Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Rugby - Hougaardt
Rugby - Hougaardt [boodskap #92583] Ma, 03 Mei 2004 16:11 na volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die Bulle se afrigter, Rudy Joubert, word nou verantwoordelik gehou vir die
swak vertonings deur Hougaardt.
Vraag - wat het van onse lokus van kontrole geword? Hoe kan alle swak spel
herlei word na die afrigter. Doen ons nie die spelers 'n onreg aan deur die
blaam van hulle weg te neem nie. Ook, waarom ontdek hulle slegs dat die
afrigter swak is nadat die manne verloor het?

Nou ontdek almal dat Jaco vd Westhuizen 'n puik losskakel is - die profeet
is mos nou uit sy land uit ...
Re: Rugby - Hougaardt [boodskap #92585 is 'n antwoord op boodskap #92583] Di, 04 Mei 2004 07:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hoe moet hulle anders 'n afrigter se vermoëns meet as juis aan sy span se
wen en verloor? Wat Hougaardt aanbetref, stem ek met jou saam. As hy as
speler so swak speel omdat die afrigter nie sy handjies vashou nie, dan is
hy nie die beste man vir losskakel nie. 'n Losskakel is die 'king pin' van
die span waarom alle beheer en strategieë van die wedstryd draai. As hy
nie die wil het om sy wil af te dwing op die span en die afrigter nie, dan
is hy nie die regte man vir die werk nie. Dis wat verkeerd is met SA
rugby. Ons het nie 'n yster van 'n losskakel nie. Kopstampers en
dwarshollers, ja! Van wanneer af dra 'n losskakel 'n kopskerm en 'n
armskerm? Hy is veronderstel om uit te werk hoe om DEUR die opponente se
verdediging te kom.....nie om homself des moers in hulle vas te hardloop
nie. Uiteindelik het ek die idee dat daar vandag fantastiese fiks ouens
op die rugbyveld is, maar gee rêrige karakters nie.

"Jonas" skryf in boodskap news:c75r09$eb5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die Bulle se afrigter, Rudy Joubert, word nou verantwoordelik gehou vir die
> swak vertonings deur Hougaardt.
> Vraag - wat het van onse lokus van kontrole geword? Hoe kan alle swak spel
> herlei word na die afrigter. Doen ons nie die spelers 'n onreg aan deur die
> blaam van hulle weg te neem nie. Ook, waarom ontdek hulle slegs dat die
> afrigter swak is nadat die manne verloor het?
>
> Nou ontdek almal dat Jaco vd Westhuizen 'n puik losskakel is - die profeet
> is mos nou uit sy land uit ...
>
Re: Rugby - Hougaardt [boodskap #92586 is 'n antwoord op boodskap #92585] Di, 04 Mei 2004 08:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hougaard het twee fatale foute: Hy is stadig (van die merk af en in
die algemeen) en hy kan nie n wedstryd lees nie.

Dit het hy oor en oor al bewys.

Tot op n punt - met n oorweldigende sterk pak voorspelers - kan jy
wegkom deur slegs n goeie skopper te wees, maar op S12 en op moet jy
actually kan laat wiel en die spel reg kan lees anders word jy gou-gou
uitgevind en verloor jou span.

Dis eintlik al wat daar an die kwessie is.

On Tue, 4 May 2004 09:49:16 +0200, "Suidwester"
wrote:

> Hoe moet hulle anders 'n afrigter se vermoëns meet as juis aan sy span se
> wen en verloor? Wat Hougaardt aanbetref, stem ek met jou saam. As hy as
> speler so swak speel omdat die afrigter nie sy handjies vashou nie, dan is
> hy nie die beste man vir losskakel nie. 'n Losskakel is die 'king pin' van
> die span waarom alle beheer en strategieë van die wedstryd draai. As hy
> nie die wil het om sy wil af te dwing op die span en die afrigter nie, dan
> is hy nie die regte man vir die werk nie. Dis wat verkeerd is met SA
> rugby. Ons het nie 'n yster van 'n losskakel nie. Kopstampers en
> dwarshollers, ja! Van wanneer af dra 'n losskakel 'n kopskerm en 'n
> armskerm? Hy is veronderstel om uit te werk hoe om DEUR die opponente se
> verdediging te kom.....nie om homself des moers in hulle vas te hardloop
> nie. Uiteindelik het ek die idee dat daar vandag fantastiese fiks ouens
> op die rugbyveld is, maar gee rêrige karakters nie.
> "Jonas" wrote in message
> news:c75r09$eb5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Die Bulle se afrigter, Rudy Joubert, word nou verantwoordelik gehou vir die
>> swak vertonings deur Hougaardt.
>> Vraag - wat het van onse lokus van kontrole geword? Hoe kan alle swak spel
>> herlei word na die afrigter. Doen ons nie die spelers 'n onreg aan deur die
>> blaam van hulle weg te neem nie. Ook, waarom ontdek hulle slegs dat die
>> afrigter swak is nadat die manne verloor het?

>> Nou ontdek almal dat Jaco vd Westhuizen 'n puik losskakel is - die profeet
>> is mos nou uit sy land uit ...
>
Re: Rugby - Hougaardt [boodskap #92587 is 'n antwoord op boodskap #92586] Di, 04 Mei 2004 08:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem saam. Ek het reg aan die begin gestorie dat Hougaardt slegs soos
'n goeie drywer in Joost se golfsak is. Iemand wat vir hom kan besluit
wat, waar en wanneer om dinge te doen. Maw iemand wat hom reg kan
aanwend. Op sy eie is hy gemiddeld. Aan sy spoed kan wel gewerk word
deur spesialiste, maar wil die mannetjie dit self doen? Hy lyk nie vir my
vreeslik lus nie!

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:tcke90p36uscs9g4hjnscuj760eisn9bhp@4ax.com...
>
> Hougaard het twee fatale foute: Hy is stadig (van die merk af en in
> die algemeen) en hy kan nie n wedstryd lees nie.
>
> Dit het hy oor en oor al bewys.
>
> Tot op n punt - met n oorweldigende sterk pak voorspelers - kan jy
> wegkom deur slegs n goeie skopper te wees, maar op S12 en op moet jy
> actually kan laat wiel en die spel reg kan lees anders word jy gou-gou
> uitgevind en verloor jou span.
>
> Dis eintlik al wat daar an die kwessie is.
>
>
> On Tue, 4 May 2004 09:49:16 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Hoe moet hulle anders 'n afrigter se vermoëns meet as juis aan sy span se
>> wen en verloor? Wat Hougaardt aanbetref, stem ek met jou saam. As hy as
>> speler so swak speel omdat die afrigter nie sy handjies vashou nie, dan is
>> hy nie die beste man vir losskakel nie. 'n Losskakel is die 'king pin' van
>> die span waarom alle beheer en strategieë van die wedstryd draai. As hy
>> nie die wil het om sy wil af te dwing op die span en die afrigter nie, dan
>> is hy nie die regte man vir die werk nie. Dis wat verkeerd is met SA
>> rugby. Ons het nie 'n yster van 'n losskakel nie. Kopstampers en
>> dwarshollers, ja! Van wanneer af dra 'n losskakel 'n kopskerm en 'n
>> armskerm? Hy is veronderstel om uit te werk hoe om DEUR die opponente se
>> verdediging te kom.....nie om homself des moers in hulle vas te hardloop
>> nie. Uiteindelik het ek die idee dat daar vandag fantastiese fiks ouens
>> op die rugbyveld is, maar gee rêrige karakters nie.
>> "Jonas" wrote in message
>> news:c75r09$eb5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Die Bulle se afrigter, Rudy Joubert, word nou verantwoordelik gehou vir die
>>> swak vertonings deur Hougaardt.
>>> Vraag - wat het van onse lokus van kontrole geword? Hoe kan alle swak spel
>>> herlei word na die afrigter. Doen ons nie die spelers 'n onreg aan deur die
>>> blaam van hulle weg te neem nie. Ook, waarom ontdek hulle slegs dat die
>>> afrigter swak is nadat die manne verloor het?
>
>>> Nou ontdek almal dat Jaco vd Westhuizen 'n puik losskakel is - die profeet
>>> is mos nou uit sy land uit ...
>>
>
Re: Rugby - Hougaardt [boodskap #92595 is 'n antwoord op boodskap #92587] Di, 04 Mei 2004 20:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 4 May 2004 10:47:28 +0200, "Suidwester" wrote:

Aan sy spoed kan wel gewerk word
> deur spesialiste,

Ek glo nie. Spoed is wat die liewe Here jou gee. Dit is die funksie
van skelet-verhouding en watter soort spier-weefsel jy het.

Iemand wat klaar vinnig is, kan effens vinniger raak maar iemand wat
nie vinnig gebore is nie, bly stadig.
Re: Rugby - Hougaardt [boodskap #92600 is 'n antwoord op boodskap #92595] Wo, 05 Mei 2004 06:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nix. Gaan gesles met atletiekafrigters en hulle sal jou vertel dat jy 'n
ritme nodig het om vinnig te hardloop. Party mense het dit natuurlik en
andere nie. Ek sê nie jy kan enige mens leer vinnig hardloop nie, maar
iemand soos Hougaardt behoort nie te stadig te wees nie. Wat 'n losskakel
nodig het is 'explosive' versnelling en daaraan kan definitief gewerk word.
Kyk maar hoe harloop die rêrige vinnige ouens. Knieë hoog, lyf regop. In
meeste gevalle word dit aangeleer.

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:nitf909fe3396jh1ihhtro9e120phg4uml@4ax.com...
> On Tue, 4 May 2004 10:47:28 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
> > deur spesialiste,
>
> Ek glo nie. Spoed is wat die liewe Here jou gee. Dit is die funksie
> van skelet-verhouding en watter soort spier-weefsel jy het.
>
> Iemand wat klaar vinnig is, kan effens vinniger raak maar iemand wat
> nie vinnig gebore is nie, bly stadig.
>
Re: Rugby - Hougaardt [boodskap #92604 is 'n antwoord op boodskap #92600] Wo, 05 Mei 2004 09:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 5 May 2004 08:41:21 +0200, "Suidwester" wrote:

> Nix. Gaan gesles met atletiekafrigters en hulle sal jou vertel dat jy 'n
> ritme nodig het om vinnig te hardloop. Party mense het dit natuurlik en
> andere nie. Ek sê nie jy kan enige mens leer vinnig hardloop nie, maar
> iemand soos Hougaardt behoort nie te stadig te wees nie. Wat 'n losskakel
> nodig het is 'explosive' versnelling en daaraan kan definitief gewerk word.
> Kyk maar hoe harloop die rêrige vinnige ouens. Knieë hoog, lyf regop. In
> meeste gevalle word dit aangeleer.

Explosive vaartversnelling is n funksie van die soort spiere wat jy
het - kort-afstand of lang-afstand - en die lengte-verhoudings van jou
skelet, veral in die bene.

Met ander woorde watter soort krag (stadige of "explosive") op watter
soort hefboom-konfigurasie uitgeoefen word.

En ons word met ons soort spiere en spesifieke skelet-hefbome gebore.
Daarom kan jy op laerskool pretty vinnig die potensiele atlete uitken.
Laat die kinders in n ry staan en na punt B toe hardloop. Die vinniges
kom eerste daar. Met hulle kan jy werk. Die stadiges sal nooit 100 m
atlete wees nie.

Butch James het dieselfde probleem as Hougaard. Hy is ook te stadig,
maar hy maak tot n mate op met fisieke teenwoordigheid en deur (onder
meer omdat hy groot is) naby aan die voordellyn te staan. Chris
Rossouw se probleem is dieselfde. Gebrek aan spoed. Hy verkoop baie
goeie dummies maar op hoe vlak slag die losvoorspelers hom nog voor hy
behoorlik deur duie gap is.

Andre Pretorius het spoed. En ook nog die soort van n no10 moet he -
oor die eerste 30 meter, maar hy is vieslik van vorm af.

Vir die toekoms is die twee Rose-broers van die Kaap waarskynlik aan
die ontwikkel. Genoeg spoed, lig op die voete en met n sweet lees van
die spel. Goeie skoppers ook.
Re: Rugby - Hougaardt [boodskap #92616 is 'n antwoord op boodskap #92604] Wo, 05 Mei 2004 14:15 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet nie of ek heeltemal met jou saamstem nie. So 'n klompie jare
gelede het daar 'n flank by die PUK uit die Vrystaat aangekom wat hierdie
moerse losvoorspeler was wat kon grawe vir 'n bal, maar net plein hardloop,
dan sukkel hy. Daar is altyd gespot dat selfs die voorrye vir hom kon
weghol. Toe kom speel een van die bekendste 10-kamp atlete [en toe reeds
'n top-graad afrigter in atletiek] in SA saam rugby [skelm want sy pa sou
hom dood gedonner het!] en hy sit een middag so en kyk na die ou se gesukkel
met die hollery en hy vertel toe vir hom dat hy geen ritme het nie en dat hy
sy spoed drasties kan verbeter deur net die regte styl aan te leer. Wel,
hulle het 'n afspraak gemaak en binne twee maande se tyd kon jy die verskil
eenvoudig nie glo nie! Waar hierdie ou weggeskram het van padwerk juis
oor sy ongemaklikheid met die hollery en hy nou gedraf dat die biesies bewe.
Ek kan nie die presiese tye oor die 80m sprint onthou nie, maar die
verbetering was met vele sekondes.
Ek sê nie alle mense kan leer vinniger hardloop nie, maar baie mense het
die vermoëns maar het dit dalk net nooit reg aangewend nie. Daarom dink ek
'n ou wat op nasionale vlak speel kan nie te stadig wees alreeds nie.
Sekerlik kan die regte leiding dalk help om 'n paar treë vinniger te wees?
Waar ons wel saamstem, is dat daar nie eintlik die ideale losskakel op
die oomblik in SA is nie. Hougaardt het nie 'n wil van sy eie nie, Butch
is moedswillig en André se kop gaan soms by sy hol verby en dan is hy
breinloos en doen die snaakste dinge. Ek weet nie van die Roses nie, maar
hoop maar saam met die res van die rugbyondersteuners vir 'n beter dag!

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:o3dh90pjvj7j3l2a8v9263t6vqlke3o66f@4ax.com...
> On Wed, 5 May 2004 08:41:21 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
> dat jy 'n
>> ritme nodig het om vinnig te hardloop. Party mense het dit natuurlik en
>> andere nie. Ek sê nie jy kan enige mens leer vinnig hardloop nie, maar
>> iemand soos Hougaardt behoort nie te stadig te wees nie. Wat 'n losskakel
>> nodig het is 'explosive' versnelling en daaraan kan definitief gewerk word.
>> Kyk maar hoe harloop die rêrige vinnige ouens. Knieë hoog, lyf regop. In
>> meeste gevalle word dit aangeleer.
>
> Explosive vaartversnelling is n funksie van die soort spiere wat jy
> het - kort-afstand of lang-afstand - en die lengte-verhoudings van jou
> skelet, veral in die bene.
>
> Met ander woorde watter soort krag (stadige of "explosive") op watter
> soort hefboom-konfigurasie uitgeoefen word.
>
> En ons word met ons soort spiere en spesifieke skelet-hefbome gebore.
> Daarom kan jy op laerskool pretty vinnig die potensiele atlete uitken.
> Laat die kinders in n ry staan en na punt B toe hardloop. Die vinniges
> kom eerste daar. Met hulle kan jy werk. Die stadiges sal nooit 100 m
> atlete wees nie.
>
> Butch James het dieselfde probleem as Hougaard. Hy is ook te stadig,
> maar hy maak tot n mate op met fisieke teenwoordigheid en deur (onder
> meer omdat hy groot is) naby aan die voordellyn te staan. Chris
> Rossouw se probleem is dieselfde. Gebrek aan spoed. Hy verkoop baie
> goeie dummies maar op hoe vlak slag die losvoorspelers hom nog voor hy
> behoorlik deur duie gap is.
>
> Andre Pretorius het spoed. En ook nog die soort van n no10 moet he -
> oor die eerste 30 meter, maar hy is vieslik van vorm af.
>
> Vir die toekoms is die twee Rose-broers van die Kaap waarskynlik aan
> die ontwikkel. Genoeg spoed, lig op die voete en met n sweet lees van
> die spel. Goeie skoppers ook.
>
Vorige onderwerp: Die Bulle....
Volgende onderwerp: Rugby
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 14:16:27 MGT 2024