Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Was Afrikaners Nazis?
Re: Was Afrikaners Nazis? [boodskap #9188] Vr, 25 April 1997 00:00 na volgende boodskap
Thomas Jacobs  is tans af-lyn  Thomas Jacobs
Boodskappe: 49
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In jo...@fourie.com (Jopie) writes:

> Ek lees al hoe meer in die pers hoe Afrikaner-sosialisme vergelyk word
> met Nazisme. Dit word soms heftig ontken, hoofsaaklik vanuit kringe
> bestaande uit mense wat die Afrikaner-nasionalisme aangehang het of
> steeds aanhang. Dan word die ontkenning baie ywerig nogal met
> akademiese argumentvoering gestaaf, want hierdie mense, so lyk dit, se
> grootste vrees in die nuwe Suid-Afrika is dat hulle tot verantwoording
> geroep sal word.

> Nou wonder ek net, diegene (die meeste mense in Suid-Afrika) wat aan
> die kortste ent getrek het weens Afrikaner-nasionalisme: hoekom is dit
> veral hul leiers wat aanvoer dat Apartheid soos Nazisme was?
> Se hulle so omdat hulle akademies tot so 'n gevolgtrekking gekom het,
> of se hulle so omdat die praktiese beoefening van Apartheid
> ooreenstemmings getoon het met die beoefening van Nazisme?

> Jopie
Of mense nou Apartheid met Nazisme wil vergelyk oftenie, die feit is dat
Apartheid en wat daarmee gepaard geggaan het (NG kerk was en is nog
steeds apart ven sy mede gelowiges, onderwysstelsel vir swartes was
derderangs, ens, ens.), mynsinsiens veel erger as Nazisme was.

Die bevoorregtes het die gerief gehad om bv. tot drie huise te besit
terwyl Swartes hul moer moes afbaklei om 'n blerrie ou padokkie te kan
oprig. Daarmee wil ek nie se dat individue (sp?) wat dit kon bekostig
dit nie moes doen, maar dat die Apartheids-regering doelbewus seker
gemaak het dat hul boeties grond moes besit.

Die letsels wat Apartheid nagelaat het sal seersekerlik by ons bly vir
'n lang ruk soos wat met Nazisme die geval is.

A
A
A

A

--
Thomas Jacobs - Computing Centre - Rhodes University - Grahamstown
Internet: cc...@hippo.ru.ac.za uucp: ..!uunet!m2xenix!quagga!hippo!cctj
Re: Was Afrikaners Nazis? [boodskap #9189 is 'n antwoord op boodskap #9188] Vr, 25 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Wen wrote in article ...
> In article ,
> jo...@fourie.com (Jopie) wrote:
>> Ek lees al hoe meer in die pers hoe Afrikaner-sosialisme vergelyk word
>> met Nazisme. Dit word soms heftig ontken, hoofsaaklik vanuit kringe
>
>
>
> Die hele agrument om Apartheid vs Nazisme is vir my 'n interessante een. Ek
> kan myself nie namens ander mede-Afrikaners uitlaat nie, maar wat my
> persoonlike hantering van die verlede betref het ek tog sekere opinies.

Baie dankie vir jou opregte opinies, "Wen".

> Laat ek begin deur te sê dat die booshede wat van die Apartheids-era wat nou
> blootgelê word my erg kwel. Ek kan myself nie vereenselwig met dinge wat
> klaarblyklik op plekke soos Vlakplaas gebeur het nie. Dit was boos en onder
> geen omstandighede aanvaarbaar nie. Toe meeste van die dinge aan die gang was,
> was ek egter nie eers stemgeregtig nie. Die vraag is of dit my van skuld
> kwytskel. En wat van my ouers? Vir hulle is die waarhede wat nou na vore kom
> net so pynlik, maar ongeag die feit dat hulle nie daarvan geweet het nie, het
> hulle immers die regering, in wie se naam die gruweldade gepleeg is, ingestem.
> So, is hulle altemit skuldig? Of miskien ten minste meer skuldig as ek?

Ons vaar nou in diep water. Die eenoor ridders sal ons sekerlik met hulle
fakkelspiese probeer bykom. Maar laat ons probeer.

Eintlik het ons ook die regsmense se opinie nodig in wat ek nou gaan se.

'n PERSOON is net skuldig aan iets VERKEERDS wat die persoon SELF in die
VERLEDE GEDOEN het.
Vier dinge is belangrik.

1 Die persoon. Vir die reg kan die persoon 'n enkeling wees of 'n groep wat
onderneem om soos 'n enkeling op te tree. Die saak van eenheid/heelheid
(monadisiteit) is hier van uiterste belang. Sodra verdeeldheid BEWYS kan
word, verval die begrip van regspersoon. In die geval van 'n enkeling kan
dit 'n geestesafwyking wees. In die geval van 'n groep kan dit die geval
wees dat hulle nooit voorgegee het om as enkeling op te tree nie.
Al die Afrikaners het nooit voorgegee om as enkeling op te tree nie.
Niemand kan dit bewys nie. Dis uiters maklik om verdeeldheid tussen al die
Afrikaners te bewys. Hulle is dus nie 'n regspersoon nie.

2 Die self. Die regspersoon is verantwoordelik vir homself/haarself. Die
saak van identiteit hier van uiterste belang. Identiteit behels onder
andere verantwoordelikheid. Sodra hierdie verantwoordelikheid nie beoefen
kan word nie, verval die begrip van regspersoon. In die geval van 'n
enkeling kan dit miskien ouderdom wees soos by 'n kind.

3 Verlede. Skuld behels iets iewers terug in die tyd. Dit behels nie nou of
die toekoms nie. Dit behels nie eers die potensiaal om iets nou of in die
toekoms te doen nie.

4 Verkeerde gedoen. Die saak behels twee aspekte. Die een aspek is die
daad. Moenie die 'is' of handelaar (being in Engles, sein in Duits) met die
'wording' (becoming in Engels, werden in Duits) of handeling verwar nie.
Dit is nie die feit dat ek 'n bleek vel of 'n gereformeerde geloof het of
manlik is wat my aan enigiets skuldig maak nie. Dit is die feit van my dade
wat belangrik is. Die ander aspek is die verkeerds. Die goeie dade moet ek
doen en die slegte dade moet ek nie doen nie. As ek die teenoorgestelde sou
doen, het ek 'n misdaad gepleeg. Met ander woorde, as die regspersoon
versuim om die goeie te doen waarvoor die regspersoon verantwoordelik is,
sal dit ook 'n misdaad wees.

Slegs as bewys kan word dat alle Afrikaners vir die NP gestem het gedurende
al die jare van institusionele apartheid, kan die saak van skuld aangevoer
word, self al sou die misdaad 'n versuim wees.

> Ek onthou dat ons Duitse onderwyseres (eg Duits) op skool vir ons vertel het
> dat die jong geslag hulle voorsate baie verkwalik het vir wat in die
> Nazi-kampe gebeur het. Ek sien hier dus 'n parallel.
>
> Tog wil ek nie laat skyn dat ek om verskoning vra vir my agtergrond nie.
> Ondanks wat baie mense sê, het elke mens tog sy eie wil en
> besluitnemingsvermoë waarvolgens hy uiteindelik sy lewe bedryf. Om 'n
> voorbeeld uit my eie lewe te gee: [sny]
> Ek kan dus nie sê dat ek sus of so is as gevolg van my agtergrond nie. Wat ek
> is en wat ek doen moet ek self voor aanspreeklikheid aanvaar. Om terug te kom
> by die Nazisme- en verantwoordingkwessie: Moet ek egter aanspreeklikheid
> aanvaar vir iets wat ek NIE oor beheer gehad het nie, maw deel ek aan die

> skuld van Apartheid, en spesifiek, deel ek aan die skuld van Vlakplaas?

Nee.

> Dis maklik om te sê: Nee! Ek deel nie daaraan nie, want ek het persoonlik daar
> niks mee te make gehad nie. Tog het ek die vrugte daarvan geniet, of hoe? Ek
> het bevooregte onderwys en mediese hulp geniet, en ouers wat darem 'n KANS
> gehad het om my universiteitsopleiding aan te bied, al het hulle self baie
> hard daarvoor gewerk.

Nee. Jy het net soveel die vrugte as die wanvrugte daarvan ge"eet. Dink aan
die geheel want dit is belangrik. Weet jy hoe kon jou onderwys as bleekvel
gewees het as daar nie 'n Vlakplaas en 'n Kerkstraatbom was nie? Weet jy
hoe kon die onderwys van die donkervelle gewees het as dit nie daar was
nie? Dit bring ons terug by hoe belangrik dit tussen die handeling en die
handelaar te ondersei.
>
> Dis net so maklik om te sê: Ja! Julle (ons) is almal skuldig en nou moet ons
> die vrug van ons voorgeslag se harde werk met die onbevoorregte massas deel,
> al beteken dit dat die stukkies koek darem dêm fyn gesny sal moet word, en dan
> is dit nog moontlik pêrels voor die swyne ook. Wie weet?

Hulle wat REEDS aan misdade skuldig is, sal hulle straf nie kan ontwyk nie.
Ons lewens is aan hulle lewens gekoppel, maar dit maak ons nooit skuldig
nie. Wat ons skuldig maak, is ons eie dade wat ons REEDS gepleeg het. Ons
het nie skuld aan nou en die toekoms nie want daar is nie so iets nie. Maar
as ons nou begin of sou ons in die toekoms begin om misdade te pleeg (doen
wat ons nie moet doen nie en nie doen nie wat ons moet doen), eers dan is
ons skuldig. Om die misgedonde verlede nie te probeer verbeter nie, is 'n
misdaad.

> Ek dink nie die kwessies is maklik om vir jouself op te los nie, en nog minder
> op 'n ander man se onthalwe. Ons moet elkeen die goed vir ons self uitklaar en
> ons lewens ooreenstemmend inrig. Wees dankbaar dat ons nog steeds baie vryheid
> geniet om so 'n besluit te kan neem. Tot dusver sê niemand vir my: Jy MOET jou
> eiendom van die hand sit en dit onderverdeel tot jy net so arm soos die ou
> langs jou is nie (ek besef dat dinge wat hiermee vergelykbaar is wel
> plaasvind, maar ek praat vir myself).
>
> 'n Bepynsing van die dinge het my gebring tot 'n stadium waar ek die volgende
> 5 maatreëls vir myself gestel het, waarvolgens ek nou my lewe probeer lei:
>
> Ek besef dat ek 'n baie bevooregte jeug geniet het, en ek aanvaar
> verantwoordelikheid om die vrug van die voorregte met minderbevoorregtes te
> deel.
> My familie kom eerste. Ek sal altyd eerste in hulle behoeftes voorsien, maar
> ek sal daarteen waak om 'n weelderyke lewenstyl daar te stel ten koste van
> hulp aan minderbevoorregtes.
> Ek sal my bes doen om die wat ek help en bystaan te laat besef dat hulle dit
> tot die beste van hulle vermoë moet gebruik om SELF vooruit te streef, en as
> hulle dit nie doen nie sal ek dit nie as verskoning gebruik om nie weer te
> probeer nie.
> Ek sal mense as individue op hulle karakter en persoonlikheid oordeel en nie
> as groepe onder een kam skeer nie.
> Ek sal nie sanik oor dinge waaroor ek geen beheer het nie, want dit help niks
> om die saak te verbeter nie. Ek sal egter formeel my beswaar aanteken waar ek
> voel dit kan 'n positiewe uitwerking hê.

Pragtig. Dit is nou ubuntu uit die hoogste rakke. Jy mag nie beoordeel of
dit ubuntu uit die hoogste rakke is of nie. Dis deel van die ubuntu. Ander
moet dit beoordeel. Ek het dit nou so pas gedoen.

'n Ander aspek van ubuntu het ek reeds aangeraak (en jy ook met jou gebruik
van die woord familie. Ubuntu werk net soos die begrip regspersoon. Dit het
betrekking op 'n enkeling en 'n groep enkelinge wat onderneem om as 'n
ORGANIESE GEHEEL op te tree. Die groot taak wat mense met ubuntu altyd moet
aan aandag gee, is waar die grense van die geheel getrek moet word. Die
Zoeloes het in 1838 ubuntu gehad. Elke Voortrekkergroep het in 1838 ubuntu
gehad. Maar die Zoeloes se ubuntu en die Voortrekkers se ubuntu het elk
ander uitgesluit. Die gevolg was die slag van Bloedrivier.

As jy en jou familie se ubuntu en die buurfamilie se ubuntu mekaar
uitsluit, gaan daar perde wees. As die bleekvelle se ubuntu an die
donkervelle se ubuntu mekaar gaan uitsluit, gaan daar ewe eens perde wees.
Dis so seker as die horings wat die perde nie gaan kry nie.

Kyk wat gaan op die ESEIBIESIE. Hulle sorg vir selektiewe ubuntu. Dis waar
al hulle probleme vandaan kom. Kyk wat gaan in die onderwys. Dag vir dag
word die vorige selektiewe ubuntu verruil vir 'n nuwe selektiewe ubuntu. So
vermeerder die probleme in die onderwys.

As julle wil, sal ek vir julle 'n stuk pos wat ek opgestel het oor ubuntu.
Ek pos dit binnekort aan 'n poslys wat oorsee gelee is en met meer as 2000
deelnemers oor die hele wereld (akademie, besighede, regering instansies)
ubuntu het. Ongelukkig vir Afrikaans is die stuk in Engels. Gelukkig vir
hierdie nuusgroep (NG), sê sy stigtingakte dat Engels ook welkom is
wanneer dit oor Suid Afrika gaan.

> Ek weet nie of die dinge aan enigiemand anders 'n verskil sal maak nie, maar
> ek voel defnitief dat dit op my 'n positiewe uitwerking het. Dit beantwoord
> natuurlik nie die vraag oor my verantwoordelikheid aan die skuld van Apartheid
> nie, en dit dit is ook nie te of dit enigsins 'n terugbetaling, en indien wel,
> of dit te min of te veel is nie. Maar dis darem iets.

Dit is die hele doel van ubuntu, naamlik om jou positief en harmonieus te
maak.

Beste wense
At de Lange
Re: Was Afrikaners Nazis? [boodskap #9211 is 'n antwoord op boodskap #9188] Sa, 26 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon Dreyer  is tans af-lyn  Gideon Dreyer
Boodskappe: 35
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Wen skryf:

"Ek sal my bes doen om die wat ek help en bystaan te laat besef dat hulle
dit
tot die beste van hulle vermoë moet gebruik om SELF vooruit te streef, en
as
hulle dit nie doen nie sal ek dit nie as verskoning gebruik om nie weer te
probeer nie."

Met die woorde

"en as hulle dit nie doen nie sal ek dit nie as verskoning gebruik om nie
weer te probeer nie."

raak jy diep in my siel .

Dankie dat jy die stroom weer onder my aandag gebring het.
Ek het baie daarmee te doen in my vak.

Wat die vergelyking met Nazisme en Aprtheid betref lyk dit my die beste om
dit van so ver as moontlik te bekyk in die eeerste instansie:

n afwesigheid van liefde dring zich aan my voor

en dan in die detail,

n afwezigheid van liefde na die naaste toe.

met vriendelike groet
Xfiles
Re: Was Afrikaners Nazis? [boodskap #9217 is 'n antwoord op boodskap #9189] So, 27 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 25 Apr 1997 15:54:47 GMT, "AM de Lange" wrote:
<<>'n PERSOON is net skuldig aan iets VERKEERDS wat die persoon SELF in die
> VERLEDE GEDOEN het.>>>>


'n Baie vreemde stelling.
Laat 'n mens wonder oor dinge wat in werking gestel word en later - in
die toekoms - eers die realiteit rondom dit beinvloed.

En neem aan jy maak ook nie planne vir die toekoms nie, want dit
bestaan nie??!!

En by the way, wie se die toekoms bestaan nie?
En vat jou 'n weddenskap hy bestaan.
Dis nou 22:12 op Sondagaand.
Ek wed jou jy gaan die boodskap iewers in die toekoms lees.
In fact, die woorde wat jy nou lees, hulle het ek 22:13 getik.
Re: Was Afrikaners Nazis? [boodskap #9265 is 'n antwoord op boodskap #9188] So, 04 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
BOETIEBEN[2]  is tans af-lyn  BOETIEBEN[2]
Boodskappe: 2
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
jou brief is interresant ek sal graag wil kommunikeer met ander afrikaners
wat in aparheid belangstel
Vorige onderwerp: Re: Die maklike pad of die moeilike pad
Volgende onderwerp: Echoes across the globe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 07:12:40 MGT 2024