Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Dimitri Tsafendas
Re: Dimitri Tsafendas [boodskap #9285] Vr, 09 Mei 1997 00:00
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Alwyn Nel wrote in article
...
> Het enige iemand 'n idee wat ooit van Dr. Verwoerd se sluipmoordenaar
> geword het?
>
> As hy nog gelewe het met die ANC oorname sou hy sekerlik visie president
> geword het. Dus neem ek aan dat hy terreggestel is. Korrek?
>
>

NEE my ou Maat,
Hy is aangestel as Mandela se Politieke Raadgewer.
Groete uit die Oos Kaap.
Frikkie
Re: Dimitri Tsafendas [boodskap #9286 is 'n antwoord op boodskap #9285] Vr, 09 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 8 May 1997 12:42:11 GMT, ne...@sabc.co.za (Alwyn Nel) wrote:

<<>Het enige iemand 'n idee wat ooit van Dr. Verwoerd se sluipmoordenaar
>geword het?
>
>As hy nog gelewe het met die ANC oorname sou hy sekerlik visie president
>geword het. Dus neem ek aan dat hy terreggestel is. Korrek?>>>

Nee. Want hy lewe nog en hy is nie visie president nie. Korrek?

Sover ek weet is hy wel in 'n inrigting of iets.
Maar hy is verskriklik oud.

Interresante storie wat Helen Suzman vertel oor daai dag.
Na die gebeure in die Parlement toe Verwoerd doodgesteek is, het PW op
haar afgestorm en haar as 'n "liberalis" geblameer vir die voorval.
Sy se sy het toe vir PW gese sy praat nie weer met hom nie en het hom
nooit weer regstreeks in die Parlement aangespreek nie.

En nou sit ou PW ook in die wildernis. Net soos Tsafendas.
Crazy world.

En gaan FW ook eersdaags in 'n strandhuis aftree?
Re: Dimitri Tsafendas [boodskap #9287 is 'n antwoord op boodskap #9285] Vr, 09 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
Thomas Jacobs  is tans af-lyn  Thomas Jacobs
Boodskappe: 49
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In ne...@sabc.co.za (Alwyn Nel) writes:

> Het enige iemand 'n idee wat ooit van Dr. Verwoerd se sluipmoordenaar
> geword het?

> As hy nog gelewe het met die ANC oorname sou hy sekerlik visie president
> geword het. Dus neem ek aan dat hy terreggestel is. Korrek?
Hy het vanoggend net besluit om saam met Roelf Meyer en die res van
die Gauteng ouens 'n nuwe party te vorm om FW & CO op hul moer te gee.

--
Thomas Jacobs - Computing Centre - Rhodes University - Grahamstown
Internet: cc...@hippo.ru.ac.za uucp: ..!uunet!m2xenix!quagga!hippo!cctj
Re: Dimitri Tsafendas [boodskap #9288 is 'n antwoord op boodskap #9285] Vr, 09 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
Gideon Dreyer  is tans af-lyn  Gideon Dreyer
Boodskappe: 35
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
soos in
Frikkie Del ?
Re: Dimitri Tsafendas [boodskap #9289 is 'n antwoord op boodskap #9285] Vr, 09 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Alwyn Nel wrote:

> Het enige iemand 'n idee wat ooit van Dr. Verwoerd se
> sluipmoordenaar
> geword het?
>
> As hy nog gelewe het met die ANC oorname sou hy sekerlik visie
> president
> geword het. Dus neem ek aan dat hy terreggestel is. Korrek?

Nee, sover ek weet is hy of nog in die tjoekie, effens van sy trollie
af, of hy's oorlede. Hy was baie oud, laaskeer wat ek van hom gehoor
het. Hy't blykbaar geglo dat hy 'n wurm of iets in hom het wat hom
opeet. Ek dink hy was regtig iemand wat nie al sy varkies op een plek
gehad het nie, en dat dit nie werklik 'n politieke moord was nie. Maar
ek's bereid om verkeerd bewys te word...

H-J
Re: Dimitri Tsafendas [boodskap #9290 is 'n antwoord op boodskap #9285] Vr, 09 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
a  is tans af-lyn  a
Boodskappe: 36
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In article , ne...@sabc.co.za (Alwyn Nel) wrote:
> Het enige iemand 'n idee wat ooit van Dr. Verwoerd se sluipmoordenaar
> geword het?
>
> As hy nog gelewe het met die ANC oorname sou hy sekerlik visie president
> geword het. Dus neem ek aan dat hy terreggestel is. Korrek?
>

Nee, sover ek weet is hy nog in die tronk. Ek verbeel my ek het hom so maand
of twee gelede op TV gesien, maar hoe oud die opname was weet ek nie. Hy was
reeds 'n ou man.

Jy't egter 'n punt beet. Wonder ek nou hoekom McBride voorkeur oor hom kry?
Seker maar omdat Stafendas 'n sielsieke is.
Vorige onderwerp: maandelikse aanmoediging tot die hordes taalstudente op die net
Volgende onderwerp: AFRIKAANSE BLOKKIESRAAISEL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 22:50:07 MGT 2024