Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Fw: Voorgestelde naamsverandering van die Hugenote-tonnel
Fw: Voorgestelde naamsverandering van die Hugenote-tonnel [boodskap #93597] Do, 03 Junie 2004 04:15 na volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
----- Original Message -----
From: "Navorsing"
Sent: Wednesday, June 02, 2004 9:59 PM
Subject: Voorgestelde naamsverandering van die Hugenote-tonnel

Geagte Redakteur

Die huidige debat oor die voorgestelde naamsverandering van die
Hugenote-tonnel verwys:

Die aanduiding hiervan was in 'n nasionale Afrikaanse Sondag koerant van
23/05/04 geadverteer. Beswaardes is van die datum een en twintig dae tyd
gegun om besware te lewer aan die Nasionale padagentskap van Suid-Afrika..
DIe voorstel is dat die naam van die Hugenote-tonnel vervang moet word met
die ontslape ANC Minister van Vervoer se naam Dolar Omar.

Die Franse Hugenote het in 1688 na die Kaap gekom. Die Hugenote Monument
in Franschhoek is gedurende 1948 ingewy.
Die Hugenote Monument se simboliek kan in elf stadia verdeel word.

Kortliks kan die simboliek van die Hugenote Monument as volg opgesom word.

Die monument, die ontkoming en sielevrede van godsdiens onderdrukking
uitbeeld tesame met die gawes en talente wat die Hugenote saam met hulle na
die suid-punt van Afrika gebring het. Die gebruik van 'n vrouefiguur is ook
'n toonbeeld van die rol wat vrouens tydens die Hugenote se godsdiens
onderdrukking en koms na Suid-Afrika gespeel het. Die elf stadia van die
monument se simboliek kan ook as 'n aanduiding van 'n groep toekomsgerigte
mense gesien word.

Ek hoop en bid dat genoeg mense besware vir die voorgestelde naams
verandering van die Hugenote-tonnel sal aanteken. Daar is genoeg nuwe
ontwikkelinge om die ontslape minister te vereer as om 'n gat in die
geskiedenis van ons land te veroorsaak. Ons hoor gereeld van die president
van die land en andere oor nasie bou. Die blote feit dat die advertensie
geplaas is met die voorgestelde naams verandering van die Hugenote-tonnel is
'n aanduiding dat die president se woorde nie ernstig opgeneem word nie.

Die geskiedenis van die Hugenote in Suid-Afrika kan en mag nie uit rangeer
word deur sulke onsensitiewe gedagtes en gebare nie. 'n Mens kan net
spekuleer of die voorsteller van die naamsverandering enigsins kennis dra
van die geskiedenis van die Hugenote in Suid-Afrika

Hierdie is nie 'n kwessie van een moet wen een moet verloor nie, maar eerder
'n saak van gesonde verstand wat moet besef dat die blote voorstel vir die
naamsverandering onsensitief, 'n blatante fout en selfs 'n verskoning verg.

Ek hoop dat die voorsteller van die voorgenome naamsverandering goed onder
die besef sal kom dat sou die aksie voortgaan, enige gedagtes van nasie bou
onder die van ons Hugenote nasate wat nog nie emigreer het nie onherstelbare
skade berokken sal word.

Marthinus Jordaan

Jacobs Straat 19
Universitas
9301.

Jordaan navorsing (PhD projek) en genealogie:
navo...@mjsjordaan.co.za
Re: Voorgestelde naamsverandering van die Hugenote-tonnel [boodskap #93605 is 'n antwoord op boodskap #93597] Do, 03 Junie 2004 11:19 Na vorige boodskap
Spencer  is tans af-lyn  Spencer
Boodskappe: 214
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"TJ" skryf in boodskap news:c9m8k5$6c7$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> ----- Original Message -----
> From: "Navorsing"
> Sent: Wednesday, June 02, 2004 9:59 PM
> Subject: Voorgestelde naamsverandering van die Hugenote-tonnel
>
>
> Geagte Redakteur
>
> Die huidige debat oor die voorgestelde naamsverandering van die
> Hugenote-tonnel verwys:
>
> Die aanduiding hiervan was in 'n nasionale Afrikaanse Sondag koerant van
> 23/05/04 geadverteer. Beswaardes is van die datum een en twintig dae tyd
> gegun om besware te lewer aan die Nasionale padagentskap van Suid-Afrika..
> DIe voorstel is dat die naam van die Hugenote-tonnel vervang moet word met
> die ontslape ANC Minister van Vervoer se naam Dolar Omar.
>
> Die Franse Hugenote het in 1688 na die Kaap gekom. Die Hugenote Monument
> in Franschhoek is gedurende 1948 ingewy.
> Die Hugenote Monument se simboliek kan in elf stadia verdeel word.
>
> Kortliks kan die simboliek van die Hugenote Monument as volg opgesom word.
>
> Die monument, die ontkoming en sielevrede van godsdiens onderdrukking
> uitbeeld tesame met die gawes en talente wat die Hugenote saam met hulle na
> die suid-punt van Afrika gebring het. Die gebruik van 'n vrouefiguur is ook
> 'n toonbeeld van die rol wat vrouens tydens die Hugenote se godsdiens
> onderdrukking en koms na Suid-Afrika gespeel het. Die elf stadia van die
> monument se simboliek kan ook as 'n aanduiding van 'n groep toekomsgerigte
> mense gesien word.
>
> Ek hoop en bid dat genoeg mense besware vir die voorgestelde naams
> verandering van die Hugenote-tonnel sal aanteken. Daar is genoeg nuwe
> ontwikkelinge om die ontslape minister te vereer as om 'n gat in die
> geskiedenis van ons land te veroorsaak. Ons hoor gereeld van die president
> van die land en andere oor nasie bou. Die blote feit dat die advertensie
> geplaas is met die voorgestelde naams verandering van die Hugenote-tonnel is
> 'n aanduiding dat die president se woorde nie ernstig opgeneem word nie.
>
> Die geskiedenis van die Hugenote in Suid-Afrika kan en mag nie uit rangeer
> word deur sulke onsensitiewe gedagtes en gebare nie. 'n Mens kan net
> spekuleer of die voorsteller van die naamsverandering enigsins kennis dra
> van die geskiedenis van die Hugenote in Suid-Afrika
>
> Hierdie is nie 'n kwessie van een moet wen een moet verloor nie, maar eerder
> 'n saak van gesonde verstand wat moet besef dat die blote voorstel vir die
> naamsverandering onsensitief, 'n blatante fout en selfs 'n verskoning verg.
>
> Ek hoop dat die voorsteller van die voorgenome naamsverandering goed onder
> die besef sal kom dat sou die aksie voortgaan, enige gedagtes van nasie bou
> onder die van ons Hugenote nasate wat nog nie emigreer het nie onherstelbare
> skade berokken sal word.
>
> Marthinus Jordaan
>
> Jacobs Straat 19
> Universitas
> 9301.
>
> Jordaan navorsing (PhD projek) en genealogie:
> navo...@mjsjordaan.co.za
>
Vorige onderwerp: 'n Terroris
Volgende onderwerp: Re: Zonder beter bestuur is Suriname kansloos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 04:04:53 MGT 2024