Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrkaners wat uitwyk
Afrkaners wat uitwyk [boodskap #9621] Vr, 30 Mei 1997 00:00 na volgende boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
Pas 'n brief gelees van 'n Afrikaner in Auckland
NZ. Daar is al 20 000 Suid-Afrikaners daar en hulle
kom aan teen 75 per dag. Hardloop almal weg?

dew...@fast.co.za
Re: Afrkaners wat uitwyk [boodskap #9636 is 'n antwoord op boodskap #9621] Sa, 31 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article dew...@fast.co.za writes:
> From: dew...@fast.co.za
> Subject: Afrkaners wat uitwyk
> Date: Fri, 30 May 1997 10:21:44 +0200

> Pas 'n brief gelees van 'n Afrikaner in Auckland
> NZ. Daar is al 20 000 Suid-Afrikaners daar en hulle
> kom aan teen 75 per dag. Hardloop almal weg?

> dew...@fast.co.za

Dewald:
======

Ek het nie besef NZ is self so 'n gewilde toevlug/weghardloop-oord nie, maar
daar is 'n grappie wat ek miskien al te veel keer aangehaal het (maar nou ja):

V: Wat het Sydney en Gauteng in gemeen ?
A: Helfte van Suid Afrika se bevolking woon daar.

Ek mag verkeerd wees maar dalk is NZ meer gewild vir Engels-sprekendes
en Australie vir 'Afrikaners'. Ek spekuleer dat NZ gewilder mag wees vir
veral die tipe wat 'Natal, the last British outpost' plakkertjies op hul motors
plak, (jeg, nou die dag twee van die goed in die parkeer terrein gesien, hier
op kampus(!)) maar nogtans eerder na 'n 'great empire kolonie' sal terug-
keer voordat hulle die klimaat en beknoptheid van hul herkoms-land gaan
aandurf. Dit is ook heel maklik om jouself los te maak van 'n land waaraan
jy jouself nie regtig geassosieer het nie, en hoef verantwoording te doen
vir dit wat jyself deel aan was maar nie op te hoef antwoord nie.

En wat die 'Afrikaners' betref, vele van hulle is seker ook maar die wat of te
rassisties is, of te gemaksoekend is om hier aan te bly. Hokaai,ek se nie
almal wat waai is sleg nie, ek self ook sou 'n hoe prioriteit plaas oor my
kinders (as ek gehad het) om 'n wel versekerde toekoms vir hul teverseker.
Probeer maar net 'n beraming maak van wie dit is wat waai en hoekom :)

Etienne Marais
Vorige onderwerp: Suidpool skuif
Volgende onderwerp: Wat is die Afrikaans vir...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 03:18:53 MGT 2024