Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » die vrou en die reënbui deur /Han=kass'o
die vrou en die reënbui deur /Han=kass'o [boodskap #94795] So, 11 Julie 2004 10:36 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
(Net die eerste paar strofes)

die vrou en die reënbui deur /Han=kass'o

die reën maak die jongvrou die hof terwyl sy in die hut lê
die reën ruik haar en kom na haar en die hele plek raak mistig
want hy kom na die jongvrou vanweë haar geur
hy kom as't ware aangedraf terwyl die jongvrou in die hut lê

sy lê en ruik die reën
alles word geurig
asof die reën se asem alles afsluit
asof alles in mistigheid gebeur

die jongvrou raak bewus van die reën
toe hy teen haar aankom en sy stert laat sak
sien die vrou hom en vra:
'wie is die man wat hier by my is
wat eers hurk en nou regop staan?'

en sy neem boegoe en druk dit op sy voorkop
sy neem haar karos en bind dit om haar skouers

sy bestyg die reën en die reën neem haar weg

(Uit Antjie Krog se."die sterre sê 'tsau' ")
Re: die vrou en die reënbui deur /Han=kass'o [boodskap #94802 is 'n antwoord op boodskap #94795] So, 11 Julie 2004 22:50 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Drom" skryf

> die vrou en die reënbui deur /Han=kass'o
> (Uit Antjie Krog se."die sterre sê 'tsau' ")

Is dit 'n vertaling van 'n oorspronklike San gedig,
of is dit Antjie Krog se verdigting?
Ek wonder wat "tsau" beteken?

Gloudina
Vorige onderwerp: ek's besteel!
Volgende onderwerp: Tant Bes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 08:57:24 MGT 2024