Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Rietsang " deur PETRA MULLER
" Rietsang " deur PETRA MULLER [boodskap #92984] Di, 18 Mei 2004 20:27 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
RIETSANG (elegia juncea : duineriet)
Petra Muller

die riete se naam is elegies
die riete se naam is "elegies"

elegies elegies - die wind en die riete -
deur eeue - die wind as dit vee
deur die riete - die riete wat meegee -
elegies!

elegies.... wat spriet en ... elegies. Riete:
Oktober sal kom, en julle gesny word. Hans Huis
sal die riethuis van nuuts af kom staan maak

en julle sal wag tot die winter gekom het,
en blom, onvermeld, met 'n blom wat sy teerheid
verskuil in 'n hulsel bruin skubbe;

moet niks meer vertel nie, dis alles 'n stilte:
die uintjie, die ribbok, die slangtamarak -
moet niks meer vertel nie : die veld
onvertaalbaar, bly altyd
die veld.
Re: " Rietsang " deur PETRA MULLER [boodskap #92994 is 'n antwoord op boodskap #92984] Wo, 19 Mei 2004 08:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ja, jy en jou vakgenote sien seker die nut van onderstaande in. Ek nie.

Klomp kak as jy my vra.

Hoekom het jy die moeite gedoen om dit oor te tik?

Max____________________________

"@rogers.com" wrote in message
news:skuqc.25946$xiS.19604@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> RIETSANG (elegia juncea : duineriet)
> Petra Muller
>
> die riete se naam is elegies
> die riete se naam is "elegies"
>
> elegies elegies - die wind en die riete -
> deur eeue - die wind as dit vee
> deur die riete - die riete wat meegee -
> elegies!
>
> elegies.... wat spriet en ... elegies. Riete:
> Oktober sal kom, en julle gesny word. Hans Huis
> sal die riethuis van nuuts af kom staan maak
>
> en julle sal wag tot die winter gekom het,
> en blom, onvermeld, met 'n blom wat sy teerheid
> verskuil in 'n hulsel bruin skubbe;
>
> moet niks meer vertel nie, dis alles 'n stilte:
> die uintjie, die ribbok, die slangtamarak -
> moet niks meer vertel nie : die veld
> onvertaalbaar, bly altyd
> die veld.
>
Re: " Rietsang " deur PETRA MULLER [boodskap #93027 is 'n antwoord op boodskap #92994] Wo, 19 Mei 2004 15:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Hoekom het jy die moeite gedoen om dit oor te tik?

Sodat jy dit daar in Nederland kan lees.
Ook omdat riete 'n belangrike plek in
my kinderlewe langs die Oranje-rivier
gespeel het.

Gloudina
Re: " Rietsang " deur PETRA MULLER [boodskap #93087 is 'n antwoord op boodskap #93027] Do, 20 Mei 2004 20:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:
> "Max" skryf
>> Hoekom het jy die moeite gedoen om dit oor te tik?

> Sodat jy dit daar in Nederland kan lees.
> Ook omdat riete 'n belangrike plek in
> my kinderlewe langs die Oranje-rivier
> gespeel het.

Praat jy van Spaansriet? Het jy geweet dis 'n verpeste indringer in ons
land?

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: " Rietsang " deur PETRA MULLER [boodskap #93094 is 'n antwoord op boodskap #93087] Do, 20 Mei 2004 21:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf

> Praat jy van Spaansriet? Het jy geweet dis 'n verpeste indringer in ons
> land?

Ek kan regtig nie vir jou sê of die riete wat so welig daar
langs die Oranje-rivier gegroei het, spaansriet genoem
was nie, maar ek dink amper dit was so genoem. Ek sien
in ons Dictionary of South African English dat hulle die
Kaaps-hollandse geboue se dakke met spaansriet gedek
het. Die mense in ons omtrek het dit ook vir dakdeksel
gebruik. Wanneer sou hulle dit dan ingevoer het in Suid-
Afrika. Seker baie lank gelede? Waarmee het die mense
hartebeeshuisies gedek? Seker met gras.

Gloudina
Re: " Rietsang " deur PETRA MULLER [boodskap #93125 is 'n antwoord op boodskap #93094] Vr, 21 Mei 2004 17:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:
> "knersus" skryf
>
>
>> Praat jy van Spaansriet? Het jy geweet dis 'n verpeste indringer in ons
>> land?
>
>
> Ek kan regtig nie vir jou sê of die riete wat so welig daar
> langs die Oranje-rivier gegroei het, spaansriet genoem
> was nie, maar ek dink amper dit was so genoem. Ek sien
> in ons Dictionary of South African English dat hulle die
> Kaaps-hollandse geboue se dakke met spaansriet gedek
> het. Die mense in ons omtrek het dit ook vir dakdeksel
> gebruik. Wanneer sou hulle dit dan ingevoer het in Suid-
> Afrika. Seker baie lank gelede? Waarmee het die mense
> hartebeeshuisies gedek? Seker met gras.
>
> Gloudina
>
>
Die spaansriet is spesiaal daarvoor ingevoer en het toe stelselmatig in
al die strome in versprei. Die eerste pioniers het hoofsaaklik biesies
en iets soos tamboekiegras gebruik - maar dit hou nie so lank soos
spaansriet nie.

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: " Rietsang " deur PETRA MULLER [boodskap #93132 is 'n antwoord op boodskap #93125] Vr, 21 Mei 2004 20:36 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf

> Die spaansriet is spesiaal daarvoor ingevoer en het toe stelselmatig in
> al die strome in versprei. Die eerste pioniers het hoofsaaklik biesies
> en iets soos tamboekiegras gebruik - maar dit hou nie so lank soos
> spaansriet nie.

Ag ja, ek het vergeet van die biesies.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Liefs uit Abu Ghraib " deur MARK MEEKERS
Volgende onderwerp: " Kieselguhr-kleim " deur GEORGE WEIDEMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 23:18:18 MGT 2024