Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Toestromingsbeheer
Toestromingsbeheer [boodskap #94518] Di, 29 Junie 2004 07:24 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Daar kom tye wat mens nie weet of jy moet lag en of jy moet huil nie. Die
algemene bestuur van die land en sy bronne wat moet voortgaan, onafgesien
van die beleid van die politieke meesters. Ons land is geweldig droog en
drinkwater is een massiewe probleem op beide die kort- en die langtermyn.
Die ingenieurs van Waterwese sit al vir die afgelope 100 jaar met die
probleem dat die bevolking al groter word en vir hulle water voorsien sal
moet word. So het die ou Duitse regering hiermee gespook en later die
verteenwoordigende SA regering ook. Feit van die saak was, dat Namibië net
drie standhoudende riviere het, en al drie is op sy landsgrense. Twee
noord en een suid.
Dis toe dat die amptenary betrokke [LW nog nie die politici nie!]
besluit het dat desentralisering van besighede die antwoord moet wees want
hulle moet toestroming van werklose jong mense na die stad Windhoek, stuit.
Deur besigheidsgeleenthede te stimuleer in die 'tuislande', sou meer werk
ontstaan in die platteland en sou dit die druk op Windhoek se waterbronne
verlig het.
MAAR, die opposisie politici het dit nie so gesien nie en hulle het die
idee gepropageer dat dit die Boere was wat bloot apartheid wou bedryf en die
stad wou weghou van die swart meerderheid af. Kom nuwe regering en hulle
skep geen werk nie en die swart stroom van werklose jong mense uit die
noorde van die land [waar water is!] neem by die dag toe en waar Windhoek op
die langtermyn omtrent net so 120 -150 000 mense kan water gee, hardloop
getalle nou al na oor die 200 000 toe en word by die dag meer. NOU kom
Swapo se minister van waterwese en hy sê dat hulle aan toestromingsbeheer
dink as 'n manier om die druk op watervoorsiening te verlig! Die blaam is
natuurlik steeds op die 'apartheidvarke' wat nie voorheen toestromingsbehher
toegepas het nie!!!!
Re: Toestromingsbeheer [boodskap #94519 is 'n antwoord op boodskap #94518] Di, 29 Junie 2004 07:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Is daar iemand wat vir die nuwe minister kan laat sien die idee is nie sy
eie en nie nuut nie?
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:40e1195e.0@news1.mweb.co.za...
> Daar kom tye wat mens nie weet of jy moet lag en of jy moet huil nie. Die
> algemene bestuur van die land en sy bronne wat moet voortgaan, onafgesien
> van die beleid van die politieke meesters. Ons land is geweldig droog en
> drinkwater is een massiewe probleem op beide die kort- en die langtermyn.
> Die ingenieurs van Waterwese sit al vir die afgelope 100 jaar met die
> probleem dat die bevolking al groter word en vir hulle water voorsien sal
> moet word. So het die ou Duitse regering hiermee gespook en later die
> verteenwoordigende SA regering ook. Feit van die saak was, dat Namibië net
> drie standhoudende riviere het, en al drie is op sy landsgrense. Twee
> noord en een suid.
> Dis toe dat die amptenary betrokke [LW nog nie die politici nie!]
> besluit het dat desentralisering van besighede die antwoord moet wees want
> hulle moet toestroming van werklose jong mense na die stad Windhoek, stuit.
> Deur besigheidsgeleenthede te stimuleer in die 'tuislande', sou meer werk
> ontstaan in die platteland en sou dit die druk op Windhoek se waterbronne
> verlig het.
> MAAR, die opposisie politici het dit nie so gesien nie en hulle het die
> idee gepropageer dat dit die Boere was wat bloot apartheid wou bedryf en die
> stad wou weghou van die swart meerderheid af. Kom nuwe regering en hulle
> skep geen werk nie en die swart stroom van werklose jong mense uit die
> noorde van die land [waar water is!] neem by die dag toe en waar Windhoek op
> die langtermyn omtrent net so 120 -150 000 mense kan water gee, hardloop
> getalle nou al na oor die 200 000 toe en word by die dag meer. NOU kom
> Swapo se minister van waterwese en hy sê dat hulle aan toestromingsbeheer
> dink as 'n manier om die druk op watervoorsiening te verlig! Die blaam is
> natuurlik steeds op die 'apartheidvarke' wat nie voorheen toestromingsbehher
> toegepas het nie!!!!
>
Re: Toestromingsbeheer [boodskap #94520 is 'n antwoord op boodskap #94519] Di, 29 Junie 2004 10:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die ironie van die saak is net dat as die spul politici net by hul eie
standpunte kon verbysien en gedoen het wat vir die land goed is, dan was
daar nie nou 'n probleem nie. Naar dis soos dit mos in die politiek gaan.
Jy sorg vir jouself sodat as jy uitgevang word dat jy droogmaak, dan het jy
genoeg in reserwe om van lekker te lewe. Dis mos ons gewone poepolle wat
vir hulle stem!

"Annette" skryf in boodskap news:cbr6nh$prd$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Is daar iemand wat vir die nuwe minister kan laat sien die idee is nie sy
> eie en nie nuut nie?
> --
> Groetnis
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:40e1195e.0@news1.mweb.co.za...
>> Daar kom tye wat mens nie weet of jy moet lag en of jy moet huil nie.
> Die
>> algemene bestuur van die land en sy bronne wat moet voortgaan, onafgesien
>> van die beleid van die politieke meesters. Ons land is geweldig droog en
>> drinkwater is een massiewe probleem op beide die kort- en die langtermyn.
>> Die ingenieurs van Waterwese sit al vir die afgelope 100 jaar met die
>> probleem dat die bevolking al groter word en vir hulle water voorsien sal
>> moet word. So het die ou Duitse regering hiermee gespook en later die
>> verteenwoordigende SA regering ook. Feit van die saak was, dat Namibië
> net
>> drie standhoudende riviere het, en al drie is op sy landsgrense. Twee
>> noord en een suid.
>> Dis toe dat die amptenary betrokke [LW nog nie die politici nie!]
>> besluit het dat desentralisering van besighede die antwoord moet wees want
>> hulle moet toestroming van werklose jong mense na die stad Windhoek,
> stuit.
>> Deur besigheidsgeleenthede te stimuleer in die 'tuislande', sou meer werk
>> ontstaan in die platteland en sou dit die druk op Windhoek se waterbronne
>> verlig het.
>> MAAR, die opposisie politici het dit nie so gesien nie en hulle het
> die
>> idee gepropageer dat dit die Boere was wat bloot apartheid wou bedryf en
> die
>> stad wou weghou van die swart meerderheid af. Kom nuwe regering en hulle
>> skep geen werk nie en die swart stroom van werklose jong mense uit die
>> noorde van die land [waar water is!] neem by die dag toe en waar
Windhoek
> op
>> die langtermyn omtrent net so 120 -150 000 mense kan water gee, hardloop
>> getalle nou al na oor die 200 000 toe en word by die dag meer. NOU kom
>> Swapo se minister van waterwese en hy sê dat hulle aan toestromingsbeheer
>> dink as 'n manier om die druk op watervoorsiening te verlig! Die blaam
> is
>> natuurlik steeds op die 'apartheidvarke' wat nie voorheen
> toestromingsbehher
>> toegepas het nie!!!!
>>
>
Re: Toestromingsbeheer [boodskap #94532 is 'n antwoord op boodskap #94518] Di, 29 Junie 2004 19:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> MAAR, die opposisie politici het dit nie so gesien nie en hulle het die
> idee gepropageer dat dit die Boere was wat bloot apartheid wou bedryf en die
> stad wou weghou van die swart meerderheid af. NOU kom
> Swapo se minister van waterwese en hy sê dat hulle aan toestromingsbeheer
> dink as 'n manier om die druk op watervoorsiening te verlig! Die blaam is
> natuurlik steeds op die 'apartheidvarke' wat nie voorheen toestromingsbehher
> toegepas het nie!!!!

Ja, ongelukkig het die dom apartheidsvarke vir "toestromingsbeheer" 'n
slegte naam gegee, en vir ewig dit moeilik gemaak om enige vorm van
toestromingsbeheer toe te pas. Hulle wou nie regtig toestromingsbeheer
toepas nie, maar het dit gebruik om die swart man te beheer en te
reguleer en hom 'n vreemdeling in sy eie land te maak.

Tant Hessie van Ai-Ais
Re: Toestromingsbeheer [boodskap #94540 is 'n antwoord op boodskap #94532] Wo, 30 Junie 2004 06:56 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Haai ou antie, is jy bewus daarvan dat voor onafhanklikheid in Nam daar nie
'n enkele plakkerskamp in die land was nie? Nou is daar by elke dorp ten
minste een en naby Windhoek vele. Alles het natuurlik een oorsaak, maar
dit sal julle vryheidsbefoktes nooit erken nie.....die nuwe regering slaag
nie om werk te skep vir sy mense nie. Jy mag dink vet politici met sulke
dik nekke dat hulle nie meer die gewone mens op die grond kan raaksien nie,
is jou idee van sukses, maar die mense word stad toe gelok met die hoop om
'n bestaan te kan maak en dan kan hulle nie want die wit sakemanne kan net
soveel mense werk voor gee......en die regering se mense sit en versuip in
hul eie vet.
> Ja, ongelukkig het die dom apartheidsvarke vir "toestromingsbeheer" 'n
> slegte naam gegee, en vir ewig dit moeilik gemaak om enige vorm van
> toestromingsbeheer toe te pas. Hulle wou nie regtig toestromingsbeheer
> toepas nie, maar het dit gebruik om die swart man te beheer en te
> reguleer en hom 'n vreemdeling in sy eie land te maak.
-----en steeds vandag verstaan julle nie hoekom daai beheer nodig was en
steeds is nie!
>
> Tant Hessie van Ai-Ais
-----jy moet darem wragtag eendag bykom....dis
AIS-AIS!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! As jy jou naam aan
my land se goed wil koppel, doen dit darem ten minste reg!
>
Vorige onderwerp: Internasionale uitbreiding
Volgende onderwerp: Toetjse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 07:39:58 MGT 2024