Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Algemene Verkiesing in Kanada
Algemene Verkiesing in Kanada [boodskap #94514] Ma, 28 Junie 2004 22:35 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Vandag is daar 'n algemene verkiesing vir die federale regering
in Kanada. Dit gaan 'n naelbyter wees. 'n Jaar gelede sou mens
aangeneem het dat die sittende Liberals weer maklik 'n
meerderheidsregering sou kon bereik. Vandag wag almal om
te sien wat aangaan. Hulle verwag óf 'n Liberale óf 'n Konserwatiewe
minderheids-regering.
Wat verander het in die jaar en so die politieke landskap:
(1) Paul Martin, eertydse baie suksesvolle Minister van
Finansies, het op 'n amper onderduimse manier vir
Jean Chretien onder druk geplaas om hom te onttrek
van die Liberale Party se leierskap, en het in die proses
baie Liberals self vervreem, wat vandag heelwaarskynlik
vir die linkse NDP ( New Democratic Party) gaan stem,
of in Quebec vir die Bloc Quebecois. Of vir die Green
Party.
(2) 'n Skandaal, the Sponsorship Scandal, het 'n groot
swart kol op die Liberals se rekord begin word. Die
Sponsorship scandal was die volgende: voor die
vorige verkiesing is miljoene en miljoene dollars
aan verskeie Liberal-geallieerde maatskappye en
aan verskeie kroonmaatskappye gegee om advertensies
te plaas en konserte en saamtrekke te reël in Quebec,
om die mense van Quebec oor te haal om liewer
federaal te stem en nie vir die Parti Quebecois nie.
Al die name in die skandaal is Franse name. Sekere
mense word nou deur die RCMP ondersoek. Maar
hierdie skandaal het mense in Quebec in die arms van
die Bloc ingejaag, nadat mense verwag het dat die
Bloc Quebecois ( die federale lede van die afskeidings-
neigende Parti Quebecois) nie veel meer om die lyf
het nie. So 'n hele klomp setels wat voorheen Liberal
was in Quebec, gaan heelwaarskynlik vandag Bloc
word.
(3) Die ou Tory Conservative Party het omtrent tien jaar
gelede opgesplits in verskeie kleinere partye: die
Bloc in Quebec, die Reform Party in die Weste en
dan die oorblywende Conservatives, wat nooit 'n
groot meerderheid in die federale regering kon behaal
nie. In die laaste paar maande het die opvolger van
die Reform Party en sekere lede van die Conservatives
saamgesmelt, en hoeveel mense vir hierdie nuwe
party gaan stem is wat vandag die deurslag gaan gee.
Nie alle Conservatives hou van hierdie nuwe party
nie. Sommige werk vir die Liberals van Paul Martin
liewer as vir die Conservative Party van Stephen
Harper. Oor 'n paar uur sal ons begin sien hoe die
wind waai, en wie die nuwe eerste minister van
Kanada gaan word: Paul Martin of Stephen Harper.

Gloudina
Re: Algemene Verkiesing in Kanada [boodskap #94515 is 'n antwoord op boodskap #94514] Di, 29 Junie 2004 03:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf

> Vandag is daar 'n algemene verkiesing vir die federale regering
> in Kanada. Dit gaan 'n naelbyter wees.

Dis nou taamlik laat in die aand. Die Liberals het toe
glad nie so sleg gedoen as wat sommige voorspel het
nie. Hulle gaan wel 'n minderheids-regering hê, maar
met nie teveel nie. En die NDP (links van die Liberals
en die Liberals se tradisionele vriende in 'n minderheid-
situasie) het het 'n hele klompie setels opgetel.
Belinda Stronach, volgens sommige skinderbekke
romanties verbind met Bill Clinton, het toe nie
gewen in Aurora, noord van Toronto, nie. Nou
kan sy maar ophou fantaseer oor hoe sy 'n minister
sou word in 'n Stephen Harper kabinet. Belinda
Stronach is die dogter van die stigter van Magna,
wat glo die grootste kardele-vervaardiger in die
wêreld is. Belinda was vir 'n ruk CEO van Magna,
sodat haar pa, Frank Stronach, sy ander maatskappye
kon beheer. Dit sluit onder meer renbane en ander
soorte sport in die VSA in.

Gloudina
Re: Algemene Verkiesing in Kanada [boodskap #94522 is 'n antwoord op boodskap #94515] Di, 29 Junie 2004 11:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com"

> Belinda Stronach, volgens sommige skinderbekke
> romanties verbind met Bill Clinton, het toe nie
> gewen in Aurora, noord van Toronto, nie. Nou
> kan sy maar ophou fantaseer oor hoe sy 'n minister
> sou word in 'n Stephen Harper kabinet. Belinda
> Stronach is die dogter van die stigter van Magna,
> wat glo die grootste kardele-vervaardiger in die
> wêreld is. Belinda was vir 'n ruk CEO van Magna,
> sodat haar pa, Frank Stronach, sy ander maatskappye
> kon beheer. Dit sluit onder meer renbane en ander
> soorte sport in die VSA in.

Hier het ek toe bietjie gelieg. Sy was agter
op 'n sekere stadium en die analise was dat
sy besig is om te verloor. Maar toe kry sy
meer stemme hier na elfuur in die aand by,
en nou is sy verkies as 'n Konserwatiewe
lid van die regering. Gaan interessant wees.
Sy is taamlik aantreklik. Sy is 'n "single
parent" en sy het baie geld.

Gloudina
Re: Algemene Verkiesing in Kanada [boodskap #94523 is 'n antwoord op boodskap #94522] Di, 29 Junie 2004 13:04 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Neem ons aan die 'kardele' is 'motoronderdele'? Jou taal, ou dier. Jou
taal!!

"@rogers.com" skryf in boodskap news:qLcEc.3$Iwp.2@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...
>
> "@rogers.com"
>
>> Belinda Stronach, volgens sommige skinderbekke
>> romanties verbind met Bill Clinton, het toe nie
>> gewen in Aurora, noord van Toronto, nie. Nou
>> kan sy maar ophou fantaseer oor hoe sy 'n minister
>> sou word in 'n Stephen Harper kabinet. Belinda
>> Stronach is die dogter van die stigter van Magna,
>> wat glo die grootste kardele-vervaardiger in die
>> wêreld is. Belinda was vir 'n ruk CEO van Magna,
>> sodat haar pa, Frank Stronach, sy ander maatskappye
>> kon beheer. Dit sluit onder meer renbane en ander
>> soorte sport in die VSA in.
>
> Hier het ek toe bietjie gelieg. Sy was agter
> op 'n sekere stadium en die analise was dat
> sy besig is om te verloor. Maar toe kry sy
> meer stemme hier na elfuur in die aand by,
> en nou is sy verkies as 'n Konserwatiewe
> lid van die regering. Gaan interessant wees.
> Sy is taamlik aantreklik. Sy is 'n "single
> parent" en sy het baie geld.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: 'n Tameletjie
Volgende onderwerp: Internasionale uitbreiding
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 07:37:56 MGT 2024