Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bobbejaan klim die berg.....
Bobbejaan klim die berg..... [boodskap #95788] Sa, 31 Julie 2004 08:18 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Darme snaaks hoe dinge saam-saam gebeur. Net gisteroggend sit ek in my
kantoor en tjol praat met een van Namibië se legendariese storievertellers
en die onderwerp was hoofsaaklik bobbejane. Hoe slim 'n bobbejaan is, hoe
hy jou kan laat lag en hoeveel skade die bliksems op 'n plaas kan aanrig.
Bobbejane is mos nou eenmaal intelligent genoeg om uit te vind waar's
geleenthede vir kos en hy sal dit tot die maksimum benut. Jy flous hom ook
nie maklik nie. Jy sal bv een keer op hom skiet en hy sal dit nooit
vergeet nie. Hul oë is ongelooflik skerp en jy kan maar gaan sit en wag
vir hulle om te kom lemoene, of iets, te steel, as jy 'n geweer by jou het,
dan sien jy hulle nie maklik nie. Baie mense het al brndewyn in lemoene
ingespuit en dit vir die bobbejane gelos en dan word hulle dronk en vermaak
die mense iets vreeslik want hulle is maar net soos mense [dalk bietjie
slimmer!] want jy vang hom net een keer en nie weer nie. Maar, die kern
van my storie is dat die boer wat naby bobbejane bly, het al sy dae met die
slim diere.
Gisteraand sit en kyk ek op KykNET na 'n program oor Afrikaanse
tradisionele liedjies.........spesifiek 'Bobbejaan klim die berg!' Dit
gaan mos oor 'bobbejaan klim die berg om die boere te vererg....' Presies
wat ek hierbo probeer sê het.
Maar toe kom Amanda Strydom op en lewer haar kommentaar daarop en sê
dat sy vir 'n lang tyd 'n probleem met die liedjie gehad het want dis
polities aanstootlik want die blankes sing dit en die bobbejane is mos swart
en hierdie ding ruik van apartheid! Donner......so alles kan aanstootlik
gemaak word deur dit net van die regte hoek af te bekyk. Suiwer Gloudina
in goud!
Re: Bobbejaan klim die berg..... [boodskap #95791 is 'n antwoord op boodskap #95788] Sa, 31 Julie 2004 09:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Amanda praat strooi.
Nietemin - ek lees gister hoe slim skape is!. Blykbaar iewers het skape
uitgewerk hoe om oor 'n plek te kom waar hulle nie kan loop nie - soos
daardie oorgange wat bestaan uit pale - die skape rol glo oor.
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:410b56d4.0@news1.mweb.co.za...
> Darme snaaks hoe dinge saam-saam gebeur. Net gisteroggend sit ek in my
> kantoor en tjol praat met een van Namibië se legendariese storievertellers
> en die onderwerp was hoofsaaklik bobbejane. Hoe slim 'n bobbejaan is, hoe
> hy jou kan laat lag en hoeveel skade die bliksems op 'n plaas kan aanrig.
> Bobbejane is mos nou eenmaal intelligent genoeg om uit te vind waar's
> geleenthede vir kos en hy sal dit tot die maksimum benut. Jy flous hom ook
> nie maklik nie. Jy sal bv een keer op hom skiet en hy sal dit nooit
> vergeet nie. Hul oë is ongelooflik skerp en jy kan maar gaan sit en wag
> vir hulle om te kom lemoene, of iets, te steel, as jy 'n geweer by jou het,
> dan sien jy hulle nie maklik nie. Baie mense het al brndewyn in lemoene
> ingespuit en dit vir die bobbejane gelos en dan word hulle dronk en vermaak
> die mense iets vreeslik want hulle is maar net soos mense [dalk bietjie
> slimmer!] want jy vang hom net een keer en nie weer nie. Maar, die kern
> van my storie is dat die boer wat naby bobbejane bly, het al sy dae met die
> slim diere.
> Gisteraand sit en kyk ek op KykNET na 'n program oor Afrikaanse
> tradisionele liedjies.........spesifiek 'Bobbejaan klim die berg!' Dit
> gaan mos oor 'bobbejaan klim die berg om die boere te vererg....' Presies
> wat ek hierbo probeer sê het.
> Maar toe kom Amanda Strydom op en lewer haar kommentaar daarop en sê
> dat sy vir 'n lang tyd 'n probleem met die liedjie gehad het want dis
> polities aanstootlik want die blankes sing dit en die bobbejane is mos swart
> en hierdie ding ruik van apartheid! Donner......so alles kan aanstootlik
> gemaak word deur dit net van die regte hoek af te bekyk. Suiwer Gloudina
> in goud!
>
Re: Bobbejaan klim die berg..... [boodskap #95793 is 'n antwoord op boodskap #95791] Sa, 31 Julie 2004 09:36 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy sê vir my! Dis dieselfde storie oor die Suidweslied. As jy die lied
kan verstaan in sy oorspronklike Duits of vertaal na Afrikaans is daar nie
'n enkele woord of konnetasie wat jy kan maak na enige vorm van politiek toe
nie, maar omdat hy lekker sing en presies vertel hoe Suidwes werklik is en
hoe ons oor ons land en sy natuur voel, het dit sommer ook gedien as
identiteitslied van die Suidwesters.....op die rugbyveld en by die troepe op
die grens, oral. Vandag haat die Swapo's die lied omdat hulle dit sien as
die 'lied van verdrukking' van die witman.
Daai skaapstorie van jou het ek nog nie gehoor nie.......

"Annette" skryf in boodskap news:cefnkt$ngj$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Amanda praat strooi.
> Nietemin - ek lees gister hoe slim skape is!. Blykbaar iewers het skape
> uitgewerk hoe om oor 'n plek te kom waar hulle nie kan loop nie - soos
> daardie oorgange wat bestaan uit pale - die skape rol glo oor.
> --
> Groetnis
> Annette
Vorige onderwerp: Bobbejaan klim die berg.....
Volgende onderwerp: Re: As misdaad vry in die samelewing rondloop...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 02:18:24 MGT 2024