Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Fokofpolisiekar
Fokofpolisiekar [boodskap #91064] Di, 09 Maart 2004 09:57 na volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Vir enigiemand wat al gewonder het hoe klink die Belvillese punk band
Fokofpolisiekar se musiek nou eintlik, gaan na die link www.samp3.com
en laai dit (wettig) af as n mp3.

Daar is baie heerlike ander stukke musiek. Onder meer van die ander
punk band Pienk Prinsessie en die baie aangename Melktert-kommissie.

Verder is daar ook een van Breyten Breytenbach wat baie Zen maar 'n
hipnotiese mengsel van klanke en woorde is en Breyten en Arno Carstens
saam (van die nou opgebreekte Sprinkbok Nude Girls). Arno Carstens is
enige tyd "on par" met Sting. Glo my nie? Gaan luister en maak self
jou mind op.

Ook die baie goeie punk band Brixtonse Moord en Rook-orkes met twee
great stukke punk poetry uit Johannesburg - musiek natuurlik, maar die
woorde is great stuff. En baie waar.

Verder is daar 'n heerlike kombinasie van een van die heel beste
rockers uit SA van die jare 80 - Roger Lucey - en Nico Carstens. Yep,
hy wat die trekklavier speel soos Miles Davies trompet gespeel het.

Luister gerus ook na die Radio Rats - een van die beste bands ooit uit
SA. IN die jare 80 toe die leier en lead singer, Jonathan Hanley, nog
'n mediese student by Wits was. Deesdae is hy 'n dokter op Klerksdorp
waar hy in die afgelope paar jaar twee baie goeie tapes - Traansvaal
Gothic en Free State Gothic, as ek reg onthou - tuis opgeneem het.

As jy die musiek like, is daar soms links na sites waar dit gekoop kan
word.

Ek het niks met die site of die musiek te doen nie, so my geesdrif is
as gevolg van die kwaliteit.

Rock in SA en in Afrikaans is baie, baie lewendig en imponerend.

Viva Fokofpolisiekar, viva!
Re: Fokofpolisiekar [boodskap #91071 is 'n antwoord op boodskap #91064] Di, 09 Maart 2004 21:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" wrote

> Verder is daar ook een van Breyten Breytenbach wat baie Zen maar 'n
> hipnotiese mengsel van klanke en woorde is en Breyten en Arno Carstens
> saam

Sing Breyten Breytenbach
hier self?

Gloudina
Re: Fokofpolisiekar [boodskap #91082 is 'n antwoord op boodskap #91071] Wo, 10 Maart 2004 08:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi, baie dankie vir hierdie link. Ek weet nie waar hy gehost word nie,
maar ek kan supersnel download. Jammr dat die kwaliteit van al die mp3tjies
nie so goed is nie.

'n Baie nice site!

www.samp3.com

Max____________________________
Re: Fokofpolisiekar [boodskap #91084 is 'n antwoord op boodskap #91071] Wo, 10 Maart 2004 08:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com"

> Sing Breyten Breytenbach
> hier self?
>
> Gloudina

Gaan luister self!

Max____________________________
Re: Fokofpolisiekar [boodskap #91088 is 'n antwoord op boodskap #91071] Wo, 10 Maart 2004 08:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 09 Mar 2004 21:31:50 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Sing Breyten Breytenbach
> hier self?
>
> Gloudina

Nee. Hy praat. Arno Carstens sing. Gaan laai dit af en luister
bietjie. Arno Carstens is, soos ek gese het, op die vlak van Sting -
reken ek. En ek is n Sting fan.

Carstens was leier van die plaaslike groep Springbok Nude Girls. Hy
werk tans aan ander projekte wat heel waarskynlik fassinerende goed
gaan oplewer.
Re: Fokofpolisiekar [boodskap #91104 is 'n antwoord op boodskap #91088] Wo, 10 Maart 2004 11:03 Na vorige boodskap
Nitram  is tans af-lyn  Nitram
Boodskappe: 11
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Junior Lid
Sy eerste CD is lankal se tyd op die rakke -"another universe" - rêrig
briljant.

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:cmjt40p6ogt0ml18itodj9tpdlt88o4ena@4ax.com...
> On Tue, 09 Mar 2004 21:31:50 GMT, "@rogers.com"
> wrote:
>
> > hier self?
>>
>> Gloudina
>
> Nee. Hy praat. Arno Carstens sing. Gaan laai dit af en luister
> bietjie. Arno Carstens is, soos ek gese het, op die vlak van Sting -
> reken ek. En ek is n Sting fan.
>
> Carstens was leier van die plaaslike groep Springbok Nude Girls. Hy
> werk tans aan ander projekte wat heel waarskynlik fassinerende goed
> gaan oplewer.
>
Vorige onderwerp: Taxi's - al weer
Volgende onderwerp: 'n Nuwe beuelblaser vir ons:))
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 14:24:23 MGT 2024