Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Koos du Plessis ( was Jopie Adam tema liedjie)
Re: Koos du Plessis ( was Jopie Adam tema liedjie) [boodskap #9160] Wo, 23 April 1997 00:00
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Die Vierde Horison" (Inhuis 1995) is een van my gunstelinge, veral "Die Huistoepad". Hier
is die lirieke, vir die wat dit nie ken nie:

die huistoepad is die pad wat jy vat
as jou siel verdor maar jou oë bly nat
en jy loop maar jy weet jy't die koers vergeet
lê die huistoepad tussen hoop en weet

maar die huistoepad is 'n donkerpad
dis 'n opdraendpad dis 'n dronkaardspad
dis 'n rowerspad en 'n konkelpad
want die huistoepad is 'n kronkelpad

die huistoepad is 'n ware pad
maar 'n nare en vol gevarepad
dis 'n sloop-maarpad en 'n stroop-maarpad
want die huistoepad is 'n hoop-maarpad

die huistoepad is die pad wat jy vat
as jou siel verdor maar jou oë bly nat
en jy weet en jy weet jy is lank vergeet
lê die huistoepad tussen hoop en weet

en die huistoepad is 'n somber pad
dis 'n dink -en 'n peins -en 'n wonderpad
dis 'n sukkel -en beur -en 'n strompelpad
want die huistoepad is 'n kronkelpad

die huistoepad is 'n hartseer pad
dis 'n enkelpad dis 'n swart leë pad
dis 'n snags alleen deur die hoop loop pad
want die huistoepad is 'n doodlooppad


(Musiek en lirieke deur Koos Du Plessis)

------------- (So gepraat van slaggate en moeilike paaie .... )
Vorige onderwerp: Any Afrikaans RealAudio Programs?
Volgende onderwerp: Re: ET se boep in die boep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 11 21:13:42 MGT 2024