Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir die wat gaan stem of nie
Vir die wat gaan stem of nie [boodskap #91038] So, 07 Maart 2004 21:19
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die lys en volgorde is uit van die stembriewe vir die parlement.
Daar is 'n paar wat ek nog nooit van gehoor het nie, ander wat ek gedog
lankal nie meer bestaan nie, en Pieter Marais se party maak geskiedenis as
die enigste party sonder 'n afkorting. Hulle is die New Labour Party, maar
nie die NLP nie.
Behalwe vir die bekendes, wonder ek nogal oor sommiges:
EMSA - The employment movement of SA - sou hulle nou net in werkverskaffing
belangstel?
T.O.P - The Organisation Party - wie gaan hulle waar organiseer?
SOPA - The Socialist Party of Azania - weet iemand iets van hulle af en wat
is die verskil tussen hulle en AZAPO ( Azanian People's Organisation) en PAC
( Pan Africanist Congress of Azania)?
Dan is daar die christelike partye - hoekom staan hulle nie saam nie? - Die
UCDP, CDP en ACDP.
Wie is die UF - United Front en MF - Minority front - hoekom kan hulle nie
maar die UMF wees nie?
Dan is Kiss weer terug - Keep it Straight and Simple
Die NA - Nasionale Aksie se sake is duister
En die PJC - Peace and Justice Congress is ook heeltemal vir my onbekend .

So, ek weet nie hoe mense kan sê hulle gaan nie stem nie - as almal stem kan
dinge net interessant raak.

--
Annette
Vorige onderwerp: nice video files benodig
Volgende onderwerp: 'n torretjie aan die Kaap?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 16:19:42 MGT 2024