Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Storie met 'n pragtige les...
'n Storie met 'n pragtige les... [boodskap #92277] Do, 22 April 2004 18:48 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
'n Storie met 'n pragtige les...

'n Man is op safari in Afrika. Hy kom af op 'n olifant met 'n groot
doring in sy voet. Versigtig bekruip hy die olifant en verwyder die
doring. Die Olifant wat doodstil gestaan het tot nou toe, draai stadig
om en begin wegstap. 'n Paar tree verder gaan staan hy, kyk om en staar
vir amper 'n volle minuut na die man. Die olifant stap toe verder en die
man dink by homself: "Ek wonder of daardie olifant my sal onthou, as ek
hom ooit weer sien?"

'n Goeie paar jaar later terug by die huis neem die man sy kinders
sirkus toe. Hy merk toe op dat een van die olifante waar hulle
verbystap, die hele tyd na hom staar, amper asof hy hom herken.

Die man wonder, "Kan dit die olifant wees wat ek al daardie jare terug
gehelp het?"

Hy besluit om van nader te gaan ondersoek stel, en met die olifant wat
nog steeds na hom staar stap hy tot reg voor die olifant.

Hulle oe ontmoet. 'n Kyk van "Ek ken jou." flits oor die olifant se
gesig. Die olifant buk af en tel die man versigtig met sy slurp hoog in
die lug op..

EN GOOI HOM TOE HARD OP DIE GROND NEER EN TRAP HOM IN SY MOER!

Blykbaar toe nie dieselfde olifant nie.
Re: 'n Storie met 'n pragtige les... [boodskap #92347 is 'n antwoord op boodskap #92277] So, 25 April 2004 15:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Kan nie onthou wanneer laas ek so gelag het nie

"Frikkie Potgieter" skryf in boodskap news:tr4g809le03agu63mtkiie1iknbo1ruj7j@4ax.com...
>
>
> 'n Storie met 'n pragtige les...
>
> 'n Man is op safari in Afrika. Hy kom af op 'n olifant met 'n groot
> doring in sy voet. Versigtig bekruip hy die olifant en verwyder die
> doring. Die Olifant wat doodstil gestaan het tot nou toe, draai stadig
> om en begin wegstap. 'n Paar tree verder gaan staan hy, kyk om en staar
> vir amper 'n volle minuut na die man. Die olifant stap toe verder en die
> man dink by homself: "Ek wonder of daardie olifant my sal onthou, as ek
> hom ooit weer sien?"
>
> 'n Goeie paar jaar later terug by die huis neem die man sy kinders
> sirkus toe. Hy merk toe op dat een van die olifante waar hulle
> verbystap, die hele tyd na hom staar, amper asof hy hom herken.
>
> Die man wonder, "Kan dit die olifant wees wat ek al daardie jare terug
> gehelp het?"
>
> Hy besluit om van nader te gaan ondersoek stel, en met die olifant wat
> nog steeds na hom staar stap hy tot reg voor die olifant.
>
> Hulle oe ontmoet. 'n Kyk van "Ek ken jou." flits oor die olifant se
> gesig. Die olifant buk af en tel die man versigtig met sy slurp hoog in
> die lug op..
>
> EN GOOI HOM TOE HARD OP DIE GROND NEER EN TRAP HOM IN SY MOER!
>
> Blykbaar toe nie dieselfde olifant nie.
>
Re: 'n Storie met 'n pragtige les... [boodskap #92397 is 'n antwoord op boodskap #92347] Ma, 26 April 2004 17:42 Na vorige boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nog `n paar...

Dokter aan pasiënt wat baie slegte rokershoes het en ooglopende

tekens van te veel drank toon: Hoeveel sigarette rook jy per dag?

Pasient: So 40 dokter. Dokter: Dink jy jy sal dit kan opstoot na 80

per dag? Paient (wat gemeen het hy gaan aangespreek word oor

sy 40): Seker dokter, maar hoe dan so? Dokter: Miskien val een

van jou longe plat en dan is daar meer plek vir jou lewer!

Spreuk 204 van Langenhoven: Ry liewer die klip mis as om die

man te dagvaar wat hom in die pad ingerol het. 'n Ou as is beter

as 'n nuwe eis.

Nasa het bevind met alle ondersoeke dat uit die ruimte net drie

dinge op die aarde duidelik sigbaar is:

1. Grand Canyon

2. Muur in China

3. Gate in die verdediging van die Springbokke

On Sun, 25 Apr 2004 17:21:00 +0200, "MoerFie" wrote:

> Kan nie onthou wanneer laas ek so gelag het nie
>
> "Frikkie Potgieter" wrote in message
> news:tr4g809le03agu63mtkiie1iknbo1ruj7j@4ax.com...


>> 'n Storie met 'n pragtige les...
Vorige onderwerp: Sunette Bridges
Volgende onderwerp: Maak Seker!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 01:45:04 MGT 2024