Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuutste nuus oor verlaagde medisynepryse
Nuutste nuus oor verlaagde medisynepryse [boodskap #92274] Do, 22 April 2004 17:57 na volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Daar is geen nuus nie.

Die minister is te besig om haar knoffel asem en beetbesmeerde klere te
verdoesel, so sy sê niks nie. Frankly, ek dink nie sy gaan die einde April
in die kabinet wees nie. Daar is ongeveer tien dae oor voordat die nuwe
wetgewing in werking tree, rekenaarstelsels moet opdateer word,
aankoopprosedures moet verander word, voorskrif prysbeleid moet herdink
word, veral die Clicks- en LinkMax tipe apteke wat pryse tot onder kosprys
gesny het.

Ons almal wag in spanning......

Soois die pillesmous
Re: Nuutste nuus oor verlaagde medisynepryse [boodskap #92279 is 'n antwoord op boodskap #92274] Do, 22 April 2004 19:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Onder kosprys? My logika sê hulle ly 'n verlies - hoe kan hulle in besigheid
bly?

E

"MoerFie" wrote:

veral die Clicks- en LinkMax tipe apteke wat pryse tot onder kosprys
> gesny het.
>
> Ons almal wag in spanning......
>
> Soois die pillesmous
>
Re: Nuutste nuus oor verlaagde medisynepryse [boodskap #92283 is 'n antwoord op boodskap #92279] Do, 22 April 2004 20:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Die idee is om vir 'n relatief kort tydperk pryse baie laag te hou, 'n
verlies te maak, en sodoende die kompetisie uit besigheid te dwing. Daarna,
as hulle al is wat oorbly, kan hulle pryse na 'n meer aanvaarbare vlak
verhoog, aangesien daar nie meer kompetisie is nie. 'n Genoteerde
maatskappy soo Clicks met aandele in besighede soos Musica, Clicks, Diskom,
LinkMax ens. kan nog steed sake doen, al ly hulle 'n verlies op die een
kant, wat hulle dan weer opmaak aan die ander kant. Die klem is op die kort
termyn verlies.

Soos die Ekonoom

"Elaine" skryf in boodskap news:c6969g$b4r$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Onder kosprys? My logika sê hulle ly 'n verlies - hoe kan hulle in besigheid
> bly?
>
> E
>
> "MoerFie" wrote:
>
> veral die Clicks- en LinkMax tipe apteke wat pryse tot onder kosprys
>> gesny het.
>>
>> Ons almal wag in spanning......
>>
>> Soois die pillesmous
>>
>
Re: Nuutste nuus oor verlaagde medisynepryse [boodskap #92284 is 'n antwoord op boodskap #92283] Do, 22 April 2004 22:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek kon Clicks verstaan, nie geweet hulle het 'n vinger in so baie pies nie.
Jinne, jy moet darem 'n moerse backing hê as jy so iets wil doen, en ek
reken jy vat 'n groot risiko want as dit nie werk nie, kan dit jou einde
beteken. Baie sleg vir jou kleiner besighede wat ook bydrae tot die
ekonomie, werksgeleenthede ens. Mens sou dink daar is regulasies teen so
iets? Maar wat weet ek, ek's net 'n web developer :)

E

"MoerFie" skryf in boodskap news:c699hs$n06$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die idee is om vir 'n relatief kort tydperk pryse baie laag te hou, 'n
> verlies te maak, en sodoende die kompetisie uit besigheid te dwing. Daarna,
> as hulle al is wat oorbly, kan hulle pryse na 'n meer aanvaarbare vlak
> verhoog, aangesien daar nie meer kompetisie is nie. 'n Genoteerde
> maatskappy soo Clicks met aandele in besighede soos Musica, Clicks, Diskom,
> LinkMax ens. kan nog steed sake doen, al ly hulle 'n verlies op die een
> kant, wat hulle dan weer opmaak aan die ander kant. Die klem is op die kort
> termyn verlies.
>
> Soos die Ekonoom
Re: Nuutste nuus oor verlaagde medisynepryse [boodskap #92286 is 'n antwoord op boodskap #92274] Vr, 23 April 2004 06:58 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
MoerFie, miskien werk dit soos dit met al die groot kettinggroepe werk?
Hulle gaan na die fabrieke of invoerders toe en stel vas of daar enige
produkte is wat of vervang gaan word deur 'n nuwe model, of in verbruikbare
goed, die vervaldatums naby is. Sê hulle het 5000 items in voorraad, dan
bied die kettinggroep aan om die hele voorraad net so oor te neem teen 'n
prys met 'n groot rabat op. Die vervaardiger raak ontslae van 'n
potensiële verlies en hy kan sy nuwe produk bemark en die kettinggroep vat
sy 5 000 produkte en sit dit in die winkels teen 'n groot afslagprys en
verkoop die hele spul aan 'n verbruikersmark wat dan reken dat die kleiner
sakemense hulle nog die heel tyd verneuk het! Wat hulle nie besef nie, is
dat hulle 'n verouderde produk gekoop het.
Ek ken nie van pille nie, maar sekerlik het dit ook vervaldatums?
Miskien moet mens na hierdie groot apteke se produkte op die rak kyk en sien
hoe namby is hulle aan die vervaldatum? Ek reken nou maar net, 'n Panado
met 'n oorgeblewe raklewe van nog 2 jaar moet meer werd wees as iets wat nog
net 3 maande het om te gaan? Ek is seker dis hoe die spulletjie werk.

"MoerFie" skryf in boodskap news:c6911l$kjr$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Daar is geen nuus nie.
>
> Die minister is te besig om haar knoffel asem en beetbesmeerde klere te
> verdoesel, so sy sê niks nie. Frankly, ek dink nie sy gaan die einde April
> in die kabinet wees nie. Daar is ongeveer tien dae oor voordat die nuwe
> wetgewing in werking tree, rekenaarstelsels moet opdateer word,
> aankoopprosedures moet verander word, voorskrif prysbeleid moet herdink
> word, veral die Clicks- en LinkMax tipe apteke wat pryse tot onder kosprys
> gesny het.
>
> Ons almal wag in spanning......
>
> Soois die pillesmous
>
Vorige onderwerp: Pretoria onkant gevang met reen
Volgende onderwerp: Re: Maintenence Management Professional
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 16:47:24 MGT 2024