Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Geluk Suid Afrika!
Geluk Suid Afrika! [boodskap #94273] Ma, 21 Junie 2004 16:00 na volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nie alleen het "Goose" die US open gewen nie, maar vandag het nog 'n
Suid Afrikaner geskiedenis gemaak toe Michael Melvill, die piloot vir
die eerste privaat ruimtevliegtuig, SpaceShipOne, 'n projek gesponsor
deur Paul Allen van Microsoft faam, 'n historiese ruimtevlug suksesvol
voltooi het.

(Sjoe, na daai lang sin is ek skoon uitasem)
Re: Geluk Suid Afrika! [boodskap #94283 is 'n antwoord op boodskap #94273] Di, 22 Junie 2004 07:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Seker hoekom jy 'piloot'....die min asem, sien. Die regte woord is loods
of vlieënier. Piloot is direk uit Engels uit.

"Katryn" skryf in boodskap news:b31ed05pulhtcuvfke37psoqcof2ddamcn@4ax.com...
> Nie alleen het "Goose" die US open gewen nie, maar vandag het nog 'n
> Suid Afrikaner geskiedenis gemaak toe Michael Melvill, die piloot vir
> die eerste privaat ruimtevliegtuig, SpaceShipOne, 'n projek gesponsor
> deur Paul Allen van Microsoft faam, 'n historiese ruimtevlug suksesvol
> voltooi het.
>
> (Sjoe, na daai lang sin is ek skoon uitasem)
>
Re: Geluk Suid Afrika! [boodskap #94285 is 'n antwoord op boodskap #94283] Di, 22 Junie 2004 08:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
'n Loods is waar die LOOTS die vliegtuig parkeer... Dis nou as hy verby die
balk in sy oog kan sien...

Ek begin wonder wat ek eintlik hier doen. Oor en oor kyk hoe mense mekaar op
hulle foute wys, is ook net so lank interessant.

Max____________________________

"Suidwester" skryf in boodskap news:40d7d93a.0@news1.mweb.co.za...
> Seker hoekom jy 'piloot'....die min asem, sien. Die regte woord is loods
> of vlieënier. Piloot is direk uit Engels uit.
> "Katryn" wrote in message
> news:b31ed05pulhtcuvfke37psoqcof2ddamcn@4ax.com...
>> Nie alleen het "Goose" die US open gewen nie, maar vandag het nog 'n
>> Suid Afrikaner geskiedenis gemaak toe Michael Melvill, die piloot vir
>> die eerste privaat ruimtevliegtuig, SpaceShipOne, 'n projek gesponsor
>> deur Paul Allen van Microsoft faam, 'n historiese ruimtevlug suksesvol
>> voltooi het.
>>
>> (Sjoe, na daai lang sin is ek skoon uitasem)
>>
>
Re: Geluk Suid Afrika! [boodskap #94288 is 'n antwoord op boodskap #94285] Di, 22 Junie 2004 08:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nix, 'n loods is die vliegtuig se drywer ook.

"Max" skryf in boodskap news:40d7e90f$0$37789$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> 'n Loods is waar die LOOTS die vliegtuig parkeer... Dis nou as hy verby die
> balk in sy oog kan sien...
>
> Ek begin wonder wat ek eintlik hier doen. Oor en oor kyk hoe mense mekaar op
> hulle foute wys, is ook net so lank interessant.
>
> Max____________________________
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:40d7d93a.0@news1.mweb.co.za...
>> Seker hoekom jy 'piloot'....die min asem, sien. Die regte woord is loods
>> of vlieënier. Piloot is direk uit Engels uit.
>> "Katryn" wrote in message
>> news:b31ed05pulhtcuvfke37psoqcof2ddamcn@4ax.com...
>>> Nie alleen het "Goose" die US open gewen nie, maar vandag het nog 'n
>>> Suid Afrikaner geskiedenis gemaak toe Michael Melvill, die piloot vir
>>> die eerste privaat ruimtevliegtuig, SpaceShipOne, 'n projek gesponsor
>>> deur Paul Allen van Microsoft faam, 'n historiese ruimtevlug suksesvol
>>> voltooi het.
>>>
>>> (Sjoe, na daai lang sin is ek skoon uitasem)
>>>
>>
>
Re: Geluk Suid Afrika! [boodskap #94292 is 'n antwoord op boodskap #94288] Di, 22 Junie 2004 09:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek sou nie weet nie, as Gloudina vanmiddag wakker is aan daai kant van die
aardbol sal sy sekerlik kan help. Ek weet net in Nederlands is daar iemand
wat 'n loods genoem word, maar dis iemand wat 'n boot in vlak water lei, dus
niks met vliegtuie te doen nie...

Ek het nie 'n afrikaanse woordeboek nie.

Max____________________________

"Suidwester" skryf in boodskap news:40d7eb2b.0@news1.mweb.co.za...
> Nix, 'n loods is die vliegtuig se drywer ook.
> "Max" wrote in message
> news:40d7e90f$0$37789$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>> 'n Loods is waar die LOOTS die vliegtuig parkeer... Dis nou as hy verby die
>> balk in sy oog kan sien...
>>
>> Ek begin wonder wat ek eintlik hier doen. Oor en oor kyk hoe mense mekaar op
>> hulle foute wys, is ook net so lank interessant.
>>
>> Max____________________________
>>
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:40d7d93a.0@news1.mweb.co.za...
>>> Seker hoekom jy 'piloot'....die min asem, sien. Die regte woord is loods
>>> of vlieënier. Piloot is direk uit Engels uit.
>>> "Katryn" wrote in message
>>> news:b31ed05pulhtcuvfke37psoqcof2ddamcn@4ax.com...
>>>> Nie alleen het "Goose" die US open gewen nie, maar vandag het nog 'n
>>>> Suid Afrikaner geskiedenis gemaak toe Michael Melvill, die piloot vir
>>>> die eerste privaat ruimtevliegtuig, SpaceShipOne, 'n projek gesponsor
>>>> deur Paul Allen van Microsoft faam, 'n historiese ruimtevlug suksesvol
>>>> voltooi het.
>>>>
>>>> (Sjoe, na daai lang sin is ek skoon uitasem)
>>>>
>>>
>>
>
Re: Geluk Suid Afrika! [boodskap #94296 is 'n antwoord op boodskap #94285] Di, 22 Junie 2004 11:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> 'n Loods is waar die LOOTS die vliegtuig parkeer

Nee, Max. Gee darem nou krediet vir Suidwester as hy eenkeer
in sy lewe iets reg het. Die woord vir " pilot" is loods, nie
loots nie.
Maar snaaks genoeg, sê my woordeboek elke keer die woord
loods is vir die pilot van 'n skip. Ek dink egter ek onthou dat
hulle dit ook vir vliegtuie gebruik.

Gloudina
Re: Geluk Suid Afrika! [boodskap #94298 is 'n antwoord op boodskap #94285] Di, 22 Junie 2004 11:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Ek begin wonder wat ek eintlik hier doen. Oor en oor kyk hoe mense mekaar op
> hulle foute wys, is ook net so lank interessant.

Tant Hessie vlei haarself dat jy deels hier is vir
jou daaglikse stukkie poësie.

Tant Hessie van Mooimeisiesfontein
Re: Geluk Suid Afrika! [boodskap #94300 is 'n antwoord op boodskap #94292] Di, 22 Junie 2004 11:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Ek sou nie weet nie, as Gloudina vanmiddag wakker is aan daai kant van die
> aardbol sal sy sekerlik kan help.

Ek dink ons is vyf uur ( of vier uur nou met Daylight Savings Time)
uitmekaar
uit. Dis mos darem nie so lank om te wag nie.
loods is ook "hangar for aeroplane."

Gloudina
Re: Geluk Suid Afrika! [boodskap #94310 is 'n antwoord op boodskap #94298] Di, 22 Junie 2004 12:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
P65  is tans af-lyn  P65
Boodskappe: 126
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Jullie zijn allemaal mis!!!(denk ik)
Hier op de radio en tv is gezegd dat vanaf deze hoogte(>100km) de bestuurder
van het vliegtuig of raket een astronaut genoemd word
Hier is een loods ofwel,een man die het commando van een schip overneemt om
het veilig de haven binnen te "loodsen"
Een loods is ook een woord voor "hangaar" of stalling of bergplaats
Dat een piloot daar loods genoemd wordt wist ik niet
------------------------------------------------------------ -
"@rogers.com" schreef in bericht
news:moUBc.5768$bGI.2707@news04.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> "Max" skryf
>
>> Ek begin wonder wat ek eintlik hier doen. Oor en oor kyk hoe mense mekaar op
>> hulle foute wys, is ook net so lank interessant.
>
> Tant Hessie vlei haarself dat jy deels hier is vir
> jou daaglikse stukkie poësie.
>
> Tant Hessie van Mooimeisiesfontein
>
Re: Geluk Suid Afrika! [boodskap #94312 is 'n antwoord op boodskap #94310] Di, 22 Junie 2004 12:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"P65"

> Dat een piloot daar loods genoemd wordt wist ik niet

Ja, ek dink in Suid-Afrika het hulle die woord "loods"
begin gebruik ook vir vliegtuie.

Gloudina
Re: Geluk Suid Afrika! [boodskap #94315 is 'n antwoord op boodskap #94296] Di, 22 Junie 2004 12:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:TmUBc.5754$bGI.2660@news04.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> "Max" skryf
>
>> 'n Loods is waar die LOOTS die vliegtuig parkeer
>
> Nee, Max. Gee darem nou krediet vir Suidwester as hy eenkeer
> in sy lewe iets reg het. Die woord vir " pilot" is loods, nie
> loots nie.
> Maar snaaks genoeg, sê my woordeboek elke keer die woord
> loods is vir die pilot van 'n skip. Ek dink egter ek onthou dat
> hulle dit ook vir vliegtuie gebruik.
>
> Gloudina
>

Askies Suidwester!

Gloudina, miskien kry jy dit nie in die woordeboek nie, omdat loods
heeltemaal nie 'n alternatief vir vlieënier is nie. ;-)

Max____________________________
Re: Geluk Suid Afrika! [boodskap #94316 is 'n antwoord op boodskap #94298] Di, 22 Junie 2004 12:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message news:moUBc.5768$bGI.2707@news04.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> "Max" skryf
>
>> Ek begin wonder wat ek eintlik hier doen. Oor en oor kyk hoe mense mekaar op
>> hulle foute wys, is ook net so lank interessant.
>
> Tant Hessie vlei haarself dat jy deels hier is vir
> jou daaglikse stukkie poësie.
>
> Tant Hessie van Mooimeisiesfontein
>

Dis deesdae al wat die moeite werd is om te lees.

Max____________________________
Re: Geluk Suid Afrika! [boodskap #94322 is 'n antwoord op boodskap #94296] Di, 22 Junie 2004 13:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sug! Ai tog antie! Jy kry 'n loods vir 'n vliegtuig en 'n skip. Dis
die ou wat in die ding sit en hom stuur. Dan kry jy 'n vliegtuigloods en
'n goedereloods by 'n treinstasie. Dis die plek waar die vliegtuig of
trein en sy goedere gaan slapies. Jy gebruik nie die 'loods' in die
gevalle apart nie. Praat jy van 'n loot, dan is jy besig om wingerdlote
uit te plant of so iets. Moenie dat ek weer vir jou moet klas gee nie!
"@rogers.com" wrote in message
news:TmUBc.5754$bGI.2660@news04.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> "Max" skryf
>
>> 'n Loods is waar die LOOTS die vliegtuig parkeer
>
> Nee, Max. Gee darem nou krediet vir Suidwester as hy eenkeer
> in sy lewe iets reg het. Die woord vir " pilot" is loods, nie
> loots nie.
> Maar snaaks genoeg, sê my woordeboek elke keer die woord
> loods is vir die pilot van 'n skip. Ek dink egter ek onthou dat
> hulle dit ook vir vliegtuie gebruik.
>
> Gloudina
>
Re: Geluk Suid Afrika! [boodskap #94328 is 'n antwoord op boodskap #94322] Di, 22 Junie 2004 14:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf
...
> Sug! Ai tog antie! Jy kry 'n loods vir 'n vliegtuig en 'n skip. Dis
> die ou wat in die ding sit en hom stuur

Jy is, soos gewoonlik, weer stadiger as enigiemand
anders. Jy mis die volgende stap in die argument oor
die woord "loods" - dat die Nederlander en die Afrikaner
wat in Nederland bly, verklaar dat 'n "loods" net gebruik
word vir iemand op 'n skip, maar dat die Afrikaners blykbaar
ook van loodse in vliegtuie praat. Dis heelwaarskynlik 'n
klein stukkie taalgeskiedenis wat hom hier ontplooi. Tot
en met die koms van vliegtuie vroeg in die twintigste eeu,
is die woord "loods" in Nederlands alleen geken vir daardie
mense wat die weg moes aanwys vir groter skepe wanneer
hulle in die hawe inkom. Maar toe kom vliegtuie, en toe
begin die mense in SA te praat van loodse vir vliegtuie.
In Nederland is die woord "loods" egter blykbaar so
'n spesifieke woord vir die een wat op die water die
skepe inloods, dat hulle sidder om dit vir vliegtuie te
gebruik, en gebruik hulle dus heelwaarskynlik die
woord "vlieënier" daarvoor.

Gloudina
Re: Geluk Suid Afrika! [boodskap #94331 is 'n antwoord op boodskap #94322] Di, 22 Junie 2004 14:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
P65  is tans af-lyn  P65
Boodskappe: 126
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester schreef op 22/06/2004 :
> Sug! Ai tog antie! Jy kry 'n loods vir 'n vliegtuig en 'n skip. Dis
> die ou wat in die ding sit en hom stuur. Dan kry jy 'n vliegtuigloods en
> 'n goedereloods by 'n treinstasie. Dis die plek waar die vliegtuig of
> trein en sy goedere gaan slapies. Jy gebruik nie die 'loods' in die
> gevalle apart nie. Praat jy van 'n loot, dan is jy besig om wingerdlote
> uit te plant of so iets. Moenie dat ek weer vir jou moet klas gee nie!
> "@rogers.com" wrote in message
> news:TmUBc.5754$bGI.2660@news04.bloor.is.net.cable.rogers.co m...

>> "Max" skryf

>>> Åœn Loods is waar die LOOTS die vliegtuig parkeer

>> Nee, Max. Gee darem nou krediet vir Suidwester as hy eenkeer
>> in sy lewe iets reg het. Die woord vir " pilot" is loods, nie
>> loots nie.
>> Maar snaaks genoeg, sê my woordeboek elke keer die woord
>> loods is vir die pilot van 'n skip. Ek dink egter ek onthou dat
>> hulle dit ook vir vliegtuie gebruik.

>> Gloudina

:') B-) l-)

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com
Voet-in-mond siektes [boodskap #94332 is 'n antwoord op boodskap #94283] Di, 22 Junie 2004 14:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf:

> Seker hoekom jy 'piloot'....die min asem, sien. Die regte woord is loods
> of vlieënier. Piloot is direk uit Engels uit.

Volgens my verklarende woordeboek van Kritzinger et al., bladsy 749:
piloot', ..lote, loods; bestuurder van 'n vliegtuig.
Piloot kom ook geensins direk uit Engels nie.

WORD HISTORY The pilot of an aircraft speeding through the air and
the pilot of a watercraft plowing through the water both drag an
etymological foot on the ground. Surprisingly enough, considering its
modern contexts, the English word pilot can be traced back to the
Indo-European root *ped–, meaning “foot.” From the lengthened-grade
suffixed form *pedo– came the Greek word pedon, “blade of an oar,” and
in the plural, “steering oar.” In Medieval Greek there is assumed to
have existed the derivative *pedotes, “steersman,” which passed into
Old Italian and acquired several forms, including pedota, and pilota,
the form that was borrowed into Old French as pilot. English borrowed
the word from French, and as pilot it has moved from the water to the
air, first being recorded in 1848 with reference to an airborne
pilot—a balloonist.
Loodse [boodskap #94335 is 'n antwoord op boodskap #94292] Di, 22 Junie 2004 18:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dieselfde loods wat jy in skeepvaart kry, is die loods van 'n vliegtuig,
natuurlik nie letterlik nie, maar in dié sin dat vliegterminologie uit
skeepvaart ontwikkel het. Kyk byv:
skip: lugskip (airship)
bakboord/stuurboord: net so oorgeneem met dieselfde betekenis
(port/starboard)
dek: ook 'n vliegtuig se vloer (deck)
romp: net so (hull)
kajuit: net so (cabin)
roer: net so oorgeneem (rudder)
koers: in Afr het ons net een woord vir Engels "direction" en "heading",
maar "heading" is die algemeen-aanvaarde skeepvaartterm, en dis die een
wat deur lugvaart gebruik word.
range: sover ek weet stem militêre range tussen vloot- en
lugmagoffisiere ook grootliks ooreen, ons praat byv van 'n kommodoor in
beide vloot en lugmag. Interessant ook, dat die een wat in beheer is
van die vlieg-/vaartuig, die kaptein genoem word, alhoewel dit niks met
sy werklike rang te doen het nie.
spoed word by albei in knope gemeet (vandag seker in km/h?)

So kan mens seker nog lank aangaan.

Op 'n syspoor: waar kom meeste (Engelse) motorterme vandaan? Vergeet
maar van knormoer, dit was 'n frats dat ons enigsins so 'n woord in ons
taal gekry het: iemand het tong-in-die-kies voorgestel dat dit die woord
moet wees vir 'n aansitter, en die woord is dink ek net eenkeer
"amptelik" in die woordeboek opgeneem, nogal slegs 'n proeflopie en dit
het bly vassteek.

Waar het die meeste motorvoertuigontwikkeling plaasgevind?

Max wrote:
> Ek sou nie weet nie, as Gloudina vanmiddag wakker is aan daai kant van die
> aardbol sal sy sekerlik kan help. Ek weet net in Nederlands is daar iemand
> wat 'n loods genoem word, maar dis iemand wat 'n boot in vlak water lei, dus
> niks met vliegtuie te doen nie...
>
> Ek het nie 'n afrikaanse woordeboek nie.
>
> Max____________________________
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:40d7eb2b.0@news1.mweb.co.za...
>
>> Nix, 'n loods is die vliegtuig se drywer ook.
>> "Max" wrote in message
>> news:40d7e90f$0$37789$e4fe514c@news.xs4all.nl...

>>> 'n Loods is waar die LOOTS die vliegtuig parkeer... Dis nou as hy verby die
>>> balk in sy oog kan sien...
>
>>> Ek begin wonder wat ek eintlik hier doen. Oor en oor kyk hoe mense mekaar op
>>> hulle foute wys, is ook net so lank interessant.
>
>>> Max____________________________
>
>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:40d7d93a.0@news1.mweb.co.za...
>
>>>> Seker hoekom jy 'piloot'....die min asem, sien. Die regte woord is loods
>>>> of vlieënier. Piloot is direk uit Engels uit.
>>>> "Katryn" wrote in message
>>>> news:b31ed05pulhtcuvfke37psoqcof2ddamcn@4ax.com...
>>
>>>> >Nie alleen het "Goose" die US open gewen nie, maar vandag het nog 'n
>>>> >Suid Afrikaner geskiedenis gemaak toe Michael Melvill, die piloot vir
>>>> >die eerste privaat ruimtevliegtuig, SpaceShipOne, 'n projek gesponsor
>>>> >deur Paul Allen van Microsoft faam, 'n historiese ruimtevlug suksesvol
>>>> >voltooi het.
>>>
>>>> >(Sjoe, na daai lang sin is ek skoon uitasem)
>>>
>>
>

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: Loodse [boodskap #94340 is 'n antwoord op boodskap #94335] Di, 22 Junie 2004 20:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
knersus skryf:

> Waar het die meeste motorvoertuigontwikkeling plaasgevind?

Het geen idee nie, maar as moet moes raai, sou ek Duitsland raai.
Want Daimler en Benz was Duits. Maar ek sou ook dink dat die werklike
vinnige vooruitgang en verdere ontwikkeling, wat gevolg het op die
Duitsers se uitvindings, sou hier in Amerika plaasgevind het?
Maar ek het so gevoel ek is verkeerd...;-)
Re: Loodse [boodskap #94341 is 'n antwoord op boodskap #94335] Di, 22 Junie 2004 20:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf

> Op 'n syspoor: waar kom meeste (Engelse) motorterme vandaan?

> Waar het die meeste motorvoertuigontwikkeling plaasgevind?

Ek neem aan jy verwys na die VSA.Is dit wel waar
dat die eerste karre in die VSA vervaardig is, of het
hulle dit maar net massa-geproduseer?

Gloudina
Re: Loodse [boodskap #94342 is 'n antwoord op boodskap #94341] Di, 22 Junie 2004 20:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
P65  is tans af-lyn  P65
Boodskappe: 126
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com bracht volgend idée uit :
> "knersus" skryf
>
>> Op 'n syspoor: waar kom meeste (Engelse) motorterme vandaan?
>
>> Waar het die meeste motorvoertuigontwikkeling plaasgevind?
>
> Ek neem aan jy verwys na die VSA.Is dit wel waar
> dat die eerste karre in die VSA vervaardig is, of het
> hulle dit maar net massa-geproduseer?
>
> Gloudina

In die jare dertig het Belgie die meest luxueuse motor gebou met
"Minerva"

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com
Re: Voet-in-mond siektes [boodskap #94347 is 'n antwoord op boodskap #94332] Wo, 23 Junie 2004 06:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Maak nie saak waarvandaan hy kom nie....jy piloot nie in Afrikaans nie.
Schluss!

"Katryn" skryf in boodskap news:54hgd0dk29qjjr55v5i9uklfki5uh91i34@4ax.com...
> "Suidwester" skryf:
>
>> Seker hoekom jy 'piloot'....die min asem, sien. Die regte woord is loods
>> of vlieënier. Piloot is direk uit Engels uit.
>
> Volgens my verklarende woordeboek van Kritzinger et al., bladsy 749:
> piloot', ..lote, loods; bestuurder van 'n vliegtuig.
> Piloot kom ook geensins direk uit Engels nie.
>
> WORD HISTORY The pilot of an aircraft speeding through the air and
> the pilot of a watercraft plowing through the water both drag an
> etymological foot on the ground. Surprisingly enough, considering its
> modern contexts, the English word pilot can be traced back to the
> Indo-European root *ped-, meaning "foot." From the lengthened-grade
> suffixed form *pedo- came the Greek word pedon, "blade of an oar," and
> in the plural, "steering oar." In Medieval Greek there is assumed to
> have existed the derivative *pedotes, "steersman," which passed into
> Old Italian and acquired several forms, including pedota, and pilota,
> the form that was borrowed into Old French as pilot. English borrowed
> the word from French, and as pilot it has moved from the water to the
> air, first being recorded in 1848 with reference to an airborne
> pilot-a balloonist.
>
Re: Loodse [boodskap #94349 is 'n antwoord op boodskap #94335] Wo, 23 Junie 2004 07:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Dankie vir jou lang verduideliking. Ek het egter besluit dat ek nooit meer
van 'n loods sal praat in 'n vliegtuig nie, want dit is heeltemal verkeerd.
Dis verkeerd in Nederlands en dis verkeerd in Afrikaans. Tot op hede het ons
nog nie 'n woordeboek gesien wat loods beskryf as iemand wie 'n vliegtuig
vlieg nie. Dit moes dus êrens in die volksmond ontstaan het. Ek gaan ook
almal wie ek hoor van 'n loods praat, reghelp. (Ek skaam my dat ek gedink
het dat dit 'n "loots" was!)

Mens is nooit te oud om te leer nie.

Max____________________________

"knersus" skryf in boodskap news:cb9vbd$hv4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dieselfde loods wat jy in skeepvaart kry, is die loods van 'n vliegtuig,
> natuurlik nie letterlik nie, maar in dié sin dat vliegterminologie uit
> skeepvaart ontwikkel het. Kyk byv:
> skip: lugskip (airship)
> bakboord/stuurboord: net so oorgeneem met dieselfde betekenis
> (port/starboard)
> dek: ook 'n vliegtuig se vloer (deck)
> romp: net so (hull)
> kajuit: net so (cabin)
> roer: net so oorgeneem (rudder)
> koers: in Afr het ons net een woord vir Engels "direction" en "heading",
> maar "heading" is die algemeen-aanvaarde skeepvaartterm, en dis die een
> wat deur lugvaart gebruik word.
> range: sover ek weet stem militêre range tussen vloot- en
> lugmagoffisiere ook grootliks ooreen, ons praat byv van 'n kommodoor in
> beide vloot en lugmag. Interessant ook, dat die een wat in beheer is
> van die vlieg-/vaartuig, die kaptein genoem word, alhoewel dit niks met
> sy werklike rang te doen het nie.
> spoed word by albei in knope gemeet (vandag seker in km/h?)
>
> So kan mens seker nog lank aangaan.
>
> Op 'n syspoor: waar kom meeste (Engelse) motorterme vandaan? Vergeet
> maar van knormoer, dit was 'n frats dat ons enigsins so 'n woord in ons
> taal gekry het: iemand het tong-in-die-kies voorgestel dat dit die woord
> moet wees vir 'n aansitter, en die woord is dink ek net eenkeer
> "amptelik" in die woordeboek opgeneem, nogal slegs 'n proeflopie en dit
> het bly vassteek.
>
> Waar het die meeste motorvoertuigontwikkeling plaasgevind?
>
>
> Max wrote:
>> Ek sou nie weet nie, as Gloudina vanmiddag wakker is aan daai kant van die
>> aardbol sal sy sekerlik kan help. Ek weet net in Nederlands is daar iemand
>> wat 'n loods genoem word, maar dis iemand wat 'n boot in vlak water lei, dus
>> niks met vliegtuie te doen nie...
>>
>> Ek het nie 'n afrikaanse woordeboek nie.
>>
>> Max____________________________
>>
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:40d7eb2b.0@news1.mweb.co.za...
>>
>>> Nix, 'n loods is die vliegtuig se drywer ook.
>>> "Max" wrote in message
>>> news:40d7e90f$0$37789$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>
>>>> 'n Loods is waar die LOOTS die vliegtuig parkeer... Dis nou as hy verby die
>>>> balk in sy oog kan sien...
>>
>>>> Ek begin wonder wat ek eintlik hier doen. Oor en oor kyk hoe mense mekaar op
>>>> hulle foute wys, is ook net so lank interessant.
>>
>>>> Max____________________________
>>
>>
>>>> "Suidwester" wrote in message
>>>> news:40d7d93a.0@news1.mweb.co.za...
>>
>>>> >Seker hoekom jy 'piloot'....die min asem, sien. Die regte woord is loods
>>>> >of vlieënier. Piloot is direk uit Engels uit.
>>>> >"Katryn" wrote in message
>>>> >news:b31ed05pulhtcuvfke37psoqcof2ddamcn@4ax.com...
>>>
>>>> >>Nie alleen het "Goose" die US open gewen nie, maar vandag het nog 'n
>>>> >>Suid Afrikaner geskiedenis gemaak toe Michael Melvill, die piloot vir
>>>> >>die eerste privaat ruimtevliegtuig, SpaceShipOne, 'n projek gesponsor
>>>> >>deur Paul Allen van Microsoft faam, 'n historiese ruimtevlug suksesvol
>>>> >>voltooi het.
>>>>
>>>> >>(Sjoe, na daai lang sin is ek skoon uitasem)
>>>>
>>>
>>
>
> --
> _______
> | OSCAR |
> |KNERSUS|
> |__&CO__|
Re: Voet-in-mond siektes [boodskap #94350 is 'n antwoord op boodskap #94332] Wo, 23 Junie 2004 07:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
My fok. Ek het nou net gesê ek praat nooit weer van loods nie, en hier kom
sê jy dat jou woordeboek sê dat dit reg is!!!

Max____________________________

"Katryn" skryf in boodskap news:54hgd0dk29qjjr55v5i9uklfki5uh91i34@4ax.com...
> "Suidwester" skryf:
>
>> Seker hoekom jy 'piloot'....die min asem, sien. Die regte woord is loods
>> of vlieënier. Piloot is direk uit Engels uit.
>
> Volgens my verklarende woordeboek van Kritzinger et al., bladsy 749:
> piloot', ..lote, loods; bestuurder van 'n vliegtuig.
> Piloot kom ook geensins direk uit Engels nie.
>
> WORD HISTORY The pilot of an aircraft speeding through the air and
> the pilot of a watercraft plowing through the water both drag an
> etymological foot on the ground. Surprisingly enough, considering its
> modern contexts, the English word pilot can be traced back to the
> Indo-European root *ped-, meaning "foot." From the lengthened-grade
> suffixed form *pedo- came the Greek word pedon, "blade of an oar," and
> in the plural, "steering oar." In Medieval Greek there is assumed to
> have existed the derivative *pedotes, "steersman," which passed into
> Old Italian and acquired several forms, including pedota, and pilota,
> the form that was borrowed into Old French as pilot. English borrowed
> the word from French, and as pilot it has moved from the water to the
> air, first being recorded in 1848 with reference to an airborne
> pilot-a balloonist.
>
Re: Geluk Suid Afrika! [boodskap #94355 is 'n antwoord op boodskap #94328] Wo, 23 Junie 2004 08:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:gZWBc.451407$Ar.143603@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
>
> "Suidwester" skryf
> ...
>> Sug! Ai tog antie! Jy kry 'n loods vir 'n vliegtuig en 'n skip. Dis
>> die ou wat in die ding sit en hom stuur
>
> Jy is, soos gewoonlik, weer stadiger as enigiemand
> anders. Jy mis die volgende stap in die argument oor
> die woord "loods" - dat die Nederlander en die Afrikaner
> wat in Nederland bly, verklaar dat 'n "loods" net gebruik
> word vir iemand op 'n skip, maar dat die Afrikaners blykbaar
> ook van loodse in vliegtuie praat. Dis heelwaarskynlik 'n
> klein stukkie taalgeskiedenis wat hom hier ontplooi. Tot
> en met die koms van vliegtuie vroeg in die twintigste eeu,
> is die woord "loods" in Nederlands alleen geken vir daardie
> mense wat die weg moes aanwys vir groter skepe wanneer
> hulle in die hawe inkom. Maar toe kom vliegtuie, en toe
> begin die mense in SA te praat van loodse vir vliegtuie.
> In Nederland is die woord "loods" egter blykbaar so
> 'n spesifieke woord vir die een wat op die water die
> skepe inloods, dat hulle sidder om dit vir vliegtuie te
> gebruik, en gebruik hulle dus heelwaarskynlik die
> woord "vlieënier" daarvoor.
>
> Gloudina
>

Jy's reg Gloudina.

Loods is spesifiek in vlak water. Hier gebruik hulle mos (vandag nog) bote
ook vir vervoer, in SA is daar nie soveel water nie... Daarom dat die
woordjie afgesterf/verander het.

Max____________________________
Re: Loodse [boodskap #94360 is 'n antwoord op boodskap #94349] Wo, 23 Junie 2004 08:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Max net om jou nog so 'n bietjie te roer: Jy loods 'n projek, maw jy gee
dit rigting. So loods jy 'n vliegtuig ook. Maar dan word die man wat die
vliegtuig bestuur ook 'n loods genoem.

"Max" skryf in boodskap news:40d9324a$0$36169$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Dankie vir jou lang verduideliking. Ek het egter besluit dat ek nooit meer
> van 'n loods sal praat in 'n vliegtuig nie, want dit is heeltemal verkeerd.
> Dis verkeerd in Nederlands en dis verkeerd in Afrikaans. Tot op hede het ons
> nog nie 'n woordeboek gesien wat loods beskryf as iemand wie 'n vliegtuig
> vlieg nie. Dit moes dus êrens in die volksmond ontstaan het. Ek gaan ook
> almal wie ek hoor van 'n loods praat, reghelp. (Ek skaam my dat ek gedink
> het dat dit 'n "loots" was!)
>
> Mens is nooit te oud om te leer nie.
>
> Max____________________________
>
>
> "knersus" wrote in message
> news:cb9vbd$hv4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Dieselfde loods wat jy in skeepvaart kry, is die loods van 'n vliegtuig,
>> natuurlik nie letterlik nie, maar in dié sin dat vliegterminologie uit
>> skeepvaart ontwikkel het. Kyk byv:
>> skip: lugskip (airship)
>> bakboord/stuurboord: net so oorgeneem met dieselfde betekenis
>> (port/starboard)
>> dek: ook 'n vliegtuig se vloer (deck)
>> romp: net so (hull)
>> kajuit: net so (cabin)
>> roer: net so oorgeneem (rudder)
>> koers: in Afr het ons net een woord vir Engels "direction" en "heading",
>> maar "heading" is die algemeen-aanvaarde skeepvaartterm, en dis die een
>> wat deur lugvaart gebruik word.
>> range: sover ek weet stem militêre range tussen vloot- en
>> lugmagoffisiere ook grootliks ooreen, ons praat byv van 'n kommodoor in
>> beide vloot en lugmag. Interessant ook, dat die een wat in beheer is
>> van die vlieg-/vaartuig, die kaptein genoem word, alhoewel dit niks met
>> sy werklike rang te doen het nie.
>> spoed word by albei in knope gemeet (vandag seker in km/h?)
>>
>> So kan mens seker nog lank aangaan.
>>
>> Op 'n syspoor: waar kom meeste (Engelse) motorterme vandaan? Vergeet
>> maar van knormoer, dit was 'n frats dat ons enigsins so 'n woord in ons
>> taal gekry het: iemand het tong-in-die-kies voorgestel dat dit die woord
>> moet wees vir 'n aansitter, en die woord is dink ek net eenkeer
>> "amptelik" in die woordeboek opgeneem, nogal slegs 'n proeflopie en dit
>> het bly vassteek.
>>
>> Waar het die meeste motorvoertuigontwikkeling plaasgevind?
>>
>>
>> Max wrote:
>>> Ek sou nie weet nie, as Gloudina vanmiddag wakker is aan daai kant van die
>>> aardbol sal sy sekerlik kan help. Ek weet net in Nederlands is daar iemand
>>> wat 'n loods genoem word, maar dis iemand wat 'n boot in vlak water lei, dus
>>> niks met vliegtuie te doen nie...
>>>
>>> Ek het nie 'n afrikaanse woordeboek nie.
>>>
>>> Max____________________________
>>>
>>>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:40d7eb2b.0@news1.mweb.co.za...
>>>
>>>> Nix, 'n loods is die vliegtuig se drywer ook.
>>>> "Max" wrote in message
>>>> news:40d7e90f$0$37789$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>>
>>>> >'n Loods is waar die LOOTS die vliegtuig parkeer... Dis nou as hy verby die
>>>> >balk in sy oog kan sien...
>>>
>>>> >Ek begin wonder wat ek eintlik hier doen. Oor en oor kyk hoe mense mekaar op
>>>> >hulle foute wys, is ook net so lank interessant.
>>>
>>>> >Max____________________________
>>>
>>>
>>>> >"Suidwester" wrote in message
>>>> >news:40d7d93a.0@news1.mweb.co.za...
>>>
>>>> >>Seker hoekom jy 'piloot'....die min asem, sien. Die regte woord is loods
>>>> >>of vlieënier. Piloot is direk uit Engels uit.
>>>> >>"Katryn" wrote in message
>>>> >>news:b31ed05pulhtcuvfke37psoqcof2ddamcn@4ax.com...
>>>>
>>>> >>>Nie alleen het "Goose" die US open gewen nie, maar vandag het nog 'n
>>>> >>>Suid Afrikaner geskiedenis gemaak toe Michael Melvill, die piloot vir
>>>> >>>die eerste privaat ruimtevliegtuig, SpaceShipOne, 'n projek gesponsor
>>>> >>>deur Paul Allen van Microsoft faam, 'n historiese ruimtevlug suksesvol
>>>> >>>voltooi het.
>>>> >
>>>> >>>(Sjoe, na daai lang sin is ek skoon uitasem)
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>>
>> --
>> _______
>> | OSCAR |
>> |KNERSUS|
>> |__&CO__|
>
Re: Geluk Suid Afrika! [boodskap #94363 is 'n antwoord op boodskap #94328] Wo, 23 Junie 2004 12:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Soos wat ek die Nederlanders ken sê hulle seker pilot - hulel mix mos
hulel taal erger as die afrikaners.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> "Suidwester" skryf
> ...
>> Sug! Ai tog antie! Jy kry 'n loods vir 'n vliegtuig en 'n skip. Dis
>> die ou wat in die ding sit en hom stuur
>
> Jy is, soos gewoonlik, weer stadiger as enigiemand
> anders. Jy mis die volgende stap in die argument oor
> die woord "loods" - dat die Nederlander en die Afrikaner
> wat in Nederland bly, verklaar dat 'n "loods" net gebruik
> word vir iemand op 'n skip, maar dat die Afrikaners blykbaar
> ook van loodse in vliegtuie praat.

> In Nederland is die woord "loods" egter blykbaar so
> 'n spesifieke woord vir die een wat op die water die
> skepe inloods, dat hulle sidder om dit vir vliegtuie te
> gebruik, en gebruik hulle dus heelwaarskynlik die
> woord "vlieënier" daarvoor.
>
> Gloudina
Re: Geluk Suid Afrika! [boodskap #94367 is 'n antwoord op boodskap #94363] Wo, 23 Junie 2004 12:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
P65  is tans af-lyn  P65
Boodskappe: 126
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Lou heeft ons zojuist aangekondigd :
> Soos wat ek die Nederlanders ken sê hulle seker pilot - hulel mix mos
> hulel taal erger as die afrikaners.
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:...
>> "Suidwester" skryf
>> ...
>>> Sug! Ai tog antie! Jy kry 'n loods vir 'n vliegtuig en 'n skip. Dis
>>> die ou wat in die ding sit en hom stuur

>> Jy is, soos gewoonlik, weer stadiger as enigiemand
>> anders. Jy mis die volgende stap in die argument oor
>> die woord "loods" - dat die Nederlander en die Afrikaner
>> wat in Nederland bly, verklaar dat 'n "loods" net gebruik
>> word vir iemand op 'n skip, maar dat die Afrikaners blykbaar
>> ook van loodse in vliegtuie praat.
>> In Nederland is die woord "loods" egter blykbaar so
>> 'n spesifieke woord vir die een wat op die water die
>> skepe inloods, dat hulle sidder om dit vir vliegtuie te
>> gebruik, en gebruik hulle dus heelwaarskynlik die
>> woord "vlieënier" daarvoor.

>> Gloudina

Nee ons seg PILOOT met lang oo l-)

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com
Re: Voet-in-mond siektes [boodskap #94376 is 'n antwoord op boodskap #94350] Wo, 23 Junie 2004 19:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Het die woord pi(e)loot nie een of ander Freudiaanse konteks nie?

Soois

"Max" skryf in boodskap news:40d932e1$0$43451$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> My fok. Ek het nou net gesê ek praat nooit weer van loods nie, en hier kom
> sê jy dat jou woordeboek sê dat dit reg is!!!
>
> Max____________________________
>
>
> "Katryn" wrote in message
> news:54hgd0dk29qjjr55v5i9uklfki5uh91i34@4ax.com...
>> "Suidwester" skryf:
>>
>>> Seker hoekom jy 'piloot'....die min asem, sien. Die regte woord is loods
>>> of vlieënier. Piloot is direk uit Engels uit.
>>
>> Volgens my verklarende woordeboek van Kritzinger et al., bladsy 749:
>> piloot', ..lote, loods; bestuurder van 'n vliegtuig.
>> Piloot kom ook geensins direk uit Engels nie.
>>
>> WORD HISTORY The pilot of an aircraft speeding through the air and
>> the pilot of a watercraft plowing through the water both drag an
>> etymological foot on the ground. Surprisingly enough, considering its
>> modern contexts, the English word pilot can be traced back to the
>> Indo-European root *ped-, meaning "foot." From the lengthened-grade
>> suffixed form *pedo- came the Greek word pedon, "blade of an oar," and
>> in the plural, "steering oar." In Medieval Greek there is assumed to
>> have existed the derivative *pedotes, "steersman," which passed into
>> Old Italian and acquired several forms, including pedota, and pilota,
>> the form that was borrowed into Old French as pilot. English borrowed
>> the word from French, and as pilot it has moved from the water to the
>> air, first being recorded in 1848 with reference to an airborne
>> pilot-a balloonist.
>>
>
Re: Loodse [boodskap #94378 is 'n antwoord op boodskap #94349] Wo, 23 Junie 2004 20:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dat 'n woord nie in 'n spesifieke woordeboek voorkom nie, beteken nie
dat dit verkeerd is nie. Woordeboeke is op hul beste net 'n versameling
van woorde wat iemand opgeteken het wat deur die volk gebruik word, met
min-of-meer alledaagse gebruiks- en betekeniswaardes. Taal word in die
eerste plek gedefinieer deur die *sprekers* daarvan. Woordeboeke kan
slegs riglyne vir standardisering stel hulle *definieer nie die taal nie*.

My 1994 HAT sê (so letterlik as moontlik weergegee):
*loods* (1) s.nw. (-e) Beampte wat skepe in en uit hawens lei . OPM:
Loods in die bet. "vlieënier" word nie aanbeveel nie. ww (geloods) ('n
Skip) deur moeilike vaarwater bring
(ens)

Let op dat dit nie die betekenis van "vlieënier" negeer nie, die HAT
maak wel 'n buiging na die volksmond toe deur te erken dat dié betekenis
wel bestaan.

Reader's Digest Engels-Afrikaanse woordeboek noem:

*loods* (=e) n. (1) pilot (of ship, aeroplane), shipman. loods (ge=)
pilot (ship); fly (plane)
(ens)

Albei noem ook die gebruik van loods as bêreplek vir vliegtuie.

Die woord is dus nie verkeerd in Afrikaans nie, inteendeel, so Max kan
hom maar gebruik. Meer nog: "Loods" is een lettergreep,, dus baie
korter as "vlieënier" met sy 3 lettergrepe, en dis ook korter en klink
minder vreemd (op my oor in elk geval) as "piloot". Miskien sou
Hollanders meer gediend wees met "piloot" of "vliegenier" (spelling??),
maar ek kan julle waarborg 90%+ Afrikaners gaan "loods" gebruik, die
ander 10% gaan "vlieënier" gebruik en almal gaan jou skeef aankyk as jy
"piloot" gebruik.

Wat betref die motorterme: ek kan nou nie vir julle vers en kapittel
aanhaal nie, want ek het dit toevallig eendag êrens raakgelees, so ek
gee die vir wat dit werd mag wees: blykbaar kom meeste motor-spesifieke
terme uit Frans uit. Die redenasie is dat hoewel die Duitsers die
eerste was om motors prakties moontlik te maak, het die Franse in die
vroeë jare van die 20ste eeu die meeste motorverwante uitvindsels
gemaak, dus het hulle terme vir die goed bly vassteek. Ekself kan
wragtie nou net aan één dink! Carburettor. Miskien distributor, maar
dan moes dit deur die Engelse direk oorgeneem was. Die Franse het in
elk geval die ding uitgevind. Bougicord vir die vonkdrade staan my nou
ook voor, maar ek dink dit word in eersgenoemde vorm slegs in Franryk en
die lae lande gebruik. Miskien kan julle ander nog terme uitdink of opspoor?

Wat my wel daardie tyd opgeval het, wat ek nou hierbo raakgelees het, is
dat die Franse meesal oplossings vir praktiese probleme van daardie dae
uitgedink het. Die Amerikaners, daardie motormal nasie? Hulle het al
die gemakgoeters uitgedink: outomatiese ratkaste, lugversorging in
motors, radio's en bandspelers. Handremme binne-in die motor.
Sinchronisasie. Skokbrekers. Noem maar op, hulle het dit uitgedink en
vervolmaak. Hulle het ook natuurlik die Franse se patente geneem en
verbeter. Die bekostigbare motor is deur die Amerikaners aan die
mensdom geskenk, deur die toedoen van mense soos Ford (ek kan nou nie
onthou wie was die groot gees agter Chevrolet/General Motors nie)

Max wrote:
> Dankie vir jou lang verduideliking. Ek het egter besluit dat ek nooit meer
> van 'n loods sal praat in 'n vliegtuig nie, want dit is heeltemal verkeerd.
> Dis verkeerd in Nederlands en dis verkeerd in Afrikaans. Tot op hede het ons
> nog nie 'n woordeboek gesien wat loods beskryf as iemand wie 'n vliegtuig
> vlieg nie. Dit moes dus êrens in die volksmond ontstaan het. Ek gaan ook
> almal wie ek hoor van 'n loods praat, reghelp. (Ek skaam my dat ek gedink
> het dat dit 'n "loots" was!)

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: Voet-in-mond siektes [boodskap #94379 is 'n antwoord op boodskap #94332] Wo, 23 Junie 2004 20:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dis nou werklik interessant!

Katryn wrote:
> WORD HISTORY The pilot of an aircraft speeding through the air and
> the pilot of a watercraft plowing through the water both drag an
> etymological foot on the ground. Surprisingly enough, considering its

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: Loodse [boodskap #94381 is 'n antwoord op boodskap #94349] Wo, 23 Junie 2004 20:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Loods  is tans af-lyn  Loods
Boodskappe: 1
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Junior Lid
On Wed, 23 Jun 2004 09:27:08 +0200, "Max" wrote:

> Dankie vir jou lang verduideliking. Ek het egter besluit dat ek nooit meer
> van 'n loods sal praat in 'n vliegtuig nie, want dit is heeltemal verkeerd.

korrek
>
> Mens is nooit te oud om te leer nie.
>
> Max____________________________
>
>
> "knersus"
>> Dieselfde loods wat jy in skeepvaart kry, is die loods van 'n vliegtuig, skwirts
>> spoed word by albei in knope gemeet (vandag seker in km/h?)

Hier word steeds in knope (en in vliegtuie natuurlik:-) gevlieg
soos Greenwich Mean Time (GMT), steeds die norm is.

skwirts skwirts skwirts
>>
>>>> >´n Loods is waar die LOOTS die vliegtuig parkeer... Dis nou as hy verby die
>>>> >balk in sy oog kan sien...

Dan sal hy ook heel by die woordeboek verby moet kan sien

>>>
>>>> >Ek begin wonder wat ek eintlik hier doen. Oor en oor kyk hoe mense
>>> mekaar op hulle foute wys, is ook net so lank interessant.
>>>
>>>> >Max____________________________
>>>

Ek is 'n vlieënier, gelissensïeer April 1974.
Na 30 jaar as lisensiehouer, behoort ek te weet waar van ek praat,
en in dieselfde 30 jaar het ek nooit enige vlieënier, of ander
lugdienspersoneel, van 'n vlieënier as 'n loods gehoor praat nie.
Woordeboekliks is dit reg. Prakties sou ek dit as leketaal beskou.

Loods
Re: Loodse [boodskap #94589 is 'n antwoord op boodskap #94349] Sa, 03 Julie 2004 16:29 Na vorige boodskap
Just-me  is tans af-lyn  Just-me
Boodskappe: 37
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Volle Lid
Jy kry nerens in die Wêreld `n Loods wat vlieg nie.
`n Loods is die gebou waarin die vliegtuig staan.

Groete

On Wed, 23 Jun 2004 09:27:08 +0200, "Max" wrote:

> Dankie vir jou lang verduideliking. Ek het egter besluit dat ek nooit meer
> van 'n loods sal praat in 'n vliegtuig nie, want dit is heeltemal verkeerd.
> Dis verkeerd in Nederlands en dis verkeerd in Afrikaans. Tot op hede het ons
> nog nie 'n woordeboek gesien wat loods beskryf as iemand wie 'n vliegtuig
> vlieg nie. Dit moes dus êrens in die volksmond ontstaan het. Ek gaan ook
> almal wie ek hoor van 'n loods praat, reghelp. (Ek skaam my dat ek gedink
> het dat dit 'n "loots" was!)
>
> Mens is nooit te oud om te leer nie.
>
> Max____________________________
Vorige onderwerp: Wat gebeur na die plaas moorde?
Volgende onderwerp: 10:4
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 07:25:50 MGT 2024