Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Savanna Jane
Re: Savanna Jane [boodskap #93985 is 'n antwoord op boodskap #93971] Vr, 11 Junie 2004 14:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek ook!:)
--
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:40c9aef4.0@news1.mweb.co.za...
>
> He-he!!!!!
>> "So by the way" ek was al op die maan, wil jy die foto's sien?
>>
>
Re: Savanna Jane [boodskap #93986 is 'n antwoord op boodskap #93973] Vr, 11 Junie 2004 14:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die onderskeie manliewe gaan daardie GPS'ie met kaarte byderhand soos valke
dophou.
--
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:40c9afca.0@news1.mweb.co.za...
> Behalwe dat die satteliete nie die 'call' wil antwoord nie, al skakel jy
> hoeveel keer!
> "Annette" wrote in message
> news:cacacj$po7$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ek weet wat 'n GPS is - dus het hulle mos kontak.
>> --
>>
>
Re: Savanna Jane [boodskap #93987 is 'n antwoord op boodskap #93974] Vr, 11 Junie 2004 14:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Daar is een groot verskil om deur
> 'n land te ry van kant tot kant op geproklammeerde paaie en 'n ander om al
> die besienswaardighede van 'n land te besoek, weg van die algemene paaie.

Hoekom vertel jy dit vir my, wat al meer van die
wêreld gesien het as jy? Ons kan ons kar hier in
Ottawa vat en binne twee of drie uur vir onsself
verloor in dele van Ontario wat gevaarliker en
woesster as enigiets wat jy nog ooit ervaar het.
Jy sit en kekkel net vir kekkel se onthalwe.

Gloudina
Re: Savanna Jane [boodskap #93988 is 'n antwoord op boodskap #93974] Vr, 11 Junie 2004 14:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

maar kom ons
> vat JOU sogenaamde gebied wat jy mos storie oor waar jyself losgeboor
> was......Upington en sy omgewing. Oor die grens en die eerste
> werklike dorp is Karasburg en is nog 'n verdere 120 van niks. So kan ons
> aangaan.....dit word erger.

Jy laat my lag. Ek dink jy is 'n groot papbroek wat
net met jou mond sit en raas en maak of jy hierdie
groot macho ou is. Vertel vir my hoekom my seun,
wat 'n paar jaar gelede in Kaapstad studeer het, saam
met drie ander studente wat almal uit die buiteland
was ( twee Engelse, een Amerikaner en hy, 'n
Kanadees) 'n voertuig kon huur en tot by die
Etosha-panne kon ry, sonder enige moeilikheid.
En hulle het ook ander dinge gesien. Soos die
Sossus-duine ( is dit reg gespel.) En hulle het ons
van 'n internet-kafee in Windhoek laat weet. En
met die teruggaan het hulle 'n ompad gery oor
Upington en Kakamas en Marchand om die
Augrabies-valle te sien. Die enigste ding waaroor
ons seun gekla het, was die afstande. Ek dink self
hulle het teveel probeer doen.

Gloudina
Re: Savanna Jane [boodskap #93989 is 'n antwoord op boodskap #93986] Vr, 11 Junie 2004 14:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Miskien moet hulle eerder op die padkaarte kyk en kontakpunte vooraf maak
waarvandaan die vroumense hulle moet skakel om 'in te klok'? So sal hulle
weet om Navo te kontak as die oproep langer as 'n minuut laat is!!

"Annette" skryf in boodskap news:cacfm8$5ut$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die onderskeie manliewe gaan daardie GPS'ie met kaarte byderhand soos valke
> dophou.
> --
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:40c9afca.0@news1.mweb.co.za...
>> Behalwe dat die satteliete nie die 'call' wil antwoord nie, al skakel jy
>> hoeveel keer!
>> "Annette" wrote in message
>> news:cacacj$po7$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Ek weet wat 'n GPS is - dus het hulle mos kontak.
>>> --
>>>
>>
>
Re: Savanna Jane [boodskap #93991 is 'n antwoord op boodskap #93982] Vr, 11 Junie 2004 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jog, maar jy kan strooi praat. Wat van jy kry 'n nuwer woordeboek?
"@rogers.com" wrote in message
news:N6jyc.3839$0FI1.2733@news01.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> "Elaine" skryf
>
>> Dit word 'n reservaat genoem 'n reserwe is 'n heel ander ding. Kry tog
> jou
>> Afrikaans reg.
>
> OK, Elaine. Ek weet hulle noem dit "reservate" in SA.
> Maar hier is nou iets heel interessant. In my woordeboek
> ( Bosman en van der Merwe, nou nie eintlik 'n baie goeie
> woordeboek nie) is daar glad nie so 'n woord soos
> "reservaat" in die Afrikaanse deel nie. Gaan jy na die
> Engelse kant, dan word "reserve" met "reserwe" vertaal.
> Ek dink jy behoort om verskoning te vra. Dis 'n goeie
> idee om altyd 'n woordeboek langs jou te hê en eers
> seker te maak voor jy begin kekkel.
> Ek wonder hoekom hulle die woord "reservaat" wel
> in Afrikaans gebruik. Miskien om dit te onderskei van
> die woord "reserwe" wat te veel apartheidsera-
> konnotasies het?
> Terloops, die ander woord waaroor jy my kritiseer -
> "ekwator" - kom ook in my Bosman en van der Merwe
> as 'n AFRIKAANSE woord voor. Soos ek sê, kyk eers
> in 'n woordeboek voor jy begin kekkel. Ek doen dit
> altyd.
>
> Gloudina
>
Re: Savanna Jane [boodskap #93992 is 'n antwoord op boodskap #93987] Vr, 11 Junie 2004 14:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hie-hie-haa-haaa! Hoe weet jy jy het meer as ek gesien? Jy maak sommer
net aannames. Dit tel nie om net met 'n vliegtuig oor 'n vasteland te
vlieg nie, hoor? Ook nie as jy in die Atlas kyk nie!!
"@rogers.com" wrote in message
news:vcjyc.3856$0FI1.2181@news01.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> "Suidwester" skryf
>
> Daar is een groot verskil om deur
>> 'n land te ry van kant tot kant op geproklammeerde paaie en 'n ander om al
>> die besienswaardighede van 'n land te besoek, weg van die algemene
paaie.
>
> Hoekom vertel jy dit vir my, wat al meer van die
> wêreld gesien het as jy? Ons kan ons kar hier in
> Ottawa vat en binne twee of drie uur vir onsself
> verloor in dele van Ontario wat gevaarliker en
> woesster as enigiets wat jy nog ooit ervaar het.
> Jy sit en kekkel net vir kekkel se onthalwe.
>
> Gloudina
>
Re: Savanna Jane [boodskap #93993 is 'n antwoord op boodskap #93988] Vr, 11 Junie 2004 15:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:7kjyc.3858$0FI1.1729@news01.bloor.is.net.cable.rogers.c om...

> Jy laat my lag. Ek dink jy is 'n groot papbroek wat
> net met jou mond sit en raas en maak of jy hierdie
> groot macho ou is.
........ek is so bly ek kon die ou bitterbek laat lag vir 'n verandering!
Die enigste verskil tussen my en jou is dat ek in Afrika bly en leef elke
dag van my lewe....jy fantasseer.

Vertel vir my hoekom my seun,
> wat 'n paar jaar gelede in Kaapstad studeer het, saam
> met drie ander studente wat almal uit die buiteland
> was ( twee Engelse, een Amerikaner en hy, 'n
> Kanadees) 'n voertuig kon huur en tot by die
> Etosha-panne kon ry, sonder enige moeilikheid.
........omdat die Etosha-panne, my antie, op teerpad is van Kaapstad tot by
die Etosha-hek.

> En hulle het ook ander dinge gesien. Soos die
> Sossus-duine ( is dit reg gespel.)
.......... Sossusvlei is grondpad, deur bergpasse. As hulle dit met 'n
gewone kar gedoen het, dan kan ons presies sien hoekom hy jou seun is, net
so stupid.

En hulle het ons van 'n internet-kafee in Windhoek laat weet.
............Windhoek is 'n stad!

En met die teruggaan het hulle 'n ompad gery oor
> Upington en Kakamas en Marchand om die
> Augrabies-valle te sien.
...........ook weer teerpad.
Die enigste ding waaroor
> ons seun gekla het, was die afstande.
........presies wat ek gesê het.
Ek dink self hulle het teveel probeer doen.
........dalk is julle volgende geslag meer wys, hmm?
Re: Savanna Jane [boodskap #93998 is 'n antwoord op boodskap #93982] Vr, 11 Junie 2004 18:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
In my Bosman Van Der Merwe Barnes woordeboek word die woord Reserwe gebruik
en verduidelik as 'n "spaar ietsie" soos 'n reserwe wiel of 'n reserwe
speler. Die naaste in my woordeboek wat aan Reservaat kom is Reservasie,
wat na Engels toe vertaal word as Reservation. Ekwator kom wel voor, in die
boek - dit sal ek jou toegee, maar jy sê self dis nie 'n wonderlike
woordeboek nie - klink vir my soos 'n direkte vertaling.

Ek het nog nooooiiiiittttt gehoor van enige onaangename of aangename
konnotasie aan die woord Reserwe nie - ook kan ek nie sien wat dit met
apartheid uit te waai het nie.

Hier praat ons van 'n wildsreservaat en Die ewenaar ons praat nie van
wildsreserwes en Ekwator nie. Vir ons sal 'n wildsreserwe 'n klomp
oortollige diere wees, en Equador is 'n land. Dis hoe ons praat, en "when
in Rome"..

E

"@rogers.com" wrote:
>
> OK, Elaine. Ek weet hulle noem dit "reservate" in SA.
> Maar hier is nou iets heel interessant. In my woordeboek
> ( Bosman en van der Merwe, nou nie eintlik 'n baie goeie
> woordeboek nie) is daar glad nie so 'n woord soos
> "reservaat" in die Afrikaanse deel nie. Gaan jy na die
> Engelse kant, dan word "reserve" met "reserwe" vertaal.
> Ek dink jy behoort om verskoning te vra. Dis 'n goeie
> idee om altyd 'n woordeboek langs jou te hê en eers
> seker te maak voor jy begin kekkel.
> Ek wonder hoekom hulle die woord "reservaat" wel
> in Afrikaans gebruik. Miskien om dit te onderskei van
> die woord "reserwe" wat te veel apartheidsera-
> konnotasies het?
> Terloops, die ander woord waaroor jy my kritiseer -
> "ekwator" - kom ook in my Bosman en van der Merwe
> as 'n AFRIKAANSE woord voor. Soos ek sê, kyk eers
> in 'n woordeboek voor jy begin kekkel. Ek doen dit
> altyd.
>
> Gloudina
>
Re: Savanna Jane [boodskap #93999 is 'n antwoord op boodskap #93998] Vr, 11 Junie 2004 18:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf

> In my Bosman Van Der Merwe Barnes woordeboek word die woord Reserwe gebruik
> en verduidelik as 'n "spaar ietsie" soos 'n reserwe wiel of 'n reserwe
> speler. Die naaste in my woordeboek wat aan Reservaat kom is Reservasie,
> wat na Engels toe vertaal word as Reservation. Ekwator kom wel voor, in die
> boek - dit sal ek jou toegee, maar jy sê self dis nie 'n wonderlike
> woordeboek nie - klink vir my soos 'n direkte vertaling.

So vra jy om verskoning, of wat?

Gloudina
Re: Savanna Jane [boodskap #94000 is 'n antwoord op boodskap #93998] Vr, 11 Junie 2004 18:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf

> Hier praat ons van 'n wildsreservaat en Die ewenaar ons praat nie van
> wildsreserwes en Ekwator nie. Vir ons sal 'n wildsreserwe 'n klomp
> oortollige diere wees, en Equador is 'n land. Dis hoe ons praat, en "when
> in Rome"..

Ag, Elaine. Net wanneer ek dink dat ek nou finaal
jou kop reg opgeskroef het, dan stel jy my weer
teleurr. Wat is die vertaling in Engels van "ewenaar"
nou weer? 'n Land in Suid-Amerika?

Gloudina
Re: Savanna Jane [boodskap #94002 is 'n antwoord op boodskap #94000] Vr, 11 Junie 2004 19:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Antie, toe ek lees jy praat van Ekwator toe dog ek eers jy praat van die
land Equador, as dit nie vir die res van jou pos was nie sou ek nooit jou
vertaling vir equator verstaan het nie. Dis ewenaar en klaar, niemand wat
ek ken, behalwe vir jou, het nog ooit van die Die Ekwator gepraat nie. Dis
nogal 'n vieslike woord ook - sies!!

E

"@rogers.com" wrote:

> Ag, Elaine. Net wanneer ek dink dat ek nou finaal
> jou kop reg opgeskroef het, dan stel jy my weer
> teleurr. Wat is die vertaling in Engels van "ewenaar"
> nou weer? 'n Land in Suid-Amerika?
>
> Gloudina
>
Re: Savanna Jane [boodskap #94003 is 'n antwoord op boodskap #93999] Vr, 11 Junie 2004 19:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee, want ek was nie verkeerd nie. Miskien is ons altwee reg - dis nie jou
skuld jy't 'n vrot woordeboek nie :))

"@rogers.com" wrote:
>
> So vra jy om verskoning, of wat?
>
> Gloudina
>
Re: Savanna Jane [boodskap #94007 is 'n antwoord op boodskap #94003] Vr, 11 Junie 2004 19:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf

> Nee, want ek was nie verkeerd nie. Miskien is ons altwee reg - dis nie jou
> skuld jy't 'n vrot woordeboek nie :))

Ons het dan altwee dieselfde woordeboek.
En jy was tweekeer verkeerd. "Ekwator"
is 'n Afrikaanse woord, "reserwe" word
vir die Engelse woord "reserve" gebruik.
Ek wag dat jy verskoning vra.

Gloudina
Re: Savanna Jane [boodskap #94008 is 'n antwoord op boodskap #94002] Vr, 11 Junie 2004 19:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf

> Antie, toe ek lees jy praat van Ekwator toe dog ek eers jy praat van die
> land Equador, as dit nie vir die res van jou pos was nie sou ek nooit jou
> vertaling vir equator verstaan het nie. Dis ewenaar en klaar, niemand wat
> ek ken, behalwe vir jou, het nog ooit van die Die Ekwator gepraat nie.

Ek verloor alle respek vir jou. As mens verkeerd
is, behoort jy dit ten minste te erken, as jy eerbaar
is. Wie is jy ook om uitsprake te maak oor wat in
Afrikaans toegelaat word of nie. Lid van die
Akademie?

Tant Hessie van Ekwatoriaal-Afrika
Re: Savanna Jane [boodskap #94010 is 'n antwoord op boodskap #93931] Vr, 11 Junie 2004 19:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Elke ou het maar sy smaak nè? Ek is 'n groot Land Rover liefhebber,
maar ek het baie respek vir die Land Crusers, maar ook net die ouer
modelle. Die nuwe goed (Land Rover ingesluit) is vir jappies bedoel om
op Sandton se sypaadjies te parkeer. Daar was nou so 'n rukkie terug
berig van 'n studie wat deur die Britse weermag gedoen is in Qatar.
O.a. was slegs 50% van die tenks nog diensbaar na sowat 2 weke se
woestynstof, maar die Land Rovers se syfer was 90%!

Daar's natuurlik altyd so 'n oor-en-weer gekskeerdery tussen Landcruiser
en Land Rover eienaars:
Bufferplakker op 'n ou, geduikte en woes-gebruikte Series III Land
Rover: I'd rather walk or die than drive a Toyota
Teken in 'n Land Rover winkel: Come to mysterious Africa and listen to
the Landcrusers rusting
Bufferplakker op 'n Landcruiser: Land Rover recovery vehicle

Net iets oor brandstof: Vuil diesel is gewoonlik 'n groter bogger as
vuil petrol. Maar petrolkanne in Afrika se son is maar 'n gevaarlike
storie.

Suidwester wrote:
> Die ouer Hilux'es met die vaste vooras loop ook waar bobbejaan kierie soek.
> As jy met die ouer tipe Land Rover ry, dan moet jy net sorg vir baie spaar
> onderdele, soos petrolpompe, lemoene om die bestaande petrolpomp af te koel
> as hy oorverhit en b.a.i.e. OLIE. 'n Lnad Rover wat nie olie lek nie, het
> nie meer olie in nie! Die Freelander het juis die swakste reputasie van al
> die nuwe geslag 'sagte' 4x4's wat betroubaarheid aanbetref!
...ensovoorts
Re: Savanna Jane [boodskap #94017 is 'n antwoord op boodskap #94007] Vr, 11 Junie 2004 21:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, het ek gestry? Ek het gesê ons gebruik dit nie so nie - en het ek
gestry dat die Engels vir reserwe reserve is? Soos in "reserve players"?
Nee - ek het heel ronborstig erken dat ons altwee dalk reg is. Dis nou
wragtag die eerste keer dat ek hoor iemand gebruik die woord Ekwator om na
Die Ewenaar te verwys. Jy het eenvoudig wildreservaat direk uit Engels gaan
staan en vertaal omdat jy nie die ander woord kon onthou of kry in jou
woordeboek nie. Ek sal om verskoning vra vir Ekwator as jy om verskoning vra
vir wildreserwe :)

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Ons het dan altwee dieselfde woordeboek.
> En jy was tweekeer verkeerd. "Ekwator"
> is 'n Afrikaanse woord, "reserwe" word
> vir die Engelse woord "reserve" gebruik.
> Ek wag dat jy verskoning vra.
>
> Gloudina
>
Re: Savanna Jane [boodskap #94018 is 'n antwoord op boodskap #94008] Vr, 11 Junie 2004 21:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek is eenvoudig 'n Suid-Afrikaner wat my taal Afrikaans elke dag besig. Ek
het nie 'n woordeboek nodig om my taal te kan praat nie - net om dit te kan
skryf.

"@rogers.com" wrote:

> Ek verloor alle respek vir jou. As mens verkeerd
> is, behoort jy dit ten minste te erken, as jy eerbaar
> is. Wie is jy ook om uitsprake te maak oor wat in
> Afrikaans toegelaat word of nie. Lid van die
> Akademie?
>
> Tant Hessie van Ekwatoriaal-Afrika
>
Re: Savanna Jane [boodskap #94019 is 'n antwoord op boodskap #94017] Vr, 11 Junie 2004 22:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf >

Ek sal om verskoning vra vir Ekwator as jy om verskoning vra
> vir wildreserwe :)

Kom ons begin weer voor. Waar in jou woordeboek
(wat dieselfde as myne is) kry jy die woord "reservaat."
Volgens ons woordeboek bestaan die woord "reservaat"
nie in Afrikaans nie. Volgens jou woordeboek en my
woordeboek, wat dieselfde is, is die Engelse woord
"reserve" die Afrikaanse woord "reserwe." Jy behoort
om verskoning te vra dat jy so kewademan vir my op
die vingers getik het oor iets wat eenvoudig nie waar
was nie.
Die vraag is, vir my altans, hoekom word die
woord "reservaat" in Afrikaans gebruik vir diere.
Enigiemand enige idees?

Gloudina
Re: Savanna Jane [boodskap #94023 is 'n antwoord op boodskap #94007] Sa, 12 Junie 2004 05:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DanielJan  is tans af-lyn  DanielJan
Boodskappe: 84
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Volle Lid
F*KK*FFFFF anti,

and there you make me vloek again, apology offered to all other individuals!

DanielJan

> Ek wag dat jy verskoning vra.
>
> Gloudina
>
Re: Savanna Jane [boodskap #94024 is 'n antwoord op boodskap #94000] Sa, 12 Junie 2004 05:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DanielJan  is tans af-lyn  DanielJan
Boodskappe: 84
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Volle Lid
anti, the word 'teleur' only has one 'r' at the end, not two as you spelt
it. Please ask for forgiveness.

DanielJan

> jou kop reg opgeskroef het, dan stel jy my weer
> teleurr. Wat is > Gloudina
>
Re: Savanna Jane [boodskap #94025 is 'n antwoord op boodskap #94008] Sa, 12 Junie 2004 05:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DanielJan  is tans af-lyn  DanielJan
Boodskappe: 84
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Volle Lid
Fortunately I have no respect to lose in terms of the anti - I have never
had any respect!

DanielJan

.
>
> Ek verloor alle respek vir jou. As mens verkeerd
> is, behoort jy dit ten minste te erken, as jy eerbaar
> is. >
Re: Savanna Jane [boodskap #94028 is 'n antwoord op boodskap #94010] Sa, 12 Junie 2004 07:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Meeste van wat ek sê, is ook maar tong in die kies. Ek het met Land Rovers
in die huis grootgeword.....my Pa het gevrek oor hulle. So het ek dan
geleer van ratkaste wat huil, van gate in die samestelling van die bakwerk
wat maak dat as jy die wind van voor verkeerd vang, dan bak jy behoorlik
ballas van die warm lug wat oor die manifold hier deur die vloer kom en wat
maak dat jy met jou een voet op die 'dashboard' moet ry. Van 'n Land
Rover wat lekker loop in die hoë binneland deur die jaar en as jy hom afvat
see toe, so 80km uit Swakopmund uit, dan begin hy mis. Valves gebrand!
Deesdae wat ek by die see bly, leef ek elke dag met 4x4'e......en met
die hoogste roessyfer in die wêreld. Daai storie dat 'n Land Rover se
bakwerk van ally is en nie roes nie, is tipiese Engelse logika. Sy
skarniere en chassis is van staal! Die skarnier roes af en dan val die
deure af. Het jy al gesien hoe roes aluminium? Hy maak sulke knoppies
onder die verf en as jy dit oopmaak is daar so 'n wit seep in......en een
dag, dan druk jy sommer so 'n gat deur die paneel.
Hier het ek ook 'n ou Landie gekoop en dit het my totaal genees van
Land Rovers. Sowat van sukkel en breek het ek nog nooit beleef nie.
Selfs in die aand as hy in die garage staan, dan breek die bliksem. Twa!
Kom jy daar dan staan hy so skeef........het 'n veer gebreek. Of jy kyk
onder die bonnet [definitief om olie na te gaan want dis een ding waarvoor
'n Landie meer lief is as vir petrol, dan is dit olie!] en hier staan 'n
straal water....'n gat deurgeroes deur 'n Welsh-plug en jarre se kak om hom
reg te maak.
Het jy al ooit probeer om 'n Landie se koppelaar in die veld reg te
maak? Wel, jy gaan lank besig wees want jy moet omtrent die ding
uitmekaarhaal om by die ratkas uit te kom. Voor dit moet jy natuurlik eers
wag dat hy yskoud word anders gaan jy meer as sonbrand opdoen! Nou nie dat
dit alledaags gebeur nie, maar as jy swaar sand en duine ry en met 'n Landie
se berugte swak enjin, dan word dit nodig. Net om te vergelyk: Onder 'n
Hilux 4x4 grawe jy net die sand so effe weg en kruip een ou onder die ratkas
in en jy maak die propshaft los, die ratkas los en jy laat sak hom in die
skoot van die man daaronder en vervang die plaat. Minder as 'n uur verder
ry jy rustig en tevrede..................

. Daar was nou so 'n rukkie terug
> berig van 'n studie wat deur die Britse weermag gedoen is in Qatar.
> O.a. was slegs 50% van die tenks nog diensbaar na sowat 2 weke se
> woestynstof, maar die Land Rovers se syfer was 90%! ..............seker in vergelyking met BRITSE tenks ook?
>
> Daar's natuurlik altyd so 'n oor-en-weer gekskeerdery tussen Landcruiser
> en Land Rover eienaars:
> Bufferplakker op 'n ou, geduikte en woes-gebruikte Series III Land
> Rover: I'd rather walk or die than drive a Toyota
............of soos die een ou boer hier lank terug gesê het: Jy moet
donners desperaat wees om 'n Land Rover te ry. Loop is veel minder moeite!

> Net iets oor brandstof: Vuil diesel is gewoonlik 'n groter bogger as
> vuil petrol. Maar petrolkanne in Afrika se son is maar 'n gevaarlike
> storie.
.................Hier stem ek met jou saam want ek hou nie van die
ge-ghorrie van die diesels nie en die vibrasie van die bak nie. Ek neem
ernstig fotos en 'n petrol Hilux wat staan en idle voel jy skaars as jy
vinnige foto moet neem. Die gedurige afskakel vir fotos is nie goed vir 'n
diesel nie. Hier by ons kan jy darem omtrent orals petrol kry, maar dan
moet jy nie kieskeurig wees oor loodvrye petrol nie.
Re: Savanna Jane [boodskap #94029 is 'n antwoord op boodskap #93982] Sa, 12 Junie 2004 08:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:N6jyc.3839$0FI1.2733@news01.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
-----Ou Antie jou kop raas. Soos die duiwel wil hê, sê een vrou hier sy
het 'n Bosman en Van der Merwe[let asb. WEER dat as jy 'n Afrikaanse van
alleen skryf van word die 'van' met 'n hoofsletter geskryf.....ek praat nie
weer nie!] op bladsy 625 sal jy die woord 'reservaat' vind. Elaine is
presies reg en jy's, soos gewoonlik, verkeerd. Ewenaar kan twee dinge
beteken......die 'differential' van 'n as of die middelpunt om die aardbol.
Ek sien jou probleem [behalwe dat Elaine reg is], ons praat die taal
elke dag en ken die regte Afrikaanse gebruik. Jy probeer vertaal van jou
kant af deur direk in jou woordeboek vir Afrikaanse woorde te soek van dinge
wat jy in Engels ken. Koop eerder vir jou 'n verklarende woordeboek.
Weereens, Elain is reg en jy skuld haar 'n verskoning vir al die stront
wat jy praat. In gebruiks-Afikaans is daar net wildreservate as jy van
wildtuine of bewaringsgebiede praat en die ewenaar was nog nooit 'ekwator'
gewees nie!

> ( Bosman en van der Merwe, nou nie eintlik 'n baie goeie
> woordeboek nie) is daar glad nie so 'n woord soos
> "reservaat" in die Afrikaanse deel nie. Gaan jy na die
> Engelse kant, dan word "reserve" met "reserwe" vertaal.
> Ek dink jy behoort om verskoning te vra. Dis 'n goeie
> idee om altyd 'n woordeboek langs jou te hê en eers
> seker te maak voor jy begin kekkel.
> Ek wonder hoekom hulle die woord "reservaat" wel
> in Afrikaans gebruik. Miskien om dit te onderskei van
> die woord "reserwe" wat te veel apartheidsera-
> konnotasies het?
> Terloops, die ander woord waaroor jy my kritiseer -
> "ekwator" - kom ook in my Bosman en van der Merwe
> as 'n AFRIKAANSE woord voor. Soos ek sê, kyk eers
> in 'n woordeboek voor jy begin kekkel. Ek doen dit
> altyd.
>
> Gloudina
>
Re: Savanna Jane [boodskap #94037 is 'n antwoord op boodskap #94029] Sa, 12 Junie 2004 12:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Enige mens wat Afrikaans kan praat, het nie 'n woordeboek nodig om te weet
dat Elaine reg was nie.
--
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:40cabb02.0@news1.mweb.co.za...
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:N6jyc.3839$0FI1.2733@news01.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
> -----Ou Antie jou kop raas. Soos die duiwel wil hê, sê een vrou hier sy
> het 'n Bosman en Van der Merwe[let asb. WEER dat as jy 'n Afrikaanse van
> alleen skryf van word die 'van' met 'n hoofsletter geskryf.....ek praat nie
> weer nie!] op bladsy 625 sal jy die woord 'reservaat' vind. Elaine is
> presies reg en jy's, soos gewoonlik, verkeerd. Ewenaar kan twee dinge
> beteken......die 'differential' van 'n as of die middelpunt om die aardbol.
> Ek sien jou probleem [behalwe dat Elaine reg is], ons praat die taal
> elke dag en ken die regte Afrikaanse gebruik. Jy probeer vertaal van jou
> kant af deur direk in jou woordeboek vir Afrikaanse woorde te soek van dinge
> wat jy in Engels ken. Koop eerder vir jou 'n verklarende woordeboek.
> Weereens, Elain is reg en jy skuld haar 'n verskoning vir al die stront
> wat jy praat. In gebruiks-Afikaans is daar net wildreservate as jy van
> wildtuine of bewaringsgebiede praat en die ewenaar was nog nooit 'ekwator'
> gewees nie!
>
>> ( Bosman en van der Merwe, nou nie eintlik 'n baie goeie
>> woordeboek nie) is daar glad nie so 'n woord soos
>> "reservaat" in die Afrikaanse deel nie. Gaan jy na die
>> Engelse kant, dan word "reserve" met "reserwe" vertaal.
>> Ek dink jy behoort om verskoning te vra. Dis 'n goeie
>> idee om altyd 'n woordeboek langs jou te hê en eers
>> seker te maak voor jy begin kekkel.
>> Ek wonder hoekom hulle die woord "reservaat" wel
>> in Afrikaans gebruik. Miskien om dit te onderskei van
>> die woord "reserwe" wat te veel apartheidsera-
>> konnotasies het?
>> Terloops, die ander woord waaroor jy my kritiseer -
>> "ekwator" - kom ook in my Bosman en van der Merwe
>> as 'n AFRIKAANSE woord voor. Soos ek sê, kyk eers
>> in 'n woordeboek voor jy begin kekkel. Ek doen dit
>> altyd.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Savanna Jane [boodskap #94040 is 'n antwoord op boodskap #93954] Sa, 12 Junie 2004 13:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sies maar julle is naar. Hoe kan julle sommer se iemand lieg? Ek was al in
n hele paar lande in Noord Afrika, en ek gaan nie nou die moeite doen om die
lande te noem nie, maar daar IS internet kafees in elke land waar ek nog
was. Soms moet jy dit soek, maar dit is daar. n Interessant boek om te lees
is Paul Theroux se North Star Safari Gloudina (indien jy dit nog nie gelees
het nie). Ek het al sy boeke gelees, en hierdie is een van sy bestes.

Ellie

"Glucklich" skryf in boodskap news:Ulgyc.8562$Kd5.7053@bignews4.bellsouth.net...
>> Ek wonder ook van waar ons die internet
>> boodskappe gekry het as dit nie van internet-
>> kafees af was nie.
>
> Jou Suster lieg sy was nooit soontoe nie, Sy het die internet boodskappe
> vannaf Soweto gestuur en so nou en dan 'n fototjie "ge-edit" met Paint Shop
> Pro.
>
> "So by the way" ek was al op die maan, wil jy die foto's sien?
>
Re: Savanna Jane [boodskap #94042 is 'n antwoord op boodskap #94040] Sa, 12 Junie 2004 13:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

Paul Theroux se North Star Safari Gloudina (indien jy dit nog nie gelees
> het nie).

Nog nie gelees nie, maar sal dit soek. Onthou ek reg
dat hy in sy jong dae in Afrika gewerk het?

Gloudina
Re: Savanna Jane [boodskap #94043 is 'n antwoord op boodskap #94042] Sa, 12 Junie 2004 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, hy het in Malawi skoolgehou as deel van die Peace Corps (Vredesdiens???
:-) Die boek handel oor sy reis vanaf Egipte en eindig in Kaapstad, en sy
indrukke van verskeie Afrika lande. Einigiemand wat enige iets met Afrika te
doen het sal die boek geniet.

Al sy boeke is die moeite werd (indien jy van reisboeke hou). Sy styl is
baie sinies, maar ook humoristies. Hy het huise in Cape Cod en in Hawaii
en was op sy dae n baie aantreklike man. Ek sou voorstel jy begin met A
Kingdom by the Sea, n bytende kykie op die Britte en hulle eienaardighede.

Ellie
"@rogers.com" wrote in message
news:xYDyc.680$h751.322@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
>
> "Ellie" skryf
>
> Paul Theroux se North Star Safari Gloudina (indien jy dit nog nie gelees
>> het nie).
>
> Nog nie gelees nie, maar sal dit soek. Onthou ek reg
> dat hy in sy jong dae in Afrika gewerk het?
>
> Gloudina
>
Vir Gloudina [boodskap #94044 is 'n antwoord op boodskap #94043] Sa, 12 Junie 2004 15:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
OK, die laaste oor hierdie onderwerp, n resensie, probeer dit in jou bib
kry, jy sal dit geniet.
Jammer dis in Engels, ek het nie tyd gehad om dit te vertaal nie ;-)

From Library Journal
Theroux groans his way through Africa; the first single trip since The
Pillars of Hercules.
Copyright 2002 Reed Business Information, Inc.

Book Description
In the travel-writing tradition that made Paul Theroux"s reputation, Dark
Star Safari is a rich and insightful book whose itinerary is Africa, from
Cairo to Cape Town: down the Nile, through Sudan and Ethiopia, to Kenya,
Uganda, and ultimately to the tip of South Africa. Going by train, dugout
canoe, "chicken bus," and cattle truck, Theroux passes through some of the
most beautiful — and often life-threatening — landscapes on earth.
This is travel as discovery and also, in part, a sentimental journey. Almost
forty years ago, Theroux first went to Africa as a teacher in the Malawi
bush. Now he stops at his old school, sees former students, revisits his
African friends. He finds astonishing, devastating changes wherever he goes.
"Africa is materially more decrepit than it was when I first knew it," he
writes, "hungrier, poorer, less educated, more pessimistic, more corrupt,
and you can"t tell the politicians from the witch doctors. Not that Africa
is one place. It is an assortment of motley republics and seedy chiefdoms. I
got sick, I got stranded, but I was never bored. In fact, my trip was a
delight and a revelation."
Seeing firsthand what is happening across Africa, Theroux is as obsessively
curious and wittily observant as always, and his readers will find
themselves on an epic and enlightening journey. Dark Star Safari is one of
his bravest and best books.

As a travel guide, Theroux can both rankle and beguile, but after reading
this marvelous report, readers will probably agree with the priest who
observes, "Wonderful people. Terrible government. The African story."
Re: Savanna Jane [boodskap #94046 is 'n antwoord op boodskap #94019] Sa, 12 Junie 2004 16:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jaaaaaaaa. Kom ek probeer weer. Die woord reserve het baie betekenisse en
in Engels word dit 'n game reserve genoem. So as jy dit direk wil vertaal
sal dit welliswaar "wildreserwe" wees. Maar in Afrikaans het daai
spesifieke "reserve" 'n heel ander betekenis as die een waarvoor hy in
Engels gebruik word. Reserwe (vertaling van reserve), in Afrikaans, is
oortollige of ekstra goete, so as jy van wildsreserwes praat, sal ek aanneem
jy praat van oorskot wild. 'n Heeeellllll ander betekenis. Jy het tog 'n
graad in Afrikaans for crying out load, jy moet tog weet dat ons woorde, nie
noodwendig dieselfde betekenis het as wat dit in Engels het nie.

E

"@rogers.com" wrote:

> Kom ons begin weer voor. Waar in jou woordeboek
> (wat dieselfde as myne is) kry jy die woord "reservaat."
> Volgens ons woordeboek bestaan die woord "reservaat"
> nie in Afrikaans nie. Volgens jou woordeboek en my
> woordeboek, wat dieselfde is, is die Engelse woord
> "reserve" die Afrikaanse woord "reserwe." Jy behoort
> om verskoning te vra dat jy so kewademan vir my op
> die vingers getik het oor iets wat eenvoudig nie waar
> was nie.
> Die vraag is, vir my altans, hoekom word die
> woord "reservaat" in Afrikaans gebruik vir diere.
> Enigiemand enige idees?
>
> Gloudina
>
Re: Savanna Jane [boodskap #94047 is 'n antwoord op boodskap #94037] Sa, 12 Junie 2004 16:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is dit nie vir julle ook snaaks hoe die hele storie weer 'n draai by taal
gaan maak het nie? En die keer was dit my skuld :))

E

"Annette" skryf in boodskap news:cafapt$jrk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Enige mens wat Afrikaans kan praat, het nie 'n woordeboek nodig om te weet
> dat Elaine reg was nie.
> --
> Annette
Re: Savanna Jane [boodskap #94048 is 'n antwoord op boodskap #94046] Sa, 12 Junie 2004 17:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf

Maar in Afrikaans het daai
> spesifieke "reserve" 'n heel ander betekenis as die een waarvoor hy in
> Engels gebruik word. Reserwe (vertaling van reserve), in Afrikaans, is
> oortollige of ekstra goete, so as jy van wildsreserwes praat, sal ek aanneem
> jy praat van oorskot wild.

Ek dink nog jy het die kat aan die stert beet.
"Reserve" in Engels en "reserwe" in Afrikaans
beteken nie oortollig of oorskot nie. ( Vergelyk
byvoorbeeld die betekenis van die Reserwe
Bank.) Die woord het meer die betekenis
van "opsy gesit" meestal met die idee dat dit
'n voorsorgmaatreël is vir later gebruik.
En ek keer weer terug. Jou en my woordeboek,
wat dieselfde is, het nie eens die woord
"reservaat" in nie. Dit sal dus 'n interessante
punt van navorsing wees om uit te vind
waarom die woord nou so baie in SA
vir wildreserwes gebruik word. Ek reken
nog steeds dat omdat die Transkei en ander
dele wat opsy gesit is vir net swart woonplek
in die verlede "reserwes" genoem word, die
woord "reservaat" toe in gebruik gekom het.

Gloudina
Re: Savanna Jane [boodskap #94049 is 'n antwoord op boodskap #94047] Sa, 12 Junie 2004 20:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee dit was my skuld, want ek het die tema begin:))
Van taal gepraat. Daar is onderhoude met die Afrikaanse rugbyspelers gevoer
wat vandag gespeel het - en net een speler, Breyton Paulse, het suiwer
Afrikaans gepraat. Al die ander het hul taal vreeslik "gemix". Luie lot!
--
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:cafc5i$mjc$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Is dit nie vir julle ook snaaks hoe die hele storie weer 'n draai by taal
> gaan maak het nie? En die keer was dit my skuld :))
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:cafapt$jrk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Enige mens wat Afrikaans kan praat, het nie 'n woordeboek nodig om te weet
>> dat Elaine reg was nie.
>> --
>> Annette
>
Re: Savanna Jane [boodskap #94051 is 'n antwoord op boodskap #94048] Sa, 12 Junie 2004 20:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

> En ek keer weer terug. Jou en my woordeboek,
> wat dieselfde is, het nie eens die woord
> "reservaat" in nie.

Die woord kom wel voor in my 1972 uitgawe van Kritzinger, Labuschagne
en Pienaar.
Re: Savanna Jane [boodskap #94052 is 'n antwoord op boodskap #94037] Sa, 12 Junie 2004 23:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
> "Suidwester"

>> Weereens, Elain is reg en jy skuld haar 'n verskoning vir al die
> stront
>> wat jy praat. In gebruiks-Afikaans is daar net wildreservate as jy van
>> wildtuine of bewaringsgebiede

Jy blaf natuurlik, soos gewoonlik, in die verkeerde rigting.
Hierdie situasie het begin toe ek die woord "reserwe"
gebruik het in plaas van "reservaat" en Elaine my daarop
gewys het dat my Afrikaans verkeerd is. Ek het haar
bedank dat sy my reggewys het, maar het tegelykertyd
na die woordeboek gegaan om te kyk of "wildreserwe"
tog nie toelaatbaar is nie. Wat was my verbasing groot
toe my Bosman, Van der Merwe en Barnes se
Skoolwoordeboek ( wat Elaine blykbaar ook het) nie
die woord "reservaat" bevat nie! En wel die woord
"reserwe" as 'n Afrikaanse woord erken. Ek het toe
vir Elaine daarop gewys dat sy nie so "reg" was soos
sy dit wou uitmaak nie. En of julle dit nou wil weet of
nie, die woord ekwator en ekwatoriaal word as
Afrikaanse woorde in die woordeboek erken.

Gloudina
Re: Vir Gloudina [boodskap #94053 is 'n antwoord op boodskap #94044] Sa, 12 Junie 2004 23:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie"

> From Library Journal
> Theroux groans his way through Africa;

Maar sê die titel hier nie volumes nie. Ek dink ek
het een boek van Theroux gelees ( dink dit was
Mosquito Coast of soiets) en het deur 'n hele
klomp geblaai. ( Ek het die gewoonte om deur
boeke te blaai terwyl ek wag dat my man, wat
'n boekaholis is, sy boekkoop-addiksie kan
bevredig deur 'n boek te koop.) En die vinnige
indruk wat ek van Theroux kry, is dat hy baie
egosentries skryf. Sy prosa is goed, maar ek
dink hy is te krities oor alles en nog wat. Goeie
reisskrywers vel nie oordele oor alles en nog
wat nie. Hulle laat die gebeure vir hulself
spreek. Wat sê hy byvoorbeeld oor SA?
En is wat hy sê volgens jou akkuraat?

Gloudina
Re: Vir Gloudina [boodskap #94054 is 'n antwoord op boodskap #94053] Sa, 12 Junie 2004 23:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek kan met jou man simpatiseer, ek is ook n boekaholis, en kan nie weerstaan
om n boekwinkel in te gaan nie.:-)

Ek was verlede week by n groot boekkonferensie in Chicago vir werk, en ons
kon verniet boeke kry, en ek het drie kiste vol boeke huistoe gepos, nugter
weet waneer ek dit gelees gaan kry.

Mosquito Coast is fiksie, en alhoewel die movie heel goed was, het ek nie
die boek gelees nie. Ek lees net sy reisboeke.
Ja, hy is baie sinies, uitgesproke, en sy styl is 'droll' en droog, maar hy
is n goeie skrywer, amper soos John Coetzee, wat ook kan toor met min
woorde. Ek sal aanbeveel jy begin met Dark Star Safari, want sy
waarnemingsvermoee is regtig bo gemiddeld, en sy droë humor en sy
intellegensie is iets besonders. Sy indrukke oor S.A. is interessant, hy
was baie anti apartheid in die verlede, maar hy het meesal goeie dinge te se
oor die land nou, en hy het veral baie van Kaapstad gehou, iets wat my
natuurlik bly gemaak het.

E

"@rogers.com" wrote in message
news:CbMyc.4144$y791.1274@news04.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> "Ellie"
>
>> From Library Journal
>> Theroux groans his way through Africa;
>
> Maar sê die titel hier nie volumes nie. Ek dink ek
> het een boek van Theroux gelees ( dink dit was
> Mosquito Coast of soiets) en het deur 'n hele
> klomp geblaai. ( Ek het die gewoonte om deur
> boeke te blaai terwyl ek wag dat my man, wat
> 'n boekaholis is, sy boekkoop-addiksie kan
> bevredig deur 'n boek te koop.) En die vinnige
> indruk wat ek van Theroux kry, is dat hy baie
> egosentries skryf. Sy prosa is goed, maar ek
> dink hy is te krities oor alles en nog wat. Goeie
> reisskrywers vel nie oordele oor alles en nog
> wat nie. Hulle laat die gebeure vir hulself
> spreek. Wat sê hy byvoorbeeld oor SA?
> En is wat hy sê volgens jou akkuraat?
>
> Gloudina
>
Re: Savanna Jane [boodskap #94056 is 'n antwoord op boodskap #94052] So, 13 Junie 2004 04:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
En so het ek ook gesê - maar gerieflikheidshalwe is dit natuurlik misgekyk.

"@rogers.com" wrote:
. En of julle dit nou wil weet of
> nie, die woord ekwator en ekwatoriaal word as
> Afrikaanse woorde in die woordeboek erken.
>
> Gloudina
>
Re: Savanna Jane [boodskap #94057 is 'n antwoord op boodskap #94048] So, 13 Junie 2004 04:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek gaan nie verder met jou stry nie.

E

"@rogers.com" wrote:

> Ek dink nog jy het die kat aan die stert beet.
> "Reserve" in Engels en "reserwe" in Afrikaans
> beteken nie oortollig of oorskot nie. ( Vergelyk
> byvoorbeeld die betekenis van die Reserwe
> Bank.) Die woord het meer die betekenis
> van "opsy gesit" meestal met die idee dat dit
> 'n voorsorgmaatreël is vir later gebruik.
> En ek keer weer terug. Jou en my woordeboek,
> wat dieselfde is, het nie eens die woord
> "reservaat" in nie. Dit sal dus 'n interessante
> punt van navorsing wees om uit te vind
> waarom die woord nou so baie in SA
> vir wildreserwes gebruik word. Ek reken
> nog steeds dat omdat die Transkei en ander
> dele wat opsy gesit is vir net swart woonplek
> in die verlede "reserwes" genoem word, die
> woord "reservaat" toe in gebruik gekom het.
>
> Gloudina
>
Re: Savanna Jane [boodskap #94058 is 'n antwoord op boodskap #94049] So, 13 Junie 2004 04:57 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja - hy praat vreeslike mooi Afrikaans :)

"Annette" wrote:
Breyton Paulse, het suiwer
> Afrikaans gepraat. Al die ander het hul taal vreeslik "gemix". Luie lot!
> --
> Annette
Vorige onderwerp: Alles nie net negatief nie!
Volgende onderwerp: Gou op die perdjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 21:45:31 MGT 2024