Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Alles nie net negatief nie!
Alles nie net negatief nie! [boodskap #94141] Wo, 16 Junie 2004 08:40 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
So tussen die gemors van die lewe deur gebeur daar darem altyd dingetjies
wat mens weer moed vir die drek te gee.
1. In Swakopmund brand 'n groot selfhelpwinkel se gebou omtrent moer toe
en tussen die geharwar is daar 'n werklose man wat al sy probleme vergeet en
homself vrekwerk om hulp te gee waar hy kan. Sy vergoeding: Die
brandweermanne het vir hom vaste werk gereël!
2. In Gobabis, met hul Vleisfees, was daar 'n bergfietswedren. Die een
swart jongeling met sterre in sy oë kom tree aan met sy gewone ou trapfiets
en eindig derde in die wedren! Sy vergoeding: Die Sakekamer van Gobabis
het vir hom 'n proper bergfiets geskenk!
Re: Alles nie net negatief nie! [boodskap #94151 is 'n antwoord op boodskap #94141] Wo, 16 Junie 2004 17:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
*Berg*fietse in Gobabis!?

Suidwester wrote:
> So tussen die gemors van die lewe deur gebeur daar darem altyd dingetjies
> wat mens weer moed vir die drek te gee.
> 1. In Swakopmund brand 'n groot selfhelpwinkel se gebou omtrent moer toe
> en tussen die geharwar is daar 'n werklose man wat al sy probleme vergeet en
> homself vrekwerk om hulp te gee waar hy kan. Sy vergoeding: Die
> brandweermanne het vir hom vaste werk gereël!
> 2. In Gobabis, met hul Vleisfees, was daar 'n bergfietswedren. Die een
> swart jongeling met sterre in sy oë kom tree aan met sy gewone ou trapfiets
> en eindig derde in die wedren! Sy vergoeding: Die Sakekamer van Gobabis
> het vir hom 'n proper bergfiets geskenk!
>
>

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: Alles nie net negatief nie! [boodskap #94155 is 'n antwoord op boodskap #94151] Do, 17 Junie 2004 06:34 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Van fietsry weet ek minder as 'n vark van godsdiens, maar ek neem aan 'n
bergfiets is ook 'n veldfiets? Soos jy duidelik sal weet het Gobabis darem
hier en daar so 'n op en 'n afdraende ook. Sekerlik meer die Kalaharisand
om te oorkom.

"knersus" skryf in boodskap news:caq0il$cku$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> *Berg*fietse in Gobabis!?
>
> Suidwester wrote:
>> So tussen die gemors van die lewe deur gebeur daar darem altyd dingetjies
>> wat mens weer moed vir die drek te gee.
>> 1. In Swakopmund brand 'n groot selfhelpwinkel se gebou omtrent moer toe
>> en tussen die geharwar is daar 'n werklose man wat al sy probleme vergeet en
>> homself vrekwerk om hulp te gee waar hy kan. Sy vergoeding: Die
>> brandweermanne het vir hom vaste werk gereël!
>> 2. In Gobabis, met hul Vleisfees, was daar 'n bergfietswedren. Die een
>> swart jongeling met sterre in sy oë kom tree aan met sy gewone ou trapfiets
>> en eindig derde in die wedren! Sy vergoeding: Die Sakekamer van Gobabis
>> het vir hom 'n proper bergfiets geskenk!
>>
>
> --
> _______
> | OSCAR |
> |KNERSUS|
> |__&CO__|
Vorige onderwerp: ET is uit
Volgende onderwerp: Savanna Jane
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 22:54:17 MGT 2024