Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lank en snaaks
Lank en snaaks [boodskap #90477] Wo, 18 Februarie 2004 09:21 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gekry op 'n ander kol.
Afrikaans is beskrywend:))

Morning. Ek leef darem nog dankie.
Ja, gisteraand lê ek rustig en lees, bedlampie brand baie domesticated en
sag met die komplimente van Wetherley's, minding my own business toe ek so
geskarrel in die kamer hoor. Dog eers dis die f*kken mot wat wil selfmoord
pleeg teen die bulbpie en skerm. Kyk. Nee, mot sit ook rustig teen die
olyfgroen muur. Net weer terug by die boek toe wéér! Skarrel. Skarrel.
(Kriewel in die nek af). Probeer lees. Skarrel. (My oë vernou). Probeer
konsentreer. Lig brand. Skarrel. Kyk kyk kyk. En skielik! f*k ek skrik alles
regop en weg en pap en styf wat kan!
Haarskeerder, alias romanspinnekop teen 100km/h oor die vloer en teen die
bedkassie. My f*k. Ek kak my beste linne in 'n ander
kleurskakering in. Daar gaan die boek, bedlamp, bakkie met afgeëete
druiwetrossie, koeldrankglas, flits, bottel water, name it. tot die
selfoon. En die Doom is in die kombuis! In 'n ommesientjie flits ek soontoe
en terug in die Adamspakkie, nie nou tyd vir mooimaak en aantrek
nie...terug. Daar sit ta nog. Ek spuit. Die harige duiwelsvloek verdwyn
agter die bedkassie in. Met die wegtrek van die
muur af om nou te kyk jy sien, skielik hol daai f*kken aardsgedrog teen die
muur uit, reg voor my oë. Ek verlaat myself, my water breek, my knieë swik,
my longe vul, lippe parteer van mekaar, 'n kreet verlaat my binneste,
ontsnap oor my trillende labias. GIL! Maria Callas het in haar beste Lucia
Mad Scene nog nie so performeer nie. Bure se kinders ruk regop in hul
beddens. Ma's en pa's maak groot-oë vir mekaar. Honde blaf onrustig... Met
dié spuit ek weer verwoed.
Arachnida se kind plof grond toe - of eerder - spring. Ek sê dankbaar 'n
gebed boontoe vir die uitvinder van Doom Super (vir alle crawling insects -
alhoewel die ding nie crawl of 'n insek is nie - vir my is dit meerdoelig!)
Of dit nou die gif self was of die gesig van 'n
top-primadonna op haar beste met angswekkend gesperde kakebene, vasgevang op
'n C# drie oktawe bo middel C sal ek nou nie kan sê nie. Op daai stadium het
my brein nie meer gewerk nie. Afgeskakel.
Voorbereid op my laaste oomblikke op hierdie planeet..in 'n flitsoomblik
besef ek ek het nie eers 'n testament nie. Maar dit is nou maar tot
daarnatoe. Meer belangrik, ek het nog nie eers my boek klaargelees nie!
Ewentewille. Intussen het die spider laat spaander na die en suite toe. Nog
is het einde niet. Voor die wasbak op die vloer vind ons mekaar. Sy 8
onverskrokke oë pen in my 4 vas (dra mos bril onthou! - dankie tog vir die
sielkundige voordeel anders was dit 8 teen 2!) Hy: gewapen met miljoene
hare, magtige mandibels, 'n vet vieslike agterlyf, ek weet nie eers hoeveel
bene nie, en die feit dat hy 'n spinnekop is!! Ek: gewapen met slegs 'n Doom
blikkie (gevaarlik laag al in inhoud) in my bewende, dog ferm hand. Niks
anders nie. Nie eers 'n lende-kleed om my lieste om my van moontlike
vernedering te beskerm sou ek nou die tydige met die ewige verwissel nie, en
die polisie op my sou afkom twee weke later nie. (Ek sien al die
koerantberig: The bloated, naked body of a confined recluse was discovered
late last night in a Windhoek southern suburb). Op een gebied is ons twee
egter gelyk: spoed. Voordeel (vir spinnekop): ek is buite myself van angs
vir spinnekoppe. Ek kon netsowel Cornelis Arachnophobia van der Merwe gewees
het. Waar spinnekoppe en ek saamkom kan ek teen die spoed van witlig beweeg.
Terug by my stand off. Op daai stadium besef ek dit is nou of nooit. Met
Lords of the Rings se
horribale scene van 'n fenomenale spinnekop en gemummifiseerde bodies vars
in die wankelende Alzheimer-geheue (ek het mos 'n spasma geskiet in my been
in die fliek met die scene soos ek op my stoel geklim het) besluit ek net
f*k cfc's, f*k krimpende reënwoude, f*k die osoonlaag en al die pikkewyne
wat gaan sunburn, f*k kaapstede en sydneys wat gaan versuip onder stygende
oseane. My lewe is op die spel.
Ek sak soos 'n fighter jet op die vyand af, releasing my weapons of mass
destruction. Spinnekop lig sy pote en kake in die lug, aanvallend, kap woes
na my, sy sigbare enemy wat sopas 'n enema gehad het. Sy retireer, verstik,
veg teen die onsigbare Irakese indringer in haar borste. 'n Quick roundabout
in die badkamer (ek het weer gevlug terug na die veiligheid van my
koningin-bed) en die vieslike satansbraaksel syg stikkend en roggelend
neffens die porseleinvoetstuk neer. Ek verlekker my in haar uitmergelende
rukkings soos die gif haar tydelike bestaan met die ewige verwissel. Op die
bed dans 'n jubelende en oorwinnende, dog erg getraumatiseerde Jeanne d'Arc
boerinnetjie (met apologie aan Anette). Die seemingly onmoontlike is
reggekry. Met geweldige inspanning kry ek myself sover om die lyk op 'n
moerse lang papier op te scoop en sonder veel seremonie in die toilet te
dump.
Plunck! Vir oulaas en ook om haar verder te verneder pis ek sommer ook op
haar. As sy NOU nog lewe...! Met 'n welkome swoesj van die toilet verdwyn
die hoerkind uit die oog oppad na die Gammams reclamation water works van
die munisipaliteit om later weer gedrink te word. Dalk sal sy tog weer so
kan wraak neem?
Vir die oomblik, egter, het moi die saak gewen. Ek sê stilletjies 'n gebed
op vir water borne toilets en dat ek uitgespaar is. Stadig begin ek die
kamer tot sy oorspronklike vorm en toestand herstel, voor ek uitasem, dog
effe ontsteld nog, terugklim in die bed. Die Doom blik, bliksoldaat, my
beste vriend, sleutel tot my verdere toekoms, 'n armlengte ver. Ek kyk vir
Mr Doom en hy vir my. Ons smile vir mekaar. Saam het ons al baie battles
geveg, en gewen. Pofadder (ok ek het 'n graaf gebruik), wriemelende
honderdpote in rooi en swart kringe in my stort, eindelose spinnekoppe,
kakkerlakke, krieke, name it. EN nou vanaand, die Duiwel self... Ek groet,
oopmond, hortend, hygend, getraumatiseer, amper asof ek iets van my
innocence, my maagdelikheid (!) verloor het...
Sela Attila the Hun

--
Re: Lank en snaaks [boodskap #90490 is 'n antwoord op boodskap #90477] Wo, 18 Februarie 2004 13:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette - dki vir die moeites - nogal snaaks.
Re: Lank en snaaks [boodskap #90508 is 'n antwoord op boodskap #90477] Do, 19 Februarie 2004 03:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 18 Feb 2004 11:21:24 +0200, "Annette" wrote:

> Gekry op 'n ander kol.
> Afrikaans is bekrywend:))
>
> Morning. Ek leef darem nog dankie.

> Haarskeerder, alias romanspinnekop teen 100km/h oor die vloer en teen die
> bedkassie. My f*k.

My f*k!!! Dat mense sò oor 'n onskuldige affêrietjie kan wees, is sò
belaglik. Én, hierdie beskrywing is nie belaglik nie, want mense is so
oor 'n roman. Wanneer daar 'n roman in my huis is, vang ek dit met my
kaal hande, baie versigtig om dit nie seer te maak nie, en laat dit
buite op die gras vry. Die Roman spinnekop vang insekte en ander
lastighede. Dit is 'n aanwins. f*kkit.
Waarom herhaal jy Annette se brief, Jonas? 'n Paar uur na haar?

DD
Re: Lank en snaaks [boodskap #90511 is 'n antwoord op boodskap #90508] Do, 19 Februarie 2004 04:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD - dis die altzheimers wat nou na behore 'n ingreep maak. Jammer - ek is
besig om my polse af te kou ...
Re: Lank en snaaks [boodskap #90512 is 'n antwoord op boodskap #90511] Do, 19 Februarie 2004 04:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 19 Feb 2004 06:05:53 +0200, "Jonas" wrote:

> DD - dis die altzheimers wat nou na behore 'n ingreep maak. Jammer - ek is
> besig om my polse af te kou ...
>

mòòòenie warrie, is wan of thouse thiengs, Jonas:-)_))

DD
Re: Lank en snaaks [boodskap #90515 is 'n antwoord op boodskap #90477] Do, 19 Februarie 2004 09:16 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit moes deur iemand in Windheok geskryf gewees het. Namibië bo!!!

"Annette" skryf in boodskap news:c0vb1t$p15$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Gekry op 'n ander kol.
> Afrikaans is beskrywend:))
>
> Morning. Ek leef darem nog dankie.
> Ja, gisteraand lê ek rustig en lees, bedlampie brand baie domesticated en
> sag met die komplimente van Wetherley's, minding my own business toe ek so
> geskarrel in die kamer hoor. Dog eers dis die f*kken mot wat wil selfmoord
> pleeg teen die bulbpie en skerm. Kyk. Nee, mot sit ook rustig teen die
> olyfgroen muur. Net weer terug by die boek toe wéér! Skarrel. Skarrel.
> (Kriewel in die nek af). Probeer lees. Skarrel. (My oë vernou). Probeer
> konsentreer. Lig brand. Skarrel. Kyk kyk kyk. En skielik! f*k ek skrik alles
> regop en weg en pap en styf wat kan!
> Haarskeerder, alias romanspinnekop teen 100km/h oor die vloer en teen die
> bedkassie. My f*k. Ek kak my beste linne in 'n ander
> kleurskakering in. Daar gaan die boek, bedlamp, bakkie met afgeëete
> druiwetrossie, koeldrankglas, flits, bottel water, name it. tot die
> selfoon. En die Doom is in die kombuis! In 'n ommesientjie flits ek soontoe
> en terug in die Adamspakkie, nie nou tyd vir mooimaak en aantrek
> nie...terug. Daar sit ta nog. Ek spuit. Die harige duiwelsvloek verdwyn
> agter die bedkassie in. Met die wegtrek van die
> muur af om nou te kyk jy sien, skielik hol daai f*kken aardsgedrog teen die
> muur uit, reg voor my oë. Ek verlaat myself, my water breek, my knieë swik,
> my longe vul, lippe parteer van mekaar, 'n kreet verlaat my binneste,
> ontsnap oor my trillende labias. GIL! Maria Callas het in haar beste Lucia
> Mad Scene nog nie so performeer nie. Bure se kinders ruk regop in hul
> beddens. Ma's en pa's maak groot-oë vir mekaar. Honde blaf onrustig... Met
> dié spuit ek weer verwoed.
> Arachnida se kind plof grond toe - of eerder - spring. Ek sê dankbaar 'n
> gebed boontoe vir die uitvinder van Doom Super (vir alle crawling insects -
> alhoewel die ding nie crawl of 'n insek is nie - vir my is dit meerdoelig!)
> Of dit nou die gif self was of die gesig van 'n
> top-primadonna op haar beste met angswekkend gesperde kakebene, vasgevang op
> 'n C# drie oktawe bo middel C sal ek nou nie kan sê nie. Op daai stadium het
> my brein nie meer gewerk nie. Afgeskakel.
> Voorbereid op my laaste oomblikke op hierdie planeet..in 'n flitsoomblik
> besef ek ek het nie eers 'n testament nie. Maar dit is nou maar tot
> daarnatoe. Meer belangrik, ek het nog nie eers my boek klaargelees nie!
> Ewentewille. Intussen het die spider laat spaander na die en suite toe. Nog
> is het einde niet. Voor die wasbak op die vloer vind ons mekaar. Sy 8
> onverskrokke oë pen in my 4 vas (dra mos bril onthou! - dankie tog vir die
> sielkundige voordeel anders was dit 8 teen 2!) Hy: gewapen met miljoene
> hare, magtige mandibels, 'n vet vieslike agterlyf, ek weet nie eers hoeveel
> bene nie, en die feit dat hy 'n spinnekop is!! Ek: gewapen met slegs 'n Doom
> blikkie (gevaarlik laag al in inhoud) in my bewende, dog ferm hand. Niks
> anders nie. Nie eers 'n lende-kleed om my lieste om my van moontlike
> vernedering te beskerm sou ek nou die tydige met die ewige verwissel nie, en
> die polisie op my sou afkom twee weke later nie. (Ek sien al die
> koerantberig: The bloated, naked body of a confined recluse was discovered
> late last night in a Windhoek southern suburb). Op een gebied is ons twee
> egter gelyk: spoed. Voordeel (vir spinnekop): ek is buite myself van angs
> vir spinnekoppe. Ek kon netsowel Cornelis Arachnophobia van der Merwe gewees
> het. Waar spinnekoppe en ek saamkom kan ek teen die spoed van witlig beweeg.
> Terug by my stand off. Op daai stadium besef ek dit is nou of nooit. Met
> Lords of the Rings se
> horribale scene van 'n fenomenale spinnekop en gemummifiseerde bodies vars
> in die wankelende Alzheimer-geheue (ek het mos 'n spasma geskiet in my been
> in die fliek met die scene soos ek op my stoel geklim het) besluit ek net
> f*k cfc's, f*k krimpende reënwoude, f*k die osoonlaag en al die pikkewyne
> wat gaan sunburn, f*k kaapstede en sydneys wat gaan versuip onder stygende
> oseane. My lewe is op die spel.
> Ek sak soos 'n fighter jet op die vyand af, releasing my weapons of mass
> destruction. Spinnekop lig sy pote en kake in die lug, aanvallend, kap woes
> na my, sy sigbare enemy wat sopas 'n enema gehad het. Sy retireer, verstik,
> veg teen die onsigbare Irakese indringer in haar borste. 'n Quick roundabout
> in die badkamer (ek het weer gevlug terug na die veiligheid van my
> koningin-bed) en die vieslike satansbraaksel syg stikkend en roggelend
> neffens die porseleinvoetstuk neer. Ek verlekker my in haar uitmergelende
> rukkings soos die gif haar tydelike bestaan met die ewige verwissel. Op die
> bed dans 'n jubelende en oorwinnende, dog erg getraumatiseerde Jeanne d'Arc
> boerinnetjie (met apologie aan Anette). Die seemingly onmoontlike is
> reggekry. Met geweldige inspanning kry ek myself sover om die lyk op 'n
> moerse lang papier op te scoop en sonder veel seremonie in die toilet te
> dump.
> Plunck! Vir oulaas en ook om haar verder te verneder pis ek sommer ook op
> haar. As sy NOU nog lewe...! Met 'n welkome swoesj van die toilet verdwyn
> die hoerkind uit die oog oppad na die Gammams reclamation water works van
> die munisipaliteit om later weer gedrink te word. Dalk sal sy tog weer so
> kan wraak neem?
> Vir die oomblik, egter, het moi die saak gewen. Ek sê stilletjies 'n gebed
> op vir water borne toilets en dat ek uitgespaar is. Stadig begin ek die
> kamer tot sy oorspronklike vorm en toestand herstel, voor ek uitasem, dog
> effe ontsteld nog, terugklim in die bed. Die Doom blik, bliksoldaat, my
> beste vriend, sleutel tot my verdere toekoms, 'n armlengte ver. Ek kyk vir
> Mr Doom en hy vir my. Ons smile vir mekaar. Saam het ons al baie battles
> geveg, en gewen. Pofadder (ok ek het 'n graaf gebruik), wriemelende
> honderdpote in rooi en swart kringe in my stort, eindelose spinnekoppe,
> kakkerlakke, krieke, name it. EN nou vanaand, die Duiwel self... Ek groet,
> oopmond, hortend, hygend, getraumatiseer, amper asof ek iets van my
> innocence, my maagdelikheid (!) verloor het...
> Sela Attila the Hun
>
>
>
> --
>
Vorige onderwerp: Iets oppie net ....
Volgende onderwerp: Re: They forgot a few things...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 21:47:50 MGT 2024