Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kaapstad sonder Biblioteek
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96078 is 'n antwoord op boodskap #96072] Wo, 04 Augustus 2004 15:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

>
> "Katryn" skryf
>
>
>> Plato, ons is 'n republiek. Nie 'n demokrasie nie.
>
> Hokaai. 'n Republiek kan ook demokraties wees.
> 'n Republiek kan par excellence demokraties wees,
> want hulle het nie 'n ge-erfde koning aan die hoof nie.

Natuurlik. Maar die regeringsvorme verskil. In 'n Republiek soos ons
sin, is dit nie noodwendig die meerderheid wat regeer nie.
Hierdie kan 'n baie interessante gesprek raak, maar nou moet ek eers
ophou klets.
'n Ware demokratiese republiek is die ideaal. Maar Reagan het begin
om daardie ideaal af te breek, en die die aftakelende werk is
voortgesit deur die Bosse. Eintlik het die aftakeling begin toe die
kerk en staat begin meng het tydens die koue oorlog en alles wat
daaruit voortgespuit het.
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96079 is 'n antwoord op boodskap #96071] Wo, 04 Augustus 2004 15:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf:

> Hie-hie-haaa-haaaa!!!! Wat kry die wenner? Sjampanje?

Jong, ek stel voor dat jy nou rustig raak. Gaan drink 'n bier of
iets.
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96080 is 'n antwoord op boodskap #96079] Wo, 04 Augustus 2004 15:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
....en jy try 'n vibrator, hm?

"Katryn" skryf in boodskap news:5tu1h0920j6130girdn62q3pti3red5mrv@4ax.com...
> "Suidwester" skryf:
>
>> Hie-hie-haaa-haaaa!!!! Wat kry die wenner? Sjampanje?
>
> Jong, ek stel voor dat jy nou rustig raak. Gaan drink 'n bier of
> iets.
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96081 is 'n antwoord op boodskap #96075] Wo, 04 Augustus 2004 15:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

> Wonder of Fahrenheit 9/11 nie bietjie skade doen
> nie. Daar is duidelike fabrikasies en verdraaings in.

Ai, ek MOET nou gaan. Maar net vinnig...
Gaan kyk dit eers, en dan praat ons weer.
Ja, daar is effense fabrikasies, maar nie meer as dit waaraan ons elke
dag blootgestel word nie.

> Maar ek het nou die dag ons program "W 5" gekyk
> wat omtrent soos julle "Sixty minutes" is, en dit gaan
> ook oor die verhouding van die Bushes en die Bin
> Ladens. Dit slaan mens eenvoudig dronk hoe kop
> in een mus hulle was.

Juis. Ek sal dalk later vanaand meer hieroor skryf.
Ek wens almal wil dit gaan kyk. Ongelukkig is dit so dat baie mense
dit nou kritiseer sonder dat hulle dit ooit gesien het.
In 'n onderhoud wat daardie O'Reilly vent van Fox met Moore gehou
het, was dit duidelik dat mense werklik so gepolariseer is op die
oomblik dat de een kamp gladnie die ander kant se "feite" kan
raaksien nie.
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96082 is 'n antwoord op boodskap #96076] Wo, 04 Augustus 2004 15:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee, ordentlikheid dat jy en jou soort nie met 'n Lifeboy-label op geëindig
het nie.....o fokkit, hoe sou ons die seep rooi gekry het? Seker eerder
Sunlight?
"@rogers.com" wrote in message
news:aU6Qc.7588$DZr1.1855@news04.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> "Suidwester"
>
> Dis skoon van ordentlikheid dat ons dit
>> toegelaat het.
>
> Jy bedoel dis skoon van ordentlikheid dat julle
> die struggle opgegee het? Ek lag my 'n
> p-aaaaaaaaaaaaaaaaapie
>
> Tant Hessie van die Nossob
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96083 is 'n antwoord op boodskap #96049] Wo, 04 Augustus 2004 15:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Stem saam!

Jonas wrote:

> Wanneer gaan mense ophou om Mandela slaafs te vereer? As Mandela werklik
> soveel integriteit gehad het kon hy al lankal 'n stokkie hiervoor gesteek
> het. Persoonlik glo ek dat hy 90% van sy tyd spandeer om aan sy beeld te
> bou.
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96084 is 'n antwoord op boodskap #96052] Wo, 04 Augustus 2004 15:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Maar tog is dit die sisteem waartoe hulle, hulleself vir honderde jare
verbind het. Dit het nie die VSA sovêr in die sloot laat beland nie. Die
grootste probleem wat die VSA het is binne homself. Die hordes immigrante!

Groete
Plato

@rogers.com wrote:

> "Plato" skryf
>
>
>> tog maar die filosofie agter demokrasie, is dit nie? Meerderheid regeer.
>
>
> Die ironie van die VSA se verkiesings-stelsel is egter
> dat die "meerderheid" NIE regeer as dit by die pos
> van president kom nie. Die president word gekies deur
> die "Electoral College." Dit hang alles af van hoeveel
> stemme uit elke staat vir die kandidaat uitgebring word,
> wie president word. Gore het in die laaste verkiesing in
> die VSA die populêre stem met 'n taamlike groot
> meerderheid gewen. Maar dit het afgehang van óf
> Florida as staat vir Bush was of vir Gore, wie president
> sou word.
>
> Gloudina
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96085 is 'n antwoord op boodskap #96081] Wo, 04 Augustus 2004 15:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Gaan kyk dit eers, en dan praat ons weer.

Ek het dit natuurlik al gesien. Anders sou
ek natuurlik nie 'n opinie daaroor gehad het
nie. Selfs my kleinseun van 14 jaar, met wie
ons dit gesien het, het besef dat Michael Moore
dinge fabriseer. Soos byvoorbeeld dat die
Bushes met eiers gegooi is die dag toe hy
ingesweer is.

Gloudina
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96086 is 'n antwoord op boodskap #96082] Wo, 04 Augustus 2004 15:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

'n Lifeboy-label

Ek dink, Suidwester, dis buoy en nie boy
nie. Soos in reddingsgordel, jy weet.

Tant Hessie van Onseepkans
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96087 is 'n antwoord op boodskap #96055] Wo, 04 Augustus 2004 15:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek sou nie lag nie Gloudina want jy koes my opmerkings soos 'n wafferse
Gordon Flash as ek dit vir jou in jou gesig sê! Kom ek spel dit uit.

Demokrasie per definisie is regeering deur die meerderheid.
Per slot van sake sal in 'n multi-rassige of multi-kulturele land die
ras of kultuur wat die vinnigste aanwas die demokrasie beheer...

Dit breek altyd langs daardie genoemde lyne. Sonder uitsondering...

Jy kry oorvleuling maar die grys areas het nie impak nie.

Dis net 'n kwessie van tyd voor daar 'n swart of Spaans talige in
Amerika die president word.

Verstaan jy nou hoekom die sterkste nie noodwendig wen in demokrasie nie
tannie? Vra maar vir die mense wat honger het wat hulle dink van hulle
oorwinning by die stembus in Afrika...

Cheers
Plato

@rogers.com wrote:

> "Suidwester" skryf
>
>
>> Nie nasionale sport van die swart man is suip en spyker. Kom kyk na die
>> horde kindertjies wat gebore word by mense wat skaars elke dag genoeg kos
>
> op
>
>> die tafel kan plaas. En jy noem hulle nie lui nie?
>
>
> Nouja, dit slaan my so dronk dat ek met 'n
> veertjie omgestoot kan word, dat hierdie
> mense nou die leisels in die hande het nadat
> julle klomp joggies die grensoorlog verloor
> het. Ek lag my 'n papie.
>
> Tant Hessie van die Nossob
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96088 is 'n antwoord op boodskap #96056] Wo, 04 Augustus 2004 16:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Nee, Gloudina. Dis maar die ou storie van 'n kak opmerking verdien nog
een. Ek beskou jou as vreeslik dig en eenvoudig in denke. Ek probeer om
nie mense so te meet nie maar die waarheid is dat ek dit nie meer kan
wegpraat nie. Ek het eers gedink jy het nie 'n goeie opvoeding gehad nie
of iets, maar jou skrewes het bepaalde tekens van geleerdheid. Maar
duidelik skiet jy vreeslik tekort in die wysheid departement.

Jy mag miskien meer perfek as ek kan spel maar jy is maar vreeslik
eenvoudig. Ek moet jou seker nie so slegsê nie Gloudina want jy kan dit
nie help nie. Maar die waarheid is dat jy so seker as wat ek hier sit
die mense rondom jou in Kanada allerhande stront oor die westerlinge
hier in SA vertel wat my dwars in die krop steek. So ek kan nie anders
as om te skreeu as jy bog kwytraak nie. KYK DAAR!!! SY IS FLIPPEN DOM!!!!

Maak 'n goeie redenasie en jy sal sien ek is nie lelik nie. Dit beteken
nie dat ek lelik met jou gaan wees as jy nie saam met my stem nie, maar
as jy loutere snert kwyt raak gaan ek op my kassie klim en vir jou van
'n hoogte af uitjou!

Cheers
Plato

@rogers.com wrote:

> "Plato" skryf
>
>
>> Cheers gattie Gloudina
>
>
> Verbeel ek my dit, of begin jy deesdae
> soos 'n ou adolessente meisietjie praat?
> Begin jou regte karaktertrekke nou
> uitkom?
>
> Penkop wat werda roep
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96089 is 'n antwoord op boodskap #96056] Wo, 04 Augustus 2004 16:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
O en ja, dit is my ware kleure. Ek is sagmoedig en soms kwaai. Ek is
soms lus vir grappies en ander kere nie. Soms kan ek jou twak vat en
ander kere nie. Ek het maar my op en af dae net soos enige iemand, maar
dit is alles ek. As ek fouteer erken ek dit.

Jy rammel maar net voort op jou eie klein "gravy" trein daar in CA.

Cheers
Plato

@rogers.com wrote:

> "Plato" skryf
>
>
>> Cheers gattie Gloudina
>
>
> Verbeel ek my dit, of begin jy deesdae
> soos 'n ou adolessente meisietjie praat?
> Begin jou regte karaktertrekke nou
> uitkom?
>
> Penkop wat werda roep
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96090 is 'n antwoord op boodskap #96058] Wo, 04 Augustus 2004 16:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ja nee Gloudina. Daar is nie salf aan jou te smeer nie.

@rogers.com wrote:

> "Jonas" skryf
>
>
>> Wanneer gaan mense ophou om Mandela slaafs te vereer? As Mandela werklik
>> soveel integriteit gehad het kon hy al lankal 'n stokkie hiervoor gesteek
>> het.
>
>
> Het hy nie onlangs versoek dat hulle nie die baie
> groot monument wat hulle van hom in Port
> Elizabeth wil oprig, moet skrap nie?
>
> Maar ou Jonas, gaan kla by die apartheidsvarke
> en hulle sielsgenote. As mens iemand vir 26
> jaar in die tronk hou net omdat hy vir sy groep
> se menseregte betoog het, en in die 26 jaar
> begin sangers songs oor hom sing, en mense
> maak van hom 'n ikoon, wat verwag jy? Dis
> die nes wat die apartheidsvaders vir hulle
> nakomelinge geskep het. Hou dus op met
> tjank oor Mandela. Die apartheidsvarke het
> hom geskep.
>
> Gloudina
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96092 is 'n antwoord op boodskap #96087] Wo, 04 Augustus 2004 16:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

> Kom ek spel dit uit.
>
> Demokrasie per definisie is regeering deur die meerderheid.

Kom ek spel dit vir jou uit. Dis "regering" en nie
"regeering" nie. Hoekom is daar so 'n direkte
verband : hoe slegter die Afrikaanse spelling,
hoe meer stoereboer? Is dit nou maar net dat
julle minder skoling in Afrikaans gehad het, of
het julle net minder respek vir taal?

Gloudina
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96094 is 'n antwoord op boodskap #96064] Wo, 04 Augustus 2004 16:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek staan neutraal tot die gesprek hier, maar dis vreeslik snaaks!

WHAAAAA HA HA HA HA HA!!!

Groete
Plato

Suidwester wrote:

> Ek sou reken dat jy die een is wat my 'n kortkop voor is in daai sirkel want
> jy weet nie 'n hel wat om te antwoord nie behalwe om jou onder 12
> dogtertjie-maniere hier uit te haal. Nou moet jy stilsit en mooi stadig
> lees: Ek wil nie jou vraag beantwoord nie want net die blote gedagte dat
> ek met jou moet redeneer gee my 'n ernstige gemoedsbekakking. Ek het jou
> in die verlede al mooi vriendelik versoek om jou plesier op 'n ander plek te
> gaan soek, maar jy kan nie van my af wegbly nie. Wat soek jy? Asseblief,
> ASSEBLIEF moet tog net nie sê my lyf nie want dan staan jy tweede agter
> Gloudina en DIT is genoeg rede vir my om permanent die koue rillings te gee.
> Sekerlik is daar in jou wonderlike Amerika beter maniere om jou luste onder
> beheer te kry?
> "Katryn" wrote in message
> news:t0q1h0tuedfpv2sta9l6a5rp2ntda7np57@4ax.com...
>
>> Jy hardloop in sirkels rond soos 'n mal hoender wie se kop afgesny is.
>> Jy het alreeds op daardie boodskap van my reageer, maar instede van
>> die vraag antwoord, het jy verkies om soos 'n mal bobbejaan tekere te
>> gaan? Ek glo nie jy het die vraag begryp nie. Dit is al
>> gevolgtrekking wat ek kan maak?

>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96095 is 'n antwoord op boodskap #96087] Wo, 04 Augustus 2004 16:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

> Verstaan jy nou hoekom die sterkste nie noodwendig wen in demokrasie nie
> tannie? Vra maar vir die mense wat honger het wat hulle dink van hulle
> oorwinning by die stembus in Afrika...

In 'n demokrasie stem die bevolking vir hulle
regering. Al die mense in die bevolking. Nie
net sommiges nie.
En hou op met jou geteem oor die "mense
wat honger" is. Hulle was honger gedurende
die apartheidsregime. Honger en in tronke
gegooi as hulle nie was waar hulle papiere
sê hulle behoort te wees nie. Honger en
uitgeskop uit plekke waar hulle grootgeword
het net omdat dit skielik 'n "blanke gebied"
moes word. Honger en hulle mag net op
sekere banke in die park sit.
Jy en jou trawante wat nou skielik 'n prentjie
wil skep van hoe "goed" dit gedurende die
apartheidsjare was vir nie-blankes. Julle fool
niemand nie. Selfs meeste van julle mede-
Afrikaners luister nie meer na julle nie. Nou
moet julle op nuusgroepe kom sit en braak.

Penkop van die Derde Republiek
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96096 is 'n antwoord op boodskap #96088] Wo, 04 Augustus 2004 16:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

> as jy loutere snert kwyt raak gaan ek op my kassie klim en vir jou van
> 'n hoogte af uitjou!

Sien wat ek bedoel. Nou klink jy soos
'n adolessente seuntjie van sowat ag
jaar.

Penkop teen die hoogte
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96098 is 'n antwoord op boodskap #96078] Wo, 04 Augustus 2004 18:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Natuurlik. Maar die regeringsvorme verskil. In 'n Republiek soos ons
> sin, is dit nie noodwendig die meerderheid wat regeer nie.

Vertel dit dan vir al daardie Amerikaners wat altyd
vertel dat hulle die beste demokrasie in die wêreld
is. Vertel dit vir die arme mense van Irak wie se land
ingeval is sodat hulle ook demokrasie kan hê. Want
dit lyk vir mense buite die VSA of daar een ding is
wat alle mense in die VSA vas glo. Dat hulle 'n
demokrasie is.

Gloudina
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96099 is 'n antwoord op boodskap #96078] Wo, 04 Augustus 2004 19:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

Eintlik het die aftakeling begin toe die
> kerk en staat begin meng het tydens die koue oorlog en alles wat
> daaruit voortgespuit het.

Een van die dinge wat ek nog altyd van die VSA
se konstitusie bewonder, is hulle sterk skeiding van
Kerk en Staat. En ek dink nie dat hierdie prinsiepe
nog teveel aangetas is nie. Die hoogsgeregshof
verwerp sover ek kan sien enige poging om hierdie
skeiding op te hef. ( Alhoewel mens wonder oor
die "under God" wat glo nie altyd daar was nie,
maar deur 'n amendement 'n paar dekades gelede
ingesit is.)
Ek het ook respek vir die verkiesing van
verteenwoordigers in die twee huise. Die House
of Representatives word elke twee jaar gekies.
Die Senaat elke ses jaar, maar is verkies. Nie
soos in Kanada en Engeland ens. waar die Senaat
deur die regerende party gevul kan word waar
daar vakatures bestaan nie. Ons Senaat in Kanada
is dus hoofsaaklik seremonieel, en daar is baie
mense wat agiteer vir 'n verkose Senaat.

Gloudina
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96102 is 'n antwoord op boodskap #96092] Wo, 04 Augustus 2004 21:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:Gg8Qc.11162$DZr1.596@news04.bloor.is.net.cable.rog
ers.com...
>
> "Plato" skryf
>
>> Kom ek spel dit uit.
>>
>> Demokrasie per definisie is regeering deur die
meerderheid.
>
> Kom ek spel dit vir jou uit. Dis "regering" en nie
> "regeering" nie. Hoekom is daar so 'n direkte
> verband : hoe slegter die Afrikaanse spelling,
> hoe meer stoereboer? Is dit nou maar net dat
> julle minder skoling in Afrikaans gehad het, of
> het julle net minder respek vir taal?

Meesterlik soos altyd, Gloudina. Ek lag my 'n papie.

Swart Simon
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96104 is 'n antwoord op boodskap #96098] Wo, 04 Augustus 2004 23:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

>
> "Katryn" skryf
>
>> Natuurlik. Maar die regeringsvorme verskil. In 'n Republiek soos ons
>> sin, is dit nie noodwendig die meerderheid wat regeer nie.
>
> Vertel dit dan vir al daardie Amerikaners wat altyd
> vertel dat hulle die beste demokrasie in die wêreld
> is. Vertel dit vir die arme mense van Irak wie se land
> ingeval is sodat hulle ook demokrasie kan hê. Want
> dit lyk vir mense buite die VSA of daar een ding is
> wat alle mense in die VSA vas glo. Dat hulle 'n
> demokrasie is.

Nou ja. Wat dink jy doen ek dan? Vir jare al.
En so is ek ook al gewoond om veral deur die Afrikaanse "Amerikaners"
uitgekryt te word as onpatrioties en onamerikaans en in sekere gevalle
was daar gesê dat ek Europeës is en gladnie Amerikaanse waardes
verstaan nie. Nee wat, ek het al alles gehoor. Jy preek vir die
verkeerde persoon.
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96105 is 'n antwoord op boodskap #96099] Wo, 04 Augustus 2004 23:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

> Een van die dinge wat ek nog altyd van die VSA
> se konstitusie bewonder, is hulle sterk skeiding van
> Kerk en Staat. En ek dink nie dat hierdie prinsiepe
> nog teveel aangetas is nie.

Ons konstitusie, waarvoor ekself ook groot respek het, word dan juis
aangeval van alle kante af deur die spul terroriste wat tans
in beheer is. Hulle is besig om die siel van Amerika uit te mergel en
vernietig.

> Die hoogsgeregshof
> verwerp sover ek kan sien enige poging om hierdie
> skeiding op te hef. ( Alhoewel mens wonder oor
> die "under God" wat glo nie altyd daar was nie,
> maar deur 'n amendement 'n paar dekades gelede
> ingesit is.)

Dit is juis een van die wesentlike gevare van nog 4 jare van
Bush/Halliburton onderdrukking en leuens. Hy stel hierdie geweldige
konserwatiewe regters aan. Elkgeval, laat ek eerder nie nou hieroor
ook praat nie.

Oor die "under god" invoegsel. Dit was 1954. EK het juis so ruk
gelede op 'n ander groep ook hieroor gesels. Dit was juis waarop ek
gesinspeel het vroe"er vandag.
Daardie frase was weens die paranoia en druk van die
anti-kommuniste van die McCarthy era. Die teorie daaragter was dat die
mense wat nie God se naam wou uiter nie, sou hulleself dan uitwys as
pro kommunisties en dus anti Amerikaans. Die ander frase van die
1950's wat weens daardie paranoia totstand gekom het, is: "In God We
Trust" op ons geldnote.

> . Nie
> soos in Kanada en Engeland ens. waar die Senaat
> deur die regerende party gevul kan word waar
> daar vakatures bestaan nie. Ons Senaat in Kanada
> is dus hoofsaaklik seremonieel, en daar is baie
> mense wat agiteer vir 'n verkose Senaat.

Julle gebruik nog die Westminster stelsel?
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96106 is 'n antwoord op boodskap #96102] Wo, 04 Augustus 2004 23:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Swart Simon" skryf

> Meesterlik soos altyd, Gloudina. Ek lag my 'n papie.

Hoekom het ek so al die gevoel asof jy
sarkasties is.

Gloudina
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96107 is 'n antwoord op boodskap #96105] Wo, 04 Augustus 2004 23:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Julle gebruik nog die Westminster stelsel?

Ja. Alle senators word aangestel deur die regerende
party as daar vakatures is. Die mense wat so agiteer
vir 'n verkose Senaat in Kanada is gewoonlik van
Alberta. Persoonlik hou ek nogal van die soort
Senaat waar die senators aangestel word. Dit beteken
dat op 'n eienaardige manier "checks and balances"
ingebou word in die sisteem. Want die vorige party,
verslaan deur die huidige party, het 'n klomp senators
aangestel. Hulle sit dan in die Senaat wanneer die
nuwe party aan bewind kom. En hierdie ouer senators
sal dan nie sommer alle wetgewing laat deurgaan as
hulle werklik nie daarvan hou nie. 'n Aangestelde
Senaat word ook die plek waar daar baie eerwaardige
Kanadese 'n plek kry vir goeie dinge wat hulle gedoen
het gedurende hulle lewe.

Gloudina
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96108 is 'n antwoord op boodskap #96084] Do, 05 Augustus 2004 00:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Plato skryf:

> Die grootste probleem wat die VSA het is binne homself. Die hordes immigrante!

Nou is ek werklik stomgeslaan. Ek kan werklik nie glo wat my o"e hier
sien nie.
Plato Plato...ek hoop jy besef hoe absoluut absurd daardie stelling
van jou is?

"Give me your tired, your poor, Your huddled masses yearning to
breathe free, The wretched refuse of your teeming shore, Send these,
the homeless, tempest-tost, to me, I lift my lamp beside the golden
door!"

Waar sal jy daardie woorde lees, Plato?
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96110 is 'n antwoord op boodskap #96053] Do, 05 Augustus 2004 00:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - soms verlang ek weer na 'n lekker onderonsie.
Maar - ons moet maar probeer om dit op 'n beskaafde vlak te hou.
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96113 is 'n antwoord op boodskap #96108] Do, 05 Augustus 2004 00:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> "Give me your tired, your poor, Your huddled masses yearning to
> breathe free, The wretched refuse of your teeming shore, Send these,
> the homeless, tempest-tost, to me, I lift my lamp beside the golden
> door!"
>
> Waar sal jy daardie woorde lees, Plato?

Dis nou 'n Amerikaanse gewoonte om hierdie stukkie prosa
te respekteer asof dit uit die Bybel kom. Maar mens moet
darem sidder vir die bravado van die immigrante uit Europa
wat so seker was dat hulle maar die land waar daar ander
mense op gebly het, so kon opveil. Net soos wat in suidelike
Afrika gebeur het, waar strome Engelse setlaars en Duitse
setlaars ingebring is na veral die oosgrens van die destydse
Kaapkolonie, om die "grensprobleem" op te los. Terwyl
hulle in die oostelike gedeelte van die VSA die immigrante
uit Europa gehuisves het, het hulle die midde-weste binne-
gegaan en die plaaslike bevolking en die buffels uitgeroei.
Dieselfde ding het ongeveer ook in Kanada gebeur. Die
setlaars uit Europa en hulle nageslagte het baie om
verantwoording te doen.

Gloudina
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96114 is 'n antwoord op boodskap #96108] Do, 05 Augustus 2004 01:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> "Give me your tired, your poor, Your huddled masses yearning to
> breathe free, The wretched refuse of your teeming shore, Send these,
> the homeless, tempest-tost, to me, I lift my lamp beside the golden
> door!"
>
> Waar sal jy daardie woorde lees, Plato?

Hierdie woorde laat my weer dink aan die laaste keer toe ek by die
Statue of Liberty was. ( Hulle het die onderste gedeelte juis hierdie
week weer oopgemaak vir die publiek.) Toe ons nou besluit om
terug te gaan na Manhattan, toe klim ons op 'n boot vol mense en
ontspan. Uiteindelik, toe ons nou by ons bestemming aankom, toe
klim ons saam met die mense af en begin loop in die rigting waarin
ons dink ons moet loop om by die bus te kom. Maar na 'n rukkie
toe begin ons besef dat die skyscrapers van Manhattan al verder
van ons weg is. Ons keer toe maar weer terug na waar ons
afgeklim het van die boot, net om uit te vind dat ons die boot
na New Jersey geneem het liewer as die een na Manhattan. Ons
moes toe maar mooi net weer op 'n boot klim en ons pad
terug vind. In die proses het ons toe op Ellis Island afgeklim en
toe 'n boot daarvandaan na Manhattan geneem. Dis hoe ek
op Ellis Island was, sonder om te beplan om daar te wees.

Gloudina
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96116 is 'n antwoord op boodskap #96084] Do, 05 Augustus 2004 01:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf in boodskap news:H4ednaw4VvTQnIzcRVn-vA@is.co.za...
Maar tog is dit die sisteem waartoe hulle, hulleself vir honderde jare
verbind het. Dit het nie die VSA sovêr in die sloot laat beland nie. Die
grootste probleem wat die VSA het is binne homself. Die hordes immigrante!

Groete
Plato

Plato my vriend, die VSA bestaan (en beroem homself daarop) dat dit n land
van immigrante is, soos Australie, dit is wat ons goed maak, n regte
vrugteslaai van verskillende rasse en mengelmoes van mense wat elk sy deel
doen om dinge te laat werk, en sy eie goeie bydrae maak. n Land wat net uit
een soort bestaan (soos Switzerland) is nie net bra vervelig nie, maar kan
nie put uit diverse opinies en denke nie. Methinks

Ellie
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96118 is 'n antwoord op boodskap #96116] Do, 05 Augustus 2004 02:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

n Land wat net uit
> een soort bestaan (soos Switzerland) is nie net bra vervelig nie, maar kan
> nie put uit diverse opinies en denke nie.

Switzerland het natuurlik drie offisiële tale en is baie
divers. ( Elke kanton is omtrent 'n staatjie op sy eie
met sy eie wetgewing en roetines.)
Daarteenoor het die VSA net een offisieele taal, wat
dit ook maar bra eentonig maak.

Gloudina
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96119 is 'n antwoord op boodskap #96095] Do, 05 Augustus 2004 04:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Blah blah blah! Ek wonder wie braak wat!

@rogers.com wrote:
> "Plato" skryf
>
>
>> Verstaan jy nou hoekom die sterkste nie noodwendig wen in demokrasie nie
>> tannie? Vra maar vir die mense wat honger het wat hulle dink van hulle
>> oorwinning by die stembus in Afrika...
>
>
> In 'n demokrasie stem die bevolking vir hulle
> regering. Al die mense in die bevolking. Nie
> net sommiges nie.
> En hou op met jou geteem oor die "mense
> wat honger" is. Hulle was honger gedurende
> die apartheidsregime. Honger en in tronke
> gegooi as hulle nie was waar hulle papiere
> sê hulle behoort te wees nie. Honger en
> uitgeskop uit plekke waar hulle grootgeword
> het net omdat dit skielik 'n "blanke gebied"
> moes word. Honger en hulle mag net op
> sekere banke in die park sit.
> Jy en jou trawante wat nou skielik 'n prentjie
> wil skep van hoe "goed" dit gedurende die
> apartheidsjare was vir nie-blankes. Julle fool
> niemand nie. Selfs meeste van julle mede-
> Afrikaners luister nie meer na julle nie. Nou
> moet julle op nuusgroepe kom sit en braak.
>
> Penkop van die Derde Republiek
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96120 is 'n antwoord op boodskap #96096] Do, 05 Augustus 2004 04:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Nou wat presies hieraan is nou so kinderlik behalwe jy???

@rogers.com wrote:

> "Plato" skryf
>
>
>> as jy loutere snert kwyt raak gaan ek op my kassie klim en vir jou van
>> 'n hoogte af uitjou!
>
>
> Sien wat ek bedoel. Nou klink jy soos
> 'n adolessente seuntjie van sowat ag
> jaar.
>
> Penkop teen die hoogte
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96121 is 'n antwoord op boodskap #96098] Do, 05 Augustus 2004 04:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Blah blah blah blah...

@rogers.com wrote:

> "Katryn" skryf
>
>
>> Natuurlik. Maar die regeringsvorme verskil. In 'n Republiek soos ons
>> sin, is dit nie noodwendig die meerderheid wat regeer nie.
>
>
> Vertel dit dan vir al daardie Amerikaners wat altyd
> vertel dat hulle die beste demokrasie in die wêreld
> is. Vertel dit vir die arme mense van Irak wie se land
> ingeval is sodat hulle ook demokrasie kan hê. Want
> dit lyk vir mense buite die VSA of daar een ding is
> wat alle mense in die VSA vas glo. Dat hulle 'n
> demokrasie is.
>
> Gloudina
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96123 is 'n antwoord op boodskap #96102] Do, 05 Augustus 2004 04:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Goeie dag Gloudina. Hier is waar jou geleerdheid deurskyn maar waar jy
wys jy het geen vermoë om te redeneer nie. Sodra jy nie 'n antwoord het
nie doen jy gou 'n "spell check" op die dokument en gaan dan vreeslik
tekere. Die groep het nie ten doel om spelling te bespreek nie.

Kon jy nie my opinie verstaan as gevolg van daardie ekstra "e" nie? Voeitog!

Cheers
Plato

Swart Simon wrote:

> "@rogers.com" wrote in message
> news:Gg8Qc.11162$DZr1.596@news04.bloor.is.net.cable.rog
> ers.com...
>
>> "Plato" skryf

>>> Kom ek spel dit uit.

>>> Demokrasie per definisie is regeering deur die
>
> meerderheid.
>
>> Kom ek spel dit vir jou uit. Dis "regering" en nie
>> "regeering" nie. Hoekom is daar so 'n direkte
>> verband : hoe slegter die Afrikaanse spelling,
>> hoe meer stoereboer? Is dit nou maar net dat
>> julle minder skoling in Afrikaans gehad het, of
>> het julle net minder respek vir taal?
>
>
>
> Meesterlik soos altyd, Gloudina. Ek lag my 'n papie.
>
> Swart Simon
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96124 is 'n antwoord op boodskap #96102] Do, 05 Augustus 2004 05:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Simon, jy doen jouself geen guns deur vir Gloudina se dom grappe te lag
nie... Dit wys eerder iets van jou.

Swart Simon wrote:

> "@rogers.com" wrote in message
> news:Gg8Qc.11162$DZr1.596@news04.bloor.is.net.cable.rog
> ers.com...
>
>> "Plato" skryf

>>> Kom ek spel dit uit.

>>> Demokrasie per definisie is regeering deur die
>
> meerderheid.
>
>> Kom ek spel dit vir jou uit. Dis "regering" en nie
>> "regeering" nie. Hoekom is daar so 'n direkte
>> verband : hoe slegter die Afrikaanse spelling,
>> hoe meer stoereboer? Is dit nou maar net dat
>> julle minder skoling in Afrikaans gehad het, of
>> het julle net minder respek vir taal?
>
>
>
> Meesterlik soos altyd, Gloudina. Ek lag my 'n papie.
>
> Swart Simon
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96125 is 'n antwoord op boodskap #96104] Do, 05 Augustus 2004 05:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
So julle stry vir verandering in Suid Afrika maar bly nie hier as dit
gebeur nie. Julle wil nou gaan staan en peuter met 'n land wat julle
niks aan help bou het nie. HUH?????!!!!???

Cheers
Plato

Katryn wrote:

> "@rogers.com" skryf:
>
>
>> "Katryn" skryf


>>> Natuurlik. Maar die regeringsvorme verskil. In 'n Republiek soos ons
>>> sin, is dit nie noodwendig die meerderheid wat regeer nie.

>> Vertel dit dan vir al daardie Amerikaners wat altyd
>> vertel dat hulle die beste demokrasie in die wêreld
>> is. Vertel dit vir die arme mense van Irak wie se land
>> ingeval is sodat hulle ook demokrasie kan hê. Want
>> dit lyk vir mense buite die VSA of daar een ding is
>> wat alle mense in die VSA vas glo. Dat hulle 'n
>> demokrasie is.
>
>
> Nou ja. Wat dink jy doen ek dan? Vir jare al.
> En so is ek ook al gewoond om veral deur die Afrikaanse "Amerikaners"
> uitgekryt te word as onpatrioties en onamerikaans en in sekere gevalle
> was daar gesê dat ek Europeës is en gladnie Amerikaanse waardes
> verstaan nie. Nee wat, ek het al alles gehoor. Jy preek vir die
> verkeerde persoon.
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96127 is 'n antwoord op boodskap #96113] Do, 05 Augustus 2004 06:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Blah blah blah...

Asof daar een nasie op aarde is wat van die begig van tyd op een plek
gebly het. Weet jy dat die Amerikaanse Indiane oorspronklik Mongole was
en ook maar na Amerika getrek het?

Ja, dis waar...

Groete
Plato

@rogers.com wrote:

> "Katryn" skryf
>
>
>> "Give me your tired, your poor, Your huddled masses yearning to
>> breathe free, The wretched refuse of your teeming shore, Send these,
>> the homeless, tempest-tost, to me, I lift my lamp beside the golden
>> door!"

>> Waar sal jy daardie woorde lees, Plato?
>
>
> Dis nou 'n Amerikaanse gewoonte om hierdie stukkie prosa
> te respekteer asof dit uit die Bybel kom. Maar mens moet
> darem sidder vir die bravado van die immigrante uit Europa
> wat so seker was dat hulle maar die land waar daar ander
> mense op gebly het, so kon opveil. Net soos wat in suidelike
> Afrika gebeur het, waar strome Engelse setlaars en Duitse
> setlaars ingebring is na veral die oosgrens van die destydse
> Kaapkolonie, om die "grensprobleem" op te los. Terwyl
> hulle in die oostelike gedeelte van die VSA die immigrante
> uit Europa gehuisves het, het hulle die midde-weste binne-
> gegaan en die plaaslike bevolking en die buffels uitgeroei.
> Dieselfde ding het ongeveer ook in Kanada gebeur. Die
> setlaars uit Europa en hulle nageslagte het baie om
> verantwoording te doen.
>
> Gloudina
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96128 is 'n antwoord op boodskap #96095] Do, 05 Augustus 2004 07:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:jo8Qc.11519$DZr1.1215@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
> En hou op met jou geteem oor die "mense
> wat honger" is. Hulle was honger gedurende
> die apartheidsregime. Honger en in tronke
> gegooi as hulle nie was waar hulle papiere
> sê hulle behoort te wees nie.
-----Die passtelsel was daar om toestromingsbeheer toe te pas en misdaad te
bekamp, juis dinge wat n�� erge probleme in Suider-Afrika word.

Honger en uitgeskop uit plekke waar hulle grootgeword het net omdat dit
skielik 'n "blanke gebied" moes word.
-----Wat jy vergeet om te sê, is hoeveel blanke mense is van hulle plase
onteien om die sogenaamde tuislande te skep.....areas wat jy nou moet oplet
steeds deur die verskillende stamme nie wil laat gaan word nie! Die land
is veronderstel om oral vry te wees, maar laat 'n Boer dit nou waag om grond
te bekom in een van die 'swart' gebiede en daar is groot moeilikheid. Jy
spin teorieë, nie werklikheid nie. Ek sê al jare vir jou dat die man op
die grond het nie voordeel getrek uit die nuwe regering nie. Meer mense is
arm, minder werk, minder kos.

> Jy en jou trawante wat nou skielik 'n prentjie
> wil skep van hoe "goed" dit gedurende die
> apartheidsjare was vir nie-blankes. Julle fool
> niemand nie.
-----Ou antie, miskien moet jy met die betrokke mense gesels. Die mense
wat nou nie werk kan kry nie. Die mense wie se hospitaaldienste so verswak
het dat hulle op strepe doodgaan. Mense wat moet plakkershutte oprig omdat
die regering nie nuwe behuising oprig soos wat die ou regering dit gedoen
het nie. Publieke vervoer wat uitstekend was in die ou bedeling, nou so
skandalig en traag is dat dit eitlik oneffektief is....en so kan ek aangaan.
Dis al die negatiewes en daar's baie meer. Dit alles staan teenoor
politieke vryheid? Die enkele voordeel van die nuwe bedeling.........jy
kan dit nie eet nie!
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96129 is 'n antwoord op boodskap #96120] Do, 05 Augustus 2004 07:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Plato, jy moet onthou jy probeer redeneer met 'n ou persoon en daarby nog 'n
oud-onderwyser ook. Hulle sê mos dat 'n onderwyser keer uiteindelik terug
na die verstand van 'n kind.........hier het jy 'n pragtige voorbeeld.

"Plato" skryf in boodskap news:opednYDI6IuVJozcRVn-rg@is.co.za...
> Nou wat presies hieraan is nou so kinderlik behalwe jy???
>
> @rogers.com wrote:
>
>> "Plato" skryf
>>
>>
>>> as jy loutere snert kwyt raak gaan ek op my kassie klim en vir jou van
>>> 'n hoogte af uitjou!
>>
>>
>> Sien wat ek bedoel. Nou klink jy soos
>> 'n adolessente seuntjie van sowat ag
>> jaar.
>>
>> Penkop teen die hoogte
>>
>
Re: Kaapstad sonder Biblioteek [boodskap #96130 is 'n antwoord op boodskap #96049] Do, 05 Augustus 2004 07:18 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is dit nie wonderlik dat 'n mens 'n ikoon kan word as hy in sy verlede
dieselfde soort van dinge gedoen het waarvoor Hitler en die manne veroordeel
word nie? Mandela het die bomaanvalle op siviele mense in SA
goedgekeur.....en nou's hy 'n held? Wys net hoe belaglik die samelewing
is!

"Jonas" skryf in boodskap news:cepmo4$24f$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wanneer gaan mense ophou om Mandela slaafs te vereer? As Mandela werklik
> soveel integriteit gehad het kon hy al lankal 'n stokkie hiervoor gesteek
> het. Persoonlik glo ek dat hy 90% van sy tyd spandeer om aan sy beeld te
> bou.
>
Vorige onderwerp: Skokend
Volgende onderwerp: Ons eerste Goud
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 19:15:04 MGT 2024