Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Rugby wonderlik!
Rugby wonderlik! [boodskap #94064] So, 13 Junie 2004 08:41 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Uiteindelik 'n Springbokspan wat met entoesiasme speel! Veels geluk aan
die Bokke. Weliswaar 'n klompie goete wat nog reggemaak kan word, maar wat
'n lekker begin vir Jake White.
Re: Rugby wonderlik! [boodskap #94066 is 'n antwoord op boodskap #94064] So, 13 Junie 2004 09:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
O ja !! Ek wil tog so graag hê een van die koerante moet 'n foto plaas van
Os wat so lê-lê 'n bal perfek uitgooi na die agterlyn.
Ek sou nie eers omgegee het as die BokProts gister verloor het nie - hulle
het goed genoeg gespeel, en ten minste het hulle fier en met entoesiasme op
die veld gedraf, en daar was niks van spelers wat stilstaan en vir ander
spelers vertel wat hulle moet doen nie.
Ek het al Dinsdag op 'n ander forum gesê dat 'n Hoër Hand ingegryp het om te
sorg dat die regte span op die veld draf:)
--
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:40cc1334.0@news1.mweb.co.za...
> Uiteindelik 'n Springbokspan wat met entoesiasme speel! Veels geluk aan
> die Bokke. Weliswaar 'n klompie goete wat nog reggemaak kan word, maar wat
> 'n lekker begin vir Jake White.
>
Re: Rugby wonderlik! [boodskap #94077 is 'n antwoord op boodskap #94066] Ma, 14 Junie 2004 06:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet nie wat ingegryp het nie, maar daar was net een boggerop. Gaffie.
'n Skopper wat net 2 uit 6 skoppe deur die pale kan kry hoort eintlik nie in
'n internasionale wedstryd nie. Het jy die All Blacks teen die
Soutslungels gekyk? Effe skrikwekkend om die minste te sê! Maar, daar is
ten minste 3 agterspelers in daai span wat enige tyd pale toe kan skop met
'n hoër as 80% kans dat hulle sal slaag. Ek is wonderlik positief oor die
Bokke. Hulle moet dringend net 'n skopper kry.

"Annette" skryf in boodskap news:cah7u6$gnn$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> O ja !! Ek wil tog so graag hê een van die koerante moet 'n foto plaas van
> Os wat so lê-lê 'n bal perfek uitgooi na die agterlyn.
> Ek sou nie eers omgegee het as die BokProts gister verloor het nie - hulle
> het goed genoeg gespeel, en ten minste het hulle fier en met entoesiasme op
> die veld gedraf, en daar was niks van spelers wat stilstaan en vir ander
> spelers vertel wat hulle moet doen nie.
> Ek het al Dinsdag op 'n ander forum gesê dat 'n Hoër Hand ingegryp het om te
> sorg dat die regte span op die veld draf:)
> --
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:40cc1334.0@news1.mweb.co.za...
>> Uiteindelik 'n Springbokspan wat met entoesiasme speel! Veels geluk aan
>> die Bokke. Weliswaar 'n klompie goete wat nog reggemaak kan word, maar wat
>> 'n lekker begin vir Jake White.
>>
>
Re: Rugby wonderlik! [boodskap #94079 is 'n antwoord op boodskap #94077] Ma, 14 Junie 2004 07:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja, ek het die Engelse wedstryd gesien - en agv van dit moet ons seker nie
so hoog spring oor die oorwinning oor die Iere wat die Engelse gewen het
nie.
Ek stem saam - ons kan nie gaan speel sonder 'n erkende skopper nie, en ons
kan nie spelers kies wat ons keer op keer met net 14 of minder mense sal
laat speel nie.
--
Annette
.na> skryf in boodskap news:40cd49ef.0@news1.mweb.co.za...
> Ek weet nie wat ingegryp het nie, maar daar was net een boggerop. Gaffie.
> 'n Skopper wat net 2 uit 6 skoppe deur die pale kan kry hoort eintlik nie in
> 'n internasionale wedstryd nie. Het jy die All Blacks teen die
> Soutslungels gekyk? Effe skrikwekkend om die minste te sê! Maar, daar is
> ten minste 3 agterspelers in daai span wat enige tyd pale toe kan skop met
> 'n hoër as 80% kans dat hulle sal slaag. Ek is wonderlik positief oor die
> Bokke. Hulle moet dringend net 'n skopper kry.
> "Annette" wrote in message
> news:cah7u6$gnn$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>> O ja !! Ek wil tog so graag hê een van die koerante moet 'n foto plaas van
>> Os wat so lê-lê 'n bal perfek uitgooi na die agterlyn.
>> Ek sou nie eers omgegee het as die BokProts gister verloor het nie - hulle
>> het goed genoeg gespeel, en ten minste het hulle fier en met entoesiasme op
>> die veld gedraf, en daar was niks van spelers wat stilstaan en vir ander
>> spelers vertel wat hulle moet doen nie.
>> Ek het al Dinsdag op 'n ander forum gesê dat 'n Hoër Hand ingegryp het om te
>> sorg dat die regte span op die veld draf:)
>> --
>> Annette
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:40cc1334.0@news1.mweb.co.za...
>>> Uiteindelik 'n Springbokspan wat met entoesiasme speel! Veels geluk aan
>>> die Bokke. Weliswaar 'n klompie goete wat nog reggemaak kan word, maar wt
>>> 'n lekker begin vir Jake White.
>>>
>>
>
Re: Rugby wonderlik! [boodskap #94094 is 'n antwoord op boodskap #94079] Ma, 14 Junie 2004 14:09 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, en ek weet nie of ek my verbeel het nie, maar die All Blacks het vir my
gelyk of daar bo en behalwe die blydskap oor die punte wat aangeteken word,
boonop volop kommunikasie tussen hulle is oor wat volgende vir die Engelse
beplan word. Die lyne wat hulle hardloop sodat daar altyd nog 'n
geleentheid geskep word vir 'n volgende man was 'stunning'. Die Bokke het
nog baie werk voor............

"Annette" skryf in boodskap news:cakanl$b1b$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ja, ek het die Engelse wedstryd gesien - en agv van dit moet ons seker nie
> so hoog spring oor die oorwinning oor die Iere wat die Engelse gewen het
> nie.
> Ek stem saam - ons kan nie gaan speel sonder 'n erkende skopper nie, en ons
> kan nie spelers kies wat ons keer op keer met net 14 of minder mense sal
> laat speel nie.
> --
> Annette
> .na> skryf in boodskap news:40cd49ef.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek weet nie wat ingegryp het nie, maar daar was net een boggerop. Gaffie.
>> 'n Skopper wat net 2 uit 6 skoppe deur die pale kan kry hoort eintlik nie in
>> 'n internasionale wedstryd nie. Het jy die All Blacks teen die
>> Soutslungels gekyk? Effe skrikwekkend om die minste te sê! Maar, daar is
>> ten minste 3 agterspelers in daai span wat enige tyd pale toe kan skop met
>> 'n hoër as 80% kans dat hulle sal slaag. Ek is wonderlik positief oor die
>> Bokke. Hulle moet dringend net 'n skopper kry.
>> "Annette" wrote in message
>> news:cah7u6$gnn$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> O ja !! Ek wil tog so graag hê een van die koerante moet 'n foto plaas van
>>> Os wat so lê-lê 'n bal perfek uitgooi na die agterlyn.
>>> Ek sou nie eers omgegee het as die BokProts gister verloor het nie - hulle
>>> het goed genoeg gespeel, en ten minste het hulle fier en met entoesiasme op
>>> die veld gedraf, en daar was niks van spelers wat stilstaan en vir ander
>>> spelers vertel wat hulle moet doen nie.
>>> Ek het al Dinsdag op 'n ander forum gesê dat 'n Hoër Hand ingegryp het om te
>>> sorg dat die regte span op die veld draf:)
>>> --
>>> Annette
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:40cc1334.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Uiteindelik 'n Springbokspan wat met entoesiasme speel! Veels geluk aan
>>>> die Bokke. Weliswaar 'n klompie goete wat nog reggemaak kan word, maar wat
>>>> 'n lekker begin vir Jake White.
>>>>
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: Die Olimpiese Fakkel
Volgende onderwerp: Geluk Retief!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 18:07:11 MGT 2024