Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kaapstad sonder Biblioteek
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96133 is 'n antwoord op boodskap #96075] Do, 05 Augustus 2004 10:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> "Katryn" skryf
>
> Gaan kyk gerus Michael Moore se
>> Fahrenheit 9/11.
>
> Wonder of Fahrenheit 9/11 nie bietjie skade doen
> nie. Daar is duidelike fabrikasies en verdraaings in.
> Maar ek het nou die dag ons program "W 5" gekyk
> wat omtrent soos julle "Sixty minutes" is, en dit gaan
> ook oor die verhouding van die Bushes en die Bin
> Ladens. Dit slaan mens eenvoudig dronk hoe kop
> in een mus hulle was.
>
> Gloudina

Nog een van 9/11 se verdraaisels - die Bin Ladens is nie noodwendig
Osama nie - daar is 'n paar groot maatskappye in die Midde Ooste wat
aan die Bin Laden familie behoort.
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96135 is 'n antwoord op boodskap #96123] Do, 05 Augustus 2004 12:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" spel

Voeitog!
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96136 is 'n antwoord op boodskap #96128] Do, 05 Augustus 2004 12:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Dit alles staan teenoor
> politieke vryheid? Die enkele voordeel van die nuwe bedeling.........jy
> kan dit nie eet nie!

Jy praat presies soos Hitler en die SS in die laaste eeu
gepraat het. Dit laat my sidder.

Gloudina
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96137 is 'n antwoord op boodskap #96120] Do, 05 Augustus 2004 12:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

> Nou wat presies hieraan is nou so kinderlik behalwe jy???

>>> as jy loutere snert kwyt raak gaan ek op my kassie klim en vir jou van
>>> 'n hoogte af uitjou!

Die woord is "KINDERAGTIG." Kinderlik het
'n goeie betekenis. Hoekom, hoekom, is jou
Afrikaans so mank? Het jy dit nie reg op skool
geleer nie. Of het al julle apartheidsvarkies nie
op skool geluister nie?

Gloudina
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96140 is 'n antwoord op boodskap #96125] Do, 05 Augustus 2004 13:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Plato skryf:

> So julle stry vir verandering in Suid Afrika maar bly nie hier as dit
> gebeur nie. Julle wil nou gaan staan en peuter met 'n land wat julle
> niks aan help bou het nie. HUH?????!!!!???

Plato, ek verstaan eintlik rerig nie wat jy bedoel met hierdie
stelling nie? Glo jy dat immigrante geen politiese seggenskap of
opinie in of oor hulle aangenome land mag hê nie? Dit is darem baie
beledigend teenoor soveel immigrante wat suksesvolle politiese
loopbane hier in Amerika en sekerlik ook Kanada en ander lande het.
Gaan vertel jou opinie vir ou Aaahrnie van Kaliefornea in sy gesig -
ek wonder wat sal gebeur? ;-)
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96141 is 'n antwoord op boodskap #96136] Do, 05 Augustus 2004 13:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nou kom ons redeneer hieroor. Ek sê: Wat help politieke vryheid as dit
vir jou as persoon geen voordeel bring behalwe 'n stem nie? Wat help dit
die meerderheid kom aan bewind, maar hulle kan nie 'n verbetering
bewerkstellig nie? In enige taal beteken dit dan mos dat jy agteruit boer?
Onthou ons praat van die massas gewone mense wat sê 90% van die bevolking
uitmaak.
Die groot vraag is hoekom bly stem die massas vir hierdie nuwe regering
wat vir hulle niks bring nie? Hier by ons is dit eenvoudig. Swapo speel
die sisteem pragtig. Hulle massastem kom uit die noorde onder die Owambo's
en daarom konsentreer hulle die staatsuitgawes in die noorde terwyl die res
van die land se mense krepeer. Dan het hulle die stemstelsel so gewysig
dat jy vir 'n party stem en nie vir 'n kandidaat nie. Die kandidate word
deur die party aangestel na die verkiesing. Die drom van Swapo die
bevryder word dan dik gespeel terwyl die mense wat die party aanstel om die
werk te doen na die verkiesing in 99% van die gevalle 'n spul idiote is.
Stadig maar seker is dit egter besig om deur te dring tot die gewone swart
kieser dat Swapo net sy politburo en hul agterryers ryk maak terwyl die
gepeupel krepeer en uiteindelik sal Swapo by die verkiesing verslaan word,
maar a la MalBob in Zim, het Swapo ook daarop 'n antwoord. Slaan die
grondeienaars en gee dit vir die swart arbeiders en jy oorleef vir nog 'n
paar jaar by die stembus.
Jy sê: Die doel heilig die middele. Maak nie saak of die
bevrydingsbewegings onskuldige mense opblaas in hul stryd nie, dis deel van
die prys wat jy moet betaal. Nou wat is die verskil eintlik tussen JOU en
Hitler? Jy is die een wat onmenslik en wreed is en nou probeer jy dit aan
my toedig!
"@rogers.com" wrote in message
news:4vpQc.1459282$Ar.1310534@twister01.bloor.is.net.cable.r ogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
> Dit alles staan teenoor
>> politieke vryheid? Die enkele voordeel van die nuwe bedeling.........jy
>> kan dit nie eet nie!
>
> Jy praat presies soos Hitler en die SS in die laaste eeu
> gepraat het. Dit laat my sidder.
>
> Gloudina
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96142 is 'n antwoord op boodskap #96137] Do, 05 Augustus 2004 13:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Net soos jou mense vandag met hulle Afrikaans sukkel oor hul onderwysers
bangat en met die stert tussen die bene in Kanada gaan sit en bedel het!
"@rogers.com" wrote in message
news:TxpQc.1459335$Ar.625607@twister01.bloor.is.net.cable.ro gers.com...
>
> "Plato" skryf
>
>> Nou wat presies hieraan is nou so kinderlik behalwe jy???
>
>>>> as jy loutere snert kwyt raak gaan ek op my kassie klim en vir jou van
>>>> 'n hoogte af uitjou!
>
> Die woord is "KINDERAGTIG." Kinderlik het
> 'n goeie betekenis. Hoekom, hoekom, is jou
> Afrikaans so mank? Het jy dit nie reg op skool
> geleer nie. Of het al julle apartheidsvarkies nie
> op skool geluister nie?
>
> Gloudina
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96143 is 'n antwoord op boodskap #96058] Do, 05 Augustus 2004 13:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
ANti seg:
"Dis
die nes wat die apartheidsvaders vir hulle
nakomelinge geskep het. Hou dus op met
tjank oor Mandela. Die apartheidsvarke het
hom geskep.

Gloudina. "

Anti - bepaald is jy reg hieroor. Anders was hy bloot 'n kommin terroris wat
die doodstraf moes gekry het.
My punt bly staan - Mandela is op 'n ego-tog. ("ego-trip") en mense sien nie
daar verby nie. Aan die anderkant was hy die enigste ou wat nog werklik iets
gedoen het om eenheid en versoening na te streef. Maar ek twyfel of hy dit
vir sulke filantropiese redes gedoen het - en of dit nie maar 'n
selfbeelbouoefening is nie?
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96145 is 'n antwoord op boodskap #96141] Do, 05 Augustus 2004 14:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> Jy sê: Die doel heilig die middele. Maak nie saak of die
> bevrydingsbewegings onskuldige mense opblaas in hul stryd nie, dis deel van
> die prys wat jy moet betaal.

Dit is presies wat gebeur het toe die Afrikaners na
1948 die leisels in die hande gekry het. Gou-gou
het hulle aan die verkiesingsstelsel gepeuter, en
deur hulle filosofie van aparte ontwikkeling die
swartman vertel dat hy alleen burger van een van
die bantustans kon word, dus nooit 'n burger van
SA nie. Strome Afrikaners het in die staatsdiens
en skoolsisteme ingestroom. Ek weet. Ek het
gesien hoe Afrikaners in Bantoe-Onderwys
ingestroom het en die prinsipaalskappe gekry
het sonder enige kwalifikasies wat hulle
spesiaal gemaak het. So moet asseblief nie kom
sit en gorrel oor hoe dit vandag gaan nie. Niks,
niks wat vandag aangaan, kom naastenby by
wat gedurende die apartheidsjare aangegaan
het nie.
En ek dink jy oordryf die sogenaamde
onbevoegdheid van die staatsdiensamptenare.
In enige land is daar gewoonlik redes vir
klagtes. Maar nee, jy moet dit 'n rasseding
maak. Selfs al is sommige van die staatsdiens-
amptenare ook wit.

Tant Hessie van die Spergebied
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96146 is 'n antwoord op boodskap #96116] Do, 05 Augustus 2004 14:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Dit is presies waar jy die fout maak. Daar kan moeilik geargumenteer
word dat mense van enige ander plek as Europa 'n impak op Amerika gemaak
het. Ek sluit Rusland ook in as een van die lande wat tot Amerika
bygedra het. O en Sjina...

Mense soos Malcolm X en Martin Luther King het niks bygedra nie... Ten
minste nie op 'n vooruitgang grondslag nie.

Cheers
Plato

Ellie wrote:
> "Plato" wrote in message
> news:H4ednaw4VvTQnIzcRVn-vA@is.co.za...
> Maar tog is dit die sisteem waartoe hulle, hulleself vir honderde jare
> verbind het. Dit het nie die VSA sovêr in die sloot laat beland nie. Die
> grootste probleem wat die VSA het is binne homself. Die hordes immigrante!
>
> Groete
> Plato
>
> Plato my vriend, die VSA bestaan (en beroem homself daarop) dat dit n land
> van immigrante is, soos Australie, dit is wat ons goed maak, n regte
> vrugteslaai van verskillende rasse en mengelmoes van mense wat elk sy deel
> doen om dinge te laat werk, en sy eie goeie bydrae maak. n Land wat net uit
> een soort bestaan (soos Switzerland) is nie net bra vervelig nie, maar kan
> nie put uit diverse opinies en denke nie. Methinks
>
> Ellie
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96147 is 'n antwoord op boodskap #96142] Do, 05 Augustus 2004 14:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> Net soos jou mense vandag met hulle Afrikaans sukkel oor hul onderwysers
> bangat en met die stert tussen die bene in Kanada gaan sit en bedel het!

Jou mentaliteit hang soos 'n vuil onderrok uit.
Ek en my man en ons familie was en is nog
altyd 'n aanwins vir Kanada. Die ou wat
ons geprosseseer het vir immigrasie, het vir
ons gesê "dis mense soos julle wat ons in
Kanada nodig het." Ek het altyd gewonder
of hy nie ook maar rassisties gedink het, en
nie dieselfde sou gesê het as ek 'n Suid-
Afrikaner was met 'n swart vel nie.

Gloudina
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96148 is 'n antwoord op boodskap #96118] Do, 05 Augustus 2004 14:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Die een offisieële taal is juis 'n groot rede vir hulle sukses...

Nee wat, as ons 'n land moet ontwikkel met iemand soos jy Gloudina gaan
ons gou voor lank in 'n "interessante" dog agterlike steentydperk wees.

Cheers
Plato

@rogers.com wrote:

> "Ellie" skryf
>
> n Land wat net uit
>
>> een soort bestaan (soos Switzerland) is nie net bra vervelig nie, maar kan
>> nie put uit diverse opinies en denke nie.
>
>
> Switzerland het natuurlik drie offisiële tale en is baie
> divers. ( Elke kanton is omtrent 'n staatjie op sy eie
> met sy eie wetgewing en roetines.)
> Daarteenoor het die VSA net een offisieële taal, wat
> dit ook maar bra eentonig maak.
>
> Gloudina
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96149 is 'n antwoord op boodskap #96146] Do, 05 Augustus 2004 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

> Dit is presies waar jy die fout maak. Daar kan moeilik geargumenteer
> word dat mense van enige ander plek as Europa 'n impak op Amerika gemaak
> het

Nou wonder ek waar jy die rol van jazz plaas
in die skema van dinge. Nie iets wat uit Europa
gekom het nie.
Ek wonder of jy met jou gekekkel oor "westerlinge"
al ooit werklik in Europa gebly het, en tuis daar
gevoel het? Ek wed dat jy alleen in 'n plek soos
SA tuis kan wees, waar jy 'n cliché kan lewe
en kan dink dat jou waardes westerse waardes
is.

Gloudina
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96150 is 'n antwoord op boodskap #96148] Do, 05 Augustus 2004 14:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

> Die een offisieele taal is juis 'n groot rede vir hulle sukses...

O, ek neem dus aan jy stel voor dat SA net een offisiële
taal kry. Engels. Soos wat hulle, dink ek, in Namibië het?
Ek onthou dat een van my swaers, 'n goeie NP lid wat
ons aan Roelf Meyer voorgestel het, dieselfde opinie gehad
het. Hy het glad nie gehou van die 11 offisiële tale vir SA
nie.

Gloudina
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96151 is 'n antwoord op boodskap #96147] Do, 05 Augustus 2004 14:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Foeitog ja, wat anders kon die man nou gesê het? Stille diplomasie is ook
maar deel van sy werk, hm? Hier voor hom staan mense wat weghol en hy mag
dit nie sê nie en nou's hy maar nice? Jy kan verduidelik soos jy wil, ou
antie, maar jy sal my nooit oortuig dat weghol 'n antwoord is vir enigiets
nie. Vrtel vir my dat jy soontoe gegaan het omdat jy nie werk kon kry nie
of dat jy verder wil gaan studeer, dan het ek respek vir jou. Hol jy weg
oor jy nie van die politiek van 'n land hou nie, dan is jy nie deel van die
oplossing nie, jy is déél van die probleem. In my oë, die lafaard se
uitweg. Nou sit jy na al die jare en soek jy regverdiging op hierdie ng
en jy probeer dit doen deur gal te braak teenoor die Afrikaner en die ou
politieke sisteem wat dan nou die skuld moet dra oor hoekom jy die land móés
verlaat het. Nee! Jy probeer jou geel siel wegsteek en maak nie saak wat
jy hier sê of vir jouself sê nie, jy het die lafaard se uitweg gevat. Dis
darem snaaks dat die mens se gewete hom so bloots ry, hm? Jy verwag respek
van die Kanadese, maar hulle weet blêddie goed dat as jy een keer weggehol
het, dan tipeer dit jou karakter en sal jy weer weghol en kan hulle nie
staatmaak op jou lojaliteit nie. Verstaan jy nou die ou se diplomasie?
"@rogers.com" wrote in message
news:zGrQc.1013$g0a.629@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
>
> "Suidwester" skryf
>
>> Net soos jou mense vandag met hulle Afrikaans sukkel oor hul onderwysers
>> bangat en met die stert tussen die bene in Kanada gaan sit en bedel het!
>
> Jou mentaliteit hang soos 'n vuil onderrok uit.
> Ek en my man en ons familie was en is nog
> altyd 'n aanwins vir Kanada. Die ou wat
> ons geprosseseer het vir immigrasie, het vir
> ons gesê "dis mense soos julle wat ons in
> Kanada nodig het." Ek het altyd gewonder
> of hy nie ook maar rassisties gedink het, en
> nie dieselfde sou gesê het as ek 'n Suid-
> Afrikaner was met 'n swart vel nie.
>
> Gloudina
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96152 is 'n antwoord op boodskap #96133] Do, 05 Augustus 2004 15:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Hi

Ek het F 9/11 gesien en dit is 50/50 vir my. 50% goeie feite en 50%
opsweeping. Dit sal insig neem om deur die twak te sien. Dit is egter
goeie vermaak. Veral die ou wat sy kam nat lek om sy hare te kam en dan
kom vat iemand anders aan sy nat hare om dit reg te skuif...

Aaklig!

Groete
Plato

Lou wrote:
> "@rogers.com" skryf in boodskap news:...
>
>> "Katryn" skryf

>> Gaan kyk gerus Michael Moore se

>>> Fahrenheit 9/11.

>> Wonder of Fahrenheit 9/11 nie bietjie skade doen
>> nie. Daar is duidelike fabrikasies en verdraaings in.
>> Maar ek het nou die dag ons program "W 5" gekyk
>> wat omtrent soos julle "Sixty minutes" is, en dit gaan
>> ook oor die verhouding van die Bushes en die Bin
>> Ladens. Dit slaan mens eenvoudig dronk hoe kop
>> in een mus hulle was.

>> Gloudina
>
>
> Nog een van 9/11 se verdraaisels - die Bin Ladens is nie noodwendig
> Osama nie - daar is 'n paar groot maatskappye in die Midde Ooste wat
> aan die Bin Laden familie behoort.
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96153 is 'n antwoord op boodskap #96145] Do, 05 Augustus 2004 15:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:0CrQc.939$g0a.698@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com. ..
>
> Dit is presies wat gebeur het toe die Afrikaners na
> 1948 die leisels in die hande gekry het. Gou-gou
> het hulle aan die verkiesingsstelsel gepeuter, en
> deur hulle filosofie van aparte ontwikkeling die
> swartman vertel dat hy alleen burger van een van
> die bantustans kon word, dus nooit 'n burger van
> SA nie.
-----as ek die storie reg het, het aparte ontwikkeling eers veel later
gekom? Sekerlik het die ou NP die apartheidstelsel gevestig deur die swart
man uit te sluit van die stemproses. Later, met Verwoerd, het die
tuislandstorie uitgebroei en as jy agter die werklikhede van die situasie
kyk, dan was die praktiese idee nie so sleg nie want: Die Bantoestans het
bestaan en wou bly voortbestaan. Meeste van hulle het op tradisionele
grond gesit wat hulle wou behou en uitgebrei moes word. Dis toe dat die
Odendaalplan en onteieining gekom het om die stamgebiede uit te brei. Die
idee was nie so sleg nie want die verskillende swart stamme wou nie onder
mekaar bly nie en wou eerder hul eie sake onder beheer hou en die feit dat
die blanke man se besigheidsinisiatief uit hierdie gebiede verwyder sou
word, sou beteken dat hulle 'n veel beter kans op eie ontwikkeling sou hê en
die hoop was dat hulle, met die hulp van die staat, op die been sou kom.
Jy weet en ek weet wat gebeur het......'n jakkals verander van haar en nie
van snaar nie. 'n Mens wat onder een stel omstandighede nie kon die mas
opkom nie, sal dit ook nie onder ander omstandighede doen nie. Luigeid het
nie brieke nie en niks, maar niks sou die swart man op sy eie op die been
kry nie. Dit het die geskiedenis ons mos nou al mooi geleer? Die groot
probleem was natuurlik die Kleurlinge wat met een been in die een groep
gestaan het en die ander been in die ander en tussen-in was hulle diep
kwesbaar. Sonder hulle sou dit veel makliker gewees het en heel moontlik
prakties uitvoerbaar ook, maar jy kan nie mense wegwens nie.

Strome Afrikaners het in die staatsdiens
> en skoolsisteme ingestroom. Ek weet. Ek het
> gesien hoe Afrikaners in Bantoe-Onderwys
> ingestroom het en die prinsipaalskappe gekry
> het sonder enige kwalifikasies wat hulle
> spesiaal gemaak het. So moet asseblief nie kom
> sit en gorrel oor hoe dit vandag gaan nie. Niks,
> niks wat vandag aangaan, kom naastenby by
> wat gedurende die apartheidsjare aangegaan
> het nie. En ek dink jy oordryf die sogenaamde
> onbevoegdheid van die staatsdiensamptenare.
> In enige land is daar gewoonlik redes vir
> klagtes. Maar nee, jy moet dit 'n rasseding
> maak. Selfs al is sommige van die staatsdiens-
> amptenare ook wit.
------Jy yl. Is dit die ouderdom wat so maak? Jy vereenvoudig die ding
na enkele gevalle wat jy beleef het in swart skole en jy dink dat alles nog
so is. Terwyl ek nie stry met jou oor die voorkeur van blankes in die
staatsdiens in daardie jare nie, so stry ek ook nie met jou vandag dat die
swart regerings nie ook moet voorkeur gee aan sy 'eie' soort nie....alhoewel
julle natuurlik almal propageer dat diskriminasie iets van die verlede is,
maar nou herhaal julle net die geskiedenis! Daarmee sê julle dat die
Afrikaner reg was met apartheid, net julle's te onnosel om die gevolge van
jul dade te besef! In elk geval, ek gee nie om vir swart amptenary nie,
maar onder een voorbehoud: Dat die staatsdiens waarvoor ek en my
mede-burger belasting betaal, effektief bestuur moet word en dat die
bevolking die regte dienste daaruit ontvang. Nou:

Weet jy dat in Nam is daar omtrent nie 'n enkele departement in die
Staatsdiens is wat nie onder 'n geregtelike ondersoek vir bedrog is nie?
Dat die spoorwegstelsel met spore en 'rolling stock' van die beste in Afrika
was toe SA onttrek het en daaglike dienste oral in die land en na die RSA
gelewer het. Vandag? In sy moer in. Vragtreine loop af en toe en
passasietreine omtrent nie, behalwe vir 'n luukse toeristetrein wat in die
land van tyd tot tyd loop.
Dat die polisiediens veel te min is om misdaad te beperk en dat vele van die
polisiemanne self vir misdaad aangekla word.
Dat vele hofamptenare en landdroste al in die tronk sit weens bedrog.
Dat jy maklik tot 3 jaar kan wag vir 'n ID? Ook vir 'n paspoortaansoek.
Dat poskantore en polisiekantore so vuil is dat mens maar wyd staan tussen
die vuilgoed en stank.
Dat die gesondheidsdienste so in sy moer is dat jy jou eie kos en beddegoed
moet saamvat hospitaal toe. Van Nam se beste hospitale het vergelyk met
die beste in SA op sy tyd onder die regering.
Sam Nujoma bou 'n paleis van R1 BILJOEN!
...en so kan ek aangaan en aangaan. Ons het in die verlede, vir blank en
nie-blank sisteme gehad wat skrik vir niks nie en dis presies waarom ons kan
onderskei tussen goed en sleg. Soos ek sê, dit het vir my niks met ras te
doen nie, maar julle maak dit vir ons so. Onbevoegde mense is aan beheer
van die staatsdiens en dit is chaoties. Daar is nog 'n sprinkeling blankes
daar oor, maar hulle is baie min. Ek kyk bloot na die resultate voor my
wat ek elke dag beleef en dan maak ek 'n oordeel. Jy? Jy poep maar net
warm lug uit verveeldheid uit.
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96154 is 'n antwoord op boodskap #96152] Do, 05 Augustus 2004 15:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Plato skryf:
> Veral die ou wat sy kam nat lek om sy hare te kam en dan
> kom vat iemand anders aan sy nat hare om dit reg te skuif...
>
> Aaklig!

Weet jy wie dit was, en wat sy rol in Amerikaanse politiek is, Plato?
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96155 is 'n antwoord op boodskap #96135] Do, 05 Augustus 2004 15:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
...

Dit moet nogals erg wees om so geleerd te wees met perfekte spelling en
steeds nie vir jouself te kan dink nie, of hoe Gloudina?

@rogers.com wrote:

> "Plato" spel
>
> Voeitog!
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96156 is 'n antwoord op boodskap #96136] Do, 05 Augustus 2004 16:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Watse redenasie is dit Gloudina? Hy maak 'n helder stelling en jou
repliek is oor Hitler, die SS en wie weet wat se strooi nog!

Dink vroumens! Drink jou Bob Martin pille!

Cheers
Plato

@rogers.com wrote:

> "Suidwester" skryf
>
> Dit alles staan teenoor
>
>> politieke vryheid? Die enkele voordeel van die nuwe bedeling.........jy
>> kan dit nie eet nie!
>
>
> Jy praat presies soos Hitler en die SS in die laaste eeu
> gepraat het. Dit laat my sidder.
>
> Gloudina
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96157 is 'n antwoord op boodskap #96152] Do, 05 Augustus 2004 16:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Plato skryf:

> Ek het F 9/11 gesien en dit is 50/50 vir my. 50% goeie feite en 50%
> opsweeping. Dit sal insig neem om deur die twak te sien.

Ek is nogal nuuskurig oor watter dele van die fliek jy as feite
beskou het, en watter opsweping? Lus om uit te brei?

--
" Once a government is committed to the principle of silencing the
voice of opposition, it has only one way to go, and that is down the
path of increasingly repressive measures, until it becomes a source of
terror to all its citizens and creates a country where everyone lives
in fear."
Harry S Truman
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96158 is 'n antwoord op boodskap #96137] Do, 05 Augustus 2004 16:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
En nog steeds geen teken van 'n gedagte van haar eie nie...

@rogers.com wrote:

> "Plato" skryf
>
>
>> Nou wat presies hieraan is nou so kinderlik behalwe jy???
>
>
>>>> as jy loutere snert kwyt raak gaan ek op my kassie klim en vir jou van
>>>> 'n hoogte af uitjou!
>
>
> Die woord is "KINDERAGTIG." Kinderlik het
> 'n goeie betekenis. Hoekom, hoekom, is jou
> Afrikaans so mank? Het jy dit nie reg op skool
> geleer nie. Of het al julle apartheidsvarkies nie
> op skool geluister nie?
>
> Gloudina
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96162 is 'n antwoord op boodskap #96140] Do, 05 Augustus 2004 16:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Hy het die stelsel baie goed gebruik om ryk te word en in 'n posisie van
mag te kom. Ek dink nie hy sou juis veel met jou saamstem nie. Ek dink
nie jy kan aanspraak maak op die reg om die stelsel wat juis van Amerika
'n reus gemaak het te wil bevraagteken nie. As Arnie dit sou poog sal hy
stywe teenstand kry. Jy is vry om hom te probeer oortuig om dit te doen.

Indien dit gebeur verswak jy dit waarop die VSA gebou is. Dit is klaar
aan die gebeur en jou opinie maak seker nie veel saak meer nie.
Dieselfde het met die Romeinse ryk gebeur. Gaan dink bietjie daaroor...

Cheers
Plato

Katryn wrote:

> Plato skryf:
>
>
>> So julle stry vir verandering in Suid Afrika maar bly nie hier as dit
>> gebeur nie. Julle wil nou gaan staan en peuter met 'n land wat julle
>> niks aan help bou het nie. HUH?????!!!!???
>
>
> Plato, ek verstaan eintlik rerig nie wat jy bedoel met hierdie
> stelling nie? Glo jy dat immigrante geen politiese seggenskap of
> opinie in of oor hulle aangenome land mag hê nie? Dit is darem baie
> beledigend teenoor soveel immigrante wat suksesvolle politiese
> loopbane hier in Amerika en sekerlik ook Kanada en ander lande het.
> Gaan vertel jou opinie vir ou Aaahrnie van Kaliefornea in sy gesig -
> ek wonder wat sal gebeur? ;-)
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96163 is 'n antwoord op boodskap #96162] Do, 05 Augustus 2004 16:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Plato skryf:

> Hy het die stelsel baie goed gebruik om ryk te word en in 'n posisie van
> mag te kom. Ek dink nie hy sou juis veel met jou saamstem nie.

Waarmee dink jy sou hy verskil van my?

> Ek dink
> nie jy kan aanspraak maak op die reg om die stelsel wat juis van Amerika
> 'n reus gemaak het te wil bevraagteken nie.

Watter "stelsel" dink jy het van Amerika 'n reus gemaak? En waarom
mag ek dit nie bevraagteken nie?

> As Arnie dit sou poog sal hy
> stywe teenstand kry. Jy is vry om hom te probeer oortuig om dit te doen.

En jy dink nie dat jy teenstand kry nie?

> Indien dit gebeur verswak jy dit waarop die VSA gebou is. Dit is klaar
> aan die gebeur en jou opinie maak seker nie veel saak meer nie.
> Dieselfde het met die Romeinse ryk gebeur. Gaan dink bietjie daaroor...

So jy reken die VSA is besig om te verswak? Ek stem saam. Dink jy
die val van van die Romeinse ryk kan met Amerika vergelyk word. Is jy
lus om voorbeelde te gee van die vergelykings wat jy dink daar is?
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96164 is 'n antwoord op boodskap #96145] Do, 05 Augustus 2004 16:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
En jy bly in Kanada om watter rede nou weer, Gloudina???

So hier sit ons in Suid Afrika, maar jy preek van Kanada af? Iewers is
daar fout...

Kom terug Gloudina as alles so wonderlik is.

Gaan jy die skrewe beantwoord of gaan jy weer die spelling deurgaan om
die aandag van die onderwerp af te trek?

Cheers
Plato

@rogers.com wrote:

> "Suidwester" skryf
>
>
>> Jy sê: Die doel heilig die middele. Maak nie saak of die
>> bevrydingsbewegings onskuldige mense opblaas in hul stryd nie, dis deel
>
> van
>
>> die prys wat jy moet betaal.
>
>
> Dit is presies wat gebeur het toe die Afrikaners na
> 1948 die leisels in die hande gekry het. Gou-gou
> het hulle aan die verkiesingsstelsel gepeuter, en
> deur hulle filosofie van aparte ontwikkeling die
> swartman vertel dat hy alleen burger van een van
> die bantustans kon word, dus nooit 'n burger van
> SA nie. Strome Afrikaners het in die staatsdiens
> en skoolsisteme ingestroom. Ek weet. Ek het
> gesien hoe Afrikaners in Bantoe-Onderwys
> ingestroom het en die prinsipaalskappe gekry
> het sonder enige kwalifikasies wat hulle
> spesiaal gemaak het. So moet asseblief nie kom
> sit en gorrel oor hoe dit vandag gaan nie. Niks,
> niks wat vandag aangaan, kom naastenby by
> wat gedurende die apartheidsjare aangegaan
> het nie.
> En ek dink jy oordryf die sogenaamde
> onbevoegdheid van die staatsdiensamptenare.
> In enige land is daar gewoonlik redes vir
> klagtes. Maar nee, jy moet dit 'n rasseding
> maak. Selfs al is sommige van die staatsdiens-
> amptenare ook wit.
>
> Tant Hessie van die Spergebied
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96165 is 'n antwoord op boodskap #96147] Do, 05 Augustus 2004 16:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
O, so julle bly daar want Kanada het julle nodig? En wat van Suid
Afrika? Jy teem soos 'n vrou met 'n nat broek oor alles en wat nog maar
terugkom sal jy nie. Jy sal seker teen die deure vasskop as hulle jou
sou dwing om terug te kom...

:o)

Groete
Plato

@rogers.com wrote:

> "Suidwester" skryf
>
>
>> Net soos jou mense vandag met hulle Afrikaans sukkel oor hul onderwysers
>> bangat en met die stert tussen die bene in Kanada gaan sit en bedel het!
>
>
> Jou mentaliteit hang soos 'n vuil onderrok uit.
> Ek en my man en ons familie was en is nog
> altyd 'n aanwins vir Kanada. Die ou wat
> ons geprosseseer het vir immigrasie, het vir
> ons gesê "dis mense soos julle wat ons in
> Kanada nodig het." Ek het altyd gewonder
> of hy nie ook maar rassisties gedink het, en
> nie dieselfde sou gesê het as ek 'n Suid-
> Afrikaner was met 'n swart vel nie.
>
> Gloudina
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96166 is 'n antwoord op boodskap #96149] Do, 05 Augustus 2004 16:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ja nee wat. Jou kapasiteit eindig maar by wonder. Soek maar weer die
woorde deur vir foute. Miskien voel jy dan beter.

Cheers
Plato

@rogers.com wrote:

> "Plato" skryf
>
>
>> Dit is presies waar jy die fout maak. Daar kan moeilik geargumenteer
>> word dat mense van enige ander plek as Europa 'n impak op Amerika gemaak
>> het
>
>
> Nou wonder ek waar jy die rol van jazz plaas
> in die skema van dinge. Nie iets wat uit Europa
> gekom het nie.
> Ek wonder of jy met jou gekekkel oor "westerlinge"
> al ooit werklik in Europa gebly het, en tuis daar
> gevoel het? Ek wed dat jy alleen in 'n plek soos
> SA tuis kan wees, waar jy 'n cliché kan lewe
> en kan dink dat jou waardes westerse waardes
> is.
>
> Gloudina
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96167 is 'n antwoord op boodskap #96150] Do, 05 Augustus 2004 16:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Die enkeltaal van die VSA was nie altyd enkel nie. Daar was
Nederlanders, Duitsers ensovoorts. Hulle het later oor die taal besluit
en Engels aanvaar. Dit was 'n goeie besluit.

Cheers
Plato

@rogers.com wrote:

> "Plato" skryf
>
>
>> Die een offisieële taal is juis 'n groot rede vir hulle sukses...
>
>
> O, ek neem dus aan jy stel voor dat SA net een offisiële
> taal kry. Engels. Soos wat hulle, dink ek, in Namibië het?
> Ek onthou dat een van my swaers, 'n goeie NP lid wat
> ons aan Roelf Meyer voorgestel het, dieselfde opinie gehad
> het. Hy het glad nie gehou van die 11 offisiële tale vir SA
> nie.
>
> Gloudina
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96168 is 'n antwoord op boodskap #96154] Do, 05 Augustus 2004 16:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Iets in die lyn van adjunk minister van verdediging. Baie ou topies lek
maar die hare in plek. Dis nie iets waaroor ek gaan kla en vingers na
hom wys nie. Hy is beslis nie dom as gevolg van die manerisme nie.

Ek ken proffies wat sulke aardige gewoontes het.

Cheers
Plato

Katryn wrote:

> Plato skryf:
>
>> Veral die ou wat sy kam nat lek om sy hare te kam en dan
>> kom vat iemand anders aan sy nat hare om dit reg te skuif...

>> Aaklig!
>
>
>
> Weet jy wie dit was, en wat sy rol in Amerikaanse politiek is, Plato?
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96169 is 'n antwoord op boodskap #96154] Do, 05 Augustus 2004 16:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Deputy Secretary of Defence

Is mos maar ekwivalent vir ons adjunk minister van verdediging....

ja?

Cheers
Plato

Katryn wrote:

> Plato skryf:
>
>> Veral die ou wat sy kam nat lek om sy hare te kam en dan
>> kom vat iemand anders aan sy nat hare om dit reg te skuif...

>> Aaklig!
>
>
>
> Weet jy wie dit was, en wat sy rol in Amerikaanse politiek is, Plato?
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96170 is 'n antwoord op boodskap #96168] Do, 05 Augustus 2004 17:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Plato skryf:

> Iets in die lyn van adjunk minister van verdediging. Baie ou topies lek
> maar die hare in plek. Dis nie iets waaroor ek gaan kla en vingers na
> hom wys nie. Hy is beslis nie dom as gevolg van die manerisme nie.

Nee nee...moenie woorde of gedagtes aan my toedig wat ek nie geskryf
het nie. ;-) Ek het net gewonder of jy weet wie dit was. Of jy weet
wat sy rol in die huidige administrasie is, en sy agtergrond. Dat hy
o.a ook in die Reagan administrasie gedien het, asook onder papa Bush.
Ek probeer eintlik net agterkom hoveel sin, indien enige, daardie
fliek van Michael Moore maak vir julle in SA, en of julle dit enigsins
in konteks kan plaas? Hulle het nou die dag hier gewys op een van die
nuuskanale, wat die mense van Kuba daarvan dink. Daar word dit
blykbaar deur die staat gesponsor sodat hulle mense dit kan sien. Dit
was interessant om die reaksies van die verskeie Kubane te hoor.
Meeste was verbaas dat hy toegelaat was om die fliek te maak en
versprei hier in Amerika. Ek kry altyd die idee dat dit ook iets is
wat vir julle in SA baie moeilik is om te begryp? Hierdie vryheid van
spraak wat ons het. Ek sê nie dit is moeilik vir julle om te begryp
nie, eerder dat dit so lyk vir my.
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96171 is 'n antwoord op boodskap #96170] Do, 05 Augustus 2004 17:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf:
> Dit was interessant om die reaksies van die verskeie Kubane te hoor.
> Meeste was verbaas dat hy toegelaat was om die fliek te maak en
> versprei hier in Amerika.

Ek moet net byvoeg dat omdat dit ABC was, het ek ondmiddellik gewonder
of dit alweer regerings propaganda was. Maar dit daar gelaat...
;-)
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96172 is 'n antwoord op boodskap #96164] Do, 05 Augustus 2004 18:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

> Gaan jy die skrewe beantwoord

As jy nog eenkeer die woord "skrewe" gebruik,
dan gil ek hier op die walle van die Ottawa-
rivier dat jy vir my tot in Riviersonderend kan
hoor.

Gloudina
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96173 is 'n antwoord op boodskap #96165] Do, 05 Augustus 2004 19:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

Jy teem soos 'n vrou met 'n nat broek

Hoekom is daar so 'n direkte verband tussen
regsdenkende Afrikaners en agteraf woordeskat
wat mens nooit uit die mond van 'n heer sal hoor
nie?

Gloudina
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96175 is 'n antwoord op boodskap #96172] Do, 05 Augustus 2004 19:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
zaphod beeblebrox  is tans af-lyn  zaphod beeblebrox
Boodskappe: 4
Geregistreer: Augustus 2004
Karma: 0
Junior Lid
Skrewe. skrewe. Good word. I like it. SKREWE SSSSSSSKREWE
skreweskreweskreweskreweskreweskreweskreweskreweskreweskrewe skreweskreweskreweskreweskreweskrewe.

Sounds almost like "screw". Keep on skrewing the hag, Plato.

Funny, I did not hear you. Must be gettin' deaf.

@rogers.com wrote:
> "Plato" skryf
>
>
>> Gaan jy die skrewe beantwoord
>
>
> As jy nog eenkeer die woord "skrewe" gebruik,
> dan gil ek hier op die walle van die Ottawa-
> rivier dat jy vir my tot in Riviersonderend kan
> hoor.
>
> Gloudina
>
>

--
Zaphod Beeblebrox IV
President of the Universe

Wake up and smell the Pangalactic Gargleblaster!
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96178 is 'n antwoord op boodskap #96084] Do, 05 Augustus 2004 19:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf in boodskap news:H4ednaw4VvTQnIzcRVn-vA@is.co.za...
> Maar tog is dit die sisteem waartoe hulle, hulleself vir honderde jare
> verbind het. Dit het nie die VSA sover in die sloot laat beland nie. Die
> grootste probleem wat die VSA het is binne homself.
Die hordes immigrante!

Praat jy nou van daardie hordes "westerlinge"?
"Westerlinge" wat verder wes gegaan het as wat goed vir
hulle was? Dalk het jy 'n punt hier beet.

Swart Simon
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96179 is 'n antwoord op boodskap #96087] Do, 05 Augustus 2004 19:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf in boodskap news:dPSdndHKK-ClmYzcRVn-rQ@is.co.za...

> Dis net 'n kwessie van tyd voor daar 'n swart of Spaans talige in
> Amerika die president word.

Sou so 'n persoon dan nie kwalifiseer as 'n
"westerling" in jou skema van dinge nie, of verstaan ek
jou nou verkeerd?

Swart Simon
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96180 is 'n antwoord op boodskap #96106] Do, 05 Augustus 2004 19:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:WAeQc.836$HSN1.777@news04.bloor.is.net.cable.roger
s.com...
>
> "Swart Simon" skryf
>
>> Meesterlik soos altyd, Gloudina. Ek lag my 'n
papie.
>
> Hoekom het ek so al die gevoel asof jy
> sarkasties is.

Sarkasties? Hoekom is daar dan nou nog trane in my
diepbruin oë? Van al die lag.

Swart Simon
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96197 is 'n antwoord op boodskap #96118] Do, 05 Augustus 2004 23:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:MUgQc.2355$HSN1.1865@news04.bloor.is.net.cable.rogers.c om...

"Ellie" skryf

n Land wat net uit
> een soort bestaan (soos Switzerland) is nie net bra vervelig nie, maar kan
> nie put uit diverse opinies en denke nie.

Switzerland het natuurlik drie offisiële tale en is baie
divers. ( Elke kanton is omtrent 'n staatjie op sy eie
met sy eie wetgewing en roetines.)
Daarteenoor het die VSA net een offisieële taal, wat
dit ook maar bra eentonig maak.

Gloudina

Drie tale? Duits (eintlik Switzerse Duits) , Frans en? En dit is vir my n
vervelige land, meeste mense is al nege uur saans in die bed. En alles is
skoon en higienies en antisepties. Toe ek van Milan na Switzerland gereis
het, was die verskil nogal erg. In Italie eet die mense laat in die aand,
die kindes speel rond en almal is laid back. In Switserland loer hule agter
hulle kantgordyne uit as iemand durf laat in die straat rondloop. Ek oordryf
nou seker heelwat, maar dit is soos ek dit ervaar het.

Ellie
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96199 is 'n antwoord op boodskap #96197] Do, 05 Augustus 2004 23:21 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

> Drie tale? Duits (eintlik Switzerse Duits) , Frans en?

Ek dink Italiaans. Elke kanton dink ek kies sy eie taal
as offisiële taal.

Gloudina
Vorige onderwerp: Skokend
Volgende onderwerp: Ons eerste Goud
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 16:43:05 MGT 2024