Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » IN AUSTRALIE IS ALMAL ALMAL SE "MATE" EN "NEIGHBOUR"....
IN AUSTRALIE IS ALMAL ALMAL SE "MATE" EN "NEIGHBOUR".... [boodskap #9041] Di, 08 April 1997 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
EGALITARIAN SOCIETY/MATESHIP/NEIGHBOURLINESS/A FAIR GO/TALL POPPIES
AUSSIE BATTLERS en die wel en wee van die australiers.

Ek het in die eerste paar jaar wat ek hier was dikwels oor hierdie
konsepte gelees en dit met 'n kritiese oog beskou,
maar ek moet erken dat dit besonders is aan die Australiers en
dat dit meestal 'n baie goeie sy van die aussies wys.

Die Australiers is trots op die feit dat dit 'n "EGALITARIAN SOCIETY" is,
overgeset synde, dit is 'n samelewing waar almal gelyk behandel word.
Dit sien mens oral. Daar is uitsonderings, maar laat ek veralgemeen:
Almal is almal se maat, "mate" en "neighbour",
en daar is geen beheptheid met titels en aanspreekvorms nie.
By die werk is daar nie 'n ge-"mevrou" en ge-"meneer" nie,
almal word op die voornaam genoem, ook die baas.
As jy 'n vreemdeling iets wil vra, dan "Mate" jy hom sonder aanstoot.
Niemand wat ek ken hang hul gradesertifikate teen die muur nie.
Mense trek nie danig aan nie - nie eers as jy uitgaan nie,
jy gaan sommer oral in jou kortbroek/jean en oorhang-hemp.
Omtrent almal het drafskoene aan. Jou klassestand word in die algemeen
nie aan jou klere gemeet nie. (wat die werksklere betref is dit ongelukkig
besig om te verander). Maar dit is gewoonlik maklik vir immigrante
om in te smelt en aan te pas, want dit is redelik eenvoudig om te snap
wat om te doen om soos die res te wees. (Dit is ook makliker hier,
want hier is basies geen armoede in Australie soos in SA nie)

In Suid Afrika het mens dikwels 'n snobisme teegekom:
waar jy bly en jou titel en jou motor ens maak baie saak.
Julle ken dit seker almal: die bodorp/onderdorp ding ens.

Hier is 'n doelbewuste poging van almal om soos die res te wees.
So bv., sal die base op 'n werkgeselligheid soos 'n braai moeite doen
om aan te trek om by die res aansluiting te vind.
As jy nie in die see van gemiddeldheid is nie, is jy of 'n
"tall poppy", of 'n "aussie battler"/"underdog".
m.a.w. jy is of 'n windgat wat bo die res wil uitstyg,
of jy is iemand wat swaarkry en 'n opdraende stryd voer
om kop bo water te hou. Die "tall poppies" word genadeloos
gekritiseer, aan die ander kant vir die "aussie battlers" bloei
die harte van die mede australiers uit simpatie.
('n Tipiese "battler" is bv. 'n gesin wat uit hul huis geskop gaan
word omdat hul deur een of ander ongeluk nie hul huur kan betaal nie,
of 'n goeie sportman wat ongelukkig net nooit wen nie).
Veral die koerante melk hierdie tipiese sentiment van die australiers.

Daar is onlangs kommer uitgespreek dat die strewe om soos die res te
wees en nie uit te staan of anders te wees nie, 'n negatiewe sy het.
In skole bv. dat kinders wat slim is doelbewus onderpresteer
om nie deur die res verwerp te word nie. Dryf mens die egalitarianism
te ver loop dit op 'n skaapmentaliteit uit.

Ek het eenkeer gelees dat die Aussies se warmhartigheid teenoor die
"little aussie battler" so groot is dat dit verklaar hoekom hulle
nog meer hou van 'n sportman wat baie swaar moes kry en 3de gekom het,
as een wat eerste gekom het. So ook is dit voorspelbaar dat hulle
in krieket vir die A-span (die nasionale span) ge-boo het en die
die B-span ondersteun het toe hul teen mekaar gespeel het.
Die B-span was onmiddelik die "battlers" en die nasionale span die
"tall poppies". Dit het die krieketbase so ontsenu dat hul sulke
wedstryde stopgesit het.

Die australiers kan dikwels ongelooflik wreed wees
in hul spot en tergery teen mekaar en ook bv. immigrante,
maar hulle het in die algemeen 'n baie goeie sin vir regverdigheid,
en weet waar om die streep te trek. Hierdie sin vir regverdigheid
word vergestalt in die "fair go" waaraan baie betekenis geheg word.
Dit beteken dat almal 'n gelyke/regverdige/billike kans moet kry.
Dikwels word daar 'n beroep op hierdie beginsel gedoen as iemand
nie 'n gelyke kans kry om homself te bewys nie. Dit beteken nie dat
hulle swakkelinge gedurig help nie, inteendeel, maar as jy wys dat jy
hard probeer sal hul jou red voor jy versuip.

Dit word ook die "Lucky Country" genoem, vanwee die feit dat immigrante
wat dikwels uit haglike omstandighede emmigreer, hier 'n kans het
om weer 'n begin te maak.

Ek het eenkeer die baie interessante teorie gelees dat die egalitarianism
van die aussies van hul misdadiger-kolonie dae afkom. Na ek gelees het
oor hul geskiedenis glo ek dit vas. Hulle het destyds, vanwee hul agtergrond,
'n hekel ontwikkel oor die aristokrasie en mense wat oor ander wou baasspeel.
Om te immigreer is ook 'n groot gelykmaker. As jy hier aankom is niemand
bewus van jou aansien en titels van oorsee nie. Jy moet maar onder begin
en jouself van vooraf bewys. Voornemende immigrante neem kennis!
Ook: Rassiste is oral onwelkom en uit die mode, hier ook.

vriendelike groete.
Re: IN AUSTRALIE IS ALMAL ALMAL SE "MATE" EN "NEIGHBOUR".... [boodskap #9062 is 'n antwoord op boodskap #9041] Do, 10 April 1997 00:00 Na vorige boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
gal...@ibm.net wrote:
>
> EGALITARIAN SOCIETY/MATESHIP/NEIGHBOURLINESS/A FAIR GO/TALL POPPIES
> AUSSIE BATTLERS en die wel en wee van die australiers.
>
> Ek het in die eerste paar jaar wat ek hier was dikwels oor hierdie
> konsepte gelees en dit met 'n kritiese oog beskou,
> maar ek moet erken dat dit besonders is aan die Australiers en
> dat dit meestal 'n baie goeie sy van die aussies wys.
>
> Die Australiers is trots op die feit dat dit 'n "EGALITARIAN SOCIETY" is,.......



Jis. Ek wil 100% met jou saamstem - hier in NZ gaan dinge baie
dieselfde. Goeie stukkie skryfwerk

Daniel
Auckland
Vorige onderwerp: Enige Suid Afrikaners in Amerika
Volgende onderwerp: Fotoos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 04:17:08 MGT 2024