Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ons wonderlike Berge
Ons wonderlike Berge [boodskap #93221] Di, 25 Mei 2004 08:07 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gister lees ek die dame wat Moeder in The Kumars speel is op haar eerste
besoek aan SA. Sy beweer die himalajas lyk so jonk teen ons berge. Sy beweer
dit voel vir haar asof Tafelberg daar was sedert die ontstaan van die
wêreld. Toe ry ek maar weer gister en verwonder my weereens aan ans
wonderlike berge - van die oeroue imposante Tafelberg, tot by Helderberg se
blou pieke wat van ver lyk asof dit uit papier gesny is.
Slegs vir Suidwester - berge is goed wat daar nie van is in Namibië nie:))))
Naby Worcester in Engeland is mos die middelste punt van Engeland, en is dit
ook heel toevallig op die hoogste punt van die omgewing. Hulle noem dit 'n
berg, maar geen ordentlike Kapenaar kan dit 'n berg noem nie.
--
Annette
Re: Ons wonderlike Berge [boodskap #93223 is 'n antwoord op boodskap #93221] Di, 25 Mei 2004 09:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 25 May 2004 10:07:18 +0200, "Annette" wrote:

> Gister lees ek die dame wat Moeder in The Kumars speel is op haar eerste
> besoek aan SA. Sy beweer die himalajas lyk so jonk teen ons berge. Sy beweer
> dit voel vir haar asof Tafelberg daar was sedert die ontstaan van die
> wêreld. Toe ry ek maar weer gister en verwonder my weereens aan ans
> wonderlike berge - van die oeroue imposante Tafelberg, tot by Helderberg se
> blou pieke wat van ver lyk asof dit uit papier gesny is.

Jammer om jou bubble te bars, maars SA strek actually ver verby die
Strand.....

En daai wat jy van praat is nie berge nie. Dis iewers tussen groot
koppies en klein bergies.
Re: Ons wonderlike Berge [boodskap #93228 is 'n antwoord op boodskap #93221] Di, 25 Mei 2004 10:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hmmm! Nou's jy net soos die Natallers met hul Vallei van duisend
heuwels.......het jy al die Khomas Hoogland gesien? So oor die duim geskat
strek dit maar net so oor 'n area van 20 000vk km. Enkele berge het ons
nie so hoog soos die hoogstes in SA nie, maar berge die het ons. Wat van
die Brandberg? Dis nie vreeslik baie laer as Tafelberg nie, maar sy
bokanste oppervlak beslaan so om en by 6 hektaar? O, en natuurlik die
Spitzkop wat se hoogste punt ook nie so baie laer as Tafelberg is nie, maar
hy staan mos so 'n punt as simbool van manlike heerskappy in 'n harde land
van vele verassings.........he-he! Julle het Platberg = vroulik.
Hie-hie-haa!! Lekker dag vir jou ook!!

"Annette" skryf in boodskap news:c8uvgt$lqb$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Gister lees ek die dame wat Moeder in The Kumars speel is op haar eerste
> besoek aan SA. Sy beweer die himalajas lyk so jonk teen ons berge. Sy beweer
> dit voel vir haar asof Tafelberg daar was sedert die ontstaan van die
> wêreld. Toe ry ek maar weer gister en verwonder my weereens aan ans
> wonderlike berge - van die oeroue imposante Tafelberg, tot by Helderberg se
> blou pieke wat van ver lyk asof dit uit papier gesny is.
> Slegs vir Suidwester - berge is goed wat daar nie van is in Namibië nie:))))
> Naby Worcester in Engeland is mos die middelste punt van Engeland, en is dit
> ook heel toevallig op die hoogste punt van die omgewing. Hulle noem dit 'n
> berg, maar geen ordentlike Kapenaar kan dit 'n berg noem nie.
> --
> Annette
>
Re: Ons wonderlike Berge [boodskap #93302 is 'n antwoord op boodskap #93221] Wo, 26 Mei 2004 18:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:
> Gister lees ek die dame wat Moeder in The Kumars speel is op haar eerste
> besoek aan SA. Sy beweer die himalajas lyk so jonk teen ons berge. Sy beweer
> dit voel vir haar asof Tafelberg daar was sedert die ontstaan van die
> wêreld. Toe ry ek maar weer gister en verwonder my weereens aan ans
> wonderlike berge - van die oeroue imposante Tafelberg, tot by Helderberg se
> blou pieke wat van ver lyk asof dit uit papier gesny is.
> Slegs vir Suidwester - berge is goed wat daar nie van is in Namibië nie:))))
> Naby Worcester in Engeland is mos die middelste punt van Engeland, en is dit
> ook heel toevallig op die hoogste punt van die omgewing. Hulle noem dit 'n
> berg, maar geen ordentlike Kapenaar kan dit 'n berg noem nie.
> --
> Annette
>
>
>
Natuurlik het Namibië berge, sommer sulke erge berge ook. Hulle het
natuurlik ook berge van sand! Spitzkoppe is die hoogste alleenstaande
berg in Afrika, gemeet van toon tot top.

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: Ons wonderlike Berge [boodskap #93328 is 'n antwoord op boodskap #93302] Do, 27 Mei 2004 09:49 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Lekker en nog baie mooier ook as die res! Ek weet nie hoeveel fotos ek al
deur die jare daar geneem het nie, maar dit moet baie wees. Elke keer sien
ek iets anders. Om kop skoon te maak, gaan slaap jy daar tussen die koppe
en wag dat die son begin om die koppe en die formasies in te kleur. Fuji
kan sekerlik 'n deel van sy winste daar bepaal!!

"knersus" skryf in boodskap news:c92ngp$kh6$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Annette wrote:
>> Gister lees ek die dame wat Moeder in The Kumars speel is op haar eerste
>> besoek aan SA. Sy beweer die himalajas lyk so jonk teen ons berge. Sy beweer
>> dit voel vir haar asof Tafelberg daar was sedert die ontstaan van die
>> wêreld. Toe ry ek maar weer gister en verwonder my weereens aan ans
>> wonderlike berge - van die oeroue imposante Tafelberg, tot by Helderberg se
>> blou pieke wat van ver lyk asof dit uit papier gesny is.
>> Slegs vir Suidwester - berge is goed wat daar nie van is in Namibië nie:))))
>> Naby Worcester in Engeland is mos die middelste punt van Engeland, en is dit
>> ook heel toevallig op die hoogste punt van die omgewing. Hulle noem dit 'n
>> berg, maar geen ordentlike Kapenaar kan dit 'n berg noem nie.
>> --
>> Annette
>>
>>
>>
> Natuurlik het Namibië berge, sommer sulke erge berge ook. Hulle het
> natuurlik ook berge van sand! Spitzkoppe is die hoogste alleenstaande
> berg in Afrika, gemeet van toon tot top.
>
> --
> _______
> | OSCAR |
> |KNERSUS|
> |__&CO__|
Vorige onderwerp: Probeer dit
Volgende onderwerp: O gaats!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 23:19:20 MGT 2024