re: Muskiete Jag [boodskap #9469 is 'n antwoord op boodskap #9452] Vr, 23 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hello Mike, en welkom

Het jy nie dalk na 'n Engelse skool gegaan nie? Hierdie was juis die gedigte wat ons daar geleer
het, en dit bring herinnerings terug wat al die jare êrens begrawe gelê het. Ek het van toe af nooit
weer an hulle gedink nie, en dis te wonderlik om dit weer te sien - al kan ek dit ongelukkig nie
voltooi nie. Ek hoop een van die ander kan.

'n Ander een wat ons geleer het, en wat al die jare my gunsteling was, was "Amakeia", deur A G
Visser . Onthou jy dit dalk ...?

"In die skadu van die berge,
bos-beskut aan alle kant,
staan alleen die hartbeeshuisie
op die grens van .......

(hierdie een kan ek wel voledig stuur as iemand belang stel).

Groete,
Vira.
Re: Muskiete Jag - Opvolging [boodskap #9512 is 'n antwoord op boodskap #9451] Ma, 26 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Mike wrote in article
...

> Ek wil dit vir my kinders leer, want hulle kan
> g'n woord Afr. praat nie. (Soos ek vir Vira gesê het, is ek eintlik
> Engels sprekend, en ek wil nie waag om hulle myself te leer nie.) Ek
> hoor daar is 'n skool in Perth (Westelike Australië) wat Afrikaans as
> 'n Uitlandse Taal (Foreign Language), maar ek woon in Melbourne.
> Ek gaan jou nou "bribe". As jy my die woorde stuur, sal ek julle so
> 'n bietjie van Melbourne vertel.
>
> Jy sê dat my Afrikaans nie verroes is nie? Gits, ek dink ek
> praat baie sleg Afr. man, want hier is nie baie mense in Melbourne wat
> Afrikaans praat nie. Die min Suid Afrikaners wat ek hier ken, praat
> almal net Engels, of hulle gee voor dat hulle nie kan Afrikaans praat
> nie. (Hulle is seker maar almal 'n klomp domkoppe).

Mike, miskien praat jy dit sleg. Maar jy skryf pragtige Afrikaans.
As jy praat soos wat jy skryf, dan moet jy beslis ook goeie
Afrikaans kan praat.

Ek is egter in iets anders ge"interesseerd. Jy is nie die enigste
Engelsprekende persoon wat in die buitelnad terug gryp na
Afrikaans as tweede taal nie. Wat dink jy is die rede of redes
agter hierdie verskynsel?

Dit mag wees dat iemand jou eerlike en goed bedoelde opinie
sal aanval. Dis nou maar een van die dinge wat op die NG gebeur
en wat ons sal moet verdra. Laat my toe om 'n paar moontlikhede
te skets.

Dit mag wees dat jy terug verlang na Suid Afrika en dat Afrikaans
vir jou 'n ikoon van hierdie verlange geword het? Afrikaans is 'n
produk van Suid Afrika. 'n Mens hoor en sien dit al rondom jou.
Dit word gebruik om die land en alles daarin skeppend te weergee.
Dit laat my dink aan ander Engelsprekende mense wat 'n
Bantoetaal eerder as Afrikaans as tweede taal magtig is. Hoe voel
hulle oor die Bantoetaal?

Dit mag wees dat jy spesifiek na Afrikaans as gesproke taal terug
verlang. Dit is nogal belangrik om in hierdie opsig tussen die
gesproke en die geskrewe taal te onderskei. Liefde vir die gesproke
taal sal onder andere terug verwys na ervarings in jou kleuter dae.
Dit kan ook terug heen verwys na die klanke (mense, diere en dinge)
wat jy hier gehoor toe jy nog hier gewoon het. Dit laat my dink aan
die twee keer wat ek in die buiteland was. Iets wat my gou opgeval
het, is dat die afwesigheid van Suid Afrikaanse klanke my baie
gehinder het.

Dit mag wees dat Afrikaans 'n invloed op jou Engels gehad het. Ou
Saksies van Noord Europa het 'n groot rol gespeel in die vorming van
Ou Engels. Ek raak gaandeweg al hoe meer onder die indruk dat Ou
Saksies ook 'n baie groot rol gespeel het in die vorming van Afrikaans.
Sou dit die geval wees, dan kan daar sprake van simpatiese resonansie
tussen Engels en Afrikaans wees, via die onderliggende Ou Saksies.
Dis soos twee stemvurke wat teen dieselde frekwensie tril. As die een
tril en did word teen die ander een gedruk, begin die ander een ook tril.

Ek weet regtig nie. Daarom stel ek so baie belang in julle antwoorde.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Muskiete Jag - Opvolging [boodskap #9513 is 'n antwoord op boodskap #9512] Ma, 26 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mike[2]  is tans af-lyn  Mike[2]
Boodskappe: 11
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
On 22 May 1997 10:37:58 GMT, ne...@sabc.co.za (Alwyn Nel) wrote:

> Hallo Mike
>
> Welkom in ons midde. Jy voer my nou baie jare terug met Muskiete Jag. My
> broer moes die gedig leer om in 'n skoolkonsert voor te dra. Al wat ek
> gehoor het vir weke was: "Muskiete Jag deur Jan F.E. Cilliers." Dit was
> muskiete jag van die môre tot die aand, op die bus skool toe, in die kar,
> oral. Ek het naand die gedig beter as hy self geken. Ek ken hom nounog!
>
> Skryf gerus weer. Dit lyk nie of jou Afrikaans juis verroes het nie!
>
> Groetnis
> Alwyn
>

Hallo Alwyn,
Man, stuur asseblief Muskiete Jag se woorde. Jy sê jy ken hom
nounog? Seblief man. Ek wil dit vir my kinders leer, want hulle kan
g'n woord Afr. praat nie. (Soos ek vir Vira gesê het, is ek eintlik
Engels sprekend, en ek wil nie waag om hulle myself te leer nie.) Ek
hoor daar is 'n skool in Perth (Westelike Australië) wat Afrikaans as
'n Uitlandse Taal (Foreign Language), maar ek woon in Melbourne.
Ek gaan jou nou "bribe". As jy my die woorde stuur, sal ek julle so
'n bietjie van Melbourne vertel.

Jy sê dat my Afrikaans nie verroes is nie? Gits, ek dink ek
praat baie sleg Afr. man, want hier is nie baie mense in Melbourne wat
Afrikaans praat nie. Die min Suid Afrikaners wat ek hier ken, praat
almal net Engels, of hulle gee voor dat hulle nie kan Afrikaans praat
nie. (Hulle is seker maar almal 'n klomp domkoppe).

Hartlike Groete,
Mike
Re: Muskiete Jag [boodskap #9514 is 'n antwoord op boodskap #9452] Ma, 26 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mike[2]  is tans af-lyn  Mike[2]
Boodskappe: 11
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
On Fri, 23 May 97 12:06:41 GMT, vi...@iafrica.com (V) wrote:

> Hello Mike, en welkom
>
> Het jy nie dalk na 'n Engelse skool gegaan nie?

Hallo Vira,
Man, jy is doodreg. Ek is eintlik Engels sprekend, maar ek
het Afrikaans Hoër geleer op hoërskool en sonder om te "brêk", ek het
'n "A" graad (91%) gekry in my matriek-eksamen (vir Afrikaans) in die
vroeër 60's (want ek het baie hard gestudeer). Hier in OZ kry ek maar
baie min geleentheid om Afr. te praat, en wil baie graag hê my
kinders moet Afrikaans leer, maar ek glo aan die spreekwoord wat sê :
"in die land van die blindes is die een-oog koning", en ek wil gladnie
koning wees nie. Haai, is daai dan nie ook 'n idioom vir Stefan se
versameling nie? "Man, am I good?" Ha,ha, (sommer net 'n klein ou
droë grappie hoor?)

> Ek hoop een van die ander kan.
(Muskiete Jag en Die Osse stap aan deur die Stowwe voltooi

Ek Hoop ook maar so, maar niemand het nog vorendag gekom nie. Kommaan,
asseblief mense!

> 'n Ander een wat ons geleer het, en wat al die jare my gunsteling was, was "Amakeia", deur A G
> Visser . Onthou jy dit dalk ...?

Onhou ek dit? Onhou ek dit? Toe ek jou briefie lees kry ek toe
sommer so 'n maise knop in my keel, en toe begin ek dit sommer te
gons? (Engels=hum) met die ritme van "Oh my darling, oh my darling,
oh my darling Clementine). Toe besef ek dat ek meeste van die woorde
vergeet het!

> "In die skadu van die berge,
> bos-beskut aan alle kant,
> staan alleen die hartbeeshuisie
> op die grens van .......
Gaan tog asseblief aan, Vira

> (hierdie een kan ek wel voledig stuur as iemand belang stel).

Stuur asseblief die hele ene?
Dankie, baie dankie, Vira.

Beste Groete,
Mike (in Australië)
Re: Muskiete Jag - Opvolging [boodskap #9515 is 'n antwoord op boodskap #9512] Ma, 26 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel[2]  is tans af-lyn  Alwyn Nel[2]
Boodskappe: 23
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
mike...@peninsula.starway.net.au says...
>

>
> Hallo Alwyn,
> Man, stuur asseblief Muskiete Jag se woorde. Jy sê jy ken hom
> nounog? Seblief man. Ek wil dit vir my kinders leer, want hulle kan
> g'n woord Afr. praat nie. (Soos ek vir Vira gesê het, is ek eintlik
> Engels sprekend, en ek wil nie waag om hulle myself te leer nie.) Ek
> hoor daar is 'n skool in Perth (Westelike Australië) wat Afrikaans as
> 'n Uitlandse Taal (Foreign Language), maar ek woon in Melbourne.
> Ek gaan jou nou "bribe". As jy my die woorde stuur, sal ek julle so
> 'n bietjie van Melbourne vertel.
>
>
> Hartlike Groete,
> Mike

Hallo Mike,

Ek het toendertyd met groot entoesiasme weggetrek en Muskiete Jag begin
skryf, en toe vasgehaak by "Pardoef, dis mis, daar gaat hy weer".

Ek sal moet naslaan, my geheue laat my nou in die steek. Kom nounet van
die SAUK se biblioteek maar geen Muskiete jag nie. Vyf bundels van Jan
F.E. Celliers daar gesien, onder andere.

Sal gou oppad huistoe 'n draai by die bib maak - hou net so bietjie aan!

Tot later
Alwyn
Re: Muskiete Jag - Lotosland [boodskap #9522 is 'n antwoord op boodskap #9451] Ma, 26 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mike[2]  is tans af-lyn  Mike[2]
Boodskappe: 11
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
On 23 May 1997 00:18:09 GMT, wrote:

> Mike, ek hoop dat At de Lange hier sal kan uithelp.
> Ek het net die Groot Verseboek hier, en nie een van
> die gedigte is daarin nie. Maar om te vergoed daar-
> voor, pos ek vir jou elders "Lotosland" van A.G. Visser
> wat 'n soort van skertserige nabootsing is van
> Jan F, Celliers se "Die Osse stap aan deur die stowwe."
>
> Gloudina

Goeie Dag, Gloudina,

Ek is jammer dat jy my nie kan help nie. Maar baie dankie vir die
woorde van "Lotosland". Is daar miskien 'n gedig in jou "Groot
Verseboek" genaamd "Die Slamaaier Winkel"? Die digter se naam ontglip
my nou, maar dis ook een uit my kinderjare.
Baie dankie by voorbaat,
En Hatlike Groete.
Mike
Re: Muskiete Jag - Opvolging [boodskap #9537 is 'n antwoord op boodskap #9512] Di, 27 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mike[2]  is tans af-lyn  Mike[2]
Boodskappe: 11
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
On 26 May 1997 12:24:04 GMT, "AM de Lange" wrote:

Hallo At,
Dankie vir jou prys vir my Afr. skywery, maar ek weet nie so
goed van die pratery nie? Ek het maar selde die geleentheid om dit te
be-oefen. Dis seker darem dat ek so self-bewus is daarvoor, en
somstyds as ek nie die regte vertalings weet nie en nie 'n woordeboek
byderhand het nie, dan slaan ek sommer oor na die Anglisismis. (Soos
hulle sê: Kombuis-Engels)

> Mike, miskien praat jy dit sleg. Maar jy skryf pragtige Afrikaans.
> As jy praat soos wat jy skryf, dan moet jy beslis ook goeie
> Afrikaans kan praat.
>
> Ek is egter in iets anders ge"interesseerd. Jy is nie die enigste
> Engelsprekende persoon wat in die buitelnad terug gryp na
> Afrikaans as tweede taal nie. Wat dink jy is die rede of redes
> agter hierdie verskynsel?

Dis so wraggies waar man, hier sit ek en ek moet luister net na
Engels, want my hele familie En skoon-familie praat net Engels. Dis so
net 'n paar van my Afrikaner vriende wat ek lekker kan mee gesels, en
hulle help my altyd baie geduldig as ek so 'n onnosele fout maak, want
ek dink mos nou altyd in Engels, en dan moet ek eers in my geheue
vertaal voordat ek my groot bek oopmaak.

> Dit mag wees dat iemand jou eerlike en goed bedoelde opinie
> sal aanval. Dis nou maar een van die dinge wat op die NG gebeur
> en wat ons sal moet verdra. Laat my toe om 'n paar moontlikhede
> te skets.

Ek sal probeer om my eerlike antwoorde te gee.

> Dit mag wees dat jy terug verlang na Suid Afrika en dat Afrikaans
> vir jou 'n ikoon van hierdie verlange geword het? Afrikaans is 'n
> produk van Suid Afrika. 'n Mens hoor en sien dit al rondom jou.
> Dit word gebruik om die land en alles daarin skeppend te weergee.
> Dit laat my dink aan ander Engelsprekende mense wat 'n
> Bantoetaal eerder as Afrikaans as tweede taal magtig is. Hoe voel
> hulle oor die Bantoetaal?

Eerstens, ken ek ongelukkig geen Bantoe-taal nie, alhoewel ek
tenminste éen wou geleer het in my jong-dae. Die verlange na die
Boland is sterk, en ek mis die reuk van vars strooi as dit oestyd is,
of die aroma van mos met pars-tyd. (Ja, in daardie dae het die
arbeiders nog die druiwe getrap om wyn te maak) Dan is daar die reuk
(kan ek sê: "amper die stink") van Vaal-japie as die arbeiders met
middag-ete en aand-ete hulle doppie kom haal. Hulle het mos sommer
uit die afgesaagde bees-horing gedrink. Ek kan nog onthou hoe sommige
van hulle 'n bietjie uitgevreet was en dan sê hulle: "gee my nogge
dop, my baas, dan werk ek langer op jou plaas". My kinders vind dit
baie amusant as ek hulle so van my kinder-jare vertel, maar soos jy
weet, verloor al die Afrikaanse sê-goedjies hulle karakter en
snaaksheid as dit in Engels vertaal word.

> Dit mag wees dat jy spesifiek na Afrikaans as gesproke taal terug
> verlang. Dit is nogal belangrik om in hierdie opsig tussen die
> gesproke en die geskrewe taal te onderskei. Liefde vir die gesproke
> taal sal onder andere terug verwys na ervarings in jou kleuter dae.

Sien vorige paragraaf.

> Dit kan ook terug heen verwys na die klanke (mense, diere en dinge)
> wat jy hier gehoor toe jy nog hier gewoon het. Dit laat my dink aan
> die twee keer wat ek in die buiteland was. Iets wat my gou opgeval
> het, is dat die afwesigheid van Suid Afrikaanse klanke my baie
> gehinder het.

Ek mis die middagse kanonskoot vanaf Seinheuwel in Kaapstad. Hier is
daar g'n ander manier om jou horlosie reg te sit nie. En dan was
daar die geluide van die smouse op die Parade elke Woensdag en
Saterdag. (Het hulle nog dit?) (In ligte luim:) Dit herinner my aan
'n ourige Bantoe man wat besig was om te preek, Bybel in die hand, op
die parade (op die hoek van Kasteel Straat en Darling Straat). ......
En hy sê: "Julle moet oppas, julle moet julle bekeer, want as die Here
weer kom, as Hy kom, dan gaan julle kak" (sic - kan een van julle
slimmetjies asseblief die "sic" vir my vertaal?). Dis nou so wragtig
waar, ek lieg nie vir julle nie, dit het regtig gebeur. Dis nie 'n
"urban legend" nie, want ek het dit self gehoor. Ek vind dit nou nog
baie amusant as ek daaraan t'rug dink.
Ek mis ook al die afgesaagde sê-goedjies wat die smouse op die parade
kwyt geraak het. Mens moet 'n (Suid) Afrikaner wees om hierdie dinge
te waardeer.

Alles van die beste

Mike (in Oz)
Re: Muskiete Jag - nog nie [boodskap #9559 is 'n antwoord op boodskap #9451] Di, 27 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hi Mike

Ek gaan krap toe in stokou goed, en raai wat ontdek ek daar? Ben Venter se
"Water-Bobbejaan". Nou gaan jy sommer kliphard huil, ek weet.

As Alwyn "Muskiete Jag" nie kan kry nie, sal ek by die Engelse Hoërskool gaan
vra om te kyk na hulle digbundels. (Laat weet maar, Alwyn).

Groete,
V.

Beste Wense,
Vira.
-
Muskiete jag - deur AD Keet [boodskap #9579 is 'n antwoord op boodskap #9451] Wo, 28 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel[2]  is tans af-lyn  Alwyn Nel[2]
Boodskappe: 23
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
Muskiete jag - deur AD Keet

Jou vabond, wag, ek sal jou kry,
Van jou sal net 'n bloedkol bly
Hier teen my kamermure.
Deur jou vervloekte gonsery,
Deur jou gebyt en plagery
Kon ek nie slaap vir ure.

Mag ek my voorstel, eer ons skei,
Eer jy die doodslag van my kry -
My naam is Van der Merwe.
Muskiet, wees maar nie treurig nie,
Wees ook nie so kieskeurig nie.
Jy moet tog ééndag sterwe.

Verwekker van malaria,
Sing maar jou laaste aria -
Nog een minuut vir grasie.
Alsoebat jy nou nóg so lang,
Al sê jy ook: ek is nie bang,
Nooit sien jy weer jou nasie ...

Hoe sedig sit hy, o die kreng!
Sy kinders kan maar kranse breng,
Nòu gaan die vabond sterwe ...
Pardoef! Dis mis! daar gaan hy weer!
Maar dóód sal hy, sowaar ek sweer -
My naam is Van der Merwe

Nouja Mike - daars hy. Uiteindelik.
(gepos deur Alwyn Nel - uit 'n wit besneeude Johannesburg!)
Re: Muskiete Jag - nog nie [boodskap #9580 is 'n antwoord op boodskap #9559] Wo, 28 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mike[2]  is tans af-lyn  Mike[2]
Boodskappe: 11
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
On Tue, 27 May 97 09:00:13 GMT, vi...@iafrica.com wrote:

> Hi Mike
>
> Ek gaan krap toe in stokou goed, en raai wat ontdek ek daar? Ben Venter se
> "Water-Bobbejaan". Nou gaan jy sommer kliphard huil, ek weet.

Hallo Vira, jy's doodreg man. Sien my anner possietjie (is dit die
verkleinwoord vir pos? Ka,ka,ka, (nou lag ek maar weer so 'n bietjie,
want ons leeftyd is darem te kort om so "serious" te wees, nê?
Hierdie een ontou ek maar so óffentjies, maar sit maar die vingers
oppie sleutelbord en laat waai, man. Soos ek vantevore gesê het,
versamel ek allie gediggies en idiome oppie " Zip" skyfie.

> As Alwyn "Muskiete Jag" nie kan kry nie, sal ek by die Engelse Hoërskool gaan
> vra om te kyk na hulle digbundels. (Laat weet maar, Alwyn).

Wag nog altyd, en die Spinnerakke draai al om my lyf. (Heh, heh, heh)
Kai sien, daar kom "weirdness" al weer uit. So, jy het 'n maat.

Beste,
Mike
Re: Muskiete jag - deur AD Keet [boodskap #9625 is 'n antwoord op boodskap #9579] Vr, 30 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
Mike[2]  is tans af-lyn  Mike[2]
Boodskappe: 11
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
On 28 May 1997 08:13:51 GMT, ne...@sabc.co.za (Alwyn Nel) wrote:
> Muskiete jag - deur AD Keet
>
> Jou vabond, wag, ek sal jou kry,
> Van jou sal net 'n bloedkol bly

> My naam is Van der Merwe
>
>
> Nouja Mike - daars hy. Uiteindelik.
> (gepos deur Alwyn Nel - uit 'n wit besneeude Johannesburg!)

Dagsê, Alwyn,
Ek moet om verskoning vra dat ek so lank gevat het om jou te bedank
vir al die moeite en navorsing wat jy gedoen het om "Muskiete Jag vir
my na te slaan. Baie, baie hatlike dank man. Ek waardeer dit ten
grootste, en hy gaan ook in my versameling oppie " Zip" skyfie.
Geluk met die sneeu en skaats maar lekker op die bevroeëre dammetjies.
Nogmaals, velendank.
Mike.
(Die Mal Kangeroe van Melbourne)

N.S. Ek dog toe mos ek moet maar my "Handle" (bynaam) verander, want
ek sien daar is nog twee ander Mikes op hierdie Nuusgroep.
Vorige onderwerp: "Vaalvalk" deur W.E.G. Louw
Volgende onderwerp: " 'n Doppie op Malmesbury" deur MATTHEWS PHOSA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 18:54:48 MGT 2024