Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vroue deur Afrika
Vroue deur Afrika [boodskap #94562] Do, 01 Julie 2004 13:19 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die nuus is nou vol oor die vroue wat deur Afrika gaan reis en waar ek
aanvanklik voorbehoude oor die storie gehad het, verstaan ek die storie
beter. As enige mens vir my sê hy 'wil deur Afrika reis' dan neem ek
onmiddellik aan dat hierdie persoon nie net die grootpad noord wil aanvat
nie, maar ook kontinent wil verken omdat meeste van sy lekkerhede ver weg
van die normale paaie is. Dís nie iets wat jy ligtelik aanpak nie.
Wat die vrouens egter gaan doen, is om een lekker geborgde vakansie op
die langpad te hê en dis sekerlik ook nie snaaks nie want vier van die ses
is joernaliste! As ek reg verstaan wil hulle 10 000km ver ry op die oop
pad, en verkieslik teerpaaie sover moontlik. Dit is dus maar een uithourit
en die kontinent is toevallig maar Afrika. 'n Probleem dalk is die boodkap
wat die onervare besoekers uit die buiteland verkeerdelik gaan lees uit hul
wyd gepubliseerde tog, en dit is dat Afrika 'oorwin' kan word en eintlik wat
hulle gedoen het was 'n poeierpoefie-rit met stadskarretjies deur die
teerpaaie van wilde Afrika! Ons sit reeds met 'n probleem van Europeërs en
Amerikaners wat dink as hulle die regte voertuig huur, die regte boeke koop
en 'n GPS bygooi, kan hulle wilde Afrika oorwin.....baie keer met tragiese
gevolge.
Maar dan weer, miskien moet ek nie kla nie. Die mense wat 'recovery'
doen, maar moerse lekker geld uit die spul uit. Dis niks snaaks vir so 'n
gestrande voertuig in die woestyn om 'n woeste rekening te kry nie. Die
koste per kilometer van soek 'n die insleep of herstelwerk plus dalk nog die
koste van 'n vliegtuig wat moes gaan soek......maklik tussen R20 - 50 000.
'n Moerse lot geld om te betaal vir onnoselgeid!
Re: Vroue deur Afrika [boodskap #94564 is 'n antwoord op boodskap #94562] Do, 01 Julie 2004 14:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

As enige mens vir my sê hy 'wil deur Afrika reis' dan neem ek
> onmiddellik aan dat hierdie persoon nie net die grootpad noord wil aanvat
> nie, maar ook kontinent wil verken omdat meeste van sy lekkerhede ver weg
> van die normale paaie is.

Jy is die dom een. As iemand vir my vertel dat hy deur Kanada wil
reis, gaan ek nie sommer ligtelik aanneem dat hy nie net van Victoria
tot Newfoundland op die Trans Canada hoofpaaie wil ry nie, maar
ook per kar wil ry na Nunavut en Yellowhorse en Iqualut en sulke
plekke. Jy is die dom een. Jy is die een wat soos 'n takhaar dink.
Mense uit SA reis alreeds lankal op redelike goeie paaie sover
op as die Serengeti. Mense weet wat aangaan. Jy weet blykbaar
nie. Nou probeer jy jou aanvanklike argumentasies goedpraat.
Volgende keer, dink voor jy iets skryf.

Tant Hessie van die Spergebied.
Re: Vroue deur Afrika [boodskap #94565 is 'n antwoord op boodskap #94564] Do, 01 Julie 2004 15:11 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ai tog, ou antie. Hulle sê 'n 'fool' word aan sy bek geken en jy is darem
'n wonderlike voorbeeld. As jy nou net iets meer van die onderwerp geweet
het as bloot om in boeke te blaai, dan sou jy nooit sulke twak kwytraak nie.
Harde Afrika [en dis nou eintlik van Namibië af noord] se werklike
besienswaardighede is definitief nie op die beste paaie nie. Jy en jou
gesindheidsgenote mag dalk dink dis wonderlik om met die teerpad deur 'n
land te ry en dan te sê vir jou maatjies oor 'n koppie tee dat jy in Namibië
was, maar jy weet eintlik niks want jy het niks werklik besonder gesien nie.
Weereens, iemand soos jy sal nie omgee nie, want jy weet nie van beter nie.
Verder ou koek, as jy my land se goed agter jou naam wil koppel, gebruik
asseblief die regte goed. 'Spergebied' bestaan nie werklik nie. Dis 'n
Duitse woord wat net so ver-Afrikaans is, maar die gebied waarop dit van
toepassing was, was Duitse gebied. Jy drup gedurig oor ander mense se
taalgebruik, dis tyd dat jy jouself darem regkry! Wat van jy noem jouself
die Draak van Kanada?

"@rogers.com" skryf in boodskap news:h0VEc.4068$4gV.3733@news04.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> "Suidwester" skryf
>
> As enige mens vir my sê hy 'wil deur Afrika reis' dan neem ek
>> onmiddellik aan dat hierdie persoon nie net die grootpad noord wil aanvat
>> nie, maar ook kontinent wil verken omdat meeste van sy lekkerhede ver weg
>> van die normale paaie is.
>
> Jy is die dom een. As iemand vir my vertel dat hy deur Kanada wil
> reis, gaan ek nie sommer ligtelik aanneem dat hy nie net van Victoria
> tot Newfoundland op die Trans Canada hoofpaaie wil ry nie, maar
> ook per kar wil ry na Nunavut en Yellowhorse en Iqualut en sulke
> plekke. Jy is die dom een. Jy is die een wat soos 'n takhaar dink.
> Mense uit SA reis alreeds lankal op redelike goeie paaie sover
> op as die Serengeti. Mense weet wat aangaan. Jy weet blykbaar
> nie. Nou probeer jy jou aanvanklike argumentasies goedpraat.
> Volgende keer, dink voor jy iets skryf.
>
> Tant Hessie van die Spergebied.
>
Vorige onderwerp: SA Uitvindings
Volgende onderwerp: Miss verkiesing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 05:50:06 MGT 2024