Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Taxi's - al weer
Taxi's - al weer [boodskap #91044] Ma, 08 Maart 2004 08:29 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die taxi's "staak" al weer. Die keer omdat die polisie hulle onpadwaardige
voertuie "impound", wat beteken ek sit vandag en more sonder 'n bediende,
wat beteken sy kan nie werk nie, wat beteken sy word nie betaal nie. My
bediende vertel ook dat hulle die mense wat wel op 'n way by die werk
probeer kom intimideer, so hulle is te bang om 'n ander manier te soek om by
die werk te kom. Besef die dom donners nie dat hulle, hulle eie mense
benadeel deur hulle weg te hou van die werk af nie? As hulle, hulle
voertuie in stand- en padwaardig hou sal die polisie dit mos nou nie vat
nie? Is ek die enigste een wat kan sien hoe stupid die goed is?

Ek kan 'n paar dae sonder 'n bediende klaarkom, maar kan sy klaarkom sonder
die geld wat sy gaan verloor die volgende paar dae? In geval julle wonder -
ek het haar gevra om nie op die treine te klim nie. Die eenkeer wat sy dit
gewaag het is sy binne 5 minute nadat sy op die trein geklim het beroof.
Die treine is net te gevaarlik deesdae.

Wat nou gemaak met die duisende mense wat vandag nie by die werk kon kom
nie, en die duisende wat sonder werkers sit? Wie gaan daai geld wat ons
verloor vir ons terug betaal? Die taxi eienaars? Miskien moet ons almal
wat onder die stakings ly "en masse" al wat 'n taxi staker is gaan loop
dagvaar vir "verlore inkomste", ons sal dalk verloor, maar hulle sal twee
keer dink voor hulle weer staak.

Elaine
Re: Taxi's - al weer [boodskap #91047 is 'n antwoord op boodskap #91044] Ma, 08 Maart 2004 14:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote

ek sit vandag en more sonder 'n bediende,
> wat beteken sy kan nie werk nie, wat beteken sy word nie betaal nie

Ek sidder as ek die onmenslikheid sien
van wat jy hierbo skryf. Hoekom kan jy
haar nie betaal as sy nie by die werk kan
kom vir 'n rede wat niks te doen het met
haar gewilligheid nie? Is daar wette wat
huisbediendes se indiensneming kontrolleer.
Is sy byvoorbeeld geregtig op sekere
dae af?

Tant Hessie van die Derde Republiek
se morele komitee.
Re: Taxi's - al weer [boodskap #91050 is 'n antwoord op boodskap #91047] Ma, 08 Maart 2004 14:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek het weer die "ons" en "hulle" van Elaine se verhaal treffend gevind. Maar
ek gaan nie aan kak krap nie, want dan stink dit.

Max____________________________

"@rogers.com" wrote in message
news:e8%2c.151373$ah.109421@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
>
> "Elaine" wrote
>
> ek sit vandag en more sonder 'n bediende,
>> wat beteken sy kan nie werk nie, wat beteken sy word nie betaal nie
>
> Ek sidder as ek die onmenslikheid sien
> van wat jy hierbo skryf. Hoekom kan jy
> haar nie betaal as sy nie by die werk kan
> kom vir 'n rede wat niks te doen het met
> haar gewilligheid nie? Is daar wette wat
> huisbediendes se indiensneming kontrolleer.
> Is sy byvoorbeeld geregtig op sekere
> dae af?
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
> se morele komitee.
>
Re: Taxi's - al weer [boodskap #91053 is 'n antwoord op boodskap #91047] Ma, 08 Maart 2004 20:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja my antie daar is wette, en ek volg dit getrou. My bediende kry bv.
gratis verblyf en 3 maaltye 'n dag (of sy werk of nie), sy kry Saterdae en
Sondae af, behalwe met spesiale gevalle wanneer ek haar dalk sal nodig kry.
Ek het haar hierdie maand vir die eerste keer in 4 jaar gevra om op 'n
Saterdag en Sondag met die relevante oortyd te werk.

Die wet sê as sy 6 dae 'n week werk moet sy R800 en iets kry. My bediende
werk 3 dae 'n week en kry net, net oor die minimum maandelikse betaling (vir
'n 6-dag week). Die ander twee werk sy by iemand anders. Tel die gratis
water & ligte, verblyf , kos, haar maandelikse "taxi" geld en mediese sorg
wat ek ook betaal by en jy kom nogal op 'n aardige bedraggie uit. Ek buit
niemand uit nie - nie eers die tuinier nie. Ek betaal elkeen wat hy werd
is.

Elaine

Ns.

Ek het nooit gesê sy word nie betaal vir die dae wat sy nie hier is nie,
inteendeel sy sal wel haar volledige maandlikse betaling kry. Dit het meer
gegaan oor die stukwerkers (no work, no pay), en dan ook die mense soos ek
wat vandag iemand, wat nie hier was om haar job te doen nie, moes betaal.
Jy moet darem besef 'n 3-dag staking wat mense verhoed om te werk het 'n
hengse impak op besighede en die werkers.

"@rogers.com" wrote:

> Ek sidder as ek die onmenslikheid sien
> van wat jy hierbo skryf. Hoekom kan jy
> haar nie betaal as sy nie by die werk kan
> kom vir 'n rede wat niks te doen het met
> haar gewilligheid nie? Is daar wette wat
> huisbediendes se indiensneming kontrolleer.
> Is sy byvoorbeeld geregtig op sekere
> dae af?
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
> se morele komitee.
>
Re: Taxi's - al weer [boodskap #91054 is 'n antwoord op boodskap #91050] Ma, 08 Maart 2004 20:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ons = besigheideienaars, huisvrouens, enige ou wat nie 'n taxi bestuur nie
en wat nie van een gebruik maak nie, wit, swart, pink, geel, blou, groen.
Hulle = die arme benadeeldes wat vandag sonder vervoer gesit het, die
stakers en die taxi bestuurders, wit, pink, geel, swart, groen, blou, pers,
ens.

E

"Max" skryf in boodskap news:404c86d9$0$571$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Ek het weer die "ons" en "hulle" van Elaine se verhaal treffend gevind. Maar
> ek gaan nie aan kak krap nie, want dan stink dit.
>
> Max____________________________
Re: Taxi's - al weer [boodskap #91056 is 'n antwoord op boodskap #91047] Ma, 08 Maart 2004 22:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 08 Mar 2004 14:09:14 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
> "Elaine" wrote
>
> ek sit vandag en more sonder 'n bediende,
>> wat beteken sy kan nie werk nie, wat beteken sy word nie betaal nie omdat
> Die taxi's "staak" al weer. Die keer omdat die polisie hulle onpadwaardige
> voertuie "impound", wat beteken ek sit vandag en more sonder 'n
> bediende, wat beteken sy kan nie werk nie, wat beteken sy word nie >betaal nie.

>
> Ek sidder as ek die onmenslikheid sien
> van wat jy hierbo skryf. Hoekom kan jy
> haar nie betaal as sy nie by die werk kan
> kom vir 'n rede wat niks te doen het met
> haar gewilligheid nie? Is daar wette wat
> huisbediendes se indiensneming kontrolleer.
> Is sy byvoorbeeld geregtig op sekere
> dae af?
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
> se morele komitee.
>

Gloudina, jy' eenvoudig.
Stupid. Simpel is die woord.

Du Plessis
Re: Taxi's - al weer [boodskap #91057 is 'n antwoord op boodskap #91056] Ma, 08 Maart 2004 22:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" wrote

> Gloudina, jy' eenvoudig.
> Stupid. Simpel is die woord.

Wel, sien, du plessis. So kom jou ware
kleure voorendag, nê?

Tant Hessie van die Derde Republiek.
Re: Taxi's - al weer [boodskap #91058 is 'n antwoord op boodskap #91054] Ma, 08 Maart 2004 23:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote

> Hulle = die arme benadeeldes wat vandag sonder vervoer gesit het, die
> stakers en die taxi bestuurders

En hoekom word die taxi-bestuurders en die "arme benadeeldes"
dan nou onder dieselfde kam geskeer?
Kan jy my ook verduidelik hoekom twee jong mense soos
jy en jou man twee "bediendes" nodig het? Ek en my man
is seker twee of driekeer ouer as jy en jou man, en ons lewe
sonder bediendes. Wat is verkeerd met jou? En moenie
vir my vertel dat jy "werk" nie. Ek het sonder bediendes
klaargekom terwyl ek voltyds gewerk het en vier kinders
grootgemaak het. Dit kan gedoen word. Dan hoef jy
nie te kla as die "bediende" die oggend nie opdaag nie.

Ek vind ook die woord "bediende" 'n snaakse woord.
Want ek dink die mense wat so hand en voet bedien
word, behoort die "bediendes" genoem te word.

Gloudina
Re: Taxi's - al weer [boodskap #91059 is 'n antwoord op boodskap #91058] Di, 09 Maart 2004 05:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Want "hulle" is benadeel deur die taxi bestuurders se stakings. Ek het nou
regtig nie labels probeer heg nie.

Ek, op my jonge ouderdon, werk maklik, maklik 18-20 ure 'n dag 7 dae 'n
week - sê jy vir my wanneer ek moet tyd uitkrap om nog huis ook skoon te
maak? Anders as jy wat verseker was van jou maandelikse salaris elke maand,
het ek nie daai gemoedsrus nie - ek moet so hard werk om te kan eet.

Ek was darem een keer 'n week self wasgoed, maar is hopeloos te onbeholpe om
dit te stryk en maak ook self vir ons kos (ons sluit almal in my huis in -
my "domestic" ook). En hoekom moet ek dit self doen as ek kan bekostig om
iemand te betaal om dit namens my te doen? En dan skep ek so nog werk en
koopkrag ook. Waar presies lê die fout?

Ek word nie hand en voet bedien nie - ek kook my eie kos, maak my eie
koffie, tap self my badwater in en doen dit vir my man ook. Ek sal nog
sommer terwyl ek besig is vir "domestic" ook tee maak. Sy's hier om huis
skoon te maak en te stryk - that's it.

Ek het nie gekla oor my bediende nie opgedaag het nie - lees weer, ek het
gesê ek kan goed sonder haar klaarkom vir 'n hele paar dae. Ek het gekla
oor die impak wat die staking op besighede en die werknemers het.

E

"@rogers.com" wrote:

> En hoekom word die taxi-bestuurders en die "arme benadeeldes"
> dan nou onder dieselfde kam geskeer?
> Kan jy my ook verduidelik hoekom twee jong mense soos
> jy en jou man twee "bediendes" nodig het? Ek en my man
> is seker twee of driekeer ouer as jy en jou man, en ons lewe
> sonder bediendes. Wat is verkeerd met jou? En moenie
> vir my vertel dat jy "werk" nie. Ek het sonder bediendes
> klaargekom terwyl ek voltyds gewerk het en vier kinders
> grootgemaak het. Dit kan gedoen word. Dan hoef jy
> nie te kla as die "bediende" die oggend nie opdaag nie.
>
> Ek vind ook die woord "bediende" 'n snaakse woord.
> Want ek dink die mense wat so hand en voet bedien
> word, behoort die "bediendes" genoem te word.
>
> Gloudina
>
Re: Taxi's - al weer [boodskap #91060 is 'n antwoord op boodskap #91047] Di, 09 Maart 2004 05:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
En jy sit en maak alles simplisties soos wat jy dinge sien so onder jou
sneeuhoop daar uit Kanada uit! Voor jy die werklike storie het, dan
oordeel jy al. Wat jy nie kan raaksien nie, is dat daar twwe lydende
partye hier is: Die werknemer 'n die werkgewer. Die werkgewer is
magteloos en verloor reeds want die werk waarvoor hy die persoon aangestel
het, gaan nie gedoen word nie. As hy die werknemer nog ook moet betaal
omdat sy nie 'n taxi kan kry nie, dan verloor hy dubbeld! Waar staan die
reël dat die werkgewer moet instaan vir die werknemer se probleme?
"@rogers.com" wrote in message
news:e8%2c.151373$ah.109421@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
>
> "Elaine" wrote
>
> ek sit vandag en more sonder 'n bediende,
>> wat beteken sy kan nie werk nie, wat beteken sy word nie betaal nie
>
> Ek sidder as ek die onmenslikheid sien
> van wat jy hierbo skryf. Hoekom kan jy
> haar nie betaal as sy nie by die werk kan
> kom vir 'n rede wat niks te doen het met
> haar gewilligheid nie? Is daar wette wat
> huisbediendes se indiensneming kontrolleer.
> Is sy byvoorbeeld geregtig op sekere
> dae af?
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
> se morele komitee.
>
Re: Taxi's - al weer [boodskap #91061 is 'n antwoord op boodskap #91058] Di, 09 Maart 2004 05:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy het so baie gesigte dat mens nie weet wat jy moet raaksien nie! Aan die
een kant pleit jy vir die redding van Afrika, maar aan die anderkant oordeel
jy mense wat juis vir die swart mense van Afrika werk gee! Het jy enige
idee van wat sal gebeur met die swart gemeenskap as die huisvrouens [LW nie
noodwendig wit nie...eerder gemiddeld tot welaf] besluit om hul eie huiswerk
te doen soos wat jy propageer? Gaan jy en jou Kanada instaan vir die horde
werkloses en hul honger kindertjies by die huis?
Ek vind jou bydrae ook erg aanmatigend om dit mak te stel. As 'n mens
die geld het om 10 motors te kan beskostig, hoekom nie? As 'n vrou die
geld maak en twee bediendes kan bekostig....weereens hoekom nie? Watter
reg het jy om Elaine aan te spreek oor hoe sy haar geld spandeer?
"@rogers.com" wrote in message
news:_Y63c.145044$sl.138997@news01.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> "Elaine" wrote
>
>> Hulle = die arme benadeeldes wat vandag sonder vervoer gesit het, die
>> stakers en die taxi bestuurders
>
> En hoekom word die taxi-bestuurders en die "arme benadeeldes"
> dan nou onder dieselfde kam geskeer?
> Kan jy my ook verduidelik hoekom twee jong mense soos
> jy en jou man twee "bediendes" nodig het? Ek en my man
> is seker twee of driekeer ouer as jy en jou man, en ons lewe
> sonder bediendes. Wat is verkeerd met jou? En moenie
> vir my vertel dat jy "werk" nie. Ek het sonder bediendes
> klaargekom terwyl ek voltyds gewerk het en vier kinders
> grootgemaak het. Dit kan gedoen word. Dan hoef jy
> nie te kla as die "bediende" die oggend nie opdaag nie.
>
> Ek vind ook die woord "bediende" 'n snaakse woord.
> Want ek dink die mense wat so hand en voet bedien
> word, behoort die "bediendes" genoem te word.
>
> Gloudina
>
Re: Taxi's - al weer [boodskap #91062 is 'n antwoord op boodskap #91061] Di, 09 Maart 2004 07:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gisteraand op TV wys hulle al die treine ( niks busse nie) - en mens het
net weer onder die besef gekom hoe voldoende ons openbare vervoer is:))
--
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:404d5d62.0@news1.mweb.co.za...
> Jy het so baie gesigte dat mens nie weet wat jy moet raaksien nie! Aan die
> een kant pleit jy vir die redding van Afrika, maar aan die anderkant oordeel
> jy mense wat juis vir die swart mense van Afrika werk gee! Het jy enige
> idee van wat sal gebeur met die swart gemeenskap as die huisvrouens [LW nie
> noodwendig wit nie...eerder gemiddeld tot welaf] besluit om hul eie huiswerk
> te doen soos wat jy propageer? Gaan jy en jou Kanada instaan vir die horde
> werkloses en hul honger kindertjies by die huis?
> Ek vind jou bydrae ook erg aanmatigend om dit mak te stel. As 'n mens
> die geld het om 10 motors te kan beskostig, hoekom nie? As 'n vrou die
> geld maak en twee bediendes kan bekostig....weereens hoekom nie? Watter
> reg het jy om Elaine aan te spreek oor hoe sy haar geld spandeer?
> "@rogers.com" wrote in message
> news:_Y63c.145044$sl.138997@news01.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>>
>> "Elaine" wrote
>>
>>> Hulle = die arme benadeeldes wat vandag sonder vervoer gesit het, die
>>> stakers en die taxi bestuurders
>>
>> En hoekom word die taxi-bestuurders en die "arme benadeeldes"
>> dan nou onder dieselfde kam geskeer?
>> Kan jy my ook verduidelik hoekom twee jong mense soos
>> jy en jou man twee "bediendes" nodig het? Ek en my man
>> is seker twee of driekeer ouer as jy en jou man, en ons lewe
>> sonder bediendes. Wat is verkeerd met jou? En moenie
>> vir my vertel dat jy "werk" nie. Ek het sonder bediendes
>> klaargekom terwyl ek voltyds gewerk het en vier kinders
>> grootgemaak het. Dit kan gedoen word. Dan hoef jy
>> nie te kla as die "bediende" die oggend nie opdaag nie.
>>
>> Ek vind ook die woord "bediende" 'n snaakse woord.
>> Want ek dink die mense wat so hand en voet bedien
>> word, behoort die "bediendes" genoem te word.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Taxi's - al weer [boodskap #91063 is 'n antwoord op boodskap #91047] Di, 09 Maart 2004 09:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glucklich[2]  is tans af-lyn  Glucklich[2]
Boodskappe: 93
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
> "Elaine" wrote
>
> ek sit vandag en more sonder 'n bediende,
>> wat beteken sy kan nie werk nie, wat beteken sy word nie betaal nie
>
> Ek sidder as ek die onmenslikheid sien
> van wat jy hierbo skryf. Hoekom kan jy
> haar nie betaal as sy nie by die werk kan
> kom vir 'n rede wat niks te doen het met
> haar gewilligheid nie? Is daar wette wat
> huisbediendes se indiensneming kontrolleer.
> Is sy byvoorbeeld geregtig op sekere
> dae af?
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
> se morele komitee.
>
>

Soos gewoonlik is jy al weer besig om met jou agterwereld te redeneer.

Jy het niks te sê oor die taxidrywers wat betoog omdat hulle nie toegelaat
word om die wet te oortree nie. Maar jy is vinnig om die slagoffers van die
situasie te veroordeel.

Het niemand jou laat weet nie? "die Struggle" is verby, jy kan nou maar
ophou om kak te soek met die witmense!! Baie duisende mense gaan saans met
vol maagies bed toe as gevolg van die feit dat Suid Afrikaners (wit swart
geel pink orange rooi ens..) gebruik maak van bediendes. Dis ook 'n
algemene praktyt in ander land soos "Colombia" en "Brazil".

Die grootste rassiste op aarde is Jesse Jackson, rev Al Sharpton en mense
soos jy, wat floreer op die soort ding en uit hulle pad gaan om dit aan te
hits. Net soos jou ANC maatjies nog steeds vasklou aan apartheid verskoning
10 jaar later.
Re: Taxi's - al weer [boodskap #91068 is 'n antwoord op boodskap #91058] Di, 09 Maart 2004 16:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:
> "Elaine" wrote
>
>
>> Hulle = die arme benadeeldes wat vandag sonder vervoer gesit het, die
>> stakers en die taxi bestuurders
>
>
> En hoekom word die taxi-bestuurders en die "arme benadeeldes"
> dan nou onder dieselfde kam geskeer?
> Kan jy my ook verduidelik hoekom twee jong mense soos
> jy en jou man twee "bediendes" nodig het? Ek en my man
> is seker twee of driekeer ouer as jy en jou man, en ons lewe
> sonder bediendes. Wat is verkeerd met jou? En moenie
> vir my vertel dat jy "werk" nie. Ek het sonder bediendes
> klaargekom terwyl ek voltyds gewerk het en vier kinders
> grootgemaak het. Dit kan gedoen word. Dan hoef jy
> nie te kla as die "bediende" die oggend nie opdaag nie.
>
> Ek vind ook die woord "bediende" 'n snaakse woord.
> Want ek dink die mense wat so hand en voet bedien
> word, behoort die "bediendes" genoem te word.

In Nederland hebben huis/poets hulpen ( werksters) nu een nieuwe titel.
Intrieurverzorger(ster).

Bediende is ook hier in Nederland geen mooi woord.. iets uit de koloniale
tijd ( uitbuiting en onderdanigheid van een hulp)

Maar halfbloed ( het woord ) is een compliment zelfs dat zijn dikwijls de
mooiste mensen.
..in ZA is dat kleurling ;-))

Zo zie je maar dat woorden en hun betekenis per land/streek kunnen verschillen.

grt emmy
Re: Taxi's - al weer [boodskap #91070 is 'n antwoord op boodskap #91062] Di, 09 Maart 2004 21:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die treine is in 'n warboel. My arme Anna vertel sodra sy op die een
platform kom stuur hulle haar na die ander een. Gaan sy na platform 10 sê
hulle nee sy moet na platform 3 toe gaan, gaan sy daarheen stuur hulle haar
terug na 10 toe. Sy het dit toe darem eventually tot hier gemaak (met die
trein), en was maar erg suur vir die klomp taxi-drywers en die Metro rail
teen die tyd wat sy hier aangekom het.

E

"Annette" skryf in boodskap news:c2jsds$nl3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Gisteraand op TV wys hulle al die treine ( niks busse nie) - en mens het
> net weer onder die besef gekom hoe voldoende ons openbare vervoer is:))
> --
> Annette
Re: Taxi's - al weer [boodskap #91072 is 'n antwoord op boodskap #91068] Di, 09 Maart 2004 22:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glucklich[2]  is tans af-lyn  Glucklich[2]
Boodskappe: 93
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
> In Nederland hebben huis/poets hulpen ( werksters) nu een nieuwe titel.
> Intrieurverzorger(ster).

Ek verkies die woord "Slaaf"
Re: Taxi's - al weer [boodskap #91091 is 'n antwoord op boodskap #91072] Wo, 10 Maart 2004 08:44 Na vorige boodskap
Paul  is tans af-lyn  Paul
Boodskappe: 163
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Senior Lid
In Belgie bestaat de meid nog nauwelijks
veel gezinnen hebben een poets of kuisvrouw die één of twee x /week
langskomt en dit zijn meestal geen zwarte vrouwen
De laatste tijd zien we hier veel poolse vrouwen die in het "zwart" werken
als poetsvrouw en verdienen zo een vijf ? / uur
een zwarte vrouw in SA werkt daar een dag voor

"Glucklich" skryf in boodskap news:2ar3c.4492$p77.1303@bignews3.bellsouth.net...
>> In Nederland hebben huis/poets hulpen ( werksters) nu een nieuwe titel.
>> Intrieurverzorger(ster).
>
> Ek verkies die woord "Slaaf"
>
Vorige onderwerp: Motief agter apartheid
Volgende onderwerp: Fokofpolisiekar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 21:03:52 MGT 2024