Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Oor gletsers in die Karoo.
Re: Oor gletsers in die Karoo. [boodskap #9291] Vr, 09 Mei 1997 00:00 na volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 9 May 1997 06:13:49 GMT, "AM de Lange" wrote:
<<>Die eerste reel is duidelik. Dit verwys na twee honde.>>

Actualy At, twee bobbejane sover ek weet.

(Sorry dat ek jou probeer reghelp. Ek weet dit ontstel jou vreeslik.
he,he...)
Re: Oor gletsers in die Karoo. [boodskap #9292 is 'n antwoord op boodskap #9291] Vr, 09 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
Dankie Gloudina. Ek verstaan daardie vers, maar ek wil net vra dat jy verduidelik wie die
tweetjies nou eintlik is. Ek dog eers dis 2 mense, maar iemand sê toe vir my Boggom is glo
'n aap gewees. En Voersek miskien 'n hond. Ek voel nou baie dom, maar ek het nog nooit
vantevore hierdie gedig teegekom nie. Ek sal jou verduideliking waardeer.

By the way, ek is ook nie 'n geoloog nie, maar dit is een van my stokperdjies. Ek dink die
groeiproses is nie iets wat lank gelede in die oertyd gebeur het nie, maar iets wat heeltyd
plaasvind. Orals. Die aarde is besig om te "lewe" en groei, - dinge is aan die gebeur daar
onder ons voete waarvan ons baie selde bewus is.

Groete,
Vira.
Re: Oor gletsers in die Karoo. [boodskap #9314 is 'n antwoord op boodskap #9291] Ma, 12 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
vi...@iafrica.com (V) writes: > Dankie Gloudina. Ek verstaan daardie vers, maar ek wil net vra dat jy verduidelik wie die
> tweetjies nou eintlik is. Ek dog eers dis 2 mense, maar iemand sê toe vir my Boggom is glo
> 'n aap gewees. En Voersek miskien 'n hond. Ek voel nou baie dom, maar ek het nog nooit
> vantevore hierdie gedig teegekom nie. Ek sal jou verduideliking waardeer.
>
> By the way, ek is ook nie 'n geoloog nie, maar dit is een van my stokperdjies. Ek dink die
> groeiproses is nie iets wat lank gelede in die oertyd gebeur het nie, maar iets wat heeltyd
> plaasvind. Orals. Die aarde is besig om te "lewe" en groei, - dinge is aan die gebeur daar
> onder ons voete waarvan ons baie selde bewus is.
>
> Groete,
> Vira.
>

Vira, ek dink die twee, Boggom en Voertsek, is veronderstel
om twee bobbejane te wees.
'n Mens weet natuurlik nooit wat 'n digter in die mou gevoer
het wanneer hy 'n gedig skryf nie.Wanneer ek gedigte van Leipoldt
lees, verbaas ek my altyd oor die baie intense liefdesgedigte wat
hy geskryf het. My intuisie sê vir my dat hy homoseksueel was,
al het ek dit nog nooit erens gelees nie, en ek wonder soms of hy
hierdie gedig ook as 'n liefdesgedig geskryf het, maar in 'n soort
van kode. In alle geval, ek dink baie mense vind hierdie gedig
moeilik om te vergeet, en vind dit nie komies nie, maar effens
tragies.
Gloudina
Re: Oor gletsers in die Karoo. [boodskap #9315 is 'n antwoord op boodskap #9291] Ma, 12 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Koos wrote in article
...
> On 9 May 1997 06:13:49 GMT, "AM de Lange" wrote:
>
<<>Die eerste reel is duidelik. Dit verwys na twee honde.>>
>
> Actualy At, twee bobbejane sover ek weet.
>
> (Sorry dat ek jou probeer reghelp. Ek weet dit ontstel jou vreeslik.
> he,he...)
>

Koos:-

Ek wou amper skryf dat ek jou nooit sal klein kry nie - jy is altyd daarop
uit om 'n bietjie bloed te laat, net soos 'n perdevlieg.

Maar eintlik het jy vir ons almal die antwoord op jou soms onverklaarbare
gedrag gegge: jy probeer mense ontstel onder een of ander voorwendsel.

Aan al die ander lesers:-

'n Mens vind nie by bobbejane soos by leeus en buffels dat die leier
uitgestoot word wnneer hy van sy troon afgestoot word nie. Die voormalige
bobbejaan leier pas met verminderde status steeds by die res van die trop
in. Daarom is 'n wilde rondloper bobbejaan 'n rariteit. Miskien het dit te
doen met die tiere (luiperds) wat so graag jag maak op bobbejane. 'n
Werfbobbejaan wat 'n wild allenloper geword het, bestaan ook nie,
waarskynlik om dieslefde rede. Dis dus hoogs onwaarskynlik dat twee
alleenlopers sou saam gegroepeer het.

Miskien het dit tog gebeur. As dit wel die geval is, is Leipoldt se gedig
merkwaardig. Die enigste ander drie verklarings is dat Boggom en Voertsek
1 twee honde is
2 twee ander diere (meerkatte?)
3 twee mense.
Ek weet regtig nie. Wie kan ons hier uithelp sonder 'n bloedlating?

Dit laat my aan ander bobbejane dink. Ek het nog altyd gedink dat Eugene
Marais se reeks Burgers van die Berge 'n studie van bobbejane is met 'n
net-net merkbare 'antropomorfiese aanslag'. Die term 'antropomorfiese
aanslag' beteken jy kyk na hulle in terme van die mens se waarde sisteem en
nie na hulle in terme van die 'ekologiese konteks' (hulle wisselwerking met
die res van die natuur) nie.

Totdat ek twee maande opnuut weer Eugene Marais gaan lees het. Wat was my
verbasing groot toe ek besef dat hy net sowel die ekologiese feitlike
aangaande bobbejane kon gebruik het as 'n metaforiese kommentaar op die
mens se gedrag! As dit die geval is, maak dit Eugene Marais soveel meer
merkwaardiger.

Ek wens Gloudina wil meer op Eugene Marais konsentreer met haar waardevolle
bydraes. Daar anderkant die see kan sy dalk met meer perspektief na hom as
ek kyk. Ek bewonder die man te veel vir wat hy vir Afrikaans gedoen het.

Beste wense
At de Lange
Vorige onderwerp: Droe Beskuit is vir die Engelse vrot brood
Volgende onderwerp: Dringend op soek na biltong
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 07:49:30 MGT 2024