Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kubaanse dokters
Kubaanse dokters [boodskap #9238] Di, 29 April 1997 00:00 na volgende boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Die volgende is geplaas deur d...@dbn.net by die NG se ewe knie.

The Saturday Paper .. 26 April 1997

WE ERRED ON CUBAN DOCTORS, ZUMA'S DEPARTMENT ADMITS.

In a major turnabout, Health Minister Nkosazana Zuma's department has
entered into confidential negotiations to reinstate South African
doctors "sacked" and replaced by inadequately trained Cuban doctors.

With two multi-million Rand malpractice law suits involving Cuban
doctors pending against the government, sources say the Health
Department admitted in negotiations with the Medical Doctors Union of
South Africa that it made a mistake in recruiting the Cuban doctors.

The Saturday Paper has learnt that the contract of hundreds of Cuban
doctors will not be renewed. They were brought to South Africa to
appparently fill a need for trained staff in rural hospitals. It is
understood that the department now wants to relocate them to larger
hospitals to work under the supervision of South African doctors.

Attempts to obtain comment from the Department of Health on the issue
have proved fruitless.

Philip du Toit, legal representative of Medusa, said the situation with
the Cuban doctors had reached crisis proportions. " They are doing an
injustice to the people out there. "

Du Toit said the union agreed not to disclose details of the
negotiations with the Department of health until agreement had been
reached.
-----

Net-Tamer V 1.07 - Test Drive
-----------------------------------------------oOo---------- --------------
----------------------
Is daar nog iemand wat wonder oor die kwaliteit van die Kubaanse dokter.
Re: Kubaanse dokters [boodskap #9267 is 'n antwoord op boodskap #9238] So, 04 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 29 Apr 1997 02:27:15 GMT, klaas...@aol.com (KLAASVAKIE) wrote:
<<<>Die volgende is geplaas deur d...@dbn.net by die NG se ewe knie.
>
>The Saturday Paper .. 26 April 1997
>
> WE ERRED ON CUBAN DOCTORS, ZUMA'S DEPARTMENT ADMITS.>>>

Het gaan soek en dit is wat hier gerapporteer word:

Opskrif: Kubaanse dokters land vandag in SA
Datum: 970219
Kategorie: Kuba geneeshere
Uitgawe: JOHANNESBURG FINAAL
Bladsy: 004
Nommer: 391980
Publikasie: BEELD
Rubriek: Nuusflitse
Teks:
Die derde groep van 89 Kubaanse dokters wat ingevolge 'n
regeringsooreenkoms by hospitale in Suid-Afrika sal werk, kom
vanoggend op die Johannesburg- Lughawe aan.
Elf van hulle is dosente wat aan die Universiteit van Transkei sal
klasgee. Die groep is vroeër vanjaar deur 'n afvaardiging van die
Departement van Gesondheid en die Tussentydse Geneeskundige en
Tandheelkundige Raad ge keur.
Die meeste sal by hospitale in die Noordelike Provinsie werk.
Met die aankoms van dié groep is daar meer as 400 Kubaanse dokters
in die land. Nóg 'n groep van sowat 200 word later verwag.
Intussen het dr. Nkosazana Zuma, Minister van Gesondheid, en me.
Donna Shalala, haar Amerikaanse eweknie, gister in Kaapstad 'n
ooreenkoms onderteken om samewerking op verskeie gebiede te
bevorder. Albei gesondheidsowerhede beskou geweld as 'n openbare
gesondheidspro bleem en is verbind daartoe om die gesondheid en
welstand van werkers te bevorder.

Opskrif: Nuwe stelsel van registrasie vir alle dokters
Duitse, Kubaanse artse uitgesluit
Datum: 970210
Kategorie: geneeshere
Uitgawe: JOHANNESBURG FINAAL
Bladsy: 008
Naamlyn: Thalyta Swanepoel,
Mediese Verslaggewer
Nommer: 390405
Publikasie: BEELD
Teks:
'n Nuwe registrasiestelsel waar volgens dokters wat in die buiteland
gekwalifiseer het, oor dieselfde kam as hul Suid-Afrikaanse eweknieë
geskeer sal word, sal waarskynlik binnekort in werking tree.
Die stelsel sal afgehandel word sodra die nodige wetgewing in die
Parlement goedgekeur is, het prof. Soromini Kalluchurum, president
van die Nasionale Tussentydse Geneeskundige en Tandheelkundige Raad
(NTGTR), gesê.
Volgens mnr. Nico Prinsloo, registrateur van die raad, sal die nuwe
stelsel ``in wese'' nie onderskei tussen dokters op grond van die
land waar hulle gekwalifiseer het nie. Jong dokters wat in
Suid-Afrika gestudeer het, sal beperkte registrasie kry totdat die
beroepsgerigte opleiding van drie jaar voltooi is.
``Buitelands gekwalifiseerde dok ters sal ook dieselfde registrasie
geniet en onderhewig wees aan die tydperk van beroepsgerigte
opleiding. Hulle sal egter eers 'n eksamen van die raad moet
slaag,'' het mnr. Prinsloo gesê.
Volgens prof. Kallichurum sal die moratorium op die registrasie van
dokters en tandartse wie se kwalifikasies nie erken word vir volle
registrasie nie, geld totdat finaal besluit is oor die nuwe
registrasiestelsel. Die moratorium is in September 1995 ingestel.
Die enigste uitsondering is die registrasie van die sowat
vierhonderd Kubaanse en verskeie Duitse dokters wat ingevolge 'n
ooreenkoms tussen die regerings van Suid-Afrika en Kuba hier werk.
Die studente wat ingevolge 'n onlangse ooreenkoms tussen die Suid-
Afrikaanse en Kubaanse gesond heidsowerheid in Kuba in die medisyne
sal studeer, sal aan dieselfde vereistes moet voldoen as enige ander
buitelands gekwalifiseerde dokter.
Intussen het die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie bevind 'n
besluit van die NTGTR vroeër om volle registrasie aan uitgeweke
Suid-Afrikaanse dokters toe te staan sonder dat hulle die
voorgeskrewe siftingseksamen geslaag het, nie die grondwetlike regte
van vreemde dokters aangetas het nie. Deur die spesiale vergunning
is egter in 'n sekere mate teen hulle gediskrimineer, is bevind.
'n Groep van sowat 250 vreemde dokters het op 2 Desember by die
Menseregtekommissie gekla daar word teen hulle gediskrimineer omdat
hulle nie dieselfde vergunning geniet nie. Die meeste werk reeds
jare in die land en het intussen burgerskap gekry, maar het nog nie
die eksamen geskryf nie. Daarsonder kan hulle nie onafhanklik
praktiseer nie. Die dokters het intussen besluit om voort te gaan
met hul aansoeke om registrasie.
Re: Kubaanse dokters [boodskap #9299 is 'n antwoord op boodskap #9238] So, 11 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Probeer die Engelse koerante miskien kry jy die nuutste nuus oor die
Kubane. En ja 'n hospitaal met SA se goed opgeleide verpleegkundiges is
beter as een met Kubaanse dr, wat die leiding moet neem.

JHV
Re: Kubaanse dokters [boodskap #9339 is 'n antwoord op boodskap #9238] Wo, 14 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 11 May 1997 09:04:20 GMT, klaas...@aol.com (KLAASVAKIE) wrote:
<<>Probeer die Engelse koerante miskien kry jy die nuutste nuus oor die
> Kubane. >>>

1. Ek lees the Star en die Citizen en die Sunday Times.
Watter ander beveel jy aan vanuit die VSA?
2. Is die berigte wat ek aangehaal het vir jou verkeerd?
Vorige onderwerp: ThotmesIII
Volgende onderwerp: Weer en wind
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 11 20:44:48 MGT 2024