Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Visagie-skietongeluk
Visagie-skietongeluk [boodskap #93823] Wo, 09 Junie 2004 06:46 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek kan eintlik nie aan iets erger dink as 'n pa wat per ongeluk sy eie kind
doodskiet nie en daarom het ek groot simpatie met Rudi Visagie en sy
familie. Maar dan tel ek gister die nuutste Huisgenoot op en sien die
werklike storie, eksklusief in die Huisgenoot. Orals in die nuus het
gestaan dat hy 'n waarskuwingskoot geskiet het sommer deur die ruit en dat
die koeël sy dogter getref het. Die Huisgenoot reken dat hy die venster
met sy hand waarin die pistool was oopgemaak het en dat die skoot per
ongeluk afgegaan het. Die pistool was 'n 7,65mm wat eintlik nie eers 'n
behoorlike duik in 'n nat drol kan skiet nie en die skoot het deur 'n pilaar
gegaan en haar in die nek getref.
Ek glo dit....daarmee het ek nie 'n probleem nie. Maar nou weet ek ook
dat die Huisgenoot moerse bedrae geld betaal vir 'exclusives' en hierdie
storie sê dat hy nou vir die eerste keer self sê wat die waarheid is. Die
siniese in my wonder nou net hoekom het hy gewag met die waarheid tot die
Huisgenoot die storie eksklusief kry? Vir die geld? Ek vind dit snaaks
dat die man wil geld maak uit sy grootste tragedie. Ken iemand die
werklike storie?
Re: Visagie-skietongeluk [boodskap #93824 is 'n antwoord op boodskap #93823] Wo, 09 Junie 2004 07:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gegewe Huisgenoot se geskiedenis om feite om te skep in fiktiewe sensasie,
sal ek maar dit wat hy in die hof vertel het as die waarheid aanvaar.
Ja, dit grief my ook dat in hul hartseer hulle dit nog steeds goed gedink
het om die tragedie eksklusief aan Huisgenoot te verkoop. Dit het iets met
mentaliteit te doen.
--
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:40c6b285.0@news1.mweb.co.za...
> Ek kan eintlik nie aan iets erger dink as 'n pa wat per ongeluk sy eie kind
> doodskiet nie en daarom het ek groot simpatie met Rudi Visagie en sy
> familie. Maar dan tel ek gister die nuutste Huisgenoot op en sien die
> werklike storie, eksklusief in die Huisgenoot. Orals in die nuus het
> gestaan dat hy 'n waarskuwingskoot geskiet het sommer deur die ruit en dat
> die koeël sy dogter getref het. Die Huisgenoot reken dat hy die venster
> met sy hand waarin die pistool was oopgemaak het en dat die skoot per
> ongeluk afgegaan het. Die pistool was 'n 7,65mm wat eintlik nie eers 'n
> behoorlike duik in 'n nat drol kan skiet nie en die skoot het deur 'n pilaar
> gegaan en haar in die nek getref.
> Ek glo dit....daarmee het ek nie 'n probleem nie. Maar nou weet ek ook
> dat die Huisgenoot moerse bedrae geld betaal vir 'exclusives' en hierdie
> storie sê dat hy nou vir die eerste keer self sê wat die waarheid is. Die
> siniese in my wonder nou net hoekom het hy gewag met die waarheid tot die
> Huisgenoot die storie eksklusief kry? Vir die geld? Ek vind dit snaaks
> dat die man wil geld maak uit sy grootste tragedie. Ken iemand die
> werklike storie?
>
Re: Visagie-skietongeluk [boodskap #93825 is 'n antwoord op boodskap #93824] Wo, 09 Junie 2004 07:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
As die mense die geld geskenk het vir 'n goeie doel, dan is ek heel bereid
om my twyfel onvoorwaardelik terug te trek.

"Annette" skryf in boodskap news:ca6dfk$rtn$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Gegewe Huisgenoot se geskiedenis om feite om te skep in fiktiewe sensasie,
> sal ek maar dit wat hy in die hof vertel het as die waarheid aanvaar.
> Ja, dit grief my ook dat in hul hartseer hulle dit nog steeds goed gedink
> het om die tragedie eksklusief aan Huisgenoot te verkoop. Dit het iets met
> mentaliteit te doen.
> --
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:40c6b285.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek kan eintlik nie aan iets erger dink as 'n pa wat per ongeluk sy eie
> kind
>> doodskiet nie en daarom het ek groot simpatie met Rudi Visagie en sy
>> familie. Maar dan tel ek gister die nuutste Huisgenoot op en sien die
>> werklike storie, eksklusief in die Huisgenoot. Orals in die nuus het
>> gestaan dat hy 'n waarskuwingskoot geskiet het sommer deur die ruit en dat
>> die koeël sy dogter getref het. Die Huisgenoot reken dat hy die venster
>> met sy hand waarin die pistool was oopgemaak het en dat die skoot per
>> ongeluk afgegaan het. Die pistool was 'n 7,65mm wat eintlik nie eers 'n
>> behoorlike duik in 'n nat drol kan skiet nie en die skoot het deur 'n
> pilaar
>> gegaan en haar in die nek getref.
>> Ek glo dit....daarmee het ek nie 'n probleem nie. Maar nou weet ek
> ook
>> dat die Huisgenoot moerse bedrae geld betaal vir 'exclusives' en hierdie
>> storie sê dat hy nou vir die eerste keer self sê wat die waarheid is.
> Die
>> siniese in my wonder nou net hoekom het hy gewag met die waarheid tot die
>> Huisgenoot die storie eksklusief kry? Vir die geld? Ek vind dit
> snaaks
>> dat die man wil geld maak uit sy grootste tragedie. Ken iemand die
>> werklike storie?
>>
>
Re: Visagie-skietongeluk [boodskap #93830 is 'n antwoord op boodskap #93825] Wo, 09 Junie 2004 09:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hmmm - miskien het hulle die geld nodig om hulle regsonkostes te dek?

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:40c6c185.0@news1.mweb.co.za...
> As die mense die geld geskenk het vir 'n goeie doel, dan is ek heel bereid
> om my twyfel onvoorwaardelik terug te trek.
Re: Visagie-skietongeluk [boodskap #93833 is 'n antwoord op boodskap #93823] Wo, 09 Junie 2004 10:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:...
> Vir die geld? Ek vind dit snaaks
> dat die man wil geld maak uit sy grootste tragedie. Ken iemand die
> werklike storie?

Maar jy is 'n siniese donner - dink net wat die ou se regs uitgawes gaan wees.
Re: Visagie-skietongeluk [boodskap #93849 is 'n antwoord op boodskap #93833] Wo, 09 Junie 2004 13:10 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Mag wees, maar ek vind dit 'n aardige storie. Sekerlik kan hulle dit maar
doen, maar dan moet hulle dit nie al tjankend doen nie. Los dit vir iemand
soos ek om so 'n praktiese besluit te neem, maar die mense huil dat die
trane loop en reken dit was alles God se wil, maar dan maak hulle die storie
souseriger vir beter geld? Soos jy sê, ek is sinies!

"Lou" skryf in boodskap news:bfb75562.0406090252.684f5851@posting.google.com...
> "Suidwester" wrote in message
news:...
>> Vir die geld? Ek vind dit snaaks
>> dat die man wil geld maak uit sy grootste tragedie. Ken iemand die
>> werklike storie?
>
> Maar jy is 'n siniese donner - dink net wat die ou se regs uitgawes gaan
wees.
Vorige onderwerp: Om Ons Leerplan te begryp
Volgende onderwerp: Interessante verwikkeling: Nam plase
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 01:00:37 MGT 2024