Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Krieket - Smith verloor ...
Krieket - Smith verloor ... [boodskap #91230] Sa, 13 Maart 2004 04:03 na volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dis duidelik dat Smith nie die sielkundige knoop in NZ kan deurhaak nie.
Voorstelle vir 'n kaptein ....
Re: Krieket - Smith verloor ... [boodskap #91233 is 'n antwoord op boodskap #91230] Sa, 13 Maart 2004 04:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy is te haastig Jonas - waar is jou meegevoel vir 'n man wat op krieket
moet konsentreer terwyl hy smoorverlief is?
--
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:c2u17d$6mb$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dis duidelik dat Smith nie die sielkundige knoop in NZ kan deurhaak nie.
> Voorstelle vir 'n kaptein ....
>
Re: Krieket - Smith verloor ... [boodskap #91303 is 'n antwoord op boodskap #91230] So, 14 Maart 2004 17:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die rugby sien sy gat omdat hulle die span en kaptein elke 3 maande
verander. Gee die mannetjie kans, ek het baie vertroue in hom.

E

"Jonas" skryf in boodskap news:c2u17d$6mb$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dis duidelik dat Smith nie die sielkundige knoop in NZ kan deurhaak nie.
> Voorstelle vir 'n kaptein ....
>
Re: Krieket - Smith verloor ... [boodskap #91323 is 'n antwoord op boodskap #91233] Ma, 15 Maart 2004 04:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette,
Nee wat - Minki gebruik hom vir publisiteit. Op daai ouderdom het beide
partye te veel"mormone" om ernstig te raak.
Elaine - hoeveel geleenthede moet Smith kry? Is dit nou in terme van jare of
in terme van wedstryde wat ons teen 'n hopelose skaapboere verloor het? Nee
wat - as jy wil oefen moet dit nie as nasionale kaptein gebeur nie.
Re: Krieket - Smith verloor ... [boodskap #91327 is 'n antwoord op boodskap #91323] Ma, 15 Maart 2004 05:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Minki hom nodig vir publisiteit? Terwyl die hele VSA leër in Irak 'n foto
van haar ronddra?
Nou is die boulers glo alweer te moeg - het moeg te doen met die feit dat
hulle nie 'n krater in die blad kon raakboul nie?
In Hansie se tyd moes ons gereeld hoor van hoe die span elke dag geoefen het
om fiks te word en te bly - sedertdien hoor mens van niks meer van daardie
aard nie.
--
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:c33ajn$rcs$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Annette,
> Nee wat - Minki gebruik hom vir publisiteit. Op daai ouderdom het beide
> partye te veel"mormone" om ernstig te raak.
> Elaine - hoeveel geleenthede moet Smith kry? Is dit nou in terme van jare of
> in terme van wedstryde wat ons teen 'n hopelose skaapboere verloor het? Nee
> wat - as jy wil oefen moet dit nie as nasionale kaptein gebeur nie.
>
Re: Krieket - Smith verloor ... [boodskap #91362 is 'n antwoord op boodskap #91323] Ma, 15 Maart 2004 12:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy vergeet gou dat ons die reeks, eendag en 5-dag teen die Windies gewen het
né? Nes ons SA'ers is, as die span wen staan almal agter hulle en skreeu
net hoe goed die kaptein en die span is. Of hulle sê niks. As die span deur
'n slegte tyd gaan dan moet die kaptein vervang word, en die afrigter en die
keurders en what have you - maar julle vergeet van al die oorwinnings wat
dieselfde span gehad het. Sien, g'n wonder die ouens try nie eers meer nie,
hoekom moet hulle as ons hulle nie eers 'n bietjie wil ondersteun nie? Ons
kan hulle nie net ondersteun as hulle wen nie, as hulle verloor moet ons nog
steeds so hard vir hulle skreeu.

E

"Jonas" wrote:

> Elaine - hoeveel geleenthede moet Smith kry? Is dit nou in terme van jare of
> in terme van wedstryde wat ons teen 'n hopelose skaapboere verloor het? Nee
> wat - as jy wil oefen moet dit nie as nasionale kaptein gebeur nie.
>
Re: Krieket - Smith verloor ... [boodskap #91364 is 'n antwoord op boodskap #91327] Ma, 15 Maart 2004 13:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek's seker hulle oefen nog steeds net so hard soos in Hansie se tyd.

Ek onthou goed hoe niemand niks goed van Hansie kon sê toe hy geleef het
nie, na sy dood was almal vol lof en prys gewees vir hom. Net soos die arme
span - as hulle wen - lof en prys, as hulle deur 'n bad patch gaan moet
almal van die keurders tot die kaptein tot die afrigter en die spanlede
gefire word. Die psige van die mens hou aan om my te verstom.

E

"Annette" wrote:
> In Hansie se tyd moes ons gereeld hoor van hoe die span elke dag geoefen het
> om fiks te word en te bly - sedertdien hoor mens van niks meer van daardie
> aard nie.
> --
> Annette
Re: Krieket - Smith verloor ... [boodskap #91369 is 'n antwoord op boodskap #91364] Ma, 15 Maart 2004 13:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee Elaine - Dis 'n algemene bekende feit dat vandat Hansie nie meer
kaptein is nie, oefen die span nie meer die helfte so hard om fiks te wees
nie.
Niemand het ooit gesê dat Hansie nie 'n goeie kaptein of speler was nie.
Almal was egter teleurgesteld in sy onderduimse gierigheid.
Feit bly, dat ons ver te 'n groot ophef maak as die span goed speel of goed
wen - dan kan die kritiek van swak verloordery nie hanteer word nie.
Ek gee nie om as 'n span verloor met goeie spel nie - maar werklikwaar -
daar was 'n helse gat in die blad waarvan die NZ boulers effektief gebruik
gemaak het, en ons boulers nie - natuurlik moet die spelers betrokke en die
kaptein daaroor gekritiseer word!
Nog iets wat Kepler en Fanie op hamer, en wat ek goed glo , is hoekom die
mense nie van die manne wat ondervinding het van die speeltoestande daar
gebruik maak nie?
Hoekom het SA, na 12 jaar uit isolasie, nog steeds nie 'n boulskool waar
ordentlike draaiers opgelei kan word nie?
Al die ander suksesvolle krieketlande het sulke skole.
Aan die anderkant is kritiek soms te fel. Kepler beskryf Adams se boulwerk
as pateties - maar vir 'n draaier om gemiddeld vier lopies per boulbeurt af
te staan, sou ek nie sê dit is te sleg nie.
--
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:c349kk$6hl$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek's seker hulle oefen nog steeds net so hard soos in Hansie se tyd.
>
> Ek onthou goed hoe niemand niks goed van Hansie kon sê toe hy geleef het
> nie, na sy dood was almal vol lof en prys gewees vir hom. Net soos die arme
> span - as hulle wen - lof en prys, as hulle deur 'n bad patch gaan moet
> almal van die keurders tot die kaptein tot die afrigter en die spanlede
> gefire word. Die psige van die mens hou aan om my te verstom.
>
> E
>
> "Annette" wrote:
>> In Hansie se tyd moes ons gereeld hoor van hoe die span elke dag geoefen het
>> om fiks te word en te bly - sedertdien hoor mens van niks meer van daardie
>> aard nie.
>> --
>> Annette
>
Re: Krieket - Smith verloor ... [boodskap #91374 is 'n antwoord op boodskap #91369] Ma, 15 Maart 2004 14:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja ek stem, Hansie was nie 'n vrot kaptein en speler nie - ek het nooit gesê
hy was nie :)).

Maar feit bly staan dat jy nie sommer links en regs kan gaan staan en
spanlede fire nie. Werk dan saam met hulle, kry vir Pollock wat immers nog
in die span is om Smith, wat jonger is met minder ondervinding, 'n bietjie
touwys te maak. Daar is 'n hele klompie jong onervare spelers in die span -
hulle moet nog leer en bietjie ondervinding opdoen. Almal is goeie spelers,
maar die ervaring is 'n bietjie min. Die span het regtig die potensiaal om
weer net so sterk (indien nie sterker nie), te word. Ek sê net gee vir
Smith 'n kansie, hy sal wel daar kom. Hoe lank is hy nou Kaptein? 'n Jaar?
Ek kan nie onthou dat Smith so veel kans gehad het soos Pollock om kaptein
te speel nie, en kyk hoe lieflik het hy die wêreldbeker opgeneuk.

Okay, ek glo jou die span oefen minder :))

E

"Annette" skryf in boodskap news:c34clv$bdf$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nee Elaine - Dis 'n algemene bekende feit dat vandat Hansie nie meer
> kaptein is nie, oefen die span nie meer die helfte so hard om fiks te wees
> nie.
> Niemand het ooit gesê dat Hansie nie 'n goeie kaptein of speler was nie.
> Almal was egter teleurgesteld in sy onderduimse gierigheid.
> Feit bly, dat ons ver te 'n groot ophef maak as die span goed speel of goed
> wen - dan kan die kritiek van swak verloordery nie hanteer word nie.
> Ek gee nie om as 'n span verloor met goeie spel nie - maar werklikwaar -
> daar was 'n helse gat in die blad waarvan die NZ boulers effektief gebruik
> gemaak het, en ons boulers nie - natuurlik moet die spelers betrokke en die
> kaptein daaroor gekritiseer word!
> Nog iets wat Kepler en Fanie op hamer, en wat ek goed glo , is hoekom die
> mense nie van die manne wat ondervinding het van die speeltoestande daar
> gebruik maak nie?
> Hoekom het SA, na 12 jaar uit isolasie, nog steeds nie 'n boulskool waar
> ordentlike draaiers opgelei kan word nie?
> Al die ander suksesvolle krieketlande het sulke skole.
> Aan die anderkant is kritiek soms te fel. Kepler beskryf Adams se boulwerk
> as pateties - maar vir 'n draaier om gemiddeld vier lopies per boulbeurt af
> te staan, sou ek nie sê dit is te sleg nie.
> --
> Annette
Re: Krieket - Smith verloor ... [boodskap #91378 is 'n antwoord op boodskap #91374] Ma, 15 Maart 2004 14:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Elaine, liewe mens - hoe kan jy verwag dat Pollock wat die wêreldbeker
hangskouer opgeneuk het, vir Smith mooi positiewe leiding moet gee?
Die mannetjie moet gaan kapteinklasse loop by Kepler.
--
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:c34e2u$dk3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ja ek stem, Hansie was nie 'n vrot kaptein en speler nie - ek het nooit gesê
> hy was nie :)).
>
> Maar feit bly staan dat jy nie sommer links en regs kan gaan staan en
> spanlede fire nie. Werk dan saam met hulle, kry vir Pollock wat immers nog
> in die span is om Smith, wat jonger is met minder ondervinding, 'n bietjie
> touwys te maak. Daar is 'n hele klompie jong onervare spelers in die span -
> hulle moet nog leer en bietjie ondervinding opdoen. Almal is goeie spelers,
> maar die ervaring is 'n bietjie min. Die span het regtig die potensiaal om
> weer net so sterk (indien nie sterker nie), te word. Ek sê net gee vir
> Smith 'n kansie, hy sal wel daar kom. Hoe lank is hy nou Kaptein? 'n Jaar?
> Ek kan nie onthou dat Smith so veel kans gehad het soos Pollock om kaptein
> te speel nie, en kyk hoe lieflik het hy die wêreldbeker opgeneuk.
>
> Okay, ek glo jou die span oefen minder :))
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:c34clv$bdf$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Nee Elaine - Dis 'n algemene bekende feit dat vandat Hansie nie meer
>> kaptein is nie, oefen die span nie meer die helfte so hard om fiks te wees
>> nie.
>> Niemand het ooit gesê dat Hansie nie 'n goeie kaptein of speler was nie.
>> Almal was egter teleurgesteld in sy onderduimse gierigheid.
>> Feit bly, dat ons ver te 'n groot ophef maak as die span goed speel of goed
>> wen - dan kan die kritiek van swak verloordery nie hanteer word nie.
>> Ek gee nie om as 'n span verloor met goeie spel nie - maar werklikwaar -
>> daar was 'n helse gat in die blad waarvan die NZ boulers effektief gebruik
>> gemaak het, en ons boulers nie - natuurlik moet die spelers betrokke en die
>> kaptein daaroor gekritiseer word!
>> Nog iets wat Kepler en Fanie op hamer, en wat ek goed glo , is hoekom die
>> mense nie van die manne wat ondervinding het van die speeltoestande daar
>> gebruik maak nie?
>> Hoekom het SA, na 12 jaar uit isolasie, nog steeds nie 'n boulskool waar
>> ordentlike draaiers opgelei kan word nie?
>> Al die ander suksesvolle krieketlande het sulke skole.
>> Aan die anderkant is kritiek soms te fel. Kepler beskryf Adams se boulwerk
>> as pateties - maar vir 'n draaier om gemiddeld vier lopies per boulbeurt af
>> te staan, sou ek nie sê dit is te sleg nie.
>> --
>> Annette
>
Re: Krieket - Smith verloor ... [boodskap #91398 is 'n antwoord op boodskap #91378] Ma, 15 Maart 2004 22:23 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nou sien!! Dis 'n beter idee :))

E

"Annette" skryf in boodskap news:c34fnf$guj$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Elaine, liewe mens - hoe kan jy verwag dat Pollock wat die wêreldbeker
> hangskouer opgeneuk het, vir Smith mooi positiewe leiding moet gee?
> Die mannetjie moet gaan kapteinklasse loop by Kepler.
> --
> Annette
Vorige onderwerp: Krieket - het gister se wedstryd onbeslil geëindig?
Volgende onderwerp: Rugby - enige voorspellings?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 18:01:44 MGT 2024