Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die manne in die tronk
Die manne in die tronk [boodskap #93323] Do, 27 Mei 2004 08:50
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die hofsaak is mos nou aan om die regering te dwing om in te gryp.
Die eerste punt wat toe deur die verdediging gemaak word ( 'n advokaat wat
vir NI werk) , is dat die regering van geen sout of water geweet het nie en
nie Zim en EG gewaarsku het die manne is op pad nie.
Dit nadat Onse Prez se segsman nog dieselfde dag verklaar het dat EG se
Prez deur onse Prez gewaarsku is die stouterds is op pad.
Die vorige minister van veiligheid, die huidige minister van veilgheid, en
die minister van verdediging het almal trots in die publiek verklaar die rol
wat SA gespeel het in die inhegtenisneming van die mense.
Nou sit die stouterds en krepeer sonder sorg, warm klere of komberse, en die
twee "regters" in EG wat die "saak" gaan aanhoor is glo twee generaals
sonder enige regsopleiding.

--
Annette
Vorige onderwerp: Snaakse statistiek - Witmense
Volgende onderwerp: Probeer dit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 04:19:16 MGT 2024