Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Re: Ja ons gaan nog kerk toe !
Re: Ja ons gaan nog kerk toe ! [boodskap #9044] Di, 08 April 1997 00:00
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Apr 97 02:23:50 GMT, gal...@ibm.net wrote:

>>

Ja wel, soms God en Dullah Omar, lyk dit partykeer.
Re: Ja ons gaan nog kerk toe ! [boodskap #9045 is 'n antwoord op boodskap #9044] Di, 08 April 1997 00:00 Na vorige boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
KULTUUR, KERK en PRIVAATSKOLE

Dries Venter skryf:
> My voorgeslagte het spreekwoordelik met die Bybel in die wakis getrek,
> vir my het dit definitief baie te doen met my Afrikanerskap.

Interessante bydrae van jou en Gloudina.
Die groot Boek is in my wakis ook. Die nuusgroep gaan oor Afrikaans en kultuur,
en die rol van die bybel en die kerk in Afrikaans/kultuur/SA politiek
vind ek steeds interessant en relevant. Soos oor die doodstraf, aborsie ens.
Tutu is gekant teen die doodstraf lees ek, maar die zioniste se leier nie ens.
En kyk nou weer die herrie met ou Alan Boesak.
("Boesak/Broeksak, die geld is in my broeksak")
Het een van julle dalk Boesak se nuwe boek gelees ?
Daarin vertel hy dat God jou bystaan in jou uur van nood.
Die waarheiskommisie se werk het tog duidelik te doen
met vergifenis, wat tog 'n christelike begrip is, ens.
Wonder wat hy te seg sal he.

Van bybellees en kinders en opvoeding gepraat:
Die Settelaars het kop omhoog gehou wat geletterdheid en skoling betref
toe hulle in Afrika aangekom het, ten spyte van geweldige probleme.
(Dit is eintlik 'n godswonder dat hulle nie totaal en al in barbare verander
het nie). Destyds was "sondagskool" werklik 'n noodsaaklike skool en
het baie kinders so leer lees en skryf.
Ek lees daar is 'n geweldige toename in Amerika in privaat opvoeding.
Ook in Australie verwag hul dat klein,private kerk-skole sal toeneem.
Die store vertel dat mense al meer hul kinders tuis opvoed want:

* Daar word nie meer bybelse of morele of kulturele opvoeding verskaf in
staatskole nie. Om geen groep te na te kom nie, word geen godsdiens
of kultuur aangebied nie. Kinders word in 'n morele vakuum groot waar reg
en verkeerd geen sin maak nie. Relativisme is die gevolg.
* Privaatskole is dikwels beter, maar is te duur.
* Die standaarde van die staatskole is nie goed genoeg nie
(sommige kinders kan na jare nie eers lees of skryf nie).
Die kinders leer nie iets nuttigs nie. Leerplan/keuses is bedenklik.
Hulle sê spesifiek dat ten spyte van die feit dat sommige ouers nie
die nodige kwalifikasies het om hul kinders tuis te skool nie,
is die resultate nogtans beter in die algemeen.
* In baie staatskole is daar nie dissipline nie, daar is dwelmgebruik,
aanmoedigende gebruik van kondome/-masjiene, bendes boelies,
nie respek vir onderwysers nie ens ens.

ens, ens. (daar is natuurlik ook nadele).

Baie ouens wat so kla oor taalgebruik en dalende standaarde
in skole in SA: 'n boer maak tog 'n plan: As (as!) julle werkilik
rede tot kommer het, hoekom begin julle nie privaatonderrig nie ?
Ek ken mense wat hul eie kinders opvoed. En as daar meer as een gesin is,
al wat julle nodig het is 'n toegewyde meester(es), 'n kamer en 'n
agterplaas vir 'n speelgrond. Of is daar vreeslike wette daarteen ?
Tensy julle 'n onderduimse, rassistiese of duiwelse agendas het,
behoort die regering dit tog toe te laat ? As julle 'n goedgekeurde,
aanvaarbare leerplan het, behoort daar nie probleme te wees nie.
Die regering het natuurlik 'n plig om aan die maksimum aantal kinders
die beste opvoeding te gee, binne 'n beperkte geldlas. Private skoling
kan nie en behoort nie hierdie taak te verhinder nie.

Vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Vorige onderwerp: NUWE RSA: GAAN JULLE BLIKSEMS NOG KERK TOE ?????????
Volgende onderwerp: JA ONS GAAN NOG KERK TOE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 16:14:08 MGT 2024