Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sou jy kon vra...
Sou jy kon vra... [boodskap #91900] Do, 01 April 2004 12:49 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
As iemand van ons hier na 'n politieke vergadering sou gaan, en jy sou 'n
vraag aan elke party kon vra waarop daar geantwoord kon word, wat sal dit
wees?
Sou jy vir die ANC vra hoekom mense krepeer terwyl Maatskaplike dienste elke
jaar met miljoene ongebruikte staatsgeld sit?
Sou jy die NNP vra of dit reg is dat hulle saam met die ANC aansoek gedoen
het om geld van die Lotto-mense te kry?
Sou jy die DA gevra het wie het op hul eienaardige verkiesingsbeleid, nl om
al wat ander party is aan te val, besluit het?
Sou jy die IVP gevra het hoekom konsentreer hulle nie net op Natal om daar
te wen nie?
Sou jy vir enigeen van die ander klein en kleiner partytjies gevra het wat
hulle beleid is t.o.v elke liewe staatsdepartement.

Is dit reg dat 'n versekeringsmaatskappy geld skenk vir die verkiesing?
--
Annette
Re: Sou jy kon vra... [boodskap #91912 is 'n antwoord op boodskap #91900] Do, 01 April 2004 14:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette - ek sou die kleiner partye wou vra of hulle 'n bestaansreg het.
Wat is vereistes om 'n party te laat deelneem aan die verkiesing - bloot 'n
finansiële bydrae, of moet hulle ook 'n minimum getal nominasie
handtekeninge voorlê?
Re: Sou jy kon vra... [boodskap #91922 is 'n antwoord op boodskap #91912] Do, 01 April 2004 15:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jonas, soos dit vir my lyk, enige persoon wat verspot genoeg is om 'n party
party te laat registreer, en R150 000 in die water te gooi om aan die
parlementêre verkiesing deel te neem, of R30 000 per provinsie, kan dit
doen.
Net na die oorlopery verlede jaar is daar mos 'n stuk of 5 nuwe partye
gestig.
Dit sal interessant wees om te weet of daar wel 'n minimum aantal
ingeskrewe lede moet wees.
--
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:c4h9l5$11m$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Annette - ek sou die kleiner partye wou vra of hulle 'n bestaansreg het.
> Wat is vereistes om 'n party te laat deelneem aan die verkiesing - bloot 'n
> finansiële bydrae, of moet hulle ook 'n minimum getal nominasie
> handtekeninge voorlê?
>
Re: Sou jy kon vra... [boodskap #92066 is 'n antwoord op boodskap #91922] So, 11 April 2004 19:03 Na vorige boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Anette en Jonas,
Al die partye is vol beloftes en dis diekant toe en daai kant toe maar
ek het nie van een party gehoor wat die onwettige immigrante aanspreek
nie.

As ons net van hulle ontslae kan raak sal daar alreeds `n styging in
werksgeleenthede wees sonder om `n maatskappy op die been te bring.

Verkiesings Groete
Frikkie

On Thu, 1 Apr 2004 17:20:51 +0200, "Annette" wrote:

> Jonas, soos dit vir my lyk, enige persoon wat verspot genoeg is om 'n party
> party te laat registreer, en R150 000 in die water te gooi om aan die
> parlementêre verkiesing deel te neem, of R30 000 per provinsie, kan dit
> doen.
> Net na die oorlopery verlede jaar is daar mos 'n stuk of 5 nuwe partye
> gestig.
> Dit sal interessant wees om te weet of daar wel 'n minimum aantal
> ingeskrewe lede moet wees.
Vorige onderwerp: Drankwinkels
Volgende onderwerp: Snaaks / oorspronklike boardroom name
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 16:42:48 MGT 2024