Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Ossewa
Die Ossewa [boodskap #9581] Wo, 28 Mei 1997 00:00 na volgende boodskap
Alwyn Nel[2]  is tans af-lyn  Alwyn Nel[2]
Boodskappe: 23
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
Die ossewa - deur Jan F.E. Celliers

Die osse stap aan deur die stowwe,
geduldig, gedienstig, gedwee;
die jukke, al drukkend hul skowwe -
hul dra dit getroos en tevree.

En stille, al stuiwend en stampend,
kom stadig die wa agterna -
die dowwe rooi stowwe, al dampend,
tersy op die windjie gedra.

Dit kraak deur die brekende brokke:
die opdraans is ver en is swaar;
dit knars in die knakkende knokke,
maar hul beur, en die vrag bring hul daar.

(Uit Adinda L. Cillié se "Pret met poësie" - gepos deur Alwyn Nel)
Re: Die Ossewa [boodskap #9626 is 'n antwoord op boodskap #9581] Vr, 30 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
Mike[2]  is tans af-lyn  Mike[2]
Boodskappe: 11
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
On 28 May 1997 08:22:23 GMT, ne...@sabc.co.za (Alwyn Nel) wrote:

> Die ossewa - deur Jan F.E. Celliers
>
> Die osse stap aan deur die stowwe,
>>>> >>>OOOOoooo--KNIP - KNIP--ooooOOOO>>>>>>>
> (Uit Adinda L. Cillié se "Pret met poësie" - gepos deur Alwyn Nel)
>

Hallo Alwyn,
Baie hartlike dank vir hierie een ook, maar ek sien net
drie versies? Vira het dit ék gestuur met 5 versies. Maar
enniewhaauw, ek het hom nou en hy gaan ook in my kolleksie.
Nogmaals baie dankie, hoor?
Mike
(die malletjie)
Vorige onderwerp: Bewaarkloof - antwoord
Volgende onderwerp: Re: Amakeia (korreksie)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 25 22:47:14 MGT 2024