Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Diefstal by supermark
Diefstal by supermark [boodskap #94612] Ma, 05 Julie 2004 07:13 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
By die Swakopmund'se Vat en Betaal-winkel koop ek Saterdag kruideniersware
en soos gewoonlik stoot jy die karretjie na die kassier en begin uitpak.
Hulle lui dit op deur die items by die 'scanner' verby te sleep, gee die
totaal, ek gee die kontant en ghoebaai! Tot die dag wat jy die strokie
bekyk uit verveeldheid terwyl jy sit en wag in die kar en items sien wat jy
nie gekoop het nie. In my geval, het ek so 'n 3,6% geskenk vir
'regstellende aksie'!!!!! Teruggaan na die winkel se bestuurder sal nie
help nie, want al wat hy vir jou sal vertel is dat jy na die skerm moet kyk
en sien dat die regte goed deurgaan. Sekerlik is hy reg, behalwe dat jy
vir meeste van die tyd hol in die lug staan terwyl jy die karretjie uitpak.
So, hoe doen hulle dit? Ek besluit toe om te gaan rondstap en dop te
hou vir so 'n klompie minute. Probeer om soos die krimineel te
dink......en wat sou ek waarneem? Die werkers het rakke onder die toonbank
en daar steek hulle items weg wat hulle vroeër uit die rakke gehaal het en
as die kliënt nie kyk nie [veral die groter kopende kliënt] dan glip hulle
'n item verby die 'scanner' en sit hom terug onder die rak om later huistoe
te vat? Ek het ook 'n dame gesien wat 'n barcode plakker onder aan haar
oorjas se mou geplak het en dan as die tyd reg is, dit deursit.
Volgende keer by die supermark....as jy jou geldjies waardeer: Kyk!
Re: Diefstal by supermark [boodskap #94633 is 'n antwoord op boodskap #94612] Ma, 05 Julie 2004 15:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
BitterEinder  is tans af-lyn  BitterEinder
Boodskappe: 37
Geregistreer: Maart 2003
Karma: 0
Volle Lid
Wat 'n trollie vol kak praat jy hier. As 'n werknemer, as jy wil
kruideniersware koop vir privaat gebruik, moet jy 'n slip he wanneer
jy deur Sekuriteit gaan. As die dame 'n blikkie of 'n pakkie scan
terwyl jy nie kyk nie, waar gaan sy 'n strokie kry vir daardie enkele
item. Daardie item is nou op JOU groot slip. Die enigste ding wat sy
gaan bereik is om die winkel se profeit te groei....

Ek onthou as 'n tiener hoe my ouers die maandelikse inkopies op die
kombuis tafel uitgepak het, en gecheck het dat elke liewe item op die
slip in die sakkies was. Malligheid. Om te check dat die pakkers nie
'n paar blikkies boelie beef sluk nie. Ek vra myself: Se nou dat daar
een liter melk en een blikkie boelie beef weg is, wat gaan hulle maak?
Wat? Gaan hulle terug ry supermark toe en die bestuurder probeer
oortuig dat tusseen die cashier en die pakker twee items weg geraak
her...wie op aarde sou hulle glo?

My ma lei aan genetiese paranoia - haar eerste instinct is altyd
panic...Lyk my mense in Namibie is ook verteurd.
Re: Diefstal by supermark [boodskap #94634 is 'n antwoord op boodskap #94633] Ma, 05 Julie 2004 16:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek kyk ook nooit na my strokies nie, nie in n restaurant of winkel nie, mens
moet seker dit maar doen. Ek het jare gelede eenkeer my seun saamgevat
supermark toe, en toe laai hy onwetend n sespak Coca Cola onder in die
trollie, en ek betaal en loop uit sonder om vir die Coke te betaal. Toe ons
by die huis kom, en ek sien die Coke, het ek hom saamgeneem al die pad terug
winkel toe om dit terug te vat en te betaal. Nie dat ek so wonderlik is
nie, want as dit net ek was, sou ek dit as n freebie aanvaar het, want die
winkels begroot vir sulke goed, maar om die kind n les te leer in
eerlikheid. Die bestuurder was baie verbaas en het gese vir ons eerlikheid
kan ons die Coke hou. Hoop dit was die moeite werd les, want die brandstof
sountoe en terug was seker meer as die sespak, maar nouja.

-e-

"BitterEinder" skryf in boodskap news:dc6ce655.0407050759.76bdab3f@posting.google.com...
Wat 'n trollie vol kak praat jy hier. As 'n werknemer, as jy wil
kruideniersware koop vir privaat gebruik, moet jy 'n slip he wanneer
jy deur Sekuriteit gaan. As die dame 'n blikkie of 'n pakkie scan
terwyl jy nie kyk nie, waar gaan sy 'n strokie kry vir daardie enkele
item. Daardie item is nou op JOU groot slip. Die enigste ding wat sy
gaan bereik is om die winkel se profeit te groei....

Ek onthou as 'n tiener hoe my ouers die maandelikse inkopies op die
kombuis tafel uitgepak het, en gecheck het dat elke liewe item op die
slip in die sakkies was. Malligheid. Om te check dat die pakkers nie
'n paar blikkies boelie beef sluk nie. Ek vra myself: Se nou dat daar
een liter melk en een blikkie boelie beef weg is, wat gaan hulle maak?
Wat? Gaan hulle terug ry supermark toe en die bestuurder probeer
oortuig dat tusseen die cashier en die pakker twee items weg geraak
her...wie op aarde sou hulle glo?

My ma lei aan genetiese paranoia - haar eerste instinct is altyd
panic...Lyk my mense in Namibie is ook verteurd.
Re: Diefstal by supermark [boodskap #94636 is 'n antwoord op boodskap #94634] Ma, 05 Julie 2004 18:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Jy is reg, jy is nie so wonderlik nie - jy't sopas erken dat jy willens
en wetens 'n hele sespak Coke sou steel!

Daardie verontskuldigende frase: "die winkels begroot vir sulke goed" is
natuurlik 'n drogredenasie. Die winkels begroot wel daarvoor maar die
geld kom uit ander kopers se sakke uit.

Ellie wrote:

> winkel toe om dit terug te vat en te betaal. Nie dat ek so wonderlik is
> nie, want as dit net ek was, sou ek dit as n freebie aanvaar het, want die
> winkels begroot vir sulke goed, maar om die kind n les te leer in
> eerlikheid. Die bestuurder was baie verbaas en het gese vir ons eerlikheid
> kan ons die Coke hou. Hoop dit was die moeite werd les, want die brandstof
> sountoe en terug was seker meer as die sespak, maar nouja.


--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: Diefstal by supermark [boodskap #94638 is 'n antwoord op boodskap #94636] Ma, 05 Julie 2004 18:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wel, ons het omtrent 12 myl buite die dorp gewoon toe (in die berge van
North Carolina), en net die petrol alleen sou meer as die sespak gewees het.
En soos ek se, die bestuurder was verbaas dat ek teruggekom het, hy het
verduidelik dat so iets kleins nie n verskil sou maak nie. Ek weet ook vir
n feit dat ek bv. groente of vrugte daar in n sakkie gekoop het, en by die
huis se uitpak was dit vrot, maar ek het nie my geld terug gaan eis nie.

Hoeveel kos n sespak Coke? Nie meer as $2.00 nie. Ek beskou myself as n
redelike eerlike mens, so ek voel nie sleg daaroor nie ;-)

-e-

"knersus" skryf in boodskap news:ccc57a$cre$1@ctb-nnrp2.saix.net...
Jy is reg, jy is nie so wonderlik nie - jy't sopas erken dat jy willens
en wetens 'n hele sespak Coke sou steel!

Daardie verontskuldigende frase: "die winkels begroot vir sulke goed" is
natuurlik 'n drogredenasie. Die winkels begroot wel daarvoor maar die
geld kom uit ander kopers se sakke uit.

Ellie wrote:

> winkel toe om dit terug te vat en te betaal. Nie dat ek so wonderlik is
> nie, want as dit net ek was, sou ek dit as n freebie aanvaar het, want die
> winkels begroot vir sulke goed, maar om die kind n les te leer in
> eerlikheid. Die bestuurder was baie verbaas en het gese vir ons eerlikheid
> kan ons die Coke hou. Hoop dit was die moeite werd les, want die brandstof
> sountoe en terug was seker meer as die sespak, maar nouja.


--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: Diefstal by supermark [boodskap #94649 is 'n antwoord op boodskap #94633] Di, 06 Julie 2004 07:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
En terwyl ek sit en kak praat toe tel ek vir jou op! Duidelik soek soort
vir soort, huh? Miskien moet ek vir jou vertel dat ek nooit 'n ding net so
los nie. Ek het navraag gedoen by 'n paar kennisse wat supermarkte besit
en hulle praat almal dieselfde storie. Diefstal en nogmaals
diefstal....deur personeel! Die een supermark met so 'n amper R24M omset
per jaar, skryf elke jaar tussen 400 en 500 000 af agv van diefstal. Dis
so ongeveer 2% van omset. En die sekuriteit steel lekker saam. Alle
vensters op die buitekant van die geboue se diefwering moet nie net stawe
wees nie....nee 'weldmesh' sodat daar nie goet tussen die diefwering na
buite toe uitgelaat kan word nie.
Hulle reken my storie is een van hul grootste probleme want die goedere
wat so by die kliënt gesteel en betaal word, verdwyn deur die dag by die
winkel se deur uit. O, en net vir jou, in ons land koop die mense maklik
nog 'n maand se kruideniersware op 'n slag en mense wat op plase bly, maklik
5-6 maande se goedere op een slag. Maklik so 10 - 12 karretjies tjok en
blok vol en so R10 000 werd. Dis minder as 'n �1000 daar by julle. Kan
julle soveel kruideniersware koop vir 'n mislike duisend pond? Werk nou
uit wie is die mense wat die geld maak! Amper vergeet ek, daar is nie
sekuriteit by die supermarkte se deure nie.....want hoe check jy soveel
groceries behalwe om alles uit te pak?

"BitterEinder" skryf in boodskap news:dc6ce655.0407050759.76bdab3f@posting.google.com...
> Wat 'n trollie vol kak praat jy hier. As 'n werknemer, as jy wil
> kruideniersware koop vir privaat gebruik, moet jy 'n slip he wanneer
> jy deur Sekuriteit gaan. As die dame 'n blikkie of 'n pakkie scan
> terwyl jy nie kyk nie, waar gaan sy 'n strokie kry vir daardie enkele
> item. Daardie item is nou op JOU groot slip. Die enigste ding wat sy
> gaan bereik is om die winkel se profeit te groei....
>
> Ek onthou as 'n tiener hoe my ouers die maandelikse inkopies op die
> kombuis tafel uitgepak het, en gecheck het dat elke liewe item op die
> slip in die sakkies was. Malligheid. Om te check dat die pakkers nie
> 'n paar blikkies boelie beef sluk nie. Ek vra myself: Se nou dat daar
> een liter melk en een blikkie boelie beef weg is, wat gaan hulle maak?
> Wat? Gaan hulle terug ry supermark toe en die bestuurder probeer
> oortuig dat tusseen die cashier en die pakker twee items weg geraak
> her...wie op aarde sou hulle glo?
>
> My ma lei aan genetiese paranoia - haar eerste instinct is altyd
> panic...Lyk my mense in Namibie is ook verteurd.
Re: Diefstal by supermark [boodskap #94650 is 'n antwoord op boodskap #94633] Di, 06 Julie 2004 07:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Spencer  is tans af-lyn  Spencer
Boodskappe: 214
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat die babertannie pakkers baiekeer doen, is om items weg te steek onder 'n
sakkie of twee, en dit dan by hulle tjomme se kruideniersware in te pak. Wie
worrie nou oor sekuriteit?
Re: Diefstal by supermark [boodskap #94658 is 'n antwoord op boodskap #94612] Di, 06 Julie 2004 11:10 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester - dieselfde vind plaaslik plaas. Die strepieskodes word ook op
die pols geplak en so geskandeer. Die wegsteekl van "gekoopte" items is
seker en van die oudste truuks in die wêreld.
Dis noodsaaklik om van die dinge kennis te neem indien jy nie 'n slagoffer
wil word/wees nie.

"Suidwester" skryf in boodskap news:40e8ffa1.0@news1.mweb.co.za...
> By die Swakopmund'se Vat en Betaal-winkel koop ek Saterdag kruideniersware
> en soos gewoonlik stoot jy die karretjie na die kassier en begin uitpak.
> Hulle lui dit op deur die items by die 'scanner' verby te sleep, gee die
> totaal, ek gee die kontant en ghoebaai! Tot die dag wat jy die strokie
> bekyk uit verveeldheid terwyl jy sit en wag in die kar en items sien wat jy
> nie gekoop het nie. In my geval, het ek so 'n 3,6% geskenk vir
> 'regstellende aksie'!!!!! Teruggaan na die winkel se bestuurder sal nie
> help nie, want al wat hy vir jou sal vertel is dat jy na die skerm moet kyk
> en sien dat die regte goed deurgaan. Sekerlik is hy reg, behalwe dat jy
> vir meeste van die tyd hol in die lug staan terwyl jy die karretjie uitpak.
> So, hoe doen hulle dit? Ek besluit toe om te gaan rondstap en dop te
> hou vir so 'n klompie minute. Probeer om soos die krimineel te
> dink......en wat sou ek waarneem? Die werkers het rakke onder die toonbank
> en daar steek hulle items weg wat hulle vroeër uit die rakke gehaal het en
> as die kliënt nie kyk nie [veral die groter kopende kliënt] dan glip hulle
> 'n item verby die 'scanner' en sit hom terug onder die rak om later huistoe
> te vat? Ek het ook 'n dame gesien wat 'n barcode plakker onder aan haar
> oorjas se mou geplak het en dan as die tyd reg is, dit deursit.
> Volgende keer by die supermark....as jy jou geldjies waardeer: Kyk!
>
Vorige onderwerp: Winnie Mandela se vonnis opgeskort
Volgende onderwerp: Nederlanders
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 13:49:08 MGT 2024