Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Namplase...'n nuwe voorstel
Namplase...'n nuwe voorstel [boodskap #94449] Vr, 25 Junie 2004 13:31 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Soos almal weet, is die ding aan die broei, en het daar vandag 'n nuwe
voorstel gekom van die plaaswerkersvereniging. Hulle wil hê dat as 'n
plaaswerker vir langer as 10 jaar op 'n plaas gewerk en gebly het, dan het
hy permanente verblyfreg op die grond tot sy dood toe. Hierdie natuurlik
in 'n poging om die onsekerhede van die plaaswerker tov 'n permanente
blyplek op te los. Op die oog af lyk dit 'n heel billike voorstel, tot jy
na die praktiese sy kyk. Dan is daar vele probleme:
1. Wat gebeur as die man tot sterwe kom? Moet sy vrou en kinders dan
waai? Wat as die werker se familielede werkloos raak en daar kom aanhaak.
op die ou end sit die boer met 'n plakkerskamp op sy plaas!
2. Wat gebeur as die plaaswerker en die eienaar van die grond in 'n geskil
betrokke raak? Onlangs was daar 'n geval van 'n bok wat in die plaas se
groentetuin kom kuier het vir 'n paar keer en die boer het die werkers
gewaarsku dat hulle moet sorg dat die bok nie daar kom nie en op die ou end
toe skiet hy hom. Uit wraak het een van die werkers se vrouens toe 'n
ganskuiken se kop ingeslaan. Op die ou end was daar een moerse
arbeidgeskil waarin die werkers ontlaan is [wettig], maar die end van die
storie is dat die regering vir die boer 'n onteieningskennisgewing gegee
het.
So, al wat die boere dus kan doen is om te sorg dat geen werker ooit 10
jaar van diens haal nie. Dank hom af voor daardie tyd en juis dit maak
hierdie hele storie teenproduktief. Veel beter sou wees om 'n
voorsorgfonds te skep vir die plaaswerker wat aan hom 'n pensioen gaan gee
na aftrede.....maar dan hoor ons vandag dat die
Werkloosheidsversekeringsfonds wat die afgelope 2 jaar in geregtelike
ondersoek is na aanleiding van bedrog van sy amptenary, nog 'n verdere N$30
miljoen voete gekry het! Ondersoek en al!
Re: Namplase...'n nuwe voorstel [boodskap #94585 is 'n antwoord op boodskap #94449] Sa, 03 Julie 2004 15:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Just-me  is tans af-lyn  Just-me
Boodskappe: 37
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Volle Lid
Ja en so gaan jou Plaas ook stukkie vir stukkie voete kry???

On Fri, 25 Jun 2004 14:31:05 +0100, "Suidwester" wrote:

Veel beter sou wees om 'n
> voorsorgfonds te skep vir die plaaswerker wat aan hom 'n pensioen gaan gee
> na aftrede.....maar dan hoor ons vandag dat die
> Werkloosheidsversekeringsfonds wat die afgelope 2 jaar in geregtelike
> ondersoek is na aanleiding van bedrog van sy amptenary, nog 'n verdere N$30
> miljoen voete gekry het! Ondersoek en al!
>
Re: Namplase...'n nuwe voorstel [boodskap #94611 is 'n antwoord op boodskap #94585] Ma, 05 Julie 2004 06:51 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Veel makliker sou gewees het vir die boere om van die stoep af te klim en
die werk self te doen? Hierdie probleem is veel groter as bloot 'n
simplistiese benadering. Die boere aan die een kant, soos enige ander
mens, wil nie besteel word nie en die plaaswerkers aan die ander kant, wil
soort van 'n toekoms hê na die plaas. DIS die eindpunt en die groot rede
vir ontvredenheid. Los dit op en die res sal vanself regkom.

"Just-me" skryf in boodskap news:mance0h3rcmmp2ggp8v9l11l6uuq55ao55@4ax.com...
> Ja en so gaan jou Plaas ook stukkie vir stukkie voete kry???
>
>
>
> On Fri, 25 Jun 2004 14:31:05 +0100, "Suidwester"
> wrote:
>
> Veel beter sou wees om 'n
>> voorsorgfonds te skep vir die plaaswerker wat aan hom 'n pensioen gaan gee
>> na aftrede.....maar dan hoor ons vandag dat die
>> Werkloosheidsversekeringsfonds wat die afgelope 2 jaar in geregtelike
>> ondersoek is na aanleiding van bedrog van sy amptenary, nog 'n verdere N$30
>> miljoen voete gekry het! Ondersoek en al!
>>
>
Vorige onderwerp: Hallo
Volgende onderwerp: Nuwe Olipiese sport
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 20:46:02 MGT 2024