Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » White Dispossession...ens
White Dispossession...ens [boodskap #9369] Vr, 16 Mei 1997 00:00
Gys Dubbeld  is tans af-lyn  Gys Dubbeld
Boodskappe: 21
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
Wilhelm wou weet of blankes in 1900 in die meerderheid was... Dit was darem
nie so nie. Aangepaste (om voorsiening te maak vir weglatings ens)
sensussyfers en sedert 1904 gee die volgende persentasies. (Die afname in
oor die jare in die persentasie blankes beteken natuurlik nie dat daar 'n
afname in die totale aantal blankes was nie. Daar is huidiglik ongeveer 5
milioen blankes - amper net soveel as die totale bevolking van SA in
1904). Die bron van die 1995 syfer is die Bevolkingsregister.

1904: Blank: 21,6%; Indier: 2,4%; Kleurling: 8,6%; Swart: 67,4%

1911: Blank: 21,4%; Indier: 2,5%; Kleurling: 8,8%; Swart: 67,3%

1921: Blank: 21,9%; Indier: 2,5%; Kleurling: 7,9%; Swart: 67,8%

1936: Blank: 20,9%; Indier: 2,3%; Kleurling: 8,0%; Swart: 68,7%

1946: Blank: 20,7%; Indier: 2,6%: Kleurling: 8,0%; Swart: 68,7%

1951: Blank: 20,8%; Indier: 2,9%; Kleurling: 8,7%; Swart: 67,5%

1960: Blank: 19,5%; Indier: 3,0%; Kleurling: 9,3%; Swart: 68,2%

1970: Blank: 17,5%; Indier: 2,9%; Kleurling: 9,4%; Swart: 70,2%

1980: Blank: 15,6%; Indier: 2,6%; Kleurling: 9,3%; Swart: 72,5%

1995: Blank: 12,7%; Indier: 2,5%; Kleurling: 8,5%; Swart: 76,3%

Die hoogste persentasie blankes in verhouding tot ander
bevolkingsgroepe was omtrent 22% in 1920. Sedertdien was daar 'n
voortdurende afname (behalwe vir 'n klein toename net na die tweede
wereldoorlog as gevolg van die toename na oorlogse "baby boom" en 'n toename
in immigrasie) in proporsie blankes in die bevolking. Die grootste
relatiewe afname is na 1960 soos blankes al hoe meer die "Wes-
Europese" model wat betref gesinsgrootte begin volg het. Indiers
begin hierdie model navolg vanaf 1970 en kleurlinge vanaf 1980.

Suid Afrika, in terme van welvaart, bly een van die ongelykste lande in die
wereld: Die gemiddelde inkomste per persoon van blankes is nog
steeds meer as tien keer so hoog as die van swartes, (daar is egter 'n baie
klein persentasie Swartes wat besig is om besonder ryk te word -
die verskille tussen die baie klein persentasie rykes en armes binne
die swart gemeenskap is nou groter as die verskil tussen Blank en
Swart - dit bly egter 'n feit dat bitter min blankes, en 'n
besonder groot aantal swartes brandarm is). Indiers as groep het
ongeveer een-derde van die gemiddelde inkomste per persoon as
blankes en kleurling ongeveer een-vyfde.

Gys
Vorige onderwerp: Re: ThotmesIII - Bleah >:B
Volgende onderwerp: Arikaanse speltoetsers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 03:32:09 MGT 2024