Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Haai shame
Re: Troepie [boodskap #93964 is 'n antwoord op boodskap #93956] Vr, 11 Junie 2004 12:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf

> Nou klim van jou troon af daar in Kanada, kom Afrika toe en kom doen iets
> omtrent hierdie skryende skande.

> "@rogers.com" skryf

Dis 'n skreiende
>> skande.

Elaine, ek wil nou vir jou iets mooi vra. Wat, in jou
binnekant, maak vir jou 'n woord verkeerd op
Afrikaans spel, as die regte spelling vir jou in die
gesig staar? Dis nie dat jy nie weet hoe om die
ding te spel nie. Dit sit voor jou. Maar nee, jy
moet dit verdraai. Ek vra hierdie vraag alleen
omdat jy onlangs, saam met jou geestesbroer
daar in Namibië, gesit en kla het oor die Engels
van die amptenare in SA.

Tant Hessie van die Derde Republiek
Re: Troepie [boodskap #93967 is 'n antwoord op boodskap #93964] Vr, 11 Junie 2004 12:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glucklich[2]  is tans af-lyn  Glucklich[2]
Boodskappe: 93
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
>>> skande.
>
> Elaine, ek wil nou vir jou iets mooi vra. Wat, in jou
> binnekant, maak vir jou 'n woord verkeerd op
> Afrikaans spel, as die regte spelling vir jou in die
> gesig staar? Dis nie dat jy nie weet hoe om die
> ding te spel nie. Dit sit voor jou. Maar nee, jy
> moet dit verdraai. Ek vra hierdie vraag alleen
> omdat jy onlangs, saam met jou geestesbroer
> daar in Namibië, gesit en kla het oor die Engels
> van die amptenare in SA.

Haai antii ekk sekkel ok mar met die spellling van wordde

Een ek iss net baaie blei dar iss umand sos jyy omm my ta lear spell.

Houdkopp vann di Evergladess...
Re: Troepie [boodskap #93968 is 'n antwoord op boodskap #93964] Vr, 11 Junie 2004 12:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ag, ek het dit net gedoen om jou te toets. Ek moet so nou en dan kyk of jy
nog wakker is.

"@rogers.com" wrote:

> Elaine, ek wil nou vir jou iets mooi vra. Wat, in jou
> binnekant, maak vir jou 'n woord verkeerd op
> Afrikaans spel, as die regte spelling vir jou in die
> gesig staar? Dis nie dat jy nie weet hoe om die
> ding te spel nie. Dit sit voor jou. Maar nee, jy
> moet dit verdraai. Ek vra hierdie vraag alleen
> omdat jy onlangs, saam met jou geestesbroer
> daar in Namibië, gesit en kla het oor die Engels
> van die amptenare in SA.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
>
Re: Troepie [boodskap #93969 is 'n antwoord op boodskap #93963] Vr, 11 Junie 2004 12:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is whitey veronderstel om 'n belediging te wees?

Ek het nie 'n dooie woord oor Namib gesê nie. Dis jy wat sit en preek oor
skandes en die vreeslike dinge wat die arme swartes aangedoen word. Moenie
net praat en sê iets moet gedoen word nie - "practise what you preach", lig
jou gat en kom doen iets. Dis maklik om daar in die "vreemde" preke en
steke te gooi, enige iemand kan dit doen. Ek ook.

Om die waarheid te sê dink ek 99% Sub-Sahara Afrika is nie daartoe in staat
om hulle eie probleme op te los nie. Afrika is nou eenmaal net 'n plek en
kultuur op sy eie, en niemand behalwe die mense (wit, swart, pink, blou
geel, groen, rooi) wat hier bly sal dit ooit verstaan nie. En btw. ek dink
Festus Mogae doen 'n wonderlike job van Botswana - en kyk hy's swart.

E

"@rogers.com" wrote:

> Nee, ek is nie 'n whitey nie. Ek dink die
> bevolking van Namibië is heeltemal in staat
> om dinge reg te stel. Ek dink dis jy wat van
> jou troontjie moet afklim.
>
> Tant Hessie van die Spergebied
>
Re: Troepie [boodskap #93975 is 'n antwoord op boodskap #93963] Vr, 11 Junie 2004 13:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Uiteindelik erken sy dit! Was dit so moeilik, huh?
"@rogers.com" wrote in message
news:kdhyc.50$knQ.10@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...
>
> Nee, ek is nie 'n whitey nie.
> Tant Hessie van die Spergebied
>
Re: Troepie [boodskap #93976 is 'n antwoord op boodskap #93956] Vr, 11 Junie 2004 13:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ag Elaine, jy weet mos die antie is net bek en drome. Sy en daai ander
koei van Amerika sit mos net en skryf dinge wat hulle verbeelding hulle
voorsê en dan bied hulle dit vir feit aan. Syself maak baie taalfoute en
die ander gedrog gooi graag vreemde woordjies in vir die indruk, maar weet
van Suider-Afrika en sy praktiese probleme? 'n Bleddie broodrolletjie
weet meer as hulle!

"Elaine" skryf in boodskap news:cac4ng$8u3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nou klim van jou troon af daar in Kanada, kom Afrika toe en kom doen iets
> omtrent hierdie skryende skande. As jy iets uitgerig kry laat weet my, dan
> help ek jou :)
Re: Troepie [boodskap #93980 is 'n antwoord op boodskap #93969] Vr, 11 Junie 2004 13:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf

> Om die waarheid te sê dink ek 99% Sub-Sahara Afrika is nie daartoe in staat
> om hulle eie probleme op te los nie. En btw. ek dink
> Festus Mogae doen 'n wonderlike job van Botswana - en kyk hy's swart.

En jy kan nie sien dat jy twee teenoorgestelde
dinge sê nie?

Gloudina
Re: Troepie [boodskap #93981 is 'n antwoord op boodskap #93967] Vr, 11 Junie 2004 13:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Glucklich" skryf

> Haai antii ekk sekkel ok mar met die spellling van wordde

Jong, ek kritiseer net die spelling van daardie
tweegesigte wat ander sit en kritiseer oor hulle
Engels en hulle spelling, maar wat knaend in
beide Engels en Afrikaans verkeerd skryf.
In hierdie geval het die regte spelling vir Elaine
in die gesig gestaar, maar sy spel dit nog
verkeerd. Maar sy verwaardig haar om ander
te sit en kritiseer.

Tant Hessie van Sleutel Wes
Re: Troepie [boodskap #93994 is 'n antwoord op boodskap #93981] Vr, 11 Junie 2004 15:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
En jy doen presies dieselfde! Haak die ou kop effe vas?
"@rogers.com" wrote in message
news:jViyc.3726$0FI1.2978@news01.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> "Glucklich" skryf
>
>> Haai antii ekk sekkel ok mar met die spellling van wordde
>
> Jong, ek kritiseer net die spelling van daardie
> tweegesigte wat ander sit en kritiseer oor hulle
> Engels en hulle spelling, maar wat knaend in
> beide Engels en Afrikaans verkeerd skryf.
> In hierdie geval het die regte spelling vir Elaine
> in die gesig gestaar, maar sy spel dit nog
> verkeerd. Maar sy verwaardig haar om ander
> te sit en kritiseer.
>
> Tant Hessie van Sleutel Wes
>
Re: Troepie [boodskap #93997 is 'n antwoord op boodskap #93923] Vr, 11 Junie 2004 18:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dankie vir die terugvoer. Katryn s'n ook. Dit wat julle sê maak sin,
maar let ook daarop dat ek gesê het:

>> ...Want
>> die beeld wat so 'n vergelyking onmiddelik by die leser oproep is een
>> van derduisende/miljoene lyke en gaskamers.

Dis dink ek die prentjie in meeste mense se koppe as jy van Naziisme
praat. Ek dink dis juis wat dan maak dat mens nie die ideologiese
verband raaksien nie.

Verder, soos wat Gloudina dit aanhaal, lyk dit asof ek gesê het:
> ... "niks met mekaar
> te doen het nie."

En dit staan nêrens in my pos nie, so ek vind die gebruik van
aanhalingstekens hier verdenklik.

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: Troepie [boodskap #94001 is 'n antwoord op boodskap #93980] Vr, 11 Junie 2004 18:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het gesê 99% van Sub-Sahara - nie 100% nie. EEN LAND in die hele
Sub-Sahara Afrika maak nie 'n suksesstorie nie - Botswana is een van die 1%
wat hulself kan help, al is hulle die land wat met die grootste VIGS krisis
sukkel - ek dink 40% (2001 statistiek) van hulle populasie is MIV+ - is
hulle ook die ENIGSTE land in AFRIKA wat ENIGE effektiewe maatreëls ingestel
het om die probleem te beheer.

Ek het groot hoop dat SA die ander deel van die 1% kan wees.

E

"@rogers.com" wrote:

> En jy kan nie sien dat jy twee teenoorgestelde
> dinge sê nie?
>
> Gloudina
>
Re: Troepie [boodskap #94004 is 'n antwoord op boodskap #93939] Vr, 11 Junie 2004 19:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ok, die Engelse het Walvisbaai gebou, maar dis geen "skokkie" nie. Ek
het niks gesê oor wie dit gebou het nie, eerder aan wie dit *behoort*
het. Feit is, die grondgebied rondom Walvisbaai was uitgesluit uit
enige mandate van die Volkerebond, so as julle destyds vroëer
onafhanklikheid verkry het, sou dit sonder daardie stukkie grond gewees
het en dus sonder 'n ordentlike diepseehawe, wat julle uitvoere kwaai
aan bande sou lê, of dan ten minste nog van Suid-Afrika se goedertrou
afhanklik gemaak het.

Wat betref die diamante. Jy verwar CDM en die CSO (Central Selling
Organisation) De Beers het kort na hulle eie ontstaan gedurende die
Kimberleyse stormloop al begin om 'n hegemonie oor die verkoop van
diamante en die gepaardgaande prysvasstelling te vestig. Die CSO was in
1888 alreeds gestig saam met DCM en die DTC, dus al etlike dekades aan
die gang toe die onafhanklikheid van SWA waarvan ons hier praat, te
berde gekom het. Dus: die profyt van watter diamante ons ook al praat,
sou uiteindelik in De Beers se sakke geland het.

Nou kom ons dus terug by die oorsp. vraag: Wat dink *jy* sou gebeur het
as Suid-Afrika destyds (vroeë 60-er jare, ek het eers gedink dit was in
die 50s) bes gegee het en SWA aan sy eie lot oorgelaat het? Dis nie
bedoel as 'n strikvraag nie, maar ek sou graag wou weet hoe voel 'n
Suidwester oor die saak. Hou ook ingedagte dat die bevrydingsbeweging
wat ons as SWAPO geken het, alreeds toe bestaan het, en in werklikheid
sy ideologie wortels kan terugtrek tot die totstandkoming van die
Kaaplandse Kommunistiese Party in 1921.

Suidwester wrote:
> "knersus" wrote in message
> news:caahgj$enq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>> _Vraag en opmerkings aan *Suidwester*_: wat sou gebeur het as SA destyds
>> in die 1950s toegegee het aan internasionale druk, nie Wêreldhof toe
>> gegaan het nie en SWA net so laat staan het? Een ding wat ek weet,
>> julle sou nie 'n ordentlike hawe gehad nie, Walvisbaai was baie
>> pertinent nog altyd deel van Suid-Afrika gewees (Nou is dit natuurlik
>> Namibiese grondgebied)
>
> .........Ek het 'n skokkie vir jou. SA het nie Walvisbaai se hawe gebou
> nie! Dit was die Engelse. In die laat 1800's kon die Goewerneur in die
> Kaap as verteenwoordiger van Engeland, nie sy 'mind' opmaak oor SWA nie.
> Die Kaaskoppe voor hulle het 'n klomp jare nog verder in die verlede 'n
> ontdekkingstog gestuur na SWA en hulle vrek geskrik vir 'n klomp Hottentotte
> by Sandwich Harbour se fontein en het dit nooit weer probeer nie. Toe die
> Engelse hoor dat die Duitsers besluit het om SWA te annekseer, toe skrik die
> sot in die Kaap met 'n gejuig wakker en kom hulle met die Duitsers ooreen
> dat hulle [die Engelse] die Walvisbaaise natuurlike hawe wil hê. Die
> Duitsers het ingestem want hulle vroeë ondersoeke het miskien die een
> ernstige fout wat hulle gemaak het met SWA, opgelewer. Hulle het gereken
> Sandwich met sy water sou 'n beter hawe uitmaak as Walvis en toe gee hulle
> Walvis vir die Souties. Wat hulle later sou uitvind, was dat die pad
> vanuit Sandwich na die beskawing is vol van die hoogste duine in die Namib
> wat aanmekaar rondloop in die wind.
> Dis toe dat hulle 'n landinggebied geskep het in Swakopmund. As jy die
> plek ken, sal jy besef hoe 'n formidabele prestasie dit was. Dis geen stil
> hawe-water nie en die goed is van die groot skepe wat ver van die land in
> kalmer water vasgemeer het, met 'surf boats' en ingevoerde manne van die
> Kroo stam vanuit Nigerië wat kundiges was op die gebied van om deur swaar
> breekwater te roei. Dink net.....'n hele spoorlyn se spore en meeste van
> die 'rolling stock' is so aan land gebring. Alles net omdat die Jerries
> geweier het om vir die Engelse te erken dat hulle 'n fout met Walvis gemaak
> het!
> Jy moet vergelyk wat die Duitsers in hierdie land gedoen het in 20
> jaar, met die amper 70 jaar onder SA beheer. Dan sal jy verstaan. maar
> dan moet jy seker ook Duitsland na die WW2 vergelyk met meeste ander lande.
> Die Duitsers het breins........
>
> Ek dink al julle diamanteprofyt sou nog steeds
>
>> in De Beers se sak geland het - die CSO is al lank in bedryf en hulle
>> hanteer sowat 80% dalk meer van al die wêreld se diamante.
>
> .......sekerlik omdat die SA regering die Oppenheimers toegelaat het om
> beheer te kry? Die tyd waarvan ons praat was vóór CDM in die dae toe
> diamante in die Namib soos klippe opgetel was. Mens kan jou indink dat as
> die Duitsers beheer gehou het, sou dit maar geknetter het vir Jode om iets
> by hulle te kry?
>
> Julle grootste afsetgebied vir landbouprodukte bly nog steeds SA. Wat sou
> dus
>
>> verander het? Sou enigiets inderwaarheid verander het?
>
> .......Daar is twee kante van die saak. Sekerlik is die vleismark van SA
> daar en is die droeëveld vleis van ons land hoog in aanvraag en van top
> kwaliteit. Maar nou, na onafhanklikheid voer ons ook uit na Europa en
> ander lande. As die SA mark nie so gerieflik was nie, sou verdere uitvoere
> vroeër reeds gebeur het. Die kwaliteit van die produk verkoop homself.
>
> Ek het êrens ook gelees dat die Duitsers op 'n paar honderd siele na die
> Herero-nasie
>
>> uitgewis het na die opstande destyds, so hulle was nie sulke gawe
>> engeltjies nie, was hulle?
>
> .........Daar is vele stories oor die ding. Aan die een kant is daar nou
> die Herero's wat 'n geleentheid vir kompensasie sien en die ding 'regskryf
> of regpraat' en skrywers en politieke aktiviste wat op die 'bandwagon'
> gespring het [a la Gloudina] en die hol uit die hoender uitruk. Feit van
> die saak was dat die Duitsers beskermingsooreenkomste gehad het met die
> verskeie volkere in SWA, onder andere die Herero's. Tog kon die Herero's
> en die Afrikaner-hottentotte nie in vrede leef nie en het daar gedurig
> oorloë uitgebreek. Op 'n dag het die Duitsers gatvol geraak vir die
> gedurige moeilikheid en het Genl. Von Trotha 'n bevel uitgegee dat hulle 'n
> plan met die Herero's moet maak, want so kan dit nie aangaan nie. Toe het
> die Duitse soldate die Herero's begin vasvat en meeste van die Herero's het
> met 'n spoed gevlug na Botswana waar meeste van hulle familie gehad het want
> dis waarvandaan hulle oorspronklik gekom het.
> Maar die storie vertel van 40 - 50 000 mense wat deur die Duitsers
> uitgeroei is terwyl die mense gevlug het. Gebruik nou jou logika. Vir
> 3 - 400 Duitse soldate om 40 000 mense uit te wis, in die veld op die
> hardloop, sou elke soldaat meer as 'n 100 mense moes doodskiet in 'n
> kwessie van 'n paar dae! Met 'n slotgeweer, op 'n perd, in die veld? Nie
> maklik nie!
>
>> _______
>> | OSCAR |
>> |KNERSUS|
>> |__&CO__|
>
>
>

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: Troepie [boodskap #94006 is 'n antwoord op boodskap #93981] Vr, 11 Junie 2004 19:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Tyd vir regstellende aksie.

1) verwaardig: dis seker nie verkeerd nie, maar val snaaks op die oor
vir moderne Afrikaans, "verwerdig" sou beter wees.

2) Sleutel Wes neem ek aan verwys na Key West, een van die Florida keys?
Eerstens moet dit in Afrikaans Sleutel-Wes wees, en tweedens het die
"Key" van "Key West" niks met 'n sleutel te doen nie. Dis eerder
verwant aan "Cay" soos in "Caymans". Die Englese het nou maar eenmaal
die vermoë gehad om plekname se uitsprake en spellings totaal te verfomfaai.

Waar kom die woord "skrei" vandaan? Is dit iets soos met "skree" of
"skreeu" te doen?

Hoelom noem jy jouself altyd "Tant Hessie"? Is dit nou n' verwysing na
Tant Hessie van Helsdingen, wat gereeld ter sprake gekom het in "Bog met
Blou Mandag" destyds oor Springbokradio of die Afrikaanse sender?

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|

@rogers.com wrote:
> "Glucklich" skryf
>
>
>> Haai antii ekk sekkel ok mar met die spellling van wordde
>
>
> Jong, ek kritiseer net die spelling van daardie
> tweegesigte wat ander sit en kritiseer oor hulle
> Engels en hulle spelling, maar wat knaend in
> beide Engels en Afrikaans verkeerd skryf.
> In hierdie geval het die regte spelling vir Elaine
> in die gesig gestaar, maar sy spel dit nog
> verkeerd. Maar sy verwaardig haar om ander
> te sit en kritiseer.
>
> Tant Hessie van Sleutel Wes
>
Re: Troepie [boodskap #94009 is 'n antwoord op boodskap #94004] Vr, 11 Junie 2004 19:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
knersus skryf:

> Ok, die Engelse het Walvisbaai gebou, maar dis geen "skokkie" nie. Ek
> het niks gesê oor wie dit gebou het nie, eerder aan wie dit *behoort*
> het.

Ek sou nie te veel waarde heg aan ou Sudiwester se woorde nie,
Knersus. Soos Mark Twain geskryf het:

"The self taught man seldom knows anything accurately, and he does
not know a tenth as much as he could have known if he had
worked under teachers, and besides, he brags, and is the means of
fooling other thoughtless people into going and doing as he
himself has done."
-- Mark Twain, Taming the Bicycle, 1917
Re: Troepie [boodskap #94011 is 'n antwoord op boodskap #94006] Vr, 11 Junie 2004 19:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus"

> 1) verwaardig: dis seker nie verkeerd nie, maar val snaaks op die oor
> vir moderne Afrikaans, "verwerdig" sou beter wees.

Dankie vir die regstelling. Ja, ek het seker "verwerdig"
bedoel. Jy is 'n stukkie sonskyn op hierdie nuusgroep.
Ek bewonder die kurwes van jou brein.

Gloudina
Re: Troepie [boodskap #94012 is 'n antwoord op boodskap #94006] Vr, 11 Junie 2004 19:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf

> 2) Sleutel Wes neem ek aan verwys na Key West, een van die Florida keys?
> Eerstens moet dit in Afrikaans Sleutel-Wes wees, en tweedens het die
> "Key" van "Key West" niks met 'n sleutel te doen nie. Dis eerder
> verwant aan "Cay" soos in "Caymans". Die Englese het nou maar eenmaal
> die vermoë gehad om plekname se uitsprake en spellings totaal te
verfomfaai.

Ja, ek het nooit die verband gesien tussen "key" en "cay" nie.
Nou wonder ek waar die woord "cay" vandaan kom.
(Het gou gaan kyk. Die American Heritage Dictionary sê
"a small, low islet composed largely of coral and sand.")
Was jy al ooit op daardie "keys"? Ons het eenkeer begin
ry, denkende dat ons Key West sal bereik en weer kan
terugkeer in een agtermiddag, maar toe besef ons later
ons fout en keer halfpad terug. Dit was 'n baie eienaardige
half onbalanserende ondervinding om so amper oor die
see te ry met jou kar.

Gloudina
Re: Troepie [boodskap #94013 is 'n antwoord op boodskap #94006] Vr, 11 Junie 2004 19:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gits, lyk my ek moet myself ook eers regstel. "Englese" moet natuurlik
"Engelse" wees, en "Hoelom" moet "Hoekom" wees. Soos Elaine sê, "die
balk, die balk"!

knersus wrote:
> Tyd vir regstellende aksie.
>
> 1) verwaardig: dis seker nie verkeerd nie, maar val snaaks op die oor
> vir moderne Afrikaans, "verwerdig" sou beter wees.
>
> 2) Sleutel Wes neem ek aan verwys na Key West, een van die Florida keys?
> Eerstens moet dit in Afrikaans Sleutel-Wes wees, en tweedens het die
> "Key" van "Key West" niks met 'n sleutel te doen nie. Dis eerder
> verwant aan "Cay" soos in "Caymans". Die Englese het nou maar eenmaal
> die vermoë gehad om plekname se uitsprake en spellings totaal te
> verfomfaai.
>
> Waar kom die woord "skrei" vandaan? Is dit iets soos met "skree" of
> "skreeu" te doen?
>
> Hoelom noem jy jouself altyd "Tant Hessie"? Is dit nou n' verwysing na
> Tant Hessie van Helsdingen, wat gereeld ter sprake gekom het in "Bog met
> Blou Mandag" destyds oor Springbokradio of die Afrikaanse sender?
>

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: Troepie [boodskap #94014 is 'n antwoord op boodskap #94006] Vr, 11 Junie 2004 19:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf

> Waar kom die woord "skrei" vandaan? Is dit iets soos met "skree" of
> "skreeu" te doen?

Ek neem so aan.( Ek het nie 'n etimologiese woordeboek
hier nie. Kan mens dit op die Internet kry?) Die woord
sal dan ook familie wees van die Engelse "screech."

Gloudina
Re: Troepie [boodskap #94015 is 'n antwoord op boodskap #94006] Vr, 11 Junie 2004 19:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf

> Hoelom noem jy jouself altyd "Tant Hessie"? Is dit nou n' verwysing na
> Tant Hessie van Helsdingen

Ja, ek dink sy is deel van my inspirasie. Maar Tant
Hessie het baie manifestasies. Sy is oral waar iemand
'n skop in die agterstewe nodig het.

Tant Hessie van die Agterste van Helsdingens.
As die dag breek, dan maak sy hom weer heel.
Re: Troepie [boodskap #94016 is 'n antwoord op boodskap #94012] Vr, 11 Junie 2004 20:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Nee, dis een van my drome om eendag met 'n outydse afslaankap-Chev
Bellair oor daardie laaaaaaaaaang brug te ry!

Noudat ons nie Key met Sleutel kan vertaal nie, hoe sou ons dit vertaal?

@rogers.com wrote:
> ons fout en keer halfpad terug. Dit was 'n baie eienaardige
> half onbalanserende ondervinding om so amper oor die
> see te ry met jou kar.

He he, dit klink snaaks! Jy *het* mos oor die see gery! ;-)

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: Troepie [boodskap #94020 is 'n antwoord op boodskap #94016] Vr, 11 Junie 2004 22:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf

> Nee, dis een van my drome om eendag met 'n outydse afslaankap-Chev
> Bellair oor daardie laaaaaaaaaang brug te ry!

Dis nie een lang brug nie. Dis 'n hele klomp brûe tussen talle
klein eilandjies. Maar mens begin later 'n snaakse gevoel
op die maag kry as jy so na aan die water vir so baie
lank ry.

Gloudina
Re: Troepie [boodskap #94021 is 'n antwoord op boodskap #94016] Vr, 11 Junie 2004 22:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf

> Noudat ons nie Key met Sleutel kan vertaal nie, hoe sou ons dit vertaal?

Ek neem aan mens sal die woord "kaai" gebruik.
Soos in die woord kaaiman.
Nou hier is iets
interessant. Die woord cayman ( soos in die
Cayman Islands) is volgens die American Heritage
Dictionary 'n variant van "caiman." En die woord
caiman beteken "any of various tropical American
crocodilians of the genus Caiman and related genera,
resembling and closely related to the alligators.
(Spanish caiman, from Carib cayman, perhaps
of African origen.)
Nou weet ons dat ons in SA 'n pleknaam
het "Kaaimansgat." The Dictionary of South
African English" het die woord "kaaiman" in.
"Used of various reptiles usu alligator, leguaan..
or even lizard. According to one superstition,
a merman. Dutch "kaaiman" from Port. or
Span, caiman alligator.

Tant Hessie Botha die ou krokkodil
Re: Troepie [boodskap #94030 is 'n antwoord op boodskap #94004] Sa, 12 Junie 2004 09:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf in boodskap news:cad0ml$cih$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ok, die Engelse het Walvisbaai gebou, maar dis geen "skokkie" nie. Ek
> het niks gesê oor wie dit gebou het nie, eerder aan wie dit *behoort*
> het. Feit is, die grondgebied rondom Walvisbaai was uitgesluit uit
> enige mandate van die Volkerebond, so as julle destyds vro�er
> onafhanklikheid verkry het, sou dit sonder daardie stukkie grond gewees
> het en dus sonder 'n ordentlike diepseehawe, wat julle uitvoere kwaai
> aan bande sou lê, of dan ten minste nog van Suid-Afrika se goedertrou
> afhanklik gemaak het.
...........Dat Walvisbaai aan SA behoort het na Republiekwording, die betwis
ek nie. Wat ek wel sê is dat Walvis nie die enigste haweplek aan ons kus
is nie! Daar word steeds vandag sterk gekyk na M�webaai aan die
noordekant, en dit gaan dalk in die nabye toekoms gebou word. Feit is, dat
die Duitsers nie Walvisbaai nodig gehad het nie en het al hulle dinge gedoen
sonder Walvisbaai.

> Wat betref die diamante. Jy verwar CDM en die CSO (Central Selling
> Organisation) De Beers het kort na hulle eie ontstaan gedurende die
> Kimberleyse stormloop al begin om 'n hegemonie oor die verkoop van
> diamante en die gepaardgaande prysvasstelling te vestig.
-------daarmee stry ek nie. Ons hier in die land is geneig om oor die
algemeen te praat van CDM, wat kan beteken ook De Beers. Wat maar
dieselfde eintlik is. Net 'n vragie. Aan wie dink jy het De Beers
belasting betaal? SWA? Nie maklik nie. Aan SA!

> Nou kom ons dus terug by die oorsp. vraag: Wat dink *jy* sou gebeur het
> as Suid-Afrika destyds (vroe� 60-er jare, ek het eers gedink dit was in
> die 50s) bes gegee het en SWA aan sy eie lot oorgelaat het? Dis nie
> bedoel as 'n strikvraag nie, maar ek sou graag wou weet hoe voel 'n
> Suidwester oor die saak.
----Jy lees my nie reg nie. Ons almal is as burgers van SA grootgemaak en
dra steeds SA ID nommers. Ons het opleiding in die SA weermag gehad en het
diens gedoen net soos enige SA'er. Dit gaan nie oor die feit dat SA in SWA
aangebly het tot onafhanklikheid tot in die vroeë 90's nie. Ook nie die
feit dat hulle 'n oorlog teen terrorisme in ons land gevoer het nie. Wat
ek gesê het, was dat VOOR hierdie tydperk, dis van so ongeveer die vroeë
twintigs af tot omtrent die vyftigs wat die SA regering die mandaat gehad
het oor SWA en in daardie tyd 'bal gehang' het met die ontwikkeling van die
land. Grotendeels omdat hulle nie massief wou investeer in 'n land wat
hulle nie seker was van of hulle die beheer van permanent gaan behou nie,
MAAR aan die anderkant het hulle toegelaat dat die natuurlike bronne deur
SA'ers benut en gestroop word. Die belasting waarvan na SA gegaan het en
SWA slegs op begroting kon trek. Nou is dit mos net logies as jy kyk wat
die Duitsers in 15 jaar bereik het in 'n land en jy kyk na wat SA gedoen
het, dan moet jy so 'n bietjie ingedoen voel?

Hou ook ingedagte dat die bevrydingsbeweging
> wat ons as SWAPO geken het, alreeds toe bestaan het, en in werklikheid
> sy ideologie wortels kan terugtrek tot die totstandkoming van die
> Kaaplandse Kommunistiese Party in 1921
---Nie die naam Swapo as sulks nie. Net soos die ou Lokasie in Windhoek se
skietery ook g'n niks met die politiek te make gehad het soos wat sekere
historici beweer nie. Dit was bloot 'n opstand oor die reg van shebiens om
drank by die huis verkoop en die feit dat die Munisipaliteit alles onder
beheer in die biersaal wou gehad het. Die opstandelinge was hoofsaaklik
Herero's en veral die vroue wat die drank gestook en verkoop het. Vandag
lieg Sam Nujoma die geskiedenis 'reg' in sy boek deur te vertel dat hy daar
was en dat hy die mense aangehits het! So ook vertel hy dat die 'boere'
mediese behandeling vir die swart opstandelinge geweier het. Alles 'n
lieg, want daar is kontak gemaak met mense wat in die ou Naturellehospitaal
gewerk het daardie nag en daar was 9 dokters [van hulle uit privaat
praktyke] op diens en het in die negentig beseerdes gehelp reg deur die nag
tot die volgende oggend.
>
> Suidwester wrote:
>> "knersus" wrote in message
>> news:caahgj$enq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>
>>> _Vraag en opmerkings aan *Suidwester*_: wat sou gebeur het as SA destyds
>>> in die 1950s toegegee het aan internasionale druk, nie Wêreldhof toe
>>> gegaan het nie en SWA net so laat staan het? Een ding wat ek weet,
>>> julle sou nie 'n ordentlike hawe gehad nie, Walvisbaai was baie
>>> pertinent nog altyd deel van Suid-Afrika gewees (Nou is dit natuurlik
>>> Namibiese grondgebied)
>>
>> .........Ek het 'n skokkie vir jou. SA het nie Walvisbaai se hawe gebou
>> nie! Dit was die Engelse. In die laat 1800's kon die Goewerneur in die
>> Kaap as verteenwoordiger van Engeland, nie sy 'mind' opmaak oor SWA nie.
>> Die Kaaskoppe voor hulle het 'n klomp jare nog verder in die verlede 'n
>> ontdekkingstog gestuur na SWA en hulle vrek geskrik vir 'n klomp Hottentotte
>> by Sandwich Harbour se fontein en het dit nooit weer probeer nie. Toe die
>> Engelse hoor dat die Duitsers besluit het om SWA te annekseer, toe skrik die
>> sot in die Kaap met 'n gejuig wakker en kom hulle met die Duitsers ooreen
>> dat hulle [die Engelse] die Walvisbaaise natuurlike hawe wil hê. Die
>> Duitsers het ingestem want hulle vroeë ondersoeke het miskien die een
>> ernstige fout wat hulle gemaak het met SWA, opgelewer. Hulle het gereken
>> Sandwich met sy water sou 'n beter hawe uitmaak as Walvis en toe gee hulle
>> Walvis vir die Souties. Wat hulle later sou uitvind, was dat die pad
>> vanuit Sandwich na die beskawing is vol van die hoogste duine in die Namib
>> wat aanmekaar rondloop in die wind.
>> Dis toe dat hulle 'n landinggebied geskep het in Swakopmund. As jy die
>> plek ken, sal jy besef hoe 'n formidabele prestasie dit was. Dis geen stil
>> hawe-water nie en die goed is van die groot skepe wat ver van die land in
>> kalmer water vasgemeer het, met 'surf boats' en ingevoerde manne van die
>> Kroo stam vanuit Nigerië wat kundiges was op die gebied van om deur swaar
>> breekwater te roei. Dink net.....'n hele spoorlyn se spore en meeste van
>> die 'rolling stock' is so aan land gebring. Alles net omdat die Jerries
>> geweier het om vir die Engelse te erken dat hulle 'n fout met Walvis gemaak
>> het!
>> Jy moet vergelyk wat die Duitsers in hierdie land gedoen het in 20
>> jaar, met die amper 70 jaar onder SA beheer. Dan sal jy verstaan. maar
>> dan moet jy seker ook Duitsland na die WW2 vergelyk met meeste ander lande.
>> Die Duitsers het breins........
>>
>> Ek dink al julle diamanteprofyt sou nog steeds
>>
>>> in De Beers se sak geland het - die CSO is al lank in bedryf en hulle
>>> hanteer sowat 80% dalk meer van al die wêreld se diamante.
>>
>> .......sekerlik omdat die SA regering die Oppenheimers toegelaat het om
>> beheer te kry? Die tyd waarvan ons praat was vóór CDM in die dae toe
>> diamante in die Namib soos klippe opgetel was. Mens kan jou indink dat as
>> die Duitsers beheer gehou het, sou dit maar geknetter het vir Jode om iets
>> by hulle te kry?
>>
>> Julle grootste afsetgebied vir landbouprodukte bly nog steeds SA. Wat sou
>> dus
>>
>>> verander het? Sou enigiets inderwaarheid verander het?
>>
>> .......Daar is twee kante van die saak. Sekerlik is die vleismark van SA
>> daar en is die droe�veld vleis van ons land hoog in aanvraag en van top
>> kwaliteit. Maar nou, na onafhanklikheid voer ons ook uit na Europa en
>> ander lande. As die SA mark nie so gerieflik was nie, sou verdere uitvoere
>> vroeër reeds gebeur het. Die kwaliteit van die produk verkoop homself.
>>
>> Ek het êrens ook gelees dat die Duitsers op 'n paar honderd siele na die
>> Herero-nasie
>>
>>> uitgewis het na die opstande destyds, so hulle was nie sulke gawe
>>> engeltjies nie, was hulle?
>>
>> .........Daar is vele stories oor die ding. Aan die een kant is daar nou
>> die Herero's wat 'n geleentheid vir kompensasie sien en die ding 'regskryf
>> of regpraat' en skrywers en politieke aktiviste wat op die 'bandwagon'
>> gespring het [a la Gloudina] en die hol uit die hoender uitruk. Feit van
>> die saak was dat die Duitsers beskermingsooreenkomste gehad het met die
>> verskeie volkere in SWA, onder andere die Herero's. Tog kon die Herero's
>> en die Afrikaner-hottentotte nie in vrede leef nie en het daar gedurig
>> oorloë uitgebreek. Op 'n dag het die Duitsers gatvol geraak vir die
>> gedurige moeilikheid en het Genl. Von Trotha 'n bevel uitgegee dat hulle 'n
>> plan met die Herero's moet maak, want so kan dit nie aangaan nie. Toe het
>> die Duitse soldate die Herero's begin vasvat en meeste van die Herero's het
>> met 'n spoed gevlug na Botswana waar meeste van hulle familie gehad het want
>> dis waarvandaan hulle oorspronklik gekom het.
>> Maar die storie vertel van 40 - 50 000 mense wat deur die Duitsers
>> uitgeroei is terwyl die mense gevlug het. Gebruik nou jou logika. Vir
>> 3 - 400 Duitse soldate om 40 000 mense uit te wis, in die veld op die
>> hardloop, sou elke soldaat meer as 'n 100 mense moes doodskiet in 'n
>> kwessie van 'n paar dae! Met 'n slotgeweer, op 'n perd, in die veld? Nie
>> maklik nie!
>>
>>> _______
>>> | OSCAR |
>>> |KNERSUS|
>>> |__&CO__|
>>
>
> --
> _______
> | OSCAR |
> |KNERSUS|
> |__&CO__|
Re: Troepie [boodskap #94031 is 'n antwoord op boodskap #94009] Sa, 12 Junie 2004 09:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hie-hie-haa-haaa! Jou simpel, simpel vroumens! Het jy niks beter om te
doen nie? Eintlik moet ek baie gevlei voel want jy soek duidelik iets van
my! Jy jeuk en drup behoorlik van lus. Jammer skattie, jy staan my nie
aan nie. Jy stink.......

"Katryn" skryf in boodskap news:f82kc0tkrqavlaal07scv2b3ak1qbb2311@4ax.com...
> knersus skryf:
> Ek sou nie te veel waarde heg aan ou Sudiwester se woorde nie,
> Knersus. Soos Mark Twain geskryf het:
>
> "The self taught man seldom knows anything accurately, and he does
> not know a tenth as much as he could have known if he had
> worked under teachers, and besides, he brags, and is the means of
> fooling other thoughtless people into going and doing as he
> himself has done."
> -- Mark Twain, Taming the Bicycle, 1917
>
Re: Troepie [boodskap #94041 is 'n antwoord op boodskap #93899] Sa, 12 Junie 2004 13:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hey! Hey! HEY!!

Wats jou storie - dit is nou rerig 'n moerse belediging om my met
Gloudina se alter eggo te verwar! Katryn het nog gewonder wat 'n
rekenaar is toe het ek al gepos op die nuusgroep!

"Suidwester" skryf in boodskap news:...
> Aag shit, jou dom koei! Wyk Satan! Wyk Katryn/Streepmuis/Watookal.
> "Lou" wrote in message
> news:bfb75562.0406100641.13a7b3df@posting.google.com...
>> "Suidwester" wrote in message
> news:...
>>> "Lou" wrote in message
>>> news:bfb75562.0406090820.7ec2d5bd@posting.google.com...
>>>> Het jy geweet dat baie van die SWA'ners na die Pretoria toe gestuur is
>>>> om hulle bietjie kultuur te gee - en die plaas bietjie uit hulle te
>>>> kry?
>>> ...........ek het nie 'n probleem daarmee om 'plaas' te wees nie. Ten
>>> minste weet ek wie my ma en my pa is!
>>
>> En ook het die ouens van die plaas se pa's en ma's mekaar so goed
>> geken dat hulel eintlik boetie en sussie kon gewees het? Of dalk is?
>> RODVELMGA!!!
lou se eggo [boodskap #94050 is 'n antwoord op boodskap #94041] Sa, 12 Junie 2004 20:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
l...@lous.zzn.com (Lou) skryf:

> Wats jou storie - dit is nou rerig 'n moerse belediging om my met
> Gloudina se alter eggo te verwar!

As jy wil beledig, doen dit dan asseblief met die regte woorde en
spelling. Jy bedoel seker " alter ego"? Dit is 'n latynse frase.
Soos a verbis ad verbera.
Of gebruik eggo, maar los dan die "alter" uit.

> Katryn het nog gewonder wat 'n
> rekenaar is toe het ek al gepos op die nuusgroep!

As jou naam Pi is, mag jy dalk reg wees, maar indien nie, kan ek jou
verseker jy praat snert!
Totale snotkop windgat snert!
Re: lou se eggo [boodskap #94059 is 'n antwoord op boodskap #94050] So, 13 Junie 2004 06:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
> l...@lous.zzn.com (Lou) skryf:
>
>> Wats jou storie - dit is nou rerig 'n moerse belediging om my met
>> Gloudina se alter eggo te verwar!
>
> As jy wil beledig, doen dit dan asseblief met die regte woorde en
> spelling. Jy bedoel seker " alter ego"? Dit is 'n latynse frase.
> Soos a verbis ad verbera.
> Of gebruik eggo, maar los dan die "alter" uit.

Jy het presies verstaan wat ek bedoel het - hierdie is die internet -
spelling is nie belangrik nie. Sit maar.

>
>> Katryn het nog gewonder wat 'n
>> rekenaar is toe het ek al gepos op die nuusgroep!
>
> As jou naam Pi is, mag jy dalk reg wees, maar indien nie, kan ek jou
> verseker jy praat snert!
> Totale snotkop windgat snert!

Pi het wat te doen met rekenaars? En weet jy al wat 'n rekenaar is?
Hint - dit is nie die keyboard en skerm waarop jy jou boodskappies
intik nie.
Re: lou se eggo [boodskap #94067 is 'n antwoord op boodskap #94059] So, 13 Junie 2004 12:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
l...@lous.zzn.com (Lou) skryf:

> En weet jy al wat 'n rekenaar is?
> Hint - dit is nie die keyboard en skerm waarop jy jou boodskappies
> intik nie.

Laat ek nou mooi dink. Dis iemand wat vinnig en maklik somme kan
doen, of 'n masjien wat blistvinnig ingewikkelde berekenings kan maak?
Hey Lou, het jy al uitgefieger wat 'n komper is?
;-)
Re: Troepie [boodskap #94076 is 'n antwoord op boodskap #94009] Ma, 14 Junie 2004 02:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Ek sou nie te veel waarde heg aan ou Sudiwester se woorde nie,
> Knersus. Soos Mark Twain geskryf het:
>
> "The self taught man seldom knows anything accurately, and he does
> not know a tenth as much as he could have known if he had
> worked under teachers, and besides, he brags, and is the means of
> fooling other thoughtless people into going and doing as he
> himself has done."
> -- Mark Twain, Taming the Bicycle, 1917

Ek kan nie verstaan hoekom jy hierdie aanhaling uit
Mark Twain gebruik in hierdie verband nie. Wil
jy sê dat Suidwester 'n "self taught man" is? Waarop
baseer jy dit. Ek kry eintlik die indruk dat baie van
wat Suidwester sê berus op tweedehandse
cliches oor dinge soos seks en politiek, en sou
hom dus nie 'n "self taught" persoon noem nie.

Dit slaan my egter ook dronk hoekom Mark
Twain dit so het teen "the self taught man." In
watter konteks het hy hierdie uitspraak gemaak?
Ek sou liewer dink dat "self taught" mense iets
prysenswaardig doen. Ek neem byvoorbeeld
die geval van my pa wat min skoling gehad
het ( behalwe wat hy opgetel het met periodieke
besoeke van 'n rondreisende onderwyser aan
hulle plaas in Namakwaland) maar toe vir
homself 'n ingewikkelde stelsel van rekenkunde
uitgewerk het om die lone te bereken van sy
arbeiders wat in die winter "stokkies gevleg"
het in die wingerd. Ek was stom van verbasing
toe ek sy sisteem eendag bekyk. Dit het glad
nie gelyk soos dit wat ons in die skool geleer
het nie.

Gloudina
Om te leer fietsry... [boodskap #94092 is 'n antwoord op boodskap #94076] Ma, 14 Junie 2004 12:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

> Dit slaan my egter ook dronk hoekom Mark
> Twain dit so het teen "the self taught man." In
> watter konteks het hy hierdie uitspraak gemaak?

Gaan lees gerus weer hierdie tydlose humoristiese essay van hom. Dit
sal die konteks vir jou baie duidelik maak. ;-)

Hier is 'n skakel:
http://users.telerama.com/~joseph/bike1.html
Re: Troepie [boodskap #94097 is 'n antwoord op boodskap #93964] Ma, 14 Junie 2004 17:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
soforkenwhat  is tans af-lyn  soforkenwhat
Boodskappe: 75
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Volle Lid
ag fok, spelling alweer

"@rogers.com" wrote in message
news:tmhyc.56$knQ.18@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...
>
> "Elaine" skryf
>
>> Nou klim van jou troon af daar in Kanada, kom Afrika toe en kom doen iets
>> omtrent hierdie skryende skande.
>
>
>> "@rogers.com" skryf
>
> Dis 'n skreiende
>>> skande.
>
> Elaine, ek wil nou vir jou iets mooi vra. Wat, in jou
> binnekant, maak vir jou 'n woord verkeerd op
> Afrikaans spel, as die regte spelling vir jou in die
> gesig staar? Dis nie dat jy nie weet hoe om die
> ding te spel nie. Dit sit voor jou. Maar nee, jy
> moet dit verdraai. Ek vra hierdie vraag alleen
> omdat jy onlangs, saam met jou geestesbroer
> daar in Namibië, gesit en kla het oor die Engels
> van die amptenare in SA.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
>
Re: Troepie [boodskap #94098 is 'n antwoord op boodskap #93981] Ma, 14 Junie 2004 17:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
soforkenwhat  is tans af-lyn  soforkenwhat
Boodskappe: 75
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Volle Lid
en nou vra ons maar weer, so forken what

"@rogers.com" wrote in message
news:jViyc.3726$0FI1.2978@news01.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> "Glucklich" skryf
>
>> Haai antii ekk sekkel ok mar met die spellling van wordde
>
> Jong, ek kritiseer net die spelling van daardie
> tweegesigte wat ander sit en kritiseer oor hulle
> Engels en hulle spelling, maar wat knaend in
> beide Engels en Afrikaans verkeerd skryf.
> In hierdie geval het die regte spelling vir Elaine
> in die gesig gestaar, maar sy spel dit nog
> verkeerd. Maar sy verwaardig haar om ander
> te sit en kritiseer.
>
> Tant Hessie van Sleutel Wes
>
Re: Troepie [boodskap #94099 is 'n antwoord op boodskap #94006] Ma, 14 Junie 2004 17:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
soforkenwhat  is tans af-lyn  soforkenwhat
Boodskappe: 75
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Volle Lid
waas die haaspastei ?

"knersus" skryf in boodskap news:cad1at$e9v$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Tyd vir regstellende aksie.
>
> 1) verwaardig: dis seker nie verkeerd nie, maar val snaaks op die oor
> vir moderne Afrikaans, "verwerdig" sou beter wees.
>
> 2) Sleutel Wes neem ek aan verwys na Key West, een van die Florida keys?
> Eerstens moet dit in Afrikaans Sleutel-Wes wees, en tweedens het die
> "Key" van "Key West" niks met 'n sleutel te doen nie. Dis eerder
> verwant aan "Cay" soos in "Caymans". Die Englese het nou maar eenmaal
> die vermoë gehad om plekname se uitsprake en spellings totaal te verfomfaai.
>
> Waar kom die woord "skrei" vandaan? Is dit iets soos met "skree" of
> "skreeu" te doen?
>
> Hoelom noem jy jouself altyd "Tant Hessie"? Is dit nou n' verwysing na
> Tant Hessie van Helsdingen, wat gereeld ter sprake gekom het in "Bog met
> Blou Mandag" destyds oor Springbokradio of die Afrikaanse sender?
>
> --
> _______
> | OSCAR |
> |KNERSUS|
> |__&CO__|
>
>
> @rogers.com wrote:
>> "Glucklich" skryf
>>
>>
>>> Haai antii ekk sekkel ok mar met die spellling van wordde
>>
>>
>> Jong, ek kritiseer net die spelling van daardie
>> tweegesigte wat ander sit en kritiseer oor hulle
>> Engels en hulle spelling, maar wat knaend in
>> beide Engels en Afrikaans verkeerd skryf.
>> In hierdie geval het die regte spelling vir Elaine
>> in die gesig gestaar, maar sy spel dit nog
>> verkeerd. Maar sy verwaardig haar om ander
>> te sit en kritiseer.
>>
>> Tant Hessie van Sleutel Wes
>>
>>
Re: Troepie [boodskap #94104 is 'n antwoord op boodskap #94099] Ma, 14 Junie 2004 19:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
He he he, my tanne hang oppie draad!

Hoekom spel jy "forken" so verkeerd? En dan mieks jy nog jou tale ook!
Alweer spelling - haas pastei is haaspastei.

Ai tog, is 'n moeilike jop hierdie, om die volk op te voed! Kom nou, klas!

soforkenwhat wrote:
> waas die haaspastei ?
>
>
> "knersus" wrote in message
> news:cad1at$e9v$1@ctb-nnrp2.saix.net...

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: Troepie [boodskap #94111 is 'n antwoord op boodskap #94104] Ma, 14 Junie 2004 23:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus"

> Ai tog, is 'n moeilike jop hierdie, om die volk op te voed! Kom nou,
klas!

Nouja, nou sien jy wat Tant Hessie se tande laat kners.
(In die koppietjie langs haar bed.) Ek sou graag gou
ietsie wou braai, maar daar is haas vleis in die huis,
nou sal ek maar wag.

Tant Hessie van Agtertang
Re: Troepie [boodskap #94127 is 'n antwoord op boodskap #94104] Di, 15 Junie 2004 15:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
soforkenwhat  is tans af-lyn  soforkenwhat
Boodskappe: 75
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Volle Lid
for varkstakes, ek het net 1 hand en daar is net 3 vingers aan, so dit gaan
maar moeilik en dan is my keyboard se letters "afgevreet" , so ek speel raai
raai en dan wil ek ook nie polities korrek wees nie en dan nou ja , dis my
computina en ek mag

"knersus" skryf in boodskap news:caku76$ps4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> He he he, my tanne hang oppie draad!
>
> Hoekom spel jy "forken" so verkeerd? En dan mieks jy nog jou tale ook!
> Alweer spelling - haas pastei is haaspastei.
>
> Ai tog, is 'n moeilike jop hierdie, om die volk op te voed! Kom nou, klas!
>
> soforkenwhat wrote:
>> waas die haaspastei ?
>>
>>
>> "knersus" wrote in message
>> news:cad1at$e9v$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> --
> _______
> | OSCAR |
> |KNERSUS|
> |__&CO__|
Re: Troepie [boodskap #94136 is 'n antwoord op boodskap #94127] Di, 15 Junie 2004 18:21 Na vorige boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Miskien moet jy van jou varksteaks vir tant Hessie stuur? Sy't amper
nie vleis in die huis nie, smaak dit my.

Dalk stuur sy vir jou 'n kiebord in ruil. Ek weet egter nie wat jy aan
die drie vingers-probleem kan doen nie. Ek het byv. self 'n
tien-duime-probleem (he he, as dit 'n tien-duim probleem was, was dit
nie 'n probleem nie!)

So van sleutels gepraat, ek sien Google definieer "key" (soos in
Florida) ook as "cay", so ons vermoedens daar was reg. Ken julle die
Google "define:" sleutelwoord? As jy byv in Google intik: define:
cayman, sal hy al die definisies probeer opspoor.

soforkenwhat wrote:
> for varkstakes, ek het net 1 hand en daar is net 3 vingers aan, so dit gaan
> maar moeilik en dan is my keyboard se letters "afgevreet" , so ek speel raai
> raai en dan wil ek ook nie polities korrek wees nie en dan nou ja , dis my
> computina en ek mag
>
>
> "knersus" wrote in message
> news:caku76$ps4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>> He he he, my tanne hang oppie draad!

>> Hoekom spel jy "forken" so verkeerd? En dan mieks jy nog jou tale ook!
>> Alweer spelling - haas pastei is haaspastei.

>> Ai tog, is 'n moeilike jop hierdie, om die volk op te voed! Kom nou,
>
> klas!
>
>> soforkenwhat wrote:

>>> waas die haaspastei ?
>
>
>>> "knersus" wrote in message
>>> news:cad1at$e9v$1@ctb-nnrp2.saix.net...

>> --
>> _______
>> | OSCAR |
>> |KNERSUS|
>> |__&CO__|
>
>
>

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Vorige onderwerp: Re: Radio 1
Volgende onderwerp: ET is uit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 21:46:59 MGT 2024