Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: DD Glad to help
Re: DD Glad to help [boodskap #91559] So, 21 Maart 2004 13:23 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" wrote

> Please feel free to add a link on any of your websites
>
> Once again, thank you for your feedback. It was very valuable and
> greatly appreciated.
>
>
> Be not afraid of growing slowly; be afraid only of standing still. `
> - Chinese Proverb

Maar wees baie baie baie bang as jy jou
stadig-groei IN ENGELS op hierdie
AFRIKAANSE nuusgroep doen.

Penkop op wag
Re: DD Glad to help [boodskap #91581 is 'n antwoord op boodskap #91559] Ma, 22 Maart 2004 10:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Kan iemand asb 'n ander 78 op die gram in Kanada sit? Ons is al so gatvol
vir die liedjie!

Max____________________________

"@rogers.com"
> Maar wees baie baie baie bang as jy jou
> stadig-groei IN ENGELS op hierdie
> AFRIKAANSE nuusgroep doen.
>
> Penkop op wag
>
Re: DD Glad to help [boodskap #91589 is 'n antwoord op boodskap #91581] Ma, 22 Maart 2004 21:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" wrote

> Kan iemand asb 'n ander 78 op die gram in Kanada sit? Ons is al so gatvol
> vir die liedjie!

Nog een wat dink dat sy opinies belangriker
is as die voortbestaan van Afrikaans. Ek neem
aan jy dink daar is niks verkeerd daaraan as
DD besigheidskorrespondensie in Engels op
die Afrikaans nuusgroep bedryf nie.

Gloudina
Re: DD Glad to help [boodskap #91590 is 'n antwoord op boodskap #91589] Ma, 22 Maart 2004 22:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 22 Mar 2004 21:32:44 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> "Max" wrote
>
>> Kan iemand asb 'n ander 78 op die gram in Kanada sit? Ons is al so gatvol
>> vir die liedjie!
>
> Nog een wat dink dat sy opinies belangriker
> is as die voortbestaan van Afrikaans. Ek neem
> aan jy dink daar is niks verkeerd daaraan as
> DD besigheidskorrespondensie in Engels op
> die Afrikaans nuusgroep bedryf nie.
>
> Gloudina
>

re
>>> Seker in die tyd toe daar nog mense
>>> gewees het wat liewe die suiwerder
>>> Nederlands as offisiële taal wou sien.

> Gloudina

'Liewer meer suiwer' sou suiwerder
geklink het as suiwerder..
En dit is meer suiwer maniere om
iemand te antwoord in die taal
waarin jy aangespreek word.

Ietwat minder suiwer om
dit besigheidskorrespondensie
te noem, terwyl iemand met
onsuiwer bybedoelings
heel ongevraag die url
hier geadverteer het.

DD
Re: DD Glad to help [boodskap #91592 is 'n antwoord op boodskap #91590] Di, 23 Maart 2004 02:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" wrote`

> 'Liewer meer suiwer' sou suiwerder
> geklink het as suiwerder..

Ag, jy praat bog. Die woord "suiwerder"
is net so goeie Afrikaans as "meer
suiwer." Om die waarheid te sê, ek dink
"meer suiwer" is argaies en mense sal wonder
as jy aanhou om dié soort taal in die straat
te praat. So klim nou tog maar asseblief
van die troontjie af.

Tant Hessie van Onderstepoort
Re: DD Glad to help [boodskap #91598 is 'n antwoord op boodskap #91589] Di, 23 Maart 2004 08:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
As dit vir jou so belangrik is om vir Afrikaans te veg, doen jy dit op die
verkeerde plek. Ons kom almal na hierdie nuusgroep om Afrikaans te lees, nie
om dit te vernietig nie... Ons kan egter almal Engels ook lees en verstaan.

Mis jy jou dae voor die klas? Gaan dan terug skool toe, ons is nie jou
leerlinge nie.

Max____________________________

"@rogers.com" wrote in message
news:0YI7c.1139$WxP.495@news01.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
>
> "Max" wrote
>
>> Kan iemand asb 'n ander 78 op die gram in Kanada sit? Ons is al so gatvol
>> vir die liedjie!
>
> Nog een wat dink dat sy opinies belangriker
> is as die voortbestaan van Afrikaans. Ek neem
> aan jy dink daar is niks verkeerd daaraan as
> DD besigheidskorrespondensie in Engels op
> die Afrikaans nuusgroep bedryf nie.
>
> Gloudina
>
Re: DD Glad to help [boodskap #91601 is 'n antwoord op boodskap #91598] Di, 23 Maart 2004 13:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> As dit vir jou so belangrik is om vir Afrikaans te veg, doen jy dit op die
> verkeerde plek

Dierbaarheid. Nou het ek alles gesien. Miskien
moet jy weer onthou waarvoor hierdie nuusgroep
gestig is. Die persoon wat daarvoor geveg het,
was 'n Nederlander, Robert Wagenaar. As mens
nie beswaar maak teen Engelse snert op hierdie
nuusgroep nie, dan sal dit gou ontaard in iets wat
niemand meer wil lees nie.

Gloudina
Re: DD Glad to help [boodskap #91602 is 'n antwoord op boodskap #91601] Di, 23 Maart 2004 14:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Hier's maar 'n handjievol mense wat mekaar kak byt op hierdie groep, of
sommer lekker twakpraat met mekaar.

Jou idee van veg vir die voortbestaan van Afrikaans?

Definitief nie myne nie...

Max____________________________

"@rogers.com" wrote in message
news:3bX7c.16227$uz5.274@twister01.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> "Max" skryf
>
>> As dit vir jou so belangrik is om vir Afrikaans te veg, doen jy dit op die
>> verkeerde plek
>
> Dierbaarheid. Nou het ek alles gesien. Miskien
> moet jy weer onthou waarvoor hierdie nuusgroep
> gestig is. Die persoon wat daarvoor geveg het,
> was 'n Nederlander, Robert Wagenaar. As mens
> nie beswaar maak teen Engelse snert op hierdie
> nuusgroep nie, dan sal dit gou ontaard in iets wat
> niemand meer wil lees nie.
>
> Gloudina
>
Re: DD Glad to help [boodskap #91603 is 'n antwoord op boodskap #91602] Di, 23 Maart 2004 17:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max skryf

> Hier's maar 'n handjievol mense wat mekaar kak byt op hierdie groep, of
> sommer lekker twakpraat met mekaar.
>
> Jou idee van veg vir die voortbestaan van Afrikaans?
>
> Definitief nie myne nie...

Jy is welkom om jou eie opinies te lug. Maar
hierdie nuusgroep moes aansoek doen vir
sy ontstaan, en dit is definitief nie gevorm om
Engelse besigheidspraatjies te hanteer nie.
As jy dink Engelse gepratery op hierdie
nuusgroep is in orde, vra dan vir die res
van die mense hier wat hulle dink.
Sien wat hulle sê.

Gloudina
Re: DD Glad to help [boodskap #91612 is 'n antwoord op boodskap #91603] Wo, 24 Maart 2004 08:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Jy gaan aan asof die nuusgroep sy bestaan/ontstaan aan jou te danke het...

In die tyd wat ek hier rondhang, het jy baie meer kwaad as goed gedoen vir
hierdie groep... Sodra hier 'n nuwe mens langs kom, kan jy nie gou genoeg sy
entoesiasme dooddruk nie... Ek het jou al 'n keer tevore gesê dat die
nuusgroep 'n beter plek sal wees sonder jou, jy het my toe verseker dat jy
nog hier sal wees lank na ek nie meer kom nie... Ek het dus geleer om jou te
aanvaar as een van die elemente waaruit die groep bestaan - dit wil
natuurlik nie sê dat ek bly is daarmee nie...

Ek is egter van plan om jou te oorleef. Ek sal dus eendag tog die saligheid
kan beleef van 'n SCSA sonder Gloudina.

Nou's ek moeg en stop ek.

Max____________________________

"@rogers.com" wrote in message
news:Sk_7c.29680$5ze.13527@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Max skryf
>
>> Hier's maar 'n handjievol mense wat mekaar kak byt op hierdie groep, of
>> sommer lekker twakpraat met mekaar.
>>
>> Jou idee van veg vir die voortbestaan van Afrikaans?
>>
>> Definitief nie myne nie...
>
> Jy is welkom om jou eie opinies te lug. Maar
> hierdie nuusgroep moes aansoek doen vir
> sy ontstaan, en dit is definitief nie gevorm om
> Engelse besigheidspraatjies te hanteer nie.
> As jy dink Engelse gepratery op hierdie
> nuusgroep is in orde, vra dan vir die res
> van die mense hier wat hulle dink.
> Sien wat hulle sê.
>
> Gloudina
>
Re: DD Glad to help [boodskap #91618 is 'n antwoord op boodskap #91612] Wo, 24 Maart 2004 13:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" wrote:

> Jy gaan aan asof die nuusgroep sy bestaan/ontstaan aan jou te danke het...

Ja, ek was een van die oorspronklike
groep wat daarvoor gestem het. Daar
was mense wat daarteen gestem het.
Was jy een van die mense wat daarvoor
gestem het? Dit was nie baie lank gelede
nie. In die laaste tien jaar.

Gloudina
Re: DD Glad to help [boodskap #91619 is 'n antwoord op boodskap #91612] Wo, 24 Maart 2004 13:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

Ek het jou al 'n keer tevore gesê dat die
> nuusgroep 'n beter plek sal wees sonder jou, jy het my toe verseker dat jy
> nog hier sal wees lank na ek nie meer kom nie... Ek het dus geleer om jou te
> aanvaar as een van die elemente waaruit die groep bestaan - dit wil
> natuurlik nie sê dat ek bly is daarmee nie...
>
> Ek is egter van plan om jou te oorleef. Ek sal dus eendag tog die saligheid
> kan beleef van 'n SCSA sonder Gloudina.

Wel, jy is een boerseun wat sy maniere
ken.

Tant Hessie van die Gariep
Re: DD Glad to help [boodskap #91620 is 'n antwoord op boodskap #91618] Wo, 24 Maart 2004 13:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com"
>
> "Max" wrote:
>
>> Jy gaan aan asof die nuusgroep sy bestaan/ontstaan aan jou te danke
het...
>
> Ja, ek was een van die oorspronklike
> groep wat daarvoor gestem het. Daar
> was mense wat daarteen gestem het.
> Was jy een van die mense wat daarvoor
> gestem het? Dit was nie baie lank gelede
> nie. In die laaste tien jaar.
>
> Gloudina
>

Jou bittereinder!

Ek het, eerlik gesê nog nooit gewonder waar SCSA nou eintlik ontstaan het
nie. Wie om te bedank, of is dit blameer, nie...

Het jy ook iets te doen gehad met die alt.languages.afrikaans groep? Die
groep wat ek voel behoort eintlik te wees waar dit oor die Afrikaanse taal
gaan, maar waar hulle nou Carte Blanche het, omdat jy hier sit....

Anyway, baie dankie vir jou moeite om die groepie te stig.

Max____________________________
Re: DD Glad to help [boodskap #91622 is 'n antwoord op boodskap #91620] Wo, 24 Maart 2004 14:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Het jy ook iets te doen gehad met die alt.languages.afrikaans groep? Die
> groep wat ek voel behoort eintlik te wees waar dit oor die Afrikaanse taal
> gaan, maar waar hulle nou Carte Blanche het, omdat jy hier sit....

Nee, ek het niks te doen met alt.languages.afrikaans nie.
Ek neem aan geen ander groep of eposlys op die internet
deel as net hierdie een nie. Hoekom sê jy dat hulle
vryspel het op daardie groep? Wat bedoel jy? Praat
hulle daar uitsluitlik in Afrikaans en oor Suid-Afrikaanse
dinge? Is dit 'n baie aktiewe groep?
Ek wil jou nou 'n direkte vraag vra? Wil jy regtig hê dat
hierdie groep moet ontaard in iets waar mense maar
Engels kan praat elke keer as hulle so voel. En ander
mense dan vir hulle in Engels kan antwoord.? Vertel
vir my hoekom jy op hierdie groep is.

Gloudina
Re: DD Glad to help [boodskap #91624 is 'n antwoord op boodskap #91622] Wo, 24 Maart 2004 15:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com"
>
> "Max" skryf
>
>> Het jy ook iets te doen gehad met die alt.languages.afrikaans groep? Die
>> groep wat ek voel behoort eintlik te wees waar dit oor die Afrikaanse taal
>> gaan, maar waar hulle nou Carte Blanche het, omdat jy hier sit....
>
> Nee, ek het niks te doen met alt.languages.afrikaans nie.
> Ek neem aan geen ander groep of eposlys op die internet
> deel as net hierdie een nie. Hoekom sê jy dat hulle
> vryspel het op daardie groep? Wat bedoel jy? Praat
> hulle daar uitsluitlik in Afrikaans en oor Suid-Afrikaanse
> dinge? Is dit 'n baie aktiewe groep?
> Ek wil jou nou 'n direkte vraag vra? Wil jy regtig hê dat
> hierdie groep moet ontaard in iets waar mense maar
> Engels kan praat elke keer as hulle so voel. En ander
> mense dan vir hulle in Engels kan antwoord.? Vertel
> vir my hoekom jy op hierdie groep is.
>
> Gloudina
>

Die groep is maar dieselfde as hier. Ek was al 'n keer of wat daar. Met tye
meer aktief, maar soms heel lank stil. Ek sê hulle het vryspraak omdat daar
niemand is wat iets sê as iemand bv 'n engelse grappie sou vertel nie...

Hoekom is ek hier op die groep? Ja, dis nou 'n goeie vraag... Ek weet nie.
Ek het ongeveer vyf jaar gelede "per ongeluk" op die groep afgekom. Iemand
was aan die galbraak oor Nederlanders wat so "jags" is. (Wat 'n walglike
woord!) Ek het my geforseerd gevoel om hulle (Nederlanders) te verdedig.
Sindsdien sit ek hier vas...

Ek verlang nie terug na SA nie, maar geniet dit om af en toe te lees wat
daar aangaan. Ek vind die nuusgroep 'n beter bron as bv die online koerante.

Miskien is dit omdat ek in Nederland sit, maar ek het nie eintlik 'n saak
met Afrikaans nie. Maar ek identifiseer beter met die afrikaanssprekendes as
meeste van die ingelse SA'ers wat op nuusgroepe rondhang. Ek kry die idee
dat die gemiddelde ouderdom van Afrikaanssprekendes hoër is as by die
engelse.

Ek neem ook aan geen ander groep deel nie. Ek lees wel baie op die
nuusgroepe rond om antwoorde op al die tegniese vrae by my werk te kry.

Max____________________________
Re: DD Glad to help [boodskap #91626 is 'n antwoord op boodskap #91624] Wo, 24 Maart 2004 15:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Max, Max, Max!!! Jy is hier omdat jy so jags is na my!:)))
--
Annette

"Max" skryf in boodskap news:4061a7fb$0$559$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> "@rogers.com"
>>
>> "Max" skryf
>>
>>> Het jy ook iets te doen gehad met die alt.languages.afrikaans groep? Die
>>> groep wat ek voel behoort eintlik te wees waar dit oor die Afrikaanse taal
>>> gaan, maar waar hulle nou Carte Blanche het, omdat jy hier sit....
>>
>> Nee, ek het niks te doen met alt.languages.afrikaans nie.
>> Ek neem aan geen ander groep of eposlys op die internet
>> deel as net hierdie een nie. Hoekom sê jy dat hulle
>> vryspel het op daardie groep? Wat bedoel jy? Praat
>> hulle daar uitsluitlik in Afrikaans en oor Suid-Afrikaanse
>> dinge? Is dit 'n baie aktiewe groep?
>> Ek wil jou nou 'n direkte vraag vra? Wil jy regtig hê dat
>> hierdie groep moet ontaard in iets waar mense maar
>> Engels kan praat elke keer as hulle so voel. En ander
>> mense dan vir hulle in Engels kan antwoord.? Vertel
>> vir my hoekom jy op hierdie groep is.
>>
>> Gloudina
>>
>
>
> Die groep is maar dieselfde as hier. Ek was al 'n keer of wat daar. Met tye
> meer aktief, maar soms heel lank stil. Ek sê hulle het vryspraak omdat daar
> niemand is wat iets sê as iemand bv 'n engelse grappie sou vertel nie...
>
> Hoekom is ek hier op die groep? Ja, dis nou 'n goeie vraag... Ek weet nie.
> Ek het ongeveer vyf jaar gelede "per ongeluk" op die groep afgekom. Iemand
> was aan die galbraak oor Nederlanders wat so "jags" is. (Wat 'n walglike
> woord!) Ek het my geforseerd gevoel om hulle (Nederlanders) te verdedig.
> Sindsdien sit ek hier vas...
>
> Ek verlang nie terug na SA nie, maar geniet dit om af en toe te lees wat
> daar aangaan. Ek vind die nuusgroep 'n beter bron as bv die online koerante.
>
> Miskien is dit omdat ek in Nederland sit, maar ek het nie eintlik 'n saak
> met Afrikaans nie. Maar ek identifiseer beter met die afrikaanssprekendes as
> meeste van die ingelse SA'ers wat op nuusgroepe rondhang. Ek kry die idee
> dat die gemiddelde ouderdom van Afrikaanssprekendes hoër is as by die
> engelse.
>
> Ek neem ook aan geen ander groep deel nie. Ek lees wel baie op die
> nuusgroepe rond om antwoorde op al die tegniese vrae by my werk te kry.
>
> Max____________________________
>
Re: DD Glad to help [boodskap #91628 is 'n antwoord op boodskap #91626] Wo, 24 Maart 2004 15:43 Na vorige boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Hie hie hie... Sies!

Max____________________________

"Annette"
> Max, Max, Max!!! Jy is hier omdat jy so jags is na my!:)))
> --
> Annette
Vorige onderwerp: ´n Jaar verder, en fokol verder...
Volgende onderwerp: Van duistere sameswering :-)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 23:27:06 MGT 2024