Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Idiomery met ore.
Idiomery met ore. [boodskap #9472] Vr, 23 Mei 1997 00:00 na volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
V wrote in article
...
Vira vra

> Ek wil graag ook 'n verduideliking vra vir "hy/sy sit vir jou ore aan".
> Dis al baie vir my gesê, en ek neem aan dit beteken iemand maak
> 'n "fool" van my, omdat ek dikwels naif is, en glo wat almal vir my sê,
> sonder om te dink dat daardie persoon dalk lieg. Hulle maak 'n donkie
> van my?

Vira, jy spring my voor. Die volgende kom uit 'n reeks wat ek besig is om
te skryf oor Afrikaans - ook vir julle op internet. Toe Afrikaans hier
ontstaan
het, het dit net soos die ander inheemse tale die wonderlike vermo"e
openbaar om metafories ryk te wees. Luister net 'n bietjie.

Mense wat met 'n halwe oor luister, meen dikwels Afrikaans = apartheid.
Baie van ons in die Afrikaanse nuusgroep op internet laat die ore hang.
Dis omdat sekere bogte wat nog nie droog agter die ore is nie, skynbaar
vir ons die ore aansit. Dan vra ons hulle mooi om die ore te spits, maar
dit
lyk nie asof hulle ore het nie. Maar al wat hulle doen, is om ons aan die
ore te lol. Dis omdat hulle die ore uitleen. Die volgende stap is om
hulle
dringend te versoek om ons saak in die ore te knoop. Maar nou ja, dis by
die een oor in en by die ander oor uit. Nee, eintlik is dit die ore sluit
vir ons
saak. Dis dan wat ons probeer om hulle kop tussen die ore te sit. Ons
het nie meer 'n ope oor vir hulle saak nie. Omdat hulle Engelse galbraak
ons nie meer die ore streel nie, begin ons in Afrikaans hulle om die ore te

gee. Omdat ons dink dat hulle nie Afrikaans verstaan nie, kry ons lekker
as hulle ore tuit. Ongelukkig loop ons op dun ys want een of ander tyd
gaan dit hulle ter ore kom. Neig tog die ore - daar is vertalers wat vir
hulle
lang ore maak in Engels. Wat ons mekaar in die ore wou blaas, kom dan
op die lappe. Die gevolg is dat ons tot agter die ore bloos. Ai, het ons
maar
die ore gewas.


halwe oor luister = luister met verdeelde belang of aandag
laat die ore hang = mismoedig wees
nie droog agter die ore nie = onkundig te wees
iemand die ore aansit = te kul, spot te dryf
die ore te spits = opmerksaam te wees
iemand aan die ore lol = lastig te val
die ore uitleen = na leuens te luister
een oor in, ander oor uit = gou vergeet
die ore sluit vir iets = nie ag te gee op iets nie.
kop tussen die ore te sit = tereg te wys
ope oor te hê = tegemoet te kom
die ore streel = mooi dinge te sê
om die ore gee = kop te klap, karakter te verguis
iemad se ore tuit = in die afwesigheid van 'n persoon te praat
ter ore kom = ware toedrag verneem
lang ore maak = alles wetenswaardig verneem
die ore neig = luister
in die ore blaas = fluisterend of agteraf meedeel
agter die ore bloos = baie bloos, groot verleentheid
was die ore = luister na wyse raad

Alles van die beste
At de Lange
Re: Idiomery met ore. [boodskap #9482 is 'n antwoord op boodskap #9472] Sa, 24 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
> Dankie At ~ my ore is oorbelas met oor-idiome, maar ek wil tog vra dat jy asb 'n bietjie meer lig
[color=blue]> op die onderwerp gooi.: > iemand die ore aansit = te kul, spot te dryf
Re: Idiomery met ore. [boodskap #9483 is 'n antwoord op boodskap #9472] Sa, 24 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
Stefan Harms  is tans af-lyn  Stefan Harms
Boodskappe: 35
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Toe ek At se idiomery met ore sien, toe glimlag ek van oor tot oor.

Wat nou van die boonste ledemaat, At?

--
Stefan Harms @ S.E.
Vorige onderwerp: New Spelling
Volgende onderwerp: Ouma en Oupa sit op die stoep.......
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 12 06:45:04 MGT 2024